Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Waar's die biltong?
Waar's die biltong? [boodskap #108295] |
Do., 26 Januarie 2006 05:01  |
Jonas
Boodskappe: 1070 Geregistreer: September 2001
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Ek sien die Suidwesters het tot op hede baie goeie reens gehad.
Klaarblyklik verlede jaar - nou maar waar is die biltong Suidwester?
(Hier's 'n mooi foto van 'n donderstorm oor Windhoek -
http://www.republikein.com.na/ )
|
|
|
|
|
Re: Waar's die biltong? [boodskap #108301 is 'n antwoord op boodskap #108299] |
Do., 26 Januarie 2006 17:01  |
PietR
Boodskappe: 3341 Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
"Hessie" wrote in message
news:1138283972.534136.36070@f14g2000cwb.googlegroups.com...
Jonas skryf
- nou maar waar is die biltong Suidwester?
Het onlangs lekker biltong ge-eet wat in Toronto
gemaak word. Mens kan ook boerewors daar kry,
---daar's biltong en biltong en so met boerewors ook. Dit sal interessant
wees vir 'n woestynrot soos ek om die biltong en wors te proe wat in die
buiteland gemaak word. Die proses vir beide is relatief eenvoudig en dit
kan sekerlik in enige deel van die wêreld gemaak word, maar die groot
bepalende faktor is die smaak van die vleis. Die kos wat die diere eet,
bepaal die smaak. So kan jy in die noorde van ons land [wat 'n hoër
reenval het as die suide van die land] waar jy meer bosveld kry, vind dat
skaapvleis nie naastenby so lekker is as wat uit die droeër deel in die
suide nie. 'n Ander ding is dat diere wat op relatief klein plase [plotte]
meerendeels gevoer word, se vleis nie naastenby die smaak het as 'n dier wat
op groot veld loop en natuurlik vreet nie.
Dan is daar natuurlik die hantering van die dier na hy geslag is. 'n
Dier wat behoorlik gebloei is, se vleis is 'n rooi-rooi kleur en as dit
rypgemaak word ['n moet vir die ou wat smaak wil hê], dan word daai rooi 'n
donker-rooi. Die biltong van sulke vleis is amper swart. Vleis wat so
'n pienk-rooi kleur het, is heel moontlik diere wat nie behoorlik gebloei is
nie en sy biltong het so 'n rooi skynsel in van die gedroogde bloed
tussen-in.
Boerewors se smaak is ook van die vleis se kwaliteit afhanklik, maar
omdat 'n derm gestop word en die mense sommer hart, longe en poepol so
tussenin maal om meer volume te kry, is werklik goeie boerewors eintlik
skaars. Dis nou wors sonder stukkies sening in.
Daar is 'n slaghuis in Pretoria in Groenkloof wat moerse kwaliteit wors
maak, blykbaar getoets by SABS om minder as 23% vet in te hê en die ou
gebruik ook net agterkwart in sy wors.
|
|
|
|
 |
Gaan na forum:
[ XML-voer ] [  ]
Tyd nou: Di. Apr. 22 05:26:28 UTC 2025
|