Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Dood
Dood [boodskap #10628] |
Mon, 08 September 1997 00:00  |
Jasper die Barbaar
Boodskappe: 28 Geregistreer: September 1997
Karma: 0
|
Junior Lid |
|
|
Dood
Di was net 'n mens, maar in haar dood is sy beter as wat sy ooit was.
Veragoddeliking, verskriklik, verskriklik.
Die dood is deel van die lewe. Deel van die siklus.
xxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxx
Jasper die Barbaar
epitoli_sp...@hotmail.com
|
|
|
Re: Dood [boodskap #10629 is 'n antwoord op boodskap #10628] |
Mon, 08 September 1997 00:00   |
Etienne Marais
Boodskappe: 370 Geregistreer: March 1997
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
In article "Jasper die Barbaar" writes:
> From: "Jasper die Barbaar"
> Subject: Dood
> Date: 8 Sep 1997 07:24:33 GMT
> Dood
>
> Di was net 'n mens, maar in haar dood is sy beter as wat sy ooit was.
> Veragoddeliking, verskriklik, verskriklik.
>
> Die dood is deel van die lewe. Deel van die siklus.
Met volle respek aan die wat haar dood betreur,
en die Engelse wat hulself nog altyd met die home,
daar oorkant die see assosieer,
wil ek net graag die SABC intorregeer:
Is Euro-Sentrisme iets wat net Afrikaners aan skuldig is,
totdat ons onsself van al ons skulde vergewis ?
Of blyk dit tog moontlik wees,
dat die anglofilliak die een is,
wie uiteindelik as meester heers ?
Etienne Marais
|
|
|
|
|
|
Re: Dood [boodskap #10764 is 'n antwoord op boodskap #10628] |
Sun, 14 September 1997 00:00  |
At de Lange
Boodskappe: 297 Geregistreer: November 1995
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Leendert van Oostrum skryf in artikel
...
Liewe Leendert,
Ek wonder net so hard soos jy in die volgende
saak (na aanleiding van die geweldige belangstelling
in die begrafnisse van Prinses Diana [PD] en Moeder
Theresa [MT]):
> Ek wonder of die geweldige demonstrasie van "verafgoding" 'n aanduiding is
> van 'n grondliggende sentiment in die samelewing van ons tyd - of 'n
> verskuiwing van grondliggende sentimente.
Ek wonder party dae of die mense dalk iets anders
as PD en MT begrawe het? Is die mense nie dalk
besig om 'n era te begrawe waarin selfbelang voorop
gestel was nie? Ek bedoel beslis nie dat PD en MT
hulle selfbelang gesoek het nie, maar eerder dat hulle
die verskuiwing van selfbelang na gemene belang
versimboliseer het.
Hoelyk dit met julle ander - wat wonder julle?
Alles van die beste
At de Lange
|
|
|
|
 |
Gaan na forum:
[ XML-voer ] [  ]
Tyd nou: Fri Mar 14 15:39:41 UTC 2025
|