Tuis » Taal » Prosa & poësie » "dis gevaarlik" deur FANIE OLIVIER
"dis gevaarlik" deur FANIE OLIVIER [boodskap #10600] |
Fri, 05 September 1997 00:00  |
G.B.
Boodskappe: 2172 Geregistreer: May 1997
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
dis gevaarlik
fanie olivier
dis gevaarlik om alleen te reis
deur die kongo deur kanada
selfs deur die herfserige kro.
die alleenreisiger stel hom bloot
aan bedelaars wat dreigend vra
losborsmeisies wat vraend eis
of aan die helder geel en rooi
die aandruik naby richmond na
'n onverdiende laatjaarreën.
die hele karoo is oortulp van vreugde
pers en groen teen die koppies gestrooi.
soveel gedigte gaan verlore verlore
in die koue mis uit die vol weirs
die populiere wat afdryf in moddervore
'n wit lam wat teen die donker huil
en mense bruin en harde mense wat agter
dik klipmure en die oopgevoude bybel skuil
hier stóók 'n mens nog in die winter vuur
as jy wil bad. voëls vlieg : hulle spel
jou naam, jou noemnaam want die regte een
is langer en hulle is so min en moeg.
hoe lank kan so 'n hartséér duur?:
tulpe is giftig die lusern laat die beeste swel
soveel gedigte gaan verlore ingeploeg
deur die dink die veërs wat spook teen die reën.
dis gevaarlik om alleen te reis
o, dis gevaarlik om alleen te reis.
|
|
|
Re: "dis gevaarlik" deur FANIE OLIVIER [boodskap #10643 is 'n antwoord op boodskap #10600] |
Mon, 08 September 1997 00:00   |
Len Haasbroek
Boodskappe: 17 Geregistreer: August 1996
Karma: 0
|
Junior Lid |
|
|
@igs.net wrote:
Klink my mos soos moderne digkuns, maar wag, ek is mos self 'n digter
van formaat,
veral as ek dink ek kan dit beter doen... HOU VAS!!!
>
> dis gevaarlik
> fanie olivier
>
dis gevaarlik om alleen te reis
deur die kongo deur kanada
selfs deur die herfserige kro.
die alleenreisiger stel hom bloot
aan bedelaars wat dreigend vra
losborsmeisies wat vraend eis
of aan die helder geel en rooi
die aandruik naby richmond na
'n onverdiende laatjaarreën.
die hele karoo is oortulp van vreugde
pers en groen teen die koppies gestrooi.
soveel gedigte gaan verlore verlore
in die koue mis uit die vol weirs
die populiere wat afdryf in moddervore
'n wit lam wat teen die donker huil
en mense bruin en harde mense wat agter
dik klipmure en die oopgevoude bybel skuil
hier stóók 'n mens nog in die winter vuur
as jy wil bad. voëls vlieg : hulle spel
jou naam, jou noemnaam want die regte een
is langer en hulle is so min en moeg.
hoe lank kan so 'n hartséér duur?:
tulpe is giftig die lusern laat die beeste swel
soveel gedigte gaan verlore ingeploeg
deur die dink die veërs wat spook teen die reën.
dis gevaarlik om alleen te reis
o, dis gevaarlik om alleen te reis.
ek sit en dink, soms dink ek nie
ek sit en drink, soms drink en nie
ek reis, soms reis ek nie.
eensaam, sit 'n muishond op 'n klip
die mis hang oor die teerpad,
waar, o, waar is my padkaart ?
ek slaap oor in 'n herberg
skril lag die vrouens, mans vloek
dis gevaarlik om alleen te reis
goudgeel breek die dag, 'n ontwaking
spek en eiers vir ontbyt, koffie vir die lekker,
die telefoonpale flits verby, swiep... swiep.
hoe lank is die pad ?
AMA GLUG-GLUG SOSAL FOR NOW, SASOL FOREVER!
HAHA!!!!
