Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » " Anatomieles " deur LUCAS MALAN
" Anatomieles " deur LUCAS MALAN [boodskap #105753] Do, 08 September 2005 01:41 na volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Anatomieles
Lucas Malan
("n Bark vir die ontheemdes" 1981)

Hier staan die mens; aanskou hom,
kyk hoe fyn die weefsel vou en plooi
in sening en kontoer van spier
en diep orgaan wat kwesbaar klop;

die soet verdubbeling van lob
en ledemaat - let op hoe skoon
maar taanbaar is die mond en oog;
alles welgevoeg en tóg begrens
deur dubbelmaat van hand en toon
en taai geheg aan breekbaarheid
die vertikale, bros geraamte

- dan, volmaak voltooi en afgerond,
die wilde soetvrug van verbasing:
ontoerekenbaar, sentraal, die skaamte.
Re: " Anatomieles " deur LUCAS MALAN [boodskap #105771 is 'n antwoord op boodskap #105753] Do, 08 September 2005 10:18 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Max  is tans af-lyn  Max
Boodskappe: 1496
Geregistreer: Februarie 2004
Karma: 0
Senior Lid
Hie hie hie, noem my maar "one track minded". Ek weet nie hoe dit gebeur het
nie, maar ek het die naam gelees as "Anatomielies". Nodeloos om te sê dat ek
iets heeltemal anders voor my geestesoog gesien het, as toe ek later sien
dis 'n les in anatomie en het niks met mielies te make nie!

Ek hou van hierdie eentjie, G.

"@rogers.com" skryf in boodskap news:I8CdnUTrY9IpCYLeRVn-hw@rogers.com...
> Anatomieles
> Lucas Malan
> ("n Bark vir die ontheemdes" 1981)
>
> Hier staan die mens; aanskou hom,
> kyk hoe fyn die weefsel vou en plooi
> in sening en kontoer van spier
> en diep orgaan wat kwesbaar klop;
>
> die soet verdubbeling van lob
> en ledemaat - let op hoe skoon
> maar taanbaar is die mond en oog;
> alles welgevoeg en tóg begrens
> deur dubbelmaat van hand en toon
> en taai geheg aan breekbaarheid
> die vertikale, bros geraamte
>
> - dan, volmaak voltooi en afgerond,
> die wilde soetvrug van verbasing:
> ontoerekenbaar, sentraal, die skaamte.
>
Re: " Anatomieles " deur LUCAS MALAN [boodskap #105775 is 'n antwoord op boodskap #105771] Do, 08 September 2005 11:39 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Max" skryf

> Hie hie hie, noem my maar "one track minded". Ek weet nie hoe dit gebeur het
> nie, maar ek het die naam gelees as "Anatomielies". Nodeloos om te sê dat ek
> iets heeltemal anders voor my geestesoog gesien het, as toe ek later sien
> dis 'n les in anatomie en het niks met mielies te make nie!
>
> Ek hou van hierdie eentjie, G.

Ja, ek het gewonder of ek nie 'n strepie tussen die
twee woorde moes plaas nie, maar dit was nie so
in die oorspronklike nie.
Nou laat jy my ook dink aan die ding as 'n mielie,
en dis nogal 'n prikkelende prentjie, veral die
proses van afstroping. En die verorbering daarna.
Met volop botter.

Gloudina
Re: " Anatomieles " deur LUCAS MALAN [boodskap #105776 is 'n antwoord op boodskap #105775] Do, 08 September 2005 12:29 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Max  is tans af-lyn  Max
Boodskappe: 1496
Geregistreer: Februarie 2004
Karma: 0
Senior Lid
"@rogers.com" skryf in boodskap news:kdCdncbRmv5tvb3eRVn-rA@rogers.com...
>
> "Max" skryf
>
>> Hie hie hie, noem my maar "one track minded". Ek weet nie hoe dit gebeur
> het
>> nie, maar ek het die naam gelees as "Anatomielies". Nodeloos om te sê
dat
> ek
>> iets heeltemal anders voor my geestesoog gesien het, as toe ek later sien
>> dis 'n les in anatomie en het niks met mielies te make nie!
>>
>> Ek hou van hierdie eentjie, G.
>
> Ja, ek het gewonder of ek nie 'n strepie tussen die
> twee woorde moes plaas nie, maar dit was nie so
> in die oorspronklike nie.
> Nou laat jy my ook dink aan die ding as 'n mielie,
> en dis nogal 'n prikkelende prentjie, veral die
> proses van afstroping. En die verorbering daarna.
> Met volop botter.
>
> Gloudina
>

Ag sies man!
Re: " Anatomieles " deur LUCAS MALAN [boodskap #105828 is 'n antwoord op boodskap #105776] So, 11 September 2005 10:30 Na vorige boodskap
Francois Human  is tans af-lyn  Francois Human
Boodskappe: 360
Geregistreer: April 2006
Karma: 0
Senior Lid
'n Mens se brein maak baie keer sy eie afleidings.

Daar begin binnekort 'n nuwe plaaslike reeks op M-Net
met die naam "Known Gods" en dit word tans gereeld geadverteer

In die advertensie van die reeks word dit iets soos

KNOWN
Gods

geskryf, so bokant mekaar. Ek lees sover nog elke keer "God knows"
selfs al het ek die advertensie seker al 10 keer gesien.

"Max" skryf in boodskap news:43202e7f$0$11068$e4fe514c@news.xs4all.nl...
> "@rogers.com" wrote in message
> news:kdCdncbRmv5tvb3eRVn-rA@rogers.com...

>> "Max" skryf

>>> Hie hie hie, noem my maar "one track minded". Ek weet nie hoe dit
>>> gebeur
>> het
>>> nie, maar ek het die naam gelees as "Anatomielies". Nodeloos om te sê
> dat
>> ek
>>> iets heeltemal anders voor my geestesoog gesien het, as toe ek later
> sien
>>> dis 'n les in anatomie en het niks met mielies te make nie!
>>>
>>> Ek hou van hierdie eentjie, G.

>> Ja, ek het gewonder of ek nie 'n strepie tussen die
>> twee woorde moes plaas nie, maar dit was nie so
>> in die oorspronklike nie.
>> Nou laat jy my ook dink aan die ding as 'n mielie,
>> en dis nogal 'n prikkelende prentjie, veral die
>> proses van afstroping. En die verorbering daarna.
>> Met volop botter.

>> Gloudina

>
> Ag sies man!
>
Vorige onderwerp: DD se respek
Volgende onderwerp: Re: Nuus Berig
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: So Mei 05 11:11:15 MGT 2024