Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Lady Di: 'n lys van al die skuldiges............
| Lady Di: 'n lys van al die skuldiges............ [boodskap #10546] |
Di., 02 September 1997 00:00  |
gal...
Boodskappe: 191 Geregistreer: Mei 1996
|
Senior Lid |
|
|
Die skuldiges:
* Die paperazzi: 'n spesiale tipe joernalis wat spesialiseer daarin
die beroemdes te bekruip en te pla en hul privaatheid te skend.
Hulle het geen respek of waardes nie. Hulle sal enigiets doen
vir fotos. Hulle het onmiddelik na die ongeluk oor
die kar kom swerm en voortgegaan om fotos te neem - het selfs hul
kameras teen die ruit gedruk en afgeneem.
* Die media wat hoe pryse betaal en paperazzi aanmoedig in hul werk.
En dis nie net die britse pers nie. Hier in die australiese
tydskrifte verskyn fotos en artikels wat duidelik
die grens oorskry, o.a. fotos en skindernuus oor beroemdes se tiete en
selluliet en obsene fotos oor hoe hul uit karre klim en op hul
seiljagte le en privaat wees ens ens. Die australiese pers het al
die walglikste fotos gepubliseer wat nie eers in brittanje gepubliseer
is nie. Hulle sou die week 'n tydskrif vol skindernuus oor Di en haar
kerel plaas. Hulle is nou so bang vir die publiek dat hul al die
kopiee gaan vernietig en in plaas daarvan 'n 25 bl kleurbydrae tot
haar gedagtenis insluit. Sulke twee-gat jakkelse. Huigelaars!
* Lady Di self: Waarom het sy nie 'n veiligheidsgordel gedra nie ?
Die enigste een wat blykbaar 'n gordel gedra het (het nogal voor
gesit ook) leef. Sit daai gordel aan!
* Die egiptenaar Fayed waarmee sy uitgegaan het: Die bestuurder sou nie sonder
sy aanhitsing so vinnig jaag nie. Hy het heel waarskynlik die bestuurder
aangemoedig om weg te jaag. Hy was bekend daarvoor dat hy van
mooi meisies en VINNIGE MOTORS gehou het. Lady Di het darem beter
verdien as hy.
* Die bestuurder. Hy was dronk. 3 x die limiet. Onvergeeflik.
Drink en bestuur is onverskoonbaar.
* Die britse koningshuis, wat ook maar hul gat afgevee het aan Di.
Kon hulle nie meer doen om dit vir haar makliker te maak om in te
pas nie ? Dalk sou dit minder druk op hulle huwelik geplaas het.
En nou wil hulle dit duidelik laat blyk dat haar begrafnis nie
amptelik is nie.
* Prins Charles: kon hy nie maar meer doen om sy huwelik te probeer
red nie ? Het hy sy bes probeer ?
* Al die nuuskierige agies wat persoonlike informasie oor haar verslind
het. Waarom stel mense belang in fotos oor beroemdes se private lewens?
Gaan sit op 'n spieel en beloer julle eie agterent!
Neem dan 'n foto en plak dit teen 'n kennisgewingbord.
Ek hoop julle stik daarin.
* Daai mense van die pers wat dink omdat sy die pers gebruik het vir haar
doeleindes kon hulle haar gebruik het. Ek weier om te aanvaar dat mens
die pers "misbruik" as jy wil he hul moet hul ontferm teen die verminking
van landmyne, die armes en siekes. Dis bloot die pers se morele plig,
geen misbruik nie.
Vriendelike groete.
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
| Re: Lady Di [boodskap #10617 is 'n antwoord op boodskap #10546] |
So., 07 September 1997 00:00   |
Colin
Boodskappe: 12 Geregistreer: Mei 1997
|
Junior Lid |
|
|
Koos wrote in article
...
> Jy maak 'n fout.
> "Die pers" het nie gese hy was dronk nie.
> Verskeie koerante het berig dat die Franse staatsaanklaer gese het die
> forensiese laboratorium van die Franse polisiediens het gese hulle het
> sy bloed getoets en dit was drie keer oor die wettige perk in
> Frankryk.
>
> (As Francois Pienaar se Andre Markgraaf is 'n poephol en die koerant
> berig dit sodat jy dit kan lees, is dit nie die koerant wat se
> Markgraaf is 'n poephol nie.)
In die heel basiