Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Ernstig » Boeke, tydskrifte & koerante » 'Ligte mistykie' kos Britse tydskrif groot geld
'Ligte mistykie' kos Britse tydskrif groot geld [boodskap #107728] So, 11 Desember 2005 07:52 na volgende boodskap
Spencer  is tans af-lyn  Spencer
Boodskappe: 214
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 0
Senior Lid
Mnr. Johann Rupert

"Dit was 'n ligte 'mistykie'." So skryf Die Burger 'oppienet'. Dit was die
woorde van die sakemagnaat en uitvoerende voorsitter van die internasionale
Richemont-groep, mnr. Johann Rupert, oor 'n Britse tydskrif se houding oor
Afrikaans. Die Britse leefstyltydskrif Wallpaper het Afrikaans in 'n
artikel as "een van die lelikste tale ter wêreld" afgemaak.

Rupert het gesê dit is 'n beginselsaak. Richemont het reeds sy miljoene
rande se peperduur advertensies uit die tydskrif se Kersuitgawe onttrek.
Dié groep sluit onder meer in handelsmerke soos Cartier, Van Cleef & Arpels,
Piaget en Dunhill. Richemont bestee jaarliks etlike miljoene Britse pond
aan advertensies in Britse tydskrifte.

"Ek vermoed die mense het nie mooi besef watter handelsmerke almal binne die
Richemont-groep val nie. Ons het ook nog geen verskoning van die tydskrif
ontvang nie en het daarom besluit om ons advertensies te onttrek," het
Rupert gesê.

Volgens hom sal die groep dieselfde optree as 'n ander kultuur- of taalgroep
waarby Richemont belang het, aangeval word. Verskeie Afrikaanse taal- en
kultuurorganisasies, akademici en skrywers het Rupert se optrede en besluit
ondersteun.

Die skrywer George Weideman het gesê hy is baie opgewonde oor Rupert se
besluit en optrede. Prof. Hennie van Coller, hoof van die departement
Afrikaans, Nederlands, Frans en Duits aan die Universiteit van die Vrystaat
(UV) en voorsitter van die SA Akademie vir Wetenskap en Kuns, het gesê
Wallpaper se bestuur is "oerdom". Prof. Van Coller het onlangs in Auckland
'n byeenkoms van Die Afrikaanse Klub van NS toegespreek.

Rupert het vroeër aan 'n ander koerant, Rapport, gesê: "Die tydskrif het my
moedertaal verneder en ek het nou genoeg daarvan gehad dat my kultuur
voortdurend gekleineer word. Dit is nie grappenderwys gedoen nie. Ek gaan
nie net stilsit en toekyk hoe my taal en kultuur deur die modder gesleep
word nie. Wat hulle oor Afrikaans te sê gehad het, is die grootste klomp
twak wat ek in 'n lang tyd gesien het en ek het besluit dit verg optrede."

Hy het bygevoeg dat Richemont 'n internasionale maatskappy is wat die
diversiteit van taal, kultuur en godsdiens hoog aanslaan. Hy gaan nie dat
die maatskappy se produkte geadverteer word in 'n tydskrif wat nie dieselfde
waardes deel nie.

Die tydskrif het dusver nie op koerantnavrae gereageer nie. Een koerant
berig dat hulle verneem het dat daar aanvanklik geskarrel is om Rupert te
probeer oorreed om van sy plan af te sien.
Re: 'Ligte mistykie' kos Britse tydskrif groot geld [boodskap #107729 is 'n antwoord op boodskap #107728] So, 11 Desember 2005 09:10 Na vorige boodskapna volgende boodskap
nospam  is tans af-lyn  nospam
Boodskappe: 274
Geregistreer: Maart 2006
Karma: 0
Senior Lid
Lyk my jy bly in NZ?

Julle praat mos Engels daar, of hoe?

On Sun, 11 Dec 2005 20:52:22 +1300, "Spencer"
wrote:

>
>
> Mnr. Johann Rupert
>
> "Dit was 'n ligte 'mistykie'." So skryf Die Burger 'oppienet'. Dit was die
> woorde van die sakemagnaat en uitvoerende voorsitter van die internasionale
> Richemont-groep, mnr. Johann Rupert, oor 'n Britse tydskrif se houding oor
> Afrikaans. Die Britse leefstyltydskrif Wallpaper het Afrikaans in 'n
> artikel as "een van die lelikste tale ter wêreld" afgemaak.
>
> Rupert het gesê dit is 'n beginselsaak. Richemont het reeds sy miljoene
> rande se peperduur advertensies uit die tydskrif se Kersuitgawe onttrek.
> Dié groep sluit onder meer in handelsmerke soos Cartier, Van Cleef & Arpels,
> Piaget en Dunhill. Richemont bestee jaarliks etlike miljoene Britse pond
> aan advertensies in Britse tydskrifte.
>
> "Ek vermoed die mense het nie mooi besef watter handelsmerke almal binne die
> Richemont-groep val nie. Ons het ook nog geen verskoning van die tydskrif
> ontvang nie en het daarom besluit om ons advertensies te onttrek," het
> Rupert gesê.
>
> Volgens hom sal die groep dieselfde optree as 'n ander kultuur- of taalgroep
> waarby Richemont belang het, aangeval word. Verskeie Afrikaanse taal- en
> kultuurorganisasies, akademici en skrywers het Rupert se optrede en besluit
> ondersteun.
>
> Die skrywer George Weideman het gesê hy is baie opgewonde oor Rupert se
> besluit en optrede. Prof. Hennie van Coller, hoof van die departement
> Afrikaans, Nederlands, Frans en Duits aan die Universiteit van die Vrystaat
> (UV) en voorsitter van die SA Akademie vir Wetenskap en Kuns, het gesê
> Wallpaper se bestuur is "oerdom". Prof. Van Coller het onlangs in Auckland
> 'n byeenkoms van Die Afrikaanse Klub van NS toegespreek.
>
> Rupert het vroeër aan 'n ander koerant, Rapport, gesê: "Die tydskrif het my
> moedertaal verneder en ek het nou genoeg daarvan gehad dat my kultuur
> voortdurend gekleineer word. Dit is nie grappenderwys gedoen nie. Ek gaan
> nie net stilsit en toekyk hoe my taal en kultuur deur die modder gesleep
> word nie. Wat hulle oor Afrikaans te sê gehad het, is die grootste klomp
> twak wat ek in 'n lang tyd gesien het en ek het besluit dit verg optrede."
>
> Hy het bygevoeg dat Richemont 'n internasionale maatskappy is wat die
> diversiteit van taal, kultuur en godsdiens hoog aanslaan. Hy gaan nie dat
> die maatskappy se produkte geadverteer word in 'n tydskrif wat nie dieselfde
> waardes deel nie.
>
> Die tydskrif het dusver nie op koerantnavrae gereageer nie. Een koerant
> berig dat hulle verneem het dat daar aanvanklik geskarrel is om Rupert te
> probeer oorreed om van sy plan af te sien.
>
Re: 'Ligte mistykie' kos Britse tydskrif groot geld [boodskap #107759 is 'n antwoord op boodskap #107729] Ma, 12 Desember 2005 10:13 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Spencer  is tans af-lyn  Spencer
Boodskappe: 214
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 0
Senior Lid
Man ja - as ons so voel, en soms sommer swart taal ook.

"Ferdi Greyling" wrote in message
news:43a3ece8.242873984@news.saix.co.za...
>
> Lyk my jy bly in NZ?
>
> Julle praat mos Engels daar, of hoe?
>
>
> On Sun, 11 Dec 2005 20:52:22 +1300, "Spencer"
> wrote:
>

>> Mnr. Johann Rupert

>> "Dit was 'n ligte 'mistykie'." So skryf Die Burger 'oppienet'. Dit was die
>> woorde van die sakemagnaat en uitvoerende voorsitter van die internasionale
>> Richemont-groep, mnr. Johann Rupert, oor 'n Britse tydskrif se houding oor
>> Afrikaans. Die Britse leefstyltydskrif Wallpaper het Afrikaans in 'n
>> artikel as "een van die lelikste tale ter wêreld" afgemaak.

>> Rupert het gesê dit is 'n beginselsaak. Richemont het reeds sy miljoene
>> rande se peperduur advertensies uit die tydskrif se Kersuitgawe onttrek.
>> Dié groep sluit onder meer in handelsmerke soos Cartier, Van Cleef & Arpels,
>> Piaget en Dunhill. Richemont bestee jaarliks etlike miljoene Britse pond
>> aan advertensies in Britse tydskrifte.

>> "Ek vermoed die mense het nie mooi besef watter handelsmerke almal binne die
>> Richemont-groep val nie. Ons het ook nog geen verskoning van die tydskrif
>> ontvang nie en het daarom besluit om ons advertensies te onttrek," het
>> Rupert gesê.

>> Volgens hom sal die groep dieselfde optree as 'n ander kultuur- of taalgroep
>> waarby Richemont belang het, aangeval word. Verskeie Afrikaanse taal- en
>> kultuurorganisasies, akademici en skrywers het Rupert se optrede en besluit
>> ondersteun.

>> Die skrywer George Weideman het gesê hy is baie opgewonde oor Rupert se
>> besluit en optrede. Prof. Hennie van Coller, hoof van die departement
>> Afrikaans, Nederlands, Frans en Duits aan die Universiteit van die Vrystaat
>> (UV) en voorsitter van die SA Akademie vir Wetenskap en Kuns, het gesê
>> Wallpaper se bestuur is "oerdom". Prof. Van Coller het onlangs in Auckland
>> 'n byeenkoms van Die Afrikaanse Klub van NS toegespreek.

>> Rupert het vroeër aan 'n ander koerant, Rapport, gesê: "Die tydskrif het my
>> moedertaal verneder en ek het nou genoeg daarvan gehad dat my kultuur
>> voortdurend gekleineer word. Dit is nie grappenderwys gedoen nie. Ek gaan
>> nie net stilsit en toekyk hoe my taal en kultuur deur die modder gesleep
>> word nie. Wat hulle oor Afrikaans te sê gehad het, is die grootste klomp
>> twak wat ek in 'n lang tyd gesien het en ek het besluit dit verg optrede."

>> Hy het bygevoeg dat Richemont 'n internasionale maatskappy is wat die
>> diversiteit van taal, kultuur en godsdiens hoog aanslaan. Hy gaan nie dat
>> die maatskappy se produkte geadverteer word in 'n tydskrif wat nie dieselfde
>> waardes deel nie.

>> Die tydskrif het dusver nie op koerantnavrae gereageer nie. Een koerant
>> berig dat hulle verneem het dat daar aanvanklik geskarrel is om Rupert te
>> probeer oorreed om van sy plan af te sien.
>
Re: 'Ligte mistykie' kos Britse tydskrif groot geld [boodskap #107768 is 'n antwoord op boodskap #107759] Ma, 12 Desember 2005 14:56 Na vorige boodskapna volgende boodskap
nospam  is tans af-lyn  nospam
Boodskappe: 274
Geregistreer: Maart 2006
Karma: 0
Senior Lid
On Mon, 12 Dec 2005 23:13:58 +1300, "Spencer"
wrote:

> Man ja - as ons so voel, en soms sommer swart taal ook.

So gedink. Kom dit jou nie net so bietjie vreemd voor dat iemand wat
na 'n ander land gegaan het, juig as Rupert in SA iets vir Afrikaans
doen nie?

Het jy kinders? Gaan hulle daar in Engels skool?
Re: 'Ligte mistykie' kos Britse tydskrif groot geld [boodskap #107785 is 'n antwoord op boodskap #107768] Di, 13 Desember 2005 09:41 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Spencer  is tans af-lyn  Spencer
Boodskappe: 214
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 0
Senior Lid
Ag man, ek's nou regtig nie lus om met jou te argumenteer nie. Wie sê vir
jou in elk geval ek juig?

"Ferdi Greyling" skryf in boodskap news:43a58f53.349988667@news.saix.co.za...
> On Mon, 12 Dec 2005 23:13:58 +1300, "Spencer"
> wrote:
>
>
> So gedink. Kom dit jou nie net so bietjie vreemd voor dat iemand wat
> na 'n ander land gegaan het, juig as Rupert in SA iets vir Afrikaans
> doen nie?
>
> Het jy kinders? Gaan hulle daar in Engels skool?
>
Re: 'Ligte mistykie' kos Britse tydskrif groot geld [boodskap #107796 is 'n antwoord op boodskap #107785] Di, 13 Desember 2005 12:51 Na vorige boodskapna volgende boodskap
nospam  is tans af-lyn  nospam
Boodskappe: 274
Geregistreer: Maart 2006
Karma: 0
Senior Lid
On Tue, 13 Dec 2005 22:41:47 +1300, "Spencer"
wrote:

> Ag man, ek's nou regtig nie lus om met jou te argumenteer nie. Wie sê vir
> jou in elk geval ek juig?

Ek kon sweer jy juig...
Re: 'Ligte mistykie' kos Britse tydskrif groot geld [boodskap #107931 is 'n antwoord op boodskap #107768] Di, 20 Desember 2005 01:04 Na vorige boodskapna volgende boodskap
leendert[1]  is tans af-lyn  leendert[1]
Boodskappe: 26
Geregistreer: Desember 2005
Karma: 0
Junior Lid
Ferdi skryf aan "Spencer" in NZ:

"So gedink. Kom dit jou nie net so bietjie vreemd voor dat iemand wat
na 'n ander land gegaan het, juig as Rupert in SA iets vir Afrikaans
doen nie?

"Het jy kinders? Gaan hulle daar in Engels skool?"

Vraag aan Ferdi:

In watter taal gaan jou kinders skool?

Groete, Leendert
Re: 'Ligte mistykie' kos Britse tydskrif groot geld [boodskap #107933 is 'n antwoord op boodskap #107931] Di, 20 Desember 2005 07:53 Na vorige boodskapna volgende boodskap
nospam  is tans af-lyn  nospam
Boodskappe: 274
Geregistreer: Maart 2006
Karma: 0
Senior Lid
On 19 Dec 2005 17:04:34 -0800, "leendert" wrote:
Ferdi skryf aan "Spencer" in NZ:
>
> "So gedink. Kom dit jou nie net so bietjie vreemd voor dat iemand wat
> na 'n ander land gegaan het, juig as Rupert in SA iets vir Afrikaans
> doen nie?
>
>
> "Het jy kinders? Gaan hulle daar in Engels skool?"
>
> Vraag aan Ferdi:
>
> In watter taal gaan jou kinders skool?
>
> Groete, Leendert

Dieselfde Leendert wat so 5 jaar gelede in 'n "huff" uit die groep weg
is sonder om vrae te antwoord?
Re: 'Ligte mistykie' kos Britse tydskrif groot geld [boodskap #107934 is 'n antwoord op boodskap #107931] Di, 20 Desember 2005 08:02 Na vorige boodskapna volgende boodskap
nospam  is tans af-lyn  nospam
Boodskappe: 274
Geregistreer: Maart 2006
Karma: 0
Senior Lid
On 19 Dec 2005 17:04:34 -0800, "leendert" wrote:

> Ferdi skryf aan "Spencer" in NZ:
>
> "So gedink. Kom dit jou nie net so bietjie vreemd voor dat iemand wat
> na 'n ander land gegaan het, juig as Rupert in SA iets vir Afrikaans
> doen nie?
>
>
> "Het jy kinders? Gaan hulle daar in Engels skool?"
>
> Vraag aan Ferdi:
>
> In watter taal gaan jou kinders skool?
>
> Groete, Leendert

Siende dat jy nou so vra, vraag aan Leendert:

Gaan jou kinders na 'n openbare Afrikaanse skool?
Re: 'Ligte mistykie' kos Britse tydskrif groot geld [boodskap #107942 is 'n antwoord op boodskap #107933] Di, 20 Desember 2005 22:20 Na vorige boodskapna volgende boodskap
leendert[1]  is tans af-lyn  leendert[1]
Boodskappe: 26
Geregistreer: Desember 2005
Karma: 0
Junior Lid
Ek het gevra, na aanleiding van Ferdie se vraag of ene Spencer se
kinders in NZ in Engels skoolgaan::

> Vraag aan Ferdi:
> In watter taal gaan jou kinders skool?

Ferdi antwoord nie my vraag nie, maar vra:

"Dieselfde Leendert wat so 5 jaar gelede in 'n "huff" uit die groep weg

is sonder om vrae te antwoord? "

Waarskynlik nie dieselfde Leendert nie, want ek is nooit in 'n "huff"
uit die groep weg nie, en beslis nie sonder om vrae te beantwoord nie.

Maar as jy enige vrae het, vra gerus :-)

Vriendelike groete, Leendert
Re: 'Ligte mistykie' kos Britse tydskrif groot geld [boodskap #107943 is 'n antwoord op boodskap #107934] Di, 20 Desember 2005 22:25 Na vorige boodskapna volgende boodskap
leendert[1]  is tans af-lyn  leendert[1]
Boodskappe: 26
Geregistreer: Desember 2005
Karma: 0
Junior Lid
Ferdie vra:

"Siende dat jy nou so vra, vraag aan Leendert:

"Gaan jou kinders na 'n openbare Afrikaanse skool?"

Antwoord:

Baie beslis nie. Ook nie na 'n openbare Engelse skool of enige
privaatskool nie.

Trouens, nie een van hulle was nog ooit in 'n skool nie.

En jou kinders, Ferdi?

In watter taal gaan hulle skool?

Vriendelike groete, Leendert
Re: 'Ligte mistykie' kos Britse tydskrif groot geld [boodskap #107944 is 'n antwoord op boodskap #107942] Wo, 21 Desember 2005 07:56 Na vorige boodskapna volgende boodskap
nospam  is tans af-lyn  nospam
Boodskappe: 274
Geregistreer: Maart 2006
Karma: 0
Senior Lid
On 20 Dec 2005 14:20:02 -0800, "leendert" wrote:

> Waarskynlik nie dieselfde Leendert nie, want ek is nooit in 'n "huff"
> uit die groep weg nie, en beslis nie sonder om vrae te beantwoord nie.
>
> Maar as jy enige vrae het, vra gerus :-)

Wat is die rede dat jy destyds gese het jy gee pad uit die groep?
Re: 'Ligte mistykie' kos Britse tydskrif groot geld [boodskap #107945 is 'n antwoord op boodskap #107943] Wo, 21 Desember 2005 07:59 Na vorige boodskapna volgende boodskap
nospam  is tans af-lyn  nospam
Boodskappe: 274
Geregistreer: Maart 2006
Karma: 0
Senior Lid
On 20 Dec 2005 14:25:59 -0800, "leendert" wrote:

> Ferdie vra:
>
> "Siende dat jy nou so vra, vraag aan Leendert:
>
> "Gaan jou kinders na 'n openbare Afrikaanse skool?"
>
> Antwoord:
>
> Baie beslis nie. Ook nie na 'n openbare Engelse skool of enige
> privaatskool nie.
>
> Trouens, nie een van hulle was nog ooit in 'n skool nie.
>
> En jou kinders, Ferdi?
>
> In watter taal gaan hulle skool?

1. Watter kinders?

2. Jy ondersteun dus nie die konsep van geinstitusionaliseerde tale in
'n gemeenskap nie?
Re: 'Ligte mistykie' kos Britse tydskrif groot geld [boodskap #107946 is 'n antwoord op boodskap #107945] Wo, 21 Desember 2005 09:24 Na vorige boodskapna volgende boodskap
leendert[1]  is tans af-lyn  leendert[1]
Boodskappe: 26
Geregistreer: Desember 2005
Karma: 0
Junior Lid
Ferdi dans 'n verwoede eierdans om te vermy om die vraag te beantwoord:
"In watter taal gaan jou kinders skool?"

Hy skryf:

"1. Watter kinders?"

Die kinders van wie jy in jou gedig "Droë Waterval" skryf: "In die
Klein Karoo vertel ek my kinders
van die werklikheid wat Oudtshoorn was."

Die kinders van wie jy op 8 April 2003 in hierdie nuusgoep geskryf het
: "My kinders was in 'n skool waarin Moslem-kinders ook was en hulle
moes almal een keer 'n week Christelike godsdiens in die saal beoefen."


Verder sê/vra Ferdi aan my:

"2. Jy ondersteun dus nie die konsep van geinstitusionaliseerde tale in

'n gemeenskap nie?"

O, ek ondersteun "die konsep van geinstitusionaliseerde tale in
'n gemeenskap" ten volle. Veral vir geïnstitusionaliseerde
gemeenskappe.

En nou, Ferdi, die kinders na wie jy in die aanhaling hierbo, uit jou
boodskap van 8 November 2003 verwys as "my kinders": In watter taal het
hulle skoolgegaan in die skool waarna jy in dieselfde aanhaling verwys?

Waar die woorde "in watter taal" en "skoolgegaan" dieselfde
betekenisinhoud het as die ooreenkomstige woorde in jou vraag aan
Spencer, toe jy gevra het of sy kinders in NZ in Engels skoolgaan.

Vriendelike groete, Leendert
Re: 'Ligte mistykie' kos Britse tydskrif groot geld [boodskap #107949 is 'n antwoord op boodskap #107944] Wo, 21 Desember 2005 10:20 Na vorige boodskapna volgende boodskap
leendert[1]  is tans af-lyn  leendert[1]
Boodskappe: 26
Geregistreer: Desember 2005
Karma: 0
Junior Lid
Ferdi skryf:

"Wat is die rede dat jy destyds gese het jy gee pad uit die groep?"

Die antwoord is in die openbare domein - in die rekords van die
nuusgroep. Slaan dit gerus na.

Maar ek merk 'n interessante verwikkeling in dieselfde lyn van
rassehaters wat die nuusgroep toepak.

Hierdie keer is dit net die arme patetiese Hollanders, wat so lank en
so hovaardig vir ons wou voorskryf hoe om interkulturele verhoudinge te
reël, wat tot hul skok gevind het dat "integratie" toe nie so maklik
en probleemloos is as wat hulle vir ons voorgehou het nie.

Hulle dag al die jare hulle gaan van elke allochtoon 'n technicolor
Hollander maak. En toe blyk dit jou wragtag daar is mense in die
wêreld, en nou ook in Nederland, wat nie Hollanders wil wees nie. Maar
nou het hierdie mense Nederlandse burgerskap of verblyfregte.

En nou, kan jy dit glo, meen dieselfde hovaardige Hollanders ons moet
met hulle "saamstaan" in die probleme wat hulle vir hulself geskep het.

Ek dink dis hul verdiende loon dat die Moorse hordes tog uiteindelik
Europa gaan beërwe. Dit is, per slot van rekening, skaars seshonderd
jaar sedert die More laas nog dele van Frankryk en die Turke van
Oostenryk besit het. En die ganse Griekeland het nog aan Turkye behoort
toe die Groot Trek al hier by ons begin het.

Interessante gebruik wat die Truke gehad het - om die seuntjies van die
Christene af te neem en groot te maak as Moslems om die
Janissariërregimente te vorm waarmee hulle die Christene wreed
onderdruk het.

Gelukkig het die Hollanders nie juis meer seuns - of dogters - om van
te praat nie. Dis hoekom hulle in die eerste plek die alloctone invoer,
nie waar nie?

Nog vrae?

Vriendelike groete, Leendert
Re: 'Ligte mistykie' kos Britse tydskrif groot geld [boodskap #107950 is 'n antwoord op boodskap #107946] Wo, 21 Desember 2005 10:47 Na vorige boodskapna volgende boodskap
leendert[1]  is tans af-lyn  leendert[1]
Boodskappe: 26
Geregistreer: Desember 2005
Karma: 0
Junior Lid
Korreksie:

Die verwysing na "8 November 2003" in my vorige boodskap moet natuurlik
wees "8 April 2003"

Vriendelike groete, Leendert
Re: 'Ligte mistykie' kos Britse tydskrif groot geld [boodskap #107954 is 'n antwoord op boodskap #107946] Wo, 21 Desember 2005 12:35 Na vorige boodskapna volgende boodskap
nospam  is tans af-lyn  nospam
Boodskappe: 274
Geregistreer: Maart 2006
Karma: 0
Senior Lid
On 21 Dec 2005 01:24:35 -0800, "leendert" wrote:

> "1. Watter kinders?"
>
> Die kinders van wie jy in jou gedig "Droë Waterval" skryf: "In die
> Klein Karoo vertel ek my kinders
> van die werklikheid wat Oudtshoorn was."
>
> Die kinders van wie jy op 8 April 2003 in hierdie nuusgoep geskryf het
> : "My kinders was in 'n skool waarin Moslem-kinders ook was en hulle
> moes almal een keer 'n week Christelike godsdiens in die saal beoefen."

Waar kom jy daar aan dat ek daardie gedig geskryf het?

Verder sê/vra Ferdi aan my:
>
> "2. Jy ondersteun dus nie die konsep van geinstitusionaliseerde tale in
>
> 'n gemeenskap nie?"
>
> O, ek ondersteun "die konsep van geinstitusionaliseerde tale in
> 'n gemeenskap" ten volle. Veral vir geïnstitusionaliseerde
> gemeenskappe.

Negeer jy dit nie met jou optrede rakende jou kinders nie?

> En nou, Ferdi, die kinders na wie jy in die aanhaling hierbo, uit jou
> boodskap van 8 November 2003 verwys as "my kinders": In watter taal het
> hulle skoolgegaan in die skool waarna jy in dieselfde aanhaling verwys?
>
> Waar die woorde "in watter taal" en "skoolgegaan" dieselfde
> betekenisinhoud het as die ooreenkomstige woorde in jou vraag aan
> Spencer, toe jy gevra het of sy kinders in NZ in Engels skoolgaan.
>
> Vriendelike groete, Leendert

Weereens, watter kinders praat jy van?

As jy oor geinstitusionaliseerde tale in 'n gemeenskap wil praat, gaan
gerus voort.
Re: 'Ligte mistykie' kos Britse tydskrif groot geld [boodskap #107955 is 'n antwoord op boodskap #107949] Wo, 21 Desember 2005 12:36 Na vorige boodskapna volgende boodskap
nospam  is tans af-lyn  nospam
Boodskappe: 274
Geregistreer: Maart 2006
Karma: 0
Senior Lid
On 21 Dec 2005 02:20:01 -0800, "leendert" wrote:

> "Wat is die rede dat jy destyds gese het jy gee pad uit die groep?"
>
> Die antwoord is in die openbare domein - in die rekords van die
> nuusgroep. Slaan dit gerus na.

Wat van jy se dit vir my.
Re: 'Ligte mistykie' kos Britse tydskrif groot geld [boodskap #107956 is 'n antwoord op boodskap #107943] Wo, 21 Desember 2005 13:19 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
leendert skryf

> "Gaan jou kinders na 'n openbare Afrikaanse skool?"
>
> Antwoord:
>
> Baie beslis nie. Ook nie na 'n openbare Engelse skool of enige
> privaatskool nie.
>
> Trouens, nie een van hulle was nog ooit in 'n skool nie.

Leendert, ek staan nou net op en sien vir die eerste keer dat jy nou
weer na die nuusgroep teruggekeer het. Wat 'n Kersgeskenk.
Hoop jy is permanent terug. Ons het jou swaargeskut gemis.

Gloudina
Re: 'Ligte mistykie' kos Britse tydskrif groot geld [boodskap #107957 is 'n antwoord op boodskap #107943] Wo, 21 Desember 2005 13:19 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
leendert skryf

> "Gaan jou kinders na 'n openbare Afrikaanse skool?"
>
> Antwoord:
>
> Baie beslis nie. Ook nie na 'n openbare Engelse skool of enige
> privaatskool nie.
>
> Trouens, nie een van hulle was nog ooit in 'n skool nie.

Leendert, ek staan nou net op en sien vir die eerste keer dat jy nou
weer na die nuusgroep teruggekeer het. Wat 'n Kersgeskenk.
Hoop jy is permanent terug. Ons het jou swaargeskut gemis.

Gloudina
Re: 'Ligte mistykie' kos Britse tydskrif groot geld [boodskap #107958 is 'n antwoord op boodskap #107949] Wo, 21 Desember 2005 13:27 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
leendert skryf

> Hierdie keer is dit net die arme patetiese Hollanders, wat so lank en
> so hovaardig vir ons wou voorskryf hoe om interkulturele verhoudinge te
> reël, wat tot hul skok gevind het dat "integratie" toe nie so maklik
> en probleemloos is as wat hulle vir ons voorgehou het nie.
>
> Hulle dag al die jare hulle gaan van elke allochtoon 'n technicolor
> Hollander maak. >


Leendert, ek dink dit is nie onvanpas om uit te wys dat
jou voorvaders hier in SA dieselfde soort ding probeer doen
het nie. Dis nie onvanpas om hier aan te dui dat een van
die oorsake van die begin van die Anglo-Boereoorlog was
dat die Nederlandse raadgewers van Paul Kruger daarteen
was dat daar 'n kompromis aangegaan moes word wat
die oorlog kon verhoed het nie.

Penkop van die Derde Republiek
Re: 'Ligte mistykie' kos Britse tydskrif groot geld [boodskap #107959 is 'n antwoord op boodskap #107949] Wo, 21 Desember 2005 13:27 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
leendert skryf

> Hierdie keer is dit net die arme patetiese Hollanders, wat so lank en
> so hovaardig vir ons wou voorskryf hoe om interkulturele verhoudinge te
> reël, wat tot hul skok gevind het dat "integratie" toe nie so maklik
> en probleemloos is as wat hulle vir ons voorgehou het nie.
>
> Hulle dag al die jare hulle gaan van elke allochtoon 'n technicolor
> Hollander maak. >


Leendert, ek dink dit is nie onvanpas om uit te wys dat
jou voorvaders hier in SA dieselfde soort ding probeer doen
het nie. Dis nie onvanpas om hier aan te dui dat een van
die oorsake van die begin van die Anglo-Boereoorlog was
dat die Nederlandse raadgewers van Paul Kruger daarteen
was dat daar 'n kompromis aangegaan moes word wat
die oorlog kon verhoed het nie.

Penkop van die Derde Republiek
Re: 'Ligte mistykie' kos Britse tydskrif groot geld [boodskap #107960 is 'n antwoord op boodskap #107949] Wo, 21 Desember 2005 13:38 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
leendert skryf

> Ek dink dis hul verdiende loon dat die Moorse hordes tog uiteindelik
> Europa gaan beërwe. Dit is, per slot van rekening, skaars seshonderd
> jaar sedert die More laas nog dele van Frankryk en die Turke van
> Oostenryk besit het. En die ganse Griekeland het nog aan Turkye behoort
> toe die Groot Trek al hier by ons begin het.

Baie insiggewend. Nie alleen is Europa besig om
'n transformasie te ondergaan nie. Die strate van
Ottawa is vol moslemvrouens met hulle kenmerklike
hoofbedekkings. En as mens bedien word in 'n
fast food eetplek, is die hoofbedekking 'n welkom
teken dat jy stil en goeie bediening sal kry. Hulle
is welkom werkers.

Gloudina
Re: 'Ligte mistykie' kos Britse tydskrif groot geld [boodskap #107963 is 'n antwoord op boodskap #107955] Do, 22 Desember 2005 00:11 Na vorige boodskapna volgende boodskap
leendert[1]  is tans af-lyn  leendert[1]
Boodskappe: 26
Geregistreer: Desember 2005
Karma: 0
Junior Lid
Ferdi se inligtingsbestuur laat hom in die steek:

FG: Die antwoord is in die openbare domein - in die rekords van die
> nuusgroep. Slaan dit gerus na.

FG: Wat van jy se dit vir my.

Maar ek het, Ferdi, laaaaaankal. Dis in die argief, nogal.

Lyk my jy kom op die ouderdom dat jy die dingetjies moet begin inoefen
om die ou Duitser 'n rukkie te kan fnuik - ou Alzheimer, jy weet?

Kan jou net goed doen om die inligting wat vir jou oënskynlik so
belangrik is self te gaan uitsnuffel. Dit keer nie dat die ou koppie
tog maar op die ou end pap word nie, maar dit help dat ander mense nie
so gou agterkom nie.

En jou geriater sal jou sê dit help ook vir die selfbeeld. 'n Rukkie,
in elk geval.

Vriendelike groete, Leendert
Re: 'Ligte mistykie' kos Britse tydskrif groot geld [boodskap #107964 is 'n antwoord op boodskap #107954] Do, 22 Desember 2005 00:25 Na vorige boodskapna volgende boodskap
leendert[1]  is tans af-lyn  leendert[1]
Boodskappe: 26
Geregistreer: Desember 2005
Karma: 0
Junior Lid
Ferdi trippel nou alkante toe:

FG: "Waar kom jy daar aan dat ek daardie gedig geskryf het?"

LvO: Ontken jy dan dat jy dit geskryf het, of is dit maar net weer die
ou Duitser?

LvO: >O, ek ondersteun "die konsep van geinstitusionaliseerde tale in
> 'n gemeenskap" ten volle. Veral vir geïnstitusionaliseerde
> gemeenskappe.

FG: "Negeer jy dit nie met jou optrede rakende jou kinders nie?"

LvO: Dink jy so? Hoekom?

FG: "Weereens, watter kinders praat jy van?"

LvO: Van die kinders na wie jy verwys as "my kinders" in jou boodskap
van 8 April 2003 op die nuusgroep, soos ek in my vorige boodskap
aangehaal het. In watter taal het hulle skoolgegaan, Ferdi?

FG: "As jy oor geinstitusionaliseerde tale in 'n gemeenskap wil praat,
gaan gerus voort."

LvO: Jy het dit mis. Dit was jy wat die onderwerp te berde gebring het,
onthou jy nie? Waarom dink jy dat my "optrede rakende [my] kinders" ter
sake is in hierdie verband?

En, in watter taal het jou kinders skoolgegaan?

