Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Regsnuus
Regsnuus [boodskap #106506] Di, 18 Oktober 2005 05:10 na volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Miskien weet julle , of weet julle nie.

Hier in die Kaap is die regsberoep in rep en roer - omdat die main peanut,
wat verlede jaar by die minister gaan kla het oor rassisme in die balie, toe
self met die broek om die enkels uitgevang is.
Nou moet HoofregterPresident Pius Langa sy eerste groot besluit neem, om te
beslis of Hoofregter John Hlope stout was.

--
Groetnis
Annette
Re: Regsnuus [boodskap #106527 is 'n antwoord op boodskap #106506] Di, 18 Oktober 2005 13:18 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Annette" skryf

> Nou moet HoofregterPresident Pius Langa sy eerste groot besluit neem, om te
> beslis of Hoofregter John Hlope stout was.

Siedaar, die stil seun in my Standerd Ag klas
in sy ryper jare.

Gloudina
Re: Regsnuus [boodskap #106528 is 'n antwoord op boodskap #106527] Di, 18 Oktober 2005 13:26 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Frika  is tans af-lyn  Frika
Boodskappe: 53
Geregistreer: Januarie 2008
Karma: 0
Volle Lid
As die bordjies verhang was en dit 'n wit regter was wat sulke dinge
kwytgeraak het teenoor 'n swart advokaat / prokureuer dan was die wit
regter al lankal "gefire" en al aangekla en het nou al teen die tyd sy
eerste nag in die tronk deurgebring. Nou is dit 'n swart regter en
almal skarrel en maak ander stil ens.....
Re: Regsnuus [boodskap #106533 is 'n antwoord op boodskap #106528] Di, 18 Oktober 2005 13:59 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Ag nee wat - met regter Hlope se beswaar verlede jaar, en die opstel wat hy
aan Mabandla ( minister) geskryf het om te kla, en ten spyte dat hy gesorg
het die koerante weet watter blanke regters hom so ongelukkig maak, sit
hulle nog almal in hul poste.
Hoofsaaklik seker omdat hulle hom nie in sulke growwe rassistiese taal
uitgeskel het as wat hy met 'n prokureur gedoen het nie, nogal in die
teenwoordigheid van 'n advokaat .
Hy kan nie baie slim of versigtig wees nie, of hy is te oorgerus in sy
tansbevoordeelde aanstelling.
Hy is mos die snaar wat die groen lig vir Manto se skuins medisyneplan gegee
het, en toe amper 'n hartaanval gekry het toe die appèlregbank sy uitspraak
eenparig verwerp het, en nogal gesê het hy was bevooroordeeld in sy
uitspraak. Die konstitusionele hof , as laaste gesag, het sake ietwat
versag, en net die minister aangesê om binne 'n maand met beter werkbare en
nagevorsde voorstelle vorendag te kom.
Of dit sal gebeur is 'n groot miskien - sy is nie juis bekend daarvoor dat
sy haar aan hofuitsprake steur nie. Sy is glo blykbaar tans siek, en het 'n
hele kongres wat in Durban sou plaasvind, glo skaars 'n week voor die tyd
laat skuif na Pretoria, omdat sy glo kwansuis te besig is om Durban toe te
ry vir die toespraak.
99 Afgevaardigdes, plaaslik en van die buiteland, moes toe inderhaas reis-
en verblyfreëlings verander.
Die staat sal glo vir die kansellasiekoste in Durban betaal....

--
Groetnis
Annette
"Frika" wrote in message
news:1129641998.631855.130410@g47g2000cwa.googlegroups.com.. .
> As die bordjies verhang was en dit 'n wit regter was wat sulke dinge
> kwytgeraak het teenoor 'n swart advokaat / prokureuer dan was die wit
> regter al lankal "gefire" en al aangekla en het nou al teen die tyd sy
> eerste nag in die tronk deurgebring. Nou is dit 'n swart regter en
> almal skarrel en maak ander stil ens.....
>
Re: Regsnuus [boodskap #106546 is 'n antwoord op boodskap #106506] Di, 18 Oktober 2005 18:44 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Jonas" skryf

> Pius Langa is 'n politieke aanstelling deur 'n korrupte politieke party.
> So - of hy nou 'n stil slim seun is of was sal ons nooit weet nie. Maar, hy
> is nie op meriete aangestel nie.

