Tuis » Taal » Prosa & poësie » " Kanniebos " deur DONALD RIEKERT
" Kanniebos " deur DONALD RIEKERT [boodskap #106498] |
Tue, 18 October 2005 00:56  |
bouer
Boodskappe: 4791 Geregistreer: December 2003
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
KANNIEBOS
Donald Riekert
As ek jou eendag moet neerlê
sal dit in Bitterfontein se los sand wees
Stof tot stof sal jou nie raak nie
maar son en maan sal in die swartklip
oor jou gaan Die kannieblom se roesrooi
sal jou wang se gloed bewaar
en die sout sal teen jou vasslaan
jou lyf teer gebalsem hou
|
|
|
|
|
Re: " Kanniebos " deur DONALD RIEKERT [boodskap #106610 is 'n antwoord op boodskap #106551] |
Wed, 19 October 2005 18:44  |
knersus
Boodskappe: 211 Geregistreer: April 2006
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Ek dink niemand weet verseker nie. Party bronne sê dis oor die min water - dus
in die ou dae het jy gekners om daardeur te kom. Ander sê weer dis oor die
gelyke, gruisbestrooide vlakte - as jy daaroor loop/ry, kners (knars?) die
korrels onder jou voete/wiele. Daar is nog ander "teoriëe" ook.
Dis droog en, veral in die somer, helwarm. Maar daar is weinig mooier plekke in
die land as jy bereid is om op jou knieë te gaan en die wêreld van die kleine te
bekyk.
@rogers.com wrote:
> "knersus" skryf
>
> Dit praat op 'n direkte en op eenvoudige manier met my
>
>> gevoelens, veral siende dat ek Bitterfontein en die Knersvlakte se wêreld
>
> nogal
>
>> goed ken.
>
>
> Hoekom word die Knersvlakte so genoem?
> Ons het kort gelede google earth begin gebruik.
> Dit laat my toe om oor die hele westelike deel
> van SA rond te swerf. Ek het nog altyd die
> gevoel gehad dat ek iets gemis het in my lewe
> deur nie genoeg ondervinding te hê van
> Namakwaland en die Boesmanland nie. Nou
> kan ek dit op google doen.
> Ek sien egter dat die president van Indië
> begin beswaar maak teen die teenwoordigheid
> van die program op google. Hy dink dit sal te
> maklik wees vir terroriste om hulle teikens na
> te vors.
>
> Gloudina
>
>
--
_______
| OSCAR |
|KNERSUS|
|_&_KIE_|
|
|
|
|
 |
Gaan na forum:
[ XML-voer ] [  ]
Tyd nou: Wed Feb 19 09:08:03 UTC 2025
|