Vriendelike groete, Leendert
Re: 'Ligte mistykie' kos Britse tydskrif groot geld [boodskap #107965 is 'n antwoord op boodskap #107957] Do, 22 Desember 2005 00:31 Na vorige boodskapna volgende boodskap
leendert[1]  is tans af-lyn  leendert[1]
Boodskappe: 26
Geregistreer: Desember 2005
Karma: 0
Junior Lid
Beste Gloudina, jy skryf:

"Leendert, ek staan nou net op en sien vir die eerste keer dat jy nou
weer na die nuusgroep teruggekeer het. Wat 'n Kersgeskenk.
Hoop jy is permanent terug. Ons het jou swaargeskut gemis. "

Dankie vir die verwelkoming, Gloudina, maar ek kom net inloer. En so
bietjie roer, natuurlik :-)

En mens kan sien party van julle is bietjie uit oefening hier. Daar is
nog nie sprake van swaargeskut nie. Ek vat maar net 'n paar pot shots
met 'n pea shooter, en kyk hoe dans ou Ferdie al!

Groete, Leendert
Re: 'Ligte mistykie' kos Britse tydskrif groot geld [boodskap #107966 is 'n antwoord op boodskap #107963] Do, 22 Desember 2005 07:49 Na vorige boodskapna volgende boodskap
nospam  is tans af-lyn  nospam
Boodskappe: 274
Geregistreer: Maart 2006
Karma: 0
Senior Lid
On 21 Dec 2005 16:11:18 -0800, "leendert" wrote:

> Ferdi se inligtingsbestuur laat hom in die steek:
>
> FG:
> LvO >Die antwoord is in die openbare domein - in die rekords van die
>> nuusgroep. Slaan dit gerus na.
>
> FG: Wat van jy se dit vir my.
>
> Maar ek het, Ferdi, laaaaaankal. Dis in die argief, nogal.

OK, so jy wil nie daaroor praat nie.
Suit yourself.
Re: 'Ligte mistykie' kos Britse tydskrif groot geld [boodskap #107967 is 'n antwoord op boodskap #107964] Do, 22 Desember 2005 07:50 Na vorige boodskapna volgende boodskap
nospam  is tans af-lyn  nospam
Boodskappe: 274
Geregistreer: Maart 2006
Karma: 0
Senior Lid
On 21 Dec 2005 16:25:30 -0800, "leendert" wrote:

> En, in watter taal het jou kinders skoolgegaan?

Watter kinders?

Jy is nog net so benepe soos altyd.
Re: 'Ligte mistykie' kos Britse tydskrif groot geld [boodskap #107968 is 'n antwoord op boodskap #107964] Do, 22 Desember 2005 07:53 Na vorige boodskapna volgende boodskap
nospam  is tans af-lyn  nospam
Boodskappe: 274
Geregistreer: Maart 2006
Karma: 0
Senior Lid
On 21 Dec 2005 16:25:30 -0800, "leendert" wrote:

> Ferdi trippel nou alkante toe:

> En, in watter taal het jou kinders skoolgegaan?

En in watter land, Leendert, gaan jou oudste kind skool?
Re: 'Ligte mistykie' kos Britse tydskrif groot geld [boodskap #107969 is 'n antwoord op boodskap #107967] Do, 22 Desember 2005 11:36 Na vorige boodskapna volgende boodskap
leendert[1]  is tans af-lyn  leendert[1]
Boodskappe: 26
Geregistreer: Desember 2005
Karma: 0
Junior Lid
Ferdi gebruik die retoriek van 'n driejarige (kognitiewe ouderdom, nie
noodwendig chronologies nie) om 'n antwoord op 'n eenvoudige,
ondubbelsinnige vraag ten alle koste te vermy. Die vraag:

LvO:
Re: 'Ligte mistykie' kos Britse tydskrif groot geld [boodskap #107970 is 'n antwoord op boodskap #107968] Do, 22 Desember 2005 11:51 Na vorige boodskapna volgende boodskap
leendert[1]  is tans af-lyn  leendert[1]
Boodskappe: 26
Geregistreer: Desember 2005
Karma: 0
Junior Lid
My vraag aan Ferdi:

LvO: "> "

Ferdi se poging om die vraag te ontduik:

FG: "En in watter land, Leendert, gaan jou oudste kind skool?"

My antwoord:

LvO: In geen land nie, Ferdi. Soos jy al jarelank weet, gaan my kinders
nie skool nie en het hulle ook nooit skoolgegaan nie. Nie in hierdie
land nie en ook nie in anderland nie. Buitendien is die konsep "land"
'n bietjie verouderd, dink jy nie so nie?

Om terug te kom by die aanvanklike vraag:

In watter taal (of tale) gaan elkeen van jou kinders skool of het hulle
skoolgegaan, Ferdi? Dis nou die kinders na wie jy op 8 April 2003 in
hierdie nuusgroep verwys het as "my kinders".

Vriendelike groete, Leendert
Re: 'Ligte mistykie' kos Britse tydskrif groot geld [boodskap #107976 is 'n antwoord op boodskap #107969] Vr, 23 Desember 2005 09:30 Na vorige boodskapna volgende boodskap
nospam  is tans af-lyn  nospam
Boodskappe: 274
Geregistreer: Maart 2006
Karma: 0
Senior Lid
On 22 Dec 2005 03:36:46 -0800, "leendert" wrote:

> FG: "Jy is nog net so benepe soos altyd."
>
> Hmmmmm...... Inderdaad. Dit lyk maar soms so as mens met kinders en
> bejaardes moet werk . En meer dikwels as mens met joernaliste moet werk
> (of "hoer-na-luste", soos wyle Jan Rabie volgens bewering gesê het).
> Ek maak deesdae opnames van elke onderhoud. Veral met Naspes se agente.
> (Met een of twee merkwaardige uitsonderings.)
>
> Vriendelike groete, Leendert

Hier is Leendert (weer) in al sy glorie:

1. Hy vloek ander mense. Interressant om hier ook te sien dat hy mense
tipeer in sy vloekery.

2. Hy sien aanslagte en komplotte teen hom.

En daar is twee redes hoekom dit nog nooit die moeite werd was om met
jou 'n gesprek te he nie, Leendert.
Re: 'Ligte mistykie' kos Britse tydskrif groot geld [boodskap #107977 is 'n antwoord op boodskap #107970] Vr, 23 Desember 2005 09:36 Na vorige boodskapna volgende boodskap
nospam  is tans af-lyn  nospam
Boodskappe: 274
Geregistreer: Maart 2006
Karma: 0
Senior Lid
On 22 Dec 2005 03:51:37 -0800, "leendert" wrote:

> LvO: In geen land nie, Ferdi. Soos jy al jarelank weet, gaan my kinders
> nie skool nie en het hulle ook nooit skoolgegaan nie. Nie in hierdie
> land nie en ook nie in anderland nie. Buitendien is die konsep "land"
> 'n bietjie verouderd, dink jy nie so nie?

Miskien op jou planeet, maar nie op die aarde nie.
So, jou kinders gaan nie skool nie en julle bly nie in 'n land nie.
Jy drink seker ook nie?

> Om terug te kom by die aanvanklike vraag:
>
> In watter taal (of tale) gaan elkeen van jou kinders skool of het hulle
> skoolgegaan, Ferdi? Dis nou die kinders na wie jy op 8 April 2003 in
> hierdie nuusgroep verwys het as "my kinders".

Terug na een van die aanvanklike vrae:
Waar kom jy aan die idee dat ek enigsins kinders het?

En terug na die heel aanvaklike vraag: As jy die institusionalisering
van taal in 'n burgerlike gemeenskap as waardevol erken, negeer jy dit
nie deur in jou eie lewe presies die teenoorgestelde te doen met die
opvoeding van jou kinders nie?

En in watter land gaan jou oudste kind skool?
Re: 'Ligte mistykie' kos Britse tydskrif groot geld [boodskap #107978 is 'n antwoord op boodskap #107977] Vr, 23 Desember 2005 11:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Pieter.G...  is tans af-lyn  Pieter.G...
Boodskappe: 23
Geregistreer: Mei 2005
Karma: 0
Junior Lid
Ferdi,

Hoekom antwoord jy nie 'n slag Leendert se vraag nie? Jy het iemand
anders afgekraak omdat sy kinders kwansuis in engels skoolgaan. So ek
wil ook graag in waater taal is jou kinders geskool? Dit is nou die
kinders van wie jy in jou poste gepraat het.

Ek dink dit is puur omdat jou kinders self in engels as taal op skool
gehad het - en dit wil jy nie erken nie. So wat gee jou die reg om vir
Spencer oor sy engels wat hulle "daar" praat aan te vat? Verder nog is
dit dood logies dat sy kinders in 'n engelse skool sit oor die water.
Wat onlogies is hoekom jou kinders wat in SA woon in engels onderrig
is...
Re: 'Ligte mistykie' kos Britse tydskrif groot geld [boodskap #107980 is 'n antwoord op boodskap #107976] Vr, 23 Desember 2005 11:03 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Pieter.G...  is tans af-lyn  Pieter.G...
Boodskappe: 23
Geregistreer: Mei 2005
Karma: 0
Junior Lid
Om 'n joernalis 'n hoer-na-luste te noem is nie juis iemand vloek nie -
dit is meer 'n neerlegging van 'n oogpunt - aangesien joernaliste
gewoonlik na sensasie lus - dink ek hoer-na-luste is 'n baie goeie
beskrywing.

Ek weet nie van die komplotte waarvan hy praat nie - ek dink dit is
meer uit selfverdediging om tog 'n kopie te he van wat jy se...
aangesien jy dit om elke hoek en draai verdraai.
Re: 'Ligte mistykie' kos Britse tydskrif groot geldnl.politiek, [boodskap #107982 is 'n antwoord op boodskap #107954] Vr, 23 Desember 2005 19:43 Na vorige boodskap
hek...  is tans af-lyn  hek...
Boodskappe: 34
Geregistreer: Julie 1998
Karma: 0
Volle Lid
Ferdi Greyling wrote:
> On 21 Dec 2005 01:24:35 -0800, "leendert"
> wrote:
>
> > Die kinders van wie jy op 8 April 2003 in hierdie nuusgoep geskryf het
>> : "My kinders was in 'n skool waarin Moslem-kinders ook was en hulle
>> moes almal een keer 'n week Christelike godsdiens in die saal beoefen."
>
> Waar kom jy daar aan dat ek daardie gedig geskryf het?

Dit is nie die tema nie. Antwoord die vraag: Het jy kinders?
[ ] Ja
[ ] Nee

(...)
> Weereens, watter kinders praat jy van?
>
Die wat ter sprake was in die deel wat jy vermy het. Ek haal aan:
"Ferdi Greyling
8 Apr 2003 12:05 wys opsies
Nuusgroepe: soc.culture.south-africa.afrikaans
Vanaf: NoS...@tome.com (Ferdi Greyling) - Find messages by this author
Datum: Tue, 08 Apr 2003 10:02:53 GMT
Plaaslik: Tues 8 Apr 2003 12:02
Onderwerp: Re: Wat voel julle
(...)
Goeie ding dat geen skool 'n "amptelike" godsdiens beoefen waaraan al
die kinders moet deelneem nie.
My kinders was in 'n skool waarin Moslem-kinders ook was en hulle moes
almal een keer 'n week Christelike godsdiens in die saal beoefen.
So iets moet vrywillig wees.

On Tue, 8 Apr 2003 10:26:28 +0200, "Annette" wrote:
> Oor Kader Asmal se nuwe baba - nl die verbod van godsdiensoefening op skool?

> Annette "

Bron:
http://groups.google.co.za/group/soc.culture.south-africa.af rikaans/msg/fa56e76366ee7e87

Dit bring ons by twee moontlikhede:
1) Jy het toe die waarheid gepraat en jy het kinders op skool gehad.
2) Jy het geen kinders en jy het dus destyds gelieg.

(...)
Vorige onderwerp: boek
Volgende onderwerp: De Kat
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Mar 28 17:02:49 MGT 2024