Hoe weet jy, Jonas, of hy op meriete aangestel is of nie?
Wat weet jy van die regstelsel in die eerste plek? So 'n
outoriteit in die juridiese wêreld, is jy nou skielik?
Ek weet dat daar regters in die apartheidsdae
aangestel is bloot omdat hulle aan die regte party
behoort het.
Ek het ook 'n familielid gehad wat aan die einde
van die apartheidsera 'n redelik belangrike regspos beklee
het, en toe die nuwe bedeling inkom, saam met 'n swart
regsgeleerde moes werk aan die hervorming van die
regsdienste en personeel om aan te pas by die
werklikheid van die Nuwe Suid-Afrika. Hy kon nie
genoeg praat oor die deeglikheid en kennis en wysheid
van die ou met wie hy saamgewerk het nie.

Gloudina
Re: Regsnuus [boodskap #106553 is 'n antwoord op boodskap #106527] Wo, 19 Oktober 2005 01:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Vusi  is tans af-lyn  Vusi
Boodskappe: 2212
Geregistreer: Februarie 2001
Karma: 0
Senior Lid
Anti, jy sê: "Siedaar, die stil seun in my Standerd Ag klas
in sy ryper jare."

Pius Langa is 'n politieke aanstelling deur 'n korrupte politieke party.
So - of hy nou 'n stil slim seun is of was sal ons nooit weet nie. Maar, hy
is nie op meriete aangestel nie. En wat hy ookal besluit mbt Hlope sal bloot
die wil van sy politieke meesters weerspieël.
Re: Regsnuus [boodskap #106554 is 'n antwoord op boodskap #106506] Wo, 19 Oktober 2005 03:21 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Jonas" skryf

> So - al Langa se goeie eienskappe word negeer deur sy aanvaarding van 'n
> politieke aanstelling - as hy integriteit gehad het (wat nogal noodsaaklik
> is vir 'n hoofregter) moes hy dit geweier het.

Jy praat strooi. Ek neem aan jy weet nie eintlik
wat in die wêreld aangaan nie. Elke aanstelling
van 'n regter en dus hoofregter in Kanada en
in die VSA byvoorbeeld is 'n politieke
aanstelling. Moet hulle dit weier omdat dit
politieke aanstellings is?
Ek sidder juis omdat in die VSA in sommige
gevalle die regters demokraties verkies word.

Gloudina
Re: Regsnuus [boodskap #106569 is 'n antwoord op boodskap #106506] Wo, 19 Oktober 2005 06:42 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Jonas, wees tog nou redelik. Hoofregters en hoër was nog altyd politieke
aanstellings, en ek kan nie onthou dat een al die aanstelling bedank het
nie. So hoekom moet Langa?
Ek hoor vanoggend dat hy dit nou glo reggekry het dat die verontregte
beswaardes hul aanklag teen Hlope terug getrek het.
Wonder wat hulle belowe of gedreig is om dit te doen.

Nog iets waaroor ek wonder - hoekom sleep die regsberoep die BLA ( Black
Lawyers Association) nie na die konstutusionele hof toe oor hul
onkonsistisionele naam nie?
--
Groetnis
Annette

"Jonas" skryf in boodskap news:dj4ctt$d9b$1@ctb-nnrp2.saix.net...
> Anti - kom tot jou sinne. Pius Langa is 'n politieke aanstelling. Seker die
> beste swartman wat hulle vir die pos kon kry - maar op meriete sou sekere
> blanke regters bepaald die aanstelling gekry het. Jy sien - dis die probleem
> as jy 'n korrupte bedeling ondersteun wat nie volgens meriete optree nie.
> So - al Langa se goeie eienskappe word negeer deur sy aanvaarding van 'n
> politieke aanstelling - as hy integriteit gehad het (wat nogal noodsaaklik
> is vir 'n hoofregter) moes hy dit geweier het.
> (Daarvoor het ek geen regskennis nodig nie.)
>
Re: Regsnuus [boodskap #106572 is 'n antwoord op boodskap #106554] Wo, 19 Oktober 2005 07:01 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Otterkop  is tans af-lyn  Otterkop
Boodskappe: 378
Geregistreer: Maart 2006
Karma: 0
Senior Lid
..en nou klink dit of alle klagtes teruggetrek word
TIPIES SWART AFRIKA

