Tuis » Taal » Prosa & poësie » " Woord en Sin " deur J.C. STEYN
" Woord en Sin " deur J.C. STEYN [boodskap #106680] |
Fri, 21 October 2005 20:38 |
bouer
Boodskappe: 4791 Geregistreer: December 2003
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
WOORD EN SIN
J.C. Steyn
Woorde is almal s'n,
nie net myne nie;
daar's geen heimlike opsie nie,
'k was te laat vir mineraleregte.
Maar delwe kan ons tog almal
dwarsdeur ons hele lewe deur;
buitendien en boonop
vir kleims is gehardloop
en vergange vir goud
'n kryg laat ontbrand.
Al wat myne is
is my sinne;
in sinne is alle woorde
mýne
waar ek my in kan verdiep
verborge gange oopgrawe
met geheimsinnige waters deursypel
om myne te verbind
met ander ryk domeine s'nne.
|
|
|
Gaan na forum:
[ XML-voer ] [ ![XML-voer RSS](/theme/default/images/rss.gif) ]
Tyd nou: Wed Feb 19 18:25:43 UTC 2025
|