Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Sneeu
Sneeu [boodskap #107447] So, 27 November 2005 06:49 na volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Die afgelope twee weke was daar twee keer berig dat daar op snikhete dae in
Kaapstad, sneeu was.
Miskien moet daardie sneeumasjine ingespan word om die bokke te laat oefen
vir moontlike omstandighede vir die volgende wêreldbeker.
Kan iemand vir my probeer verduidelik hoekom hulle so laat gisteraand begin
speel het?
--
Groetnis
Annette
Re: Sneeu [boodskap #107449 is 'n antwoord op boodskap #107447] So, 27 November 2005 10:47 Na vorige boodskapna volgende boodskap
PietR  is tans af-lyn  PietR
Boodskappe: 3341
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
Volgens wat ek weet het dit met TV-tye te doene, maar ek sal nie verbaas
wees as die Franse besluit het hulle sterk punt is juis in koue, nat
omstandighede en daarom speel hulle eerder later in die aand? Jy moet ook
onthou dat hulle tyd 1 uur agter is, so dis nie so vrek laat daar nie.
Wat ek wel weet, is dat die Franse die Bokke ore aangesit het met hulle
eie truuks. Jake White se Bokke is mos net een verdedigingspatroon met
mog-et-treffe uitspring drieë.....a la die WP vir die afgelope 10 jaar.
Toe doen die Franse dieselfde ding met die Bokke en dwing die Bokke om iets
anders te probeer en hulle kan nie eintlik offensief speel nie. Die jong
skakelpaar het toe ook nie eintlik wonderlik gevaar onder die druk nie.
Die bottom line is natuurlik dat die Franse 'n les gleer het uit die
vorige toets en die Bokke op hulle duime gesit het en niks nuuts probeer het
nie. Met Jake se rigting in die toekoms sien ek swarigheid vir die WB.
Hy glo vas uitstekende verdediging is die ja en amen van alles en dit maak
die Bokke een dimensioneel. Almal weet nou al hoe om die Bokke te looi.

"Annette" skryf in boodskap news:dmbkq8$3m8$1@ctb-nnrp2.saix.net...
> Die afgelope twee weke was daar twee keer berig dat daar op snikhete dae
> in
> Kaapstad, sneeu was.
> Miskien moet daardie sneeumasjine ingespan word om die bokke te laat oefen
> vir moontlike omstandighede vir die volgende wêreldbeker.
> Kan iemand vir my probeer verduidelik hoekom hulle so laat gisteraand
> begin
> speel het?
> --
> Groetnis
> Annette
>
Re: Sneeu [boodskap #107453 is 'n antwoord op boodskap #107447] Ma, 28 November 2005 07:45 Na vorige boodskap
nospam  is tans af-lyn  nospam
Boodskappe: 274
Geregistreer: Maart 2006
Karma: 0
Senior Lid
Wat ookal die rede, dis nie vreemd in Parys nie. Omtrent al SA se
toetse in die afgelope paar jaar in Frankryk was 9 uur Franse tyd wat
10 ons tyd is.

Ek se anyway lankal ons moet ons opponente in SA 3 uur die middag
speel en moeite doen om "ontwikkelingstoetse" in Upington en Kimberley
te reel.

On Sun, 27 Nov 2005 08:49:35 +0200, "Annette" wrote:

> Die afgelope twee weke was daar twee keer berig dat daar op snikhete dae in
> Kaapstad, sneeu was.
> Miskien moet daardie sneeumasjine ingespan word om die bokke te laat oefen
> vir moontlike omstandighede vir die volgende wêreldbeker.
> Kan iemand vir my probeer verduidelik hoekom hulle so laat gisteraand begin
> speel het?
> --
> Groetnis
> Annette
>
Vorige onderwerp: Verkeer ik in dwaling of zijn het deze twee dingen die...
Volgende onderwerp: vraag
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Mei 23 22:36:30 MGT 2024