Regsnuus [boodskap #106506] |
Di., 18 Oktober 2005 05:10  |
Annette
Boodskappe: 11112 Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
Miskien weet julle , of weet julle nie.
Hier in die Kaap is die regsberoep in rep en roer - omdat die main peanut,
wat verlede jaar by die minister gaan kla het oor rassisme in die balie, toe
self met die broek om die enkels uitgevang is.
Nou moet HoofregterPresident Pius Langa sy eerste groot besluit neem, om te
beslis of Hoofregter John Hlope stout was.
--
Groetnis
Annette
|
|
|
|
|
Re: Regsnuus [boodskap #106533 is 'n antwoord op boodskap #106528] |
Di., 18 Oktober 2005 13:59   |
Annette
Boodskappe: 11112 Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
Ag nee wat - met regter Hlope se beswaar verlede jaar, en die opstel wat hy
aan Mabandla ( minister) geskryf het om te kla, en ten spyte dat hy gesorg
het die koerante weet watter blanke regters hom so ongelukkig maak, sit
hulle nog almal in hul poste.
Hoofsaaklik seker omdat hulle hom nie in sulke growwe rassistiese taal
uitgeskel het as wat hy met 'n prokureur gedoen het nie, nogal in die
teenwoordigheid van 'n advokaat .
Hy kan nie baie slim of versigtig wees nie, of hy is te oorgerus in sy
tansbevoordeelde aanstelling.
Hy is mos die snaar wat die groen lig vir Manto se skuins medisyneplan gegee
het, en toe amper 'n hartaanval gekry het toe die appèlregbank sy uitspraak
eenparig verwerp het, en nogal gesê het hy was bevooroordeeld in sy
uitspraak. Die konstitusionele hof , as laaste gesag, het sake ietwat
versag, en net die minister aangesê om binne 'n maand met beter werkbare en
nagevorsde voorstelle vorendag te kom.
Of dit sal gebeur is 'n groot miskien - sy is nie juis bekend daarvoor dat
sy haar aan hofuitsprake steur nie. Sy is glo blykbaar tans siek, en het 'n
hele kongres wat in Durban sou plaasvind, glo skaars 'n week voor die tyd
laat skuif na Pretoria, omdat sy glo kwansuis te besig is om Durban toe te
ry vir die toespraak.
99 Afgevaardigdes, plaaslik en van die buiteland, moes toe inderhaas reis-
en verblyfreëlings verander.
Die staat sal glo vir die kansellasiekoste in Durban betaal....
--
Groetnis
Annette
"Frika" wrote in message
news:1129641998.631855.130410@g47g2000cwa.googlegroups.com.. .
> As die bordjies verhang was en dit 'n wit regter was wat sulke dinge
> kwytgeraak het teenoor 'n swart advokaat / prokureuer dan was die wit
> regter al lankal "gefire" en al aangekla en het nou al teen die tyd sy
> eerste nag in die tronk deurgebring. Nou is dit 'n swart regter en
> almal skarrel en maak ander stil ens.....
>
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
Re: Regsnuus [boodskap #106826 is 'n antwoord op boodskap #106819] |
So., 30 Oktober 2005 08:40  |
Spencer
Boodskappe: 214 Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Welkom terug Jan
"jan" wrote in message
news:djv2hj$rg9$1@ctb-nnrp2.saix.net...
> rassisme slegs van wit na swart onmoontlik swart na wit buite swartes se
> begrip
>
|
|
|