Tuis » Lekker » Musiek & liriek » Musieksmaak
Musieksmaak [boodskap #10752 is 'n antwoord op boodskap #10753] |
Fri, 12 September 1997 00:00  |
Jasper die Barbaar
Boodskappe: 28 Geregistreer: September 1997
Karma: 0
|
Junior Lid |
|
|
Ek wonder of die deursnee afrikaans sprekende persoon werklik so dof is as
wat die verkoopsyfers van Worsie Visser en Leon Schuster se CD's aantoon.
Jell ons is commin.
xxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxx
Jasper die Barbaar
epitoli_sp...@hotmail.com
|
|
|
|
|
|
|
|
|
Re: Musieksmaak [boodskap #10783 is 'n antwoord op boodskap #10753] |
Mon, 15 September 1997 00:00   |
vira
Boodskappe: 182 Geregistreer: April 1997
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
On 9/15/97 2:48PM, in message , "Jasper die
Barbaar" wrote:
> Opstêrs se voet. Maar ek is ook nie kommin nie.
>
> Meeste van die topverkopers deesdae is die "stout": liedjies. Soos 'n kind
> wat sy eerste vloekwoord leer vermaak die Suid Afrikaners hulleself.
Ek weet nie wat jy hoor nie, maar ek hoor nie dieselfde nie. Ek luister verby
stoute woordjies, en sien die groter prentjie van wat Leon Schuster vir my
skilder. En hy het 'n kunstenaar se oog. Dit kyk regdeur. Baie van sy liedjies
is soet-suur happies van Suid Afrika/ners. 'n 'Cameo' van ons en ons lewens,
meestal baie 'witty' en soms ook satiries. Alles behalwe "dof".
Dit help miskien soms om "soos 'n kind" te kan raak sien, en met eerlikheid te
kyk na onsself.
> Watter
> ander nasie in die wêreld se mense luister na liedjies van bunions en
> miere
> wat jou byt en sulke gemors (ek wou sê stront).
Weereens ken ek nie die musiek waarna jy hier verwys nie. Enige ander nasie
kan in hul winkels instap en "Amerikaanse en Britse rock en pop" koop, maar net
ons kan loop haal "Gatvol in Gauteng". Dit maak dit vir my baie spesiaal.
Daardie nasies het ook nie dieselfde sin vir humor nie. Al ooit Afrikaanse
spotterigheid op 'n Amerikaner getry? Liewer nie. Dit werk nie. Nes hulle kan
flouval van lag oor 'n ding wat ek nou regtig "dof" en verspot dink.
Op bogenoemde nuwe CD (wat ek dadelik wil koop, sodra bietjie geld inkom) is 'n
liedjie "Take me home, Jonty Rhodes". My suster in die VSA se naam is ook
Sandra, en my eerste gedagte is hiervan moet ek vir haar ook een koop en
aanstuur. Dit het my herinner aan die tye wanneer sy heimwee het, en net wil
oppak en terug huistoe kom, en daarmee sommer groot trane in my oë gebring. Die
tweede gedagte was "nee, ek moenie. Dit sal haar hartseer maak van verlange".
Dit raak iets in jou hart, jy hoor Suid Afrika. Ja, die vloekwoordjie is ook
daar (" ... from this Ozzie hell") maar dit bring weer 'n groot smile uit - so
sê wat jy wil, Ek Lief Schuster!
> Meeste van die goed is in
> elk geval net "cover"-versions van Amerikaanse popliedjies. Geen
> oorspronklikheid nie, geen sin nie.
Schuster gee nie voor om 'n vooraanstaande komponis te wees nie. Hy is 'n
komediant. The cover versions serve his purpose.
> Gee my 'n goeie Afrikaanse rock of pop
> band met iets nuut en ek sal baie happy wees.
Yippee! Jy sal tog een of ander tyd "local" ondersteun!
>
> Laat ek maar verder na my Amerikaanse en Britse rock en pop luister
> waarvoor ek my nie hoef te skaam nie.
