Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Wat nou weer van Terror en die voorvaders
Wat nou weer van Terror en die voorvaders [boodskap #105854] Ma, 12 September 2005 09:40
Ferdi Greyling  is tans af-lyn  Ferdi Greyling
Boodskappe: 1232
Geregistreer: Mei 2006
Karma: 0
Senior Lid
'Demone kan hoofoorsaak van homoseksualiteit wees'

Neels Jackson

Demone, onder meer demone wat 'n mens weens die sondes van
voorgeslagte erf, kan een van die grondoorsake wees van
homoseksualiteit.

Dit was die afgelope naweek in die NG Kerk Moreletapark deel van die
boodskap van past. Frans Cronjé van Lamb Ministries. Hy het 'n
seminaar oor homoseksualiteit aangebied wat gereël is deur
Moreletapark se H2O-bediening wat homoseksueles wil help om te
verander.

Cronjé werk op die basis dat homoseksualiteit nie aangebore gedrag is
nie, maar aangekweek is. Daarom kan dit in 'n lang en moeilike proses
wat vier jaar kan duur, afgelê word.

Die vier stappe waarvolgens hy werk, is Face it, Trace it, Erase it en
Replace it. Dit is noodsaaklik dat iemand sy of haar homoseksualiteit
in die eerste stap moet erken en dit wil verander, anders kan hy so
iemand glad nie help nie.

In die tweede stap moet 'n mens die grondoorsake van sy of haar
homoseksualiteit naspeur. Dit kan een van 12 faktore of 'n kombinasie
van enige daarvan wees.

Een hiervan is demone wat aan 'n mens oorgedra word vanweë sondes van
jou voorgeslagte.

Cronjé het vertel dat hy self vier demone by geboorte gekry het. Twee
daarvan het hy toegeskryf aan onderskeidelik seksuele sondes aan sy pa
se kant en okkulte- bedrywighede aan sy ma se kant.

Hy het later in 'n visioen gesien hoe Jesus by die deur gestaan en
huil het toe die demone hom betrek het.

Jesus kon niks doen nie, omdat die sondes nie bely en vergewe is nie.
Baie jare later eers is hy van dié demone bevry.

Cronjé het gewaarsku dat 'n mens nie 'n homoseksuele mens kan help
deur bloot duiwels uit te dryf en so iemand dan te los nie. Daar is
dan steeds 'n lang pad van hulpverlening nodig.

Van die ander grondoorsake vir homoseksualiteit wat hy onderskei, is
'n persoon se temperament en belangstellings, dat iemand as baba nie
goed met die ma gebind het nie, dat die psigoseksuele ontwikkeling in
verskillende lewensfases ontspoor, seksuele molestering,
kondisionering, en die sondige natuur wat 'n mens selfs op 40 kan laat
kies om 'n homoseksuele lewenstyl aan te neem.
Vorige onderwerp: Re: Reaksie
Volgende onderwerp: Klomp goed 6: Wonderlike verskonings
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Ma Mei 27 11:06:35 MGT 2024