As iemand vir my gratis verf het, sal ek selfs my hand aan moderne kuns
waag!!!!
My groot droom is om 'n 20x20m seil te verf, met so 300 liter verf,
maak dit mooi groot oop, start een van daai groot vliegtuie (miskien sal
Com Air ene vir my leen?)
se propellors op, gaan staan op die vlerk, en gooi liters en liters verf
in die wind.
Dan kan ek die kunswerk aan een of ander popsanger (met 'n uiters
moderne kunstenaars liefhebber hart)
gaan afsmeer vir sowat 10 miljoen pond, of dink julle dis selfs te
goedkoop vir 'n egte handgemaakte
Haasbroek kunswerk ?
Groetnis
Len
|
|
|
Re: "dis gevaarlik" deur FANIE OLIVIER [boodskap #10679 is 'n antwoord op boodskap #10600] |
Tue, 09 September 1997 00:00   |
vira
Boodskappe: 182 Geregistreer: April 1997
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
On 9/8/97 1:25PM, in message , Len Haasbroek
wrote:
> As iemand vir my gratis verf het, sal ek selfs my hand aan moderne kuns
> waag!!!!
> My groot droom is om 'n 20x20m seil te verf, met so 300 liter verf,
> maak dit mooi groot oop, start een van daai groot vliegtuie (miskien sal
> Com Air ene vir my leen?)
> se propellors op, gaan staan op die vlerk, en gooi liters en liters verf
> in die wind.
> Dan kan ek die kunswerk aan een of ander popsanger (met 'n uiters
> moderne kunstenaars liefhebber hart)
> gaan afsmeer vir sowat 10 miljoen pond, of dink julle dis selfs te
> goedkoop vir 'n egte handgemaakte
> Haasbroek kunswerk ?
>
> Groetnis
> Len
Ek dink dit sou 'n wonderlike beginpunt maak ~ soort van Jackson Pollock...
Jy kan altyd sê dit konstrueer jou angs vir vlieg, veralgemeende stress van
vlug ondervind deur baie NSAers, vryheid van swerwe, sirkularieit van
propellers teenoor die vierkantige/reghoekige basis van piramidale
grondvastigheid "striving ever upwards" (words fail me), ens. Ons kan 'n hele
PR exercise doen oor die uitgestresde psyche van die Afrikaner in die 90er
jare, en slim mense sal oor die jare heen boeke skryf oor die haastige
Haasbroek se grote stryd teen die verkramptheid van die lewe.
:-) Ek hoop jy nooi my uit na hierdie kultureel-historiese gebeurtenis.
Graperig,
Vira.
|
|
|
Re: "dis gevaarlik" deur FANIE OLIVIER [boodskap #10680 is 'n antwoord op boodskap #10679] |
Tue, 09 September 1997 00:00   |
vira
Boodskappe: 182 Geregistreer: April 1997
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
On 9/9/97 12:02PM, in message ,
"Jasper die Barbaar" wrote:
>
> Lê die kuns in die maak van die kunswerk (soos hier beskryf) of
> in die
> finale produk?
>
>
Dit hang daarvan af, wat elke individu daarvan wil hê. As jy net jou
skeppingskrag wil uiter, is water goed genoeg. Veral as jy nie verder
daaraan wil werk nie. Party kunstenaars het werke wat hulle nooit
voltooi nie. Hulle hou 'n leeftyd aan daarmee, en "groei saam met
dit". As jy dit wil verkoop, watookal jou rede daarvoor, sal jy aan
'n voorgestelde koper se eise moet voldoen. Jy sal moet besluit oor
materiale en prys, oor hoeveel ander generasies die werk moet
oorleef, ens. Elke werk het redes vir sy bestaan, al duur daardie
bestaan net 'n paar sekondes. Jy sit iets in, in die maak daarvan,
en jy kry iets daaruit. Daardie "iets" kan enige form neem.
Groete,
Vira.
