Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Die dag toe dit so bleddie warm was.....
Die dag toe dit so bleddie warm was..... [boodskap #10650] Di, 09 September 1997 00:00 na volgende boodskap
gal...  is tans af-lyn  gal...
Boodskappe: 191
Geregistreer: Mei 1996
Karma: 0
Senior Lid
As 'n Kangeroe verbygespring kom en jy sien haar kleintjie
het uit haar buidel uitgeklim en klou aan hare ore vas,
dan moet jy weet dis blerrie warm.

Julle het seker gelees dat hier in Australie
met die tennis-kampioenskappe, is dit so warm
dat die hare van die balle afsmelt.
(nie die kangeroe-balle nie, die tennisballe).
Nouja, met nuwejaar was daar 'n ysige koue in Europa
wat rekords daar gebreek het, en terselfdertyd was daar hier
'n hittevlaag wat rekords gebreek het by ons in die suide.
(ek het nog altyd gedink warm lug styg op, en koue sak af,
maar dit is maar 'n deurmekaar wereld).

Op nuwejaarsdag het ons besluit om saam met 'n ander gesin
vir 'n paar dae te ontspan in 'n verlate sinkdakhuisie in die "outback".
'n Dom ding, want ons weet dit word tussen 5 en 10
grade warmer as by die kus. Nuwejaarsdag breek aan en breek 'n rekord:
dis 42 grade by die kus. En toe ons in die verlate heuwels aankom
wys die termometer 45. En dis nog nie eers middag nie.
Ons sluit die huisie oop. Kerse in die huisie is pap-omgebuig,
die kerswas so sag soos klei.

Toe ek probeer om die enjin aan die gang kan kry vir die ligte en waterpomp,
pas die sleutel nie. 5 Minute se gevroetel met sleutels
laat my voel asof ek 50km gehardloop het met geweer en volle mondering
in die army. Ek gee op, my Australiese vriend le^ in die skaduwee -
sy go^ is lankal uit. (Hulle gaan nie army toe nie).
Ek probeer water met 'n emmer uit die sinkdam kry,
maar toe ek aan die dam se warm deksel vat brand ek my soos op 'n stoof.
Toe ons weer kyk is dit 48 grade. In die skaduwee.
En daar is geen yskas nie, geen waaiers nie, niks lopende water nie.

Ons kry almal in die karre en sak af na die naaste ou dorpie toe.
Die kinders se wange is bloedrooi, ek kyk in die spieel en my wange
is nie net rooi nie, my oe is opgeswel. My vrou is so koel
soos 'n komkommer. Sy kom van Upington. Sy kan hitte vat.
Die lugreelaar in die kar werk so hard ek kan die kar nie uit 2de rat
kry nie. Ons kom by die dorpie se swembad aan en almal is daar.
Die kinders swem lekker saam met die Aboriginies.
(In die swembad is almal se snot groen, so wie gee om ?)

Ons koop ys in die dorp en ry toe maar terug, want ek wil potjiekos maak.
By die sinkdakhuisie is die termometer nou al op 50.
Ek kan dit amper nie glo nie. Die sak ys het intussen sommer verdamp.

Ek probeer vuurmaak maar die son brand die vuur dood.
Toe maak ek maar vuur in die skaduwee.
Dit brand gou uit. Ek sit die pot in die son
en dit begin sommer vanself prut.
Niemand is honger nie. Die kinders is lusteloos.
Bruce le^ lui en onbeweeglik op die stoep.
Die vrouens probeer die kinders koelwaai.
Die kaas wat ons saamgebring het, verander in olierige pappery.
Ek skink 'n dop maar die alkohol verdamp voor dit in my keel kom.

In die verte sien ons skape. Hoe warm moet hulle nie kry met hul
woljasse nie ? Ons sien uit na 'n koel aand, maar tot ons ontnugtering
val dit net tot 43 grade want daar is geen wind nie, die lug is doodstil.
Die sterre pragtig. Jagse jagspinnekoppe kom uit en loop rond in die flitslig.
Ek sien die grootste jagspinnekop in my lewe, gelukkig aan die buitekant
van die sifdeur. Toe die dag breek spring almal in die kar.
Bruce lyk verlig, hyt gedink ek gaan nog 'n dag bly - hy wou die vorige
dag al padgee.

By die kus gekom is dit 39 grade. Dis niks. Daar waai 'n seebriesie. Goddank.
Net daar neem ek my voor: Nooit weer sal ek oor die blerrie seebries
kla wat my visvang bederf nie.

vriendelike groete
|
| ___/////
| / \ /|
| / O \ \/ |
J > / /\ |
\_________/ \|
\\\
Re: Die dag toe dit so bleddie warm was..... [boodskap #10695 is 'n antwoord op boodskap #10650] Wo, 10 September 1997 00:00 Na vorige boodskap
Koos[1]  is tans af-lyn  Koos[1]
Boodskappe: 746
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
On 9 Sep 1997 19:32:41 GMT, wrote:

kar uitklim in die warmte in, toe fog my bril[/color]
> op >>>

Klink horrible.
Droe hitte is baie lekker.

Vogtigheid bekruip jou mos en laat jou skielik voel jy wil uitpass.
Vorige onderwerp: Jasper se trein
Volgende onderwerp: Re: Hoe word 'n sinkplaathuis opgerig?
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Wo Mei 15 05:19:44 MGT 2024