"@rogers.com" skryf in boodskap news:JsSdnfdYcpcGJMjeRVn-iA@rogers.com...
>
> "Jonas" skryf
>
>> So - al Langa se goeie eienskappe word negeer deur sy aanvaarding van 'n
>> politieke aanstelling - as hy integriteit gehad het (wat nogal
>> noodsaaklik
>> is vir 'n hoofregter) moes hy dit geweier het.
>
> Jy praat strooi. Ek neem aan jy weet nie eintlik
> wat in die wêreld aangaan nie. Elke aanstelling
> van 'n regter en dus hoofregter in Kanada en
> in die VSA byvoorbeeld is 'n politieke
> aanstelling. Moet hulle dit weier omdat dit
> politieke aanstellings is?
> Ek sidder juis omdat in die VSA in sommige
> gevalle die regters demokraties verkies word.
>
>
> Gloudina
>
Re: Regsnuus [boodskap #106579 is 'n antwoord op boodskap #106572] Wo, 19 Oktober 2005 07:33 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Ho Nou!! Wag eers totdat ons van die terugtrekkers hoor hoekom hulle terug
getrek het.
Miskien is hulle iets wonderliks in ruil belowe....:)))
--
Groetnis
Annette

"Otterkop" skryf in boodskap news:vuOdncbyIMtCc8jeRVn-gw@is.co.za...
> ..en nou klink dit of alle klagtes teruggetrek word
> TIPIES SWART AFRIKA
>
>
> "@rogers.com" wrote in message
> news:JsSdnfdYcpcGJMjeRVn-iA@rogers.com...
>>
>> "Jonas" skryf
>>
>>> So - al Langa se goeie eienskappe word negeer deur sy aanvaarding van 'n
>>> politieke aanstelling - as hy integriteit gehad het (wat nogal
>>> noodsaaklik
>>> is vir 'n hoofregter) moes hy dit geweier het.
>>
>> Jy praat strooi. Ek neem aan jy weet nie eintlik
>> wat in die wêreld aangaan nie. Elke aanstelling
>> van 'n regter en dus hoofregter in Kanada en
>> in die VSA byvoorbeeld is 'n politieke
>> aanstelling. Moet hulle dit weier omdat dit
>> politieke aanstellings is?
>> Ek sidder juis omdat in die VSA in sommige
>> gevalle die regters demokraties verkies word.
>>
>>
>> Gloudina
>>
>
Re: Regsnuus [boodskap #106595 is 'n antwoord op boodskap #106546] Wo, 19 Oktober 2005 12:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Vusi  is tans af-lyn  Vusi
Boodskappe: 2212
Geregistreer: Februarie 2001
Karma: 0
Senior Lid
Anti - kom tot jou sinne. Pius Langa is 'n politieke aanstelling. Seker die
beste swartman wat hulle vir die pos kon kry - maar op meriete sou sekere
blanke regters bepaald die aanstelling gekry het. Jy sien - dis die probleem
as jy 'n korrupte bedeling ondersteun wat nie volgens meriete optree nie.
So - al Langa se goeie eienskappe word negeer deur sy aanvaarding van 'n
politieke aanstelling - as hy integriteit gehad het (wat nogal noodsaaklik
is vir 'n hoofregter) moes hy dit geweier het.
(Daarvoor het ek geen regskennis nodig nie.)
Re: Regsnuus [boodskap #106819 is 'n antwoord op boodskap #106506] Sa, 29 Oktober 2005 05:48 Na vorige boodskapna volgende boodskap
jan[14]  is tans af-lyn  jan[14]
Boodskappe: 2
Geregistreer: September 2005
Karma: 0
Junior Lid
rassisme slegs van wit na swart onmoontlik swart na wit buite swartes se
begrip
Re: Regsnuus [boodskap #106826 is 'n antwoord op boodskap #106819] So, 30 Oktober 2005 08:40 Na vorige boodskap
Spencer  is tans af-lyn  Spencer
Boodskappe: 214
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 0
Senior Lid
Welkom terug Jan

"jan" wrote in message
news:djv2hj$rg9$1@ctb-nnrp2.saix.net...
> rassisme slegs van wit na swart onmoontlik swart na wit buite swartes se
> begrip
>
Vorige onderwerp: BlouBulSong
Volgende onderwerp: Varkboud vervolg
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: So Mei 12 18:23:16 MGT 2024