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
Re: "dis gevaarlik" deur FANIE OLIVIER [boodskap #10716 is 'n antwoord op boodskap #10679] |
Wed, 10 September 1997 00:00   |
Len Haasbroek
Boodskappe: 17 Geregistreer: August 1996
Karma: 0
|
Junior Lid |
|
|
V wrote:
X>
X> On 9/8/97 1:25PM, in message , Len Haasbroek
X> wrote:
X>
X> > As iemand vir my gratis verf het, sal ek selfs my hand aan moderne kuns
X> > waag!!!!
X> > My groot droom is om 'n 20x20m seil te verf, met so 300 liter verf,
X> > maak dit mooi groot oop, start een van daai groot vliegtuie (miskien sal
X> > Com Air ene vir my leen?)
X> > se propellors op, gaan staan op die vlerk, en gooi liters en liters verf
X> > in die wind.
X> > Dan kan ek die kunswerk aan een of ander popsanger (met 'n uiters
X> > moderne kunstenaars liefhebber hart)
X> > gaan afsmeer vir sowat 10 miljoen pond, of dink julle dis selfs te
X> > goedkoop vir 'n egte handgemaakte
X> > Haasbroek kunswerk ?
X> >
X> > Groetnis
X> > Len
X>
X> Ek dink dit sou 'n wonderlike beginpunt maak ~ soort van Jackson Pollock...
X> Jy kan altyd sê dit konstrueer jou angs vir vlieg, veralgemeende stress van
X> vlug ondervind deur baie NSAers, vryheid van swerwe, sirkularieit van
X> propellers teenoor die vierkantige/reghoekige basis van piramidale
X> grondvastigheid "striving ever upwards" (words fail me), ens. Ons kan 'n hele
X> PR exercise doen oor die uitgestresde psyche van die Afrikaner in die 90er
X> jare, en slim mense sal oor die jare heen boeke skryf oor die haastige
X> Haasbroek se grote stryd teen die verkramptheid van die lewe.
X>
X> :-) Ek hoop jy nooi my uit na hierdie kultureel-historiese gebeurtenis.
Vira,
In die Nuwe SA sal ek met die idee 'n franshize begin!
ps : Jy is welkom by my gala-aand vir aspirant moderne kunstenaars :)
Groete
Len
>
> Graperig,
> Vira.
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
Re: "dis gevaarlik" deur FANIE OLIVIER [boodskap #10800 is 'n antwoord op boodskap #10600] |
Tue, 16 September 1997 00:00   |
Len Haasbroek
Boodskappe: 17 Geregistreer: August 1996
Karma: 0
|
Junior Lid |
|
|
Hi Cobus
Ek dink ek behoort darem hierop te antwoord.
Moderne kuns se populariteit word vir my gemeet aan sy rariteit.
Ek onthou dat daar so 'n rukkie gelede 'n program op TV was van die
olifant wat skilder, dan kompleet ook sy naam onderaan die skildery
teken. Mens kan dit seker klassifiseer as modern ?
En as die olifant sterf, word die skilderye onsterflik ?
Om nie eens te praat van snobs wat se, "Ek het 'n Picasso nie". Ek dink
elke kunswerk moet op sy eie meriete beoordeel word. Dit laat my soms
dink aan die katte advertensies waar kietsie 5 pierengs melk lek, en dan
die een heeltemal oplek. Kwansiuis beter produk.
Laat dit val waar dit wil!
Groetnis
Len
PS : Dis beter om 'n analfabeet te wees sonder 'n Picasso as 'n
analfabeet met 'n Picasso!!
Alwyn Nel wrote:
>
>> die skildery of kunswerk is slegs die eindproduk van 'n proses - dis
>> die dokumentasie van 'n idee. Altwee (proses en produk) is ewe
>> belangrik. die manier hoe jy oor moderne kuns praat, skep die indruk
>> dat jy dit as een of ander fopspel beskou. ek kan jou verseker dis net
>> so moeilik om goeie moderne kuns te maak as wat dit is om soos
>> rembrandt of rubens te skilder. >
>>
>> groete
>>
>> cobus
>>
> Kobus,
>
> As daar nou 'n analfabeet is wat (moderne) kuns aanbetref, dan is dit ek.
