Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Dood
Dood [boodskap #10628] Ma, 08 September 1997 00:00 na volgende boodskap
Jasper die Barbaar  is tans af-lyn  Jasper die Barbaar
Boodskappe: 28
Geregistreer: September 1997
Karma: 0
Junior Lid
Dood

Di was net 'n mens, maar in haar dood is sy beter as wat sy ooit was.
Veragoddeliking, verskriklik, verskriklik.

Die dood is deel van die lewe. Deel van die siklus.

xxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxx
Jasper die Barbaar
epitoli_sp...@hotmail.com
Re: Dood [boodskap #10629 is 'n antwoord op boodskap #10628] Ma, 08 September 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Etienne Marais  is tans af-lyn  Etienne Marais
Boodskappe: 370
Geregistreer: Maart 1997
Karma: 0
Senior Lid
In article "Jasper die Barbaar" writes:
> From: "Jasper die Barbaar"
> Subject: Dood
> Date: 8 Sep 1997 07:24:33 GMT
> Dood
>
> Di was net 'n mens, maar in haar dood is sy beter as wat sy ooit was.
> Veragoddeliking, verskriklik, verskriklik.
>
> Die dood is deel van die lewe. Deel van die siklus.

Met volle respek aan die wat haar dood betreur,
en die Engelse wat hulself nog altyd met die home,
daar oorkant die see assosieer,
wil ek net graag die SABC intorregeer:

Is Euro-Sentrisme iets wat net Afrikaners aan skuldig is,
totdat ons onsself van al ons skulde vergewis ?
Of blyk dit tog moontlik wees,
dat die anglofilliak die een is,
wie uiteindelik as meester heers ?

Etienne Marais
Re: Dood [boodskap #10630 is 'n antwoord op boodskap #10628] Ma, 08 September 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Koos[1]  is tans af-lyn  Koos[1]
Boodskappe: 746
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
On 8 Sep 1997 07:24:33 GMT, "Jasper die Barbaar"
wrote:
Re: Dood [boodskap #10747 is 'n antwoord op boodskap #10628] Vr, 12 September 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Vyg  is tans af-lyn  Vyg
Boodskappe: 40
Geregistreer: Augustus 1996
Karma: 0
Volle Lid
Beide die prinses en die non was maar
net media ikone,

derduisende onbekende mense doen
net soveel, indien nie meer, welsyns werk
maar word nooit verafgod deur die
media en mense nie.
Re: Dood [boodskap #10748 is 'n antwoord op boodskap #10628] Vr, 12 September 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Leendert van Oostrum  is tans af-lyn  Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880
Geregistreer: Julie 2000
Karma: 0
Senior Lid
vy...@loxinfo.co.th wrote in article
...

>
> Beide die prinses en die non was maar
> net media ikone,
>
> derduisende onbekende mense doen
> net soveel, indien nie meer, welsyns werk
> maar word nooit verafgod deur die
> media en mense nie.

Is dit nie juis ie funksie van ikone om ons te herinner aan dit waarvoor die
ikoon staan nie - hetsy in die media, op rekenaarskerms, of in kerke?

M.a.w. die "verafgoding" van die non en die prinses, die tonne blomme en die
geslote winkels en sportstadions. Sê dit nie eintlik dat "die media en die
mense" meer wil hê van dit waarvoor die ikone staan nie - 'n "caring
society"?

Ek wonder of die geweldige demonstrasie van "verafgoding" 'n aanduiding is
van 'n grondliggende sentiment in die samelewing van ons tyd - of 'n
verskuiwing van grondliggende sentimente.

Groete, Leendert
Re: Dood [boodskap #10764 is 'n antwoord op boodskap #10628] So, 14 September 1997 00:00 Na vorige boodskap
At de Lange  is tans af-lyn  At de Lange
Boodskappe: 297
Geregistreer: November 1995
Karma: 0
Senior Lid
Leendert van Oostrum skryf in artikel
...

Liewe Leendert,

Ek wonder net so hard soos jy in die volgende
saak (na aanleiding van die geweldige belangstelling
in die begrafnisse van Prinses Diana [PD] en Moeder
Theresa [MT]):

> Ek wonder of die geweldige demonstrasie van "verafgoding" 'n aanduiding is
> van 'n grondliggende sentiment in die samelewing van ons tyd - of 'n
> verskuiwing van grondliggende sentimente.

Ek wonder party dae of die mense dalk iets anders
as PD en MT begrawe het? Is die mense nie dalk
besig om 'n era te begrawe waarin selfbelang voorop
gestel was nie? Ek bedoel beslis nie dat PD en MT
hulle selfbelang gesoek het nie, maar eerder dat hulle
die verskuiwing van selfbelang na gemene belang
versimboliseer het.

Hoelyk dit met julle ander - wat wonder julle?

Alles van die beste
At de Lange
Vorige onderwerp: re nntp
Volgende onderwerp: Instink
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Ma Apr 29 11:41:28 MGT 2024