ô....ôôô. Hier's 'n probleem. Die Suid Afrikaanse
minderwaardigheidsgevoelens. Lose them. SA se talent is net so goed soos
enige ander plek ter wêreld, jy hoef jou nie te skaam nie. Wees trots. Daar's
baie om oor trots te voel. Miskien is rock en pop nie ons grootste musikale
neiging nie, en daar's niks mee verkeerd om oorsee s'n te geniet nie, maar weet
ook dat daar baie goeie musiek hier is.
Miskien is daar nie genoeg hier vir die jonger geslag nie. My tiener 'et al'
hol ook weg as ek SA musiek begin speel, maar gee kans. Oor 'n paar jaar sal
daar hopelik ook 'n Leon Schuster vir hulle daar wees. Ek voel mens moet
dankbaar wees vir 'n man wat genot in baie mense se lewens bring. (Terloops, hy
was vroeër 'n onderwyser gewees, en ek kan my nie 'n beter een voorstel nie).
Ek voel skaam as ek soms hoor wat luister die jonges (gepraat van vloek en
"strond"!), ~en dis nie Afrikaans nie~ maar ek kan nie prontuit sê hulle is
"dof" omdat hulle daarna luister nie. Different strokes for different folks,
OK?
>
> Jasper die Barbaar
> Voorstander van goeie Afrikaanse Pop en Rock (as hy dit kan vind)
>
Groete,
Vira.
|
|
|
Re: Musieksmaak [boodskap #10798 is 'n antwoord op boodskap #10753] |
Tue, 16 September 1997 00:00  |
Jasper die Barbaar
Boodskappe: 28 Geregistreer: September 1997
Karma: 0
|
Junior Lid |
|
|
Jasper die Barbaar is net so kontroversieel soos altyd. (Damn)
Ons gaan nêrens kom hiermee nie. Smaak verskil soos jy self sê. Ek soek net
goeie Afrikaanse Rock (en miskien Pop) maar ek vind dit nie!!!! Hel ouens
slaan 'n band aanmekaar en wys die res van die wêreld. Ons het goeie
afrikaanse ouens in bands wat net engelse liedere sing...
V wrote in article
...
| On 9/15/97 2:48PM "Jasper die Barbaar" wrote:
|
| > Opstêrs se voet. Maar ek is ook nie kommin nie.
| >
| > Meeste van die topverkopers deesdae is die "stout": liedjies. Soos 'n kind
| > wat sy eerste vloekwoord leer vermaak die Suid Afrikaners hulleself.
|
| Ek weet nie wat jy hoor nie, maar ek hoor nie dieselfde nie. Ek luister verby
| stoute woordjies, en sien die groter prentjie van wat Leon Schuster vir my
| skilder. En hy het 'n kunstenaar se oog......(ens.)
|
|
|
Re: Musieksmaak [boodskap #10799 is 'n antwoord op boodskap #10753] |
Tue, 16 September 1997 00:00  |
Dries Venter
Boodskappe: 299 Geregistreer: January 1996
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Hy's waarskynlik net so 'commin' as die mense wat al die eendersklinkende,
le"e popliedjies koop. Vir 'pop' kan jy ook lees 'C&W', 'reggae', 'muzak',
ens. M.a.w. gewone mense. Terloops, het jy al na die Wiltons of die
Namakwalanders of die Hartswater boereorkes of oom Mynie Reese geluister?
Of is dit te 'commin' vir jou?
Dries Venter
Pretoria
Jasper die Barbaar wrote in article
...
>
> Ek wonder of die deursnee afrikaans sprekende persoon werklik so dof is as
> wat die verkoopsyfers van Worsie Visser en Leon Schuster se CD's aantoon.
>
> Jell ons is commin.
>
> xxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxx
> Jasper die Barbaar
> epitoli_sp...@hotmail.com
>
|
|
|
|
 |
Gaan na forum:
[ XML-voer ] [  ]
Tyd nou: Sun Mar 09 07:55:00 UTC 2025
|