> Net vir interrisantheid: Ek het eenkeer 'n prominente kunstenaar hoor se
> dat Pablo Picasso se werke louter snert is. Die enigste rede hoekom dit
> ooit verhef is tot "kuns", is omdat hy 'n goeie bemarkingsbestuurder gehad
> het.
>
> Groetnis, Alwyn
|
|
|
Re: "dis gevaarlik" deur FANIE OLIVIER [boodskap #10801 is 'n antwoord op boodskap #10600] |
Tue, 16 September 1997 00:00   |
cobus van bosch
Boodskappe: 46 Geregistreer: September 1996
Karma: 0
|
Volle Lid |
|
|
> As daar nou 'n analfabeet is wat (moderne) kuns aanbetref, dan is dit ek.
> Net vir interrisantheid: Ek het eenkeer 'n prominente kunstenaar hoor se
> dat Pablo Picasso se werke louter snert is. Die enigste rede hoekom dit
> ooit verhef is tot "kuns", is omdat hy 'n goeie bemarkingsbestuurder gehad
> het.
> Groetnis, Alwyn
'n Baie groot deel van Picasso se werk is nie watwonders nie. Jy is
reg, hy was goed bemark, maar daar was ook iets anders aan hom: hy was
'n ''celebrity'', wat beteken hy hoef net in sy sakdoek te genies het
en dit vir duisende verkoop het. Dink maar net wat mense nou sal
betaal vir 'n tekening deur prinses Diana.
Picasso se groot waarde in die kunsgeskiedenis is dat hy
verantwoordelik was vir mylpale, veral die kubisme wat onder meer die
paadjie na abstrakte kuns vergemaklik het. In sy latere lewe het hy
net gedoen wat hy wou. Sy ego het gegroei en sy werk het al hoe
swakker geword, maar duurder. Dis maar die geval met baie kunstenaars.
Boonzaier, byvoorbeeld, het so pas 'n groot tentoonstelling van
selfportrette op Stellenbosch gehou. Van sy swakste werk nog, maar
baie duur en totaal op homself gerig.
groete
Cobus
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
Re: "dis gevaarlik" deur FANIE OLIVIER [boodskap #21825 is 'n antwoord op boodskap #10600] |
Mon, 15 March 1999 00:00  |
jan schrik
Boodskappe: 22 Geregistreer: November 1997
Karma: 0
|
Junior Lid |
|
|
Hmm... vreemd ik had altijd gedacht dat het woord van duitse oorsprong is, in
het Zwarte Woud waar ik ieder jaar ga skien heb je ook een aantal "Weiers" die
dan in de aanzet van een dal liggen.
Jan
Leendert van Oostrum wrote:
> Arthur Hagen wrote in message ...
>> Gloudina heeft geschreven...
>>>
>>>> Wat is een "weir"
>>>
>>> Dis 'n Engelse woord wat hy daar gebruik.
>>> Kyk in 'n Engelse woordeboek. Dit het te
>>> doen met waterkontrole en waterdiversie.
>>> Kom ons vra vir Arthur Hage wat die
>>> Nederlands is.
>>>
>>
>>
--
The most exciting phrase to hear in science, the one that heralds new
discoveries, is not "Eureka!" (I found it!) but "That's funny ..."
-- Isaac Asimov
J.H. Schrik
IOC-dokumentatie
Gak Nederland bv
Postbus 8300
1005 CA Amsterdam
tel: +206872545
email: jsc...@gak.nl
http://www.gak.nl
|
|
|
|
 |
Gaan na forum:
[ XML-voer ] [  ]
Tyd nou: Sun Mar 09 07:51:52 UTC 2025
|