Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Nujoma-paniek
Nujoma-paniek [boodskap #107461] Ma, 28 November 2005 14:37 na volgende boodskap
PietR  is tans af-lyn  PietR
Boodskappe: 3341
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
Die massagrafte-storie het gemaak dat die pers die storie opgetel het. Aan
die een kant is daar die wat sensasie soek deur dit 'massamoorde' te etiket,
maar aan die anderkant is daar die wat die storie werklik onthou, of bronne
het wat die regte storie ken. In kort is dit mos maar dat die SA weermag
onttrek het uit SWA en dat die Swapo-manskappe in Angola moes bly om so die
konflik tot op 'n end te kry. Toe het Swapo besluit om 'n groot aanval te
loods. Dat hulle hulself misreken het en by die 500 man verloor het in die
konflik, is geskiedenis. Die ongeïdentifiseerde soldate se lyke is
plek-plek waar hulle geval het, in massagrafte begrawe voordat die lyke 'n
gesondheidsprobleem kan veroorsaak. Die plekke is egter gemerk in
samewerking met Untag sodat later, as die tyd reg is, die grafte opgegrawe
kan word en die mense deur die nuwe regering met die regte eerbetoon
herbegrawe kan word.
Wat Swapo natuurlik heel gerieflik vergeet het en dis nou net hier waar
die bom toe bars. Dis redelik algemeen bekend dat die opdrag vir die
'verraad'-inval direk van Sam Nujoma gekom het, maar nou kom die tweede
verleentheid: Hoekom het hy en sy regering in 15 jaar nooit die tyd gevind
om hierdie soldate op te grawe en te herbegrawe nie?
Die naweek het oom Sam weer 'n vergadering gehou voor 'n klomp
skoolkinders en met 'n swaaiende voorvinger [a la PW!!] vir die wêreld
vertel dat die joernaliste wat hierdie 'leuens' oor hom skryf, kinders is
van apartheid en Koevoet is. Die een joernalis, Hannes Smith, was juis
pro-Swapo gewees in daardie jare! Selfs ou Maggie Thatcher word deur
hom beskuldig dat sy skuld het aan die aanval teen die Swapo
terroriste.....dit ten spyte van die feit dat dit juis deur die bemiddeling
van haar was wat gekeer het dat die SA weermag nie in vol sterkte terugkeer
na die land en Swapo des merdes bliksem nie. Sam het haar in 1990 bedank
vir haar rol!
Al wat mens kan aflei is dat dinge bietjie nou raak vir hom en nou doen
hy presies die verkeerde ding.
Re: Nujoma-paniek [boodskap #107462 is 'n antwoord op boodskap #107461] Ma, 28 November 2005 14:42 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Fellatiotrapper  is tans af-lyn  Fellatiotrapper
Boodskappe: 18
Geregistreer: November 2005
Karma: 0
Junior Lid
Die ou man (Sam) sal nooit met die waarheid vorendag kom nie....daar is
honderde ander stories oor menseslagtings(hoop dit is Afrikaans)
gedurende die oorlog en n mens wonder net hoe hy snags slaap met al die
geheime wat hy vir die Namibiese volk wegsteeek. Ek dink dis hoog tyd
dat Oom Sam rekenskap moet gee....Hy tree steeds op asof hy die
President is....(Naweek vergadering waar hy joernaliste dreig)
Re: Nujoma-paniek [boodskap #107466 is 'n antwoord op boodskap #107461] Ma, 28 November 2005 15:31 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Ag hoe lekker kry ek nou!!!!
Jy bedoel hy doen doen in sy benoudheid nou presies die regte ding?:)))
Oor die naweek lees ek dat hy glo slapelose nagte het omdat hy nie meer die
mag en beheer oor Swapo het, soos wat hy nog steeds wou gehad het nie.
Die meul maal inderdaad stadig, maar seker.
--
Groetnis
Annette

"Suidwester" skryf in boodskap news:_rednaz6aqhKZBfenZ2dnUVZ_vidnZ2d@is.co.za...
> Die massagrafte-storie het gemaak dat die pers die storie opgetel het. Aan
> die een kant is daar die wat sensasie soek deur dit 'massamoorde' te etiket,
> maar aan die anderkant is daar die wat die storie werklik onthou, of bronne
> het wat die regte storie ken. In kort is dit mos maar dat die SA weermag
> onttrek het uit SWA en dat die Swapo-manskappe in Angola moes bly om so die
> konflik tot op 'n end te kry. Toe het Swapo besluit om 'n groot aanval te
> loods. Dat hulle hulself misreken het en by die 500 man verloor het in die
> konflik, is geskiedenis. Die ongeïdentifiseerde soldate se lyke is
> plek-plek waar hulle geval het, in massagrafte begrawe voordat die lyke 'n
> gesondheidsprobleem kan veroorsaak. Die plekke is egter gemerk in
> samewerking met Untag sodat later, as die tyd reg is, die grafte opgegrawe
> kan word en die mense deur die nuwe regering met die regte eerbetoon
> herbegrawe kan word.
> Wat Swapo natuurlik heel gerieflik vergeet het en dis nou net hier waar
> die bom toe bars. Dis redelik algemeen bekend dat die opdrag vir die
> 'verraad'-inval direk van Sam Nujoma gekom het, maar nou kom die tweede
> verleentheid: Hoekom het hy en sy regering in 15 jaar nooit die tyd gevind
> om hierdie soldate op te grawe en te herbegrawe nie?
> Die naweek het oom Sam weer 'n vergadering gehou voor 'n klomp
> skoolkinders en met 'n swaaiende voorvinger [a la PW!!] vir die wêreld
> vertel dat die joernaliste wat hierdie 'leuens' oor hom skryf, kinders is
> van apartheid en Koevoet is. Die een joernalis, Hannes Smith, was juis
> pro-Swapo gewees in daardie jare! Selfs ou Maggie Thatcher word deur
> hom beskuldig dat sy skuld het aan die aanval teen die Swapo
> terroriste.....dit ten spyte van die feit dat dit juis deur die bemiddeling
> van haar was wat gekeer het dat die SA weermag nie in vol sterkte terugkeer
> na die land en Swapo des merdes bliksem nie. Sam het haar in 1990 bedank
> vir haar rol!
> Al wat mens kan aflei is dat dinge bietjie nou raak vir hom en nou doen
> hy presies die verkeerde ding.
>
Re: Nujoma-paniek [boodskap #107474 is 'n antwoord op boodskap #107461] Di, 29 November 2005 06:34 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Die artikel het gegaan oor iemand daar met 'n lang naam, wat net voor die
laaste verkiesing deur Sam afgedank is, maar glo nou weer na die parlement
terug gekeer het.
Dit was in die Rapport Sondag - sal kyk of ek die nog hier het.
Blykbaar is daar heelwat teenstanders van Sam in Swapo.

--
Groetnis
Annette

"Suidwester" skryf in boodskap news:VM2dnddDC8XqbxbeRVn-hw@is.co.za...
>
> "Annette" wrote in message
> news:dmf87k$37f$1@ctb-nnrp2.saix.net...
>> Ag hoe lekker kry ek nou!!!!
>> Jy bedoel hy doen doen in sy benoudheid nou presies die regte ding?:)))
>> Oor die naweek lees ek dat hy glo slapelose nagte het omdat hy nie meer
>> die
>> mag en beheer oor Swapo het, soos wat hy nog steeds wou gehad het nie.
>> Die meul maal inderdaad stadig, maar seker.
>> -----Ek weet nie wie jou artikel geskryf nie, maar die is dalk te ver weg
>> van die feite af. Watter soort van 'n 'tin-pot' diktator dink ht is onse
>> Sam? Die beheer van Swapo is steeds in Sam se hande. Die grondwet is
>> een keer verander om hom 'n 3de termyn te gee en hy kon nie wegkom met 'n
>> 4de een nie. Toe 'tree hy af' en kry as pensioen presies dieselfde
>> vergoeding, met personeel en karre, et al, wat hy by sy aftrede gehad het.
>> Hy het egter die voorsitterskap van die Swapo party behou en is daarom die
>> eintlike mag in die land. Hy teer op mag, soos alle diktators, en
>> daarsonder sou hy krepeer en stadig doodgaan. Ek moet jou herinner
>> daaraan dat hy 'n gabba en groot bewonderaar van Mugabe is. Ek weet nie
>> wat sê ons grondwet nie, maar ek sal glad nie verbaas wees as hy oor vier
>> jaar weer 'n kandidaat vir die presidentskap gaan wees nie....
>
Re: Nujoma-paniek [boodskap #107477 is 'n antwoord op boodskap #107466] Di, 29 November 2005 08:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
PietR  is tans af-lyn  PietR
Boodskappe: 3341
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Annette" skryf in boodskap news:dmf87k$37f$1@ctb-nnrp2.saix.net...
> Ag hoe lekker kry ek nou!!!!
> Jy bedoel hy doen doen in sy benoudheid nou presies die regte ding?:)))
> Oor die naweek lees ek dat hy glo slapelose nagte het omdat hy nie meer
> die
> mag en beheer oor Swapo het, soos wat hy nog steeds wou gehad het nie.
> Die meul maal inderdaad stadig, maar seker.
> -----Ek weet nie wie jou artikel geskryf nie, maar die is dalk te ver weg
> van die feite af. Watter soort van 'n 'tin-pot' diktator dink ht is onse
> Sam? Die beheer van Swapo is steeds in Sam se hande. Die grondwet is
> een keer verander om hom 'n 3de termyn te gee en hy kon nie wegkom met 'n
> 4de een nie. Toe 'tree hy af' en kry as pensioen presies dieselfde
> vergoeding, met personeel en karre, et al, wat hy by sy aftrede gehad het.
> Hy het egter die voorsitterskap van die Swapo party behou en is daarom die
> eintlike mag in die land. Hy teer op mag, soos alle diktators, en
> daarsonder sou hy krepeer en stadig doodgaan. Ek moet jou herinner
> daaraan dat hy 'n gabba en groot bewonderaar van Mugabe is. Ek weet nie
> wat sê ons grondwet nie, maar ek sal glad nie verbaas wees as hy oor vier
> jaar weer 'n kandidaat vir die presidentskap gaan wees nie....
Re: Nujoma-paniek [boodskap #107484 is 'n antwoord op boodskap #107474] Di, 29 November 2005 11:12 Na vorige boodskapna volgende boodskap
PietR  is tans af-lyn  PietR
Boodskappe: 3341
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
Hipodimo Hamutenya? Hy was mos 'n kandidaat vir die presidentspos en toe
looi Sam hom en hy's uit die parlement uit. Dis 'n man wat in die
parlement was en nou maar 50ste op die Swapoverkiesingslys verskyn. Die
mense wat glo dat die politieke mag in Nam lê by iemand anders as Sam
Nujoma, is in vir 'n moerse verassing......en watter lekker verassing sal
dit nie wees nie!

"Annette" skryf in boodskap news:dmgsq4$ghl$1@ctb-nnrp2.saix.net...
> Die artikel het gegaan oor iemand daar met 'n lang naam, wat net voor die
> laaste verkiesing deur Sam afgedank is, maar glo nou weer na die parlement
> terug gekeer het.
> Dit was in die Rapport Sondag - sal kyk of ek die nog hier het.
> Blykbaar is daar heelwat teenstanders van Sam in Swapo.
>
> --
> Groetnis
> Annette
> "Suidwester" wrote in message
> news:VM2dnddDC8XqbxbeRVn-hw@is.co.za...

>> "Annette" wrote in message
>> news:dmf87k$37f$1@ctb-nnrp2.saix.net...
>>> Ag hoe lekker kry ek nou!!!!
>>> Jy bedoel hy doen doen in sy benoudheid nou presies die regte ding?:)))
>>> Oor die naweek lees ek dat hy glo slapelose nagte het omdat hy nie meer
>>> die
>>> mag en beheer oor Swapo het, soos wat hy nog steeds wou gehad het nie.
>>> Die meul maal inderdaad stadig, maar seker.
>>> -----Ek weet nie wie jou artikel geskryf nie, maar die is dalk te ver weg
>>> van die feite af. Watter soort van 'n 'tin-pot' diktator dink ht is onse
>>> Sam? Die beheer van Swapo is steeds in Sam se hande. Die grondwet
>>> is
>>> een keer verander om hom 'n 3de termyn te gee en hy kon nie wegkom met 'n
>>> 4de een nie. Toe 'tree hy af' en kry as pensioen presies dieselfde
>>> vergoeding, met personeel en karre, et al, wat hy by sy aftrede gehad het.
>>> Hy het egter die voorsitterskap van die Swapo party behou en is daarom die
>>> eintlike mag in die land. Hy teer op mag, soos alle diktators, en
>>> daarsonder sou hy krepeer en stadig doodgaan. Ek moet jou herinner
>>> daaraan dat hy 'n gabba en groot bewonderaar van Mugabe is. Ek weet nie
>>> wat sê ons grondwet nie, maar ek sal glad nie verbaas wees as hy oor vier
>>> jaar weer 'n kandidaat vir die presidentskap gaan wees nie....
>
Re: Nujoma-paniek [boodskap #107485 is 'n antwoord op boodskap #107484] Di, 29 November 2005 12:02 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Fellatiotrapper  is tans af-lyn  Fellatiotrapper
Boodskappe: 18
Geregistreer: November 2005
Karma: 0
Junior Lid
Korreksie Suidwester...die naam is Hidipo Hamutenya, ek is seker hy sal
eendag die President word.
Re: Nujoma-paniek [boodskap #107493 is 'n antwoord op boodskap #107485] Di, 29 November 2005 15:27 Na vorige boodskap
PietR  is tans af-lyn  PietR
Boodskappe: 3341
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
OK.....maar solank Sam Nujoma deel van Swapo is, sal dit nie so wees nie.
"Fellatiotrapper" wrote in message
news:1133265728.204203.147260@g47g2000cwa.googlegroups.com.. .
> Korreksie Suidwester...die naam is Hidipo Hamutenya, ek is seker hy sal
> eendag die President word.
>
Vorige onderwerp: Loodvrye brandstof
Volgende onderwerp: Deon v/d Walt dood
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Mei 11 23:41:07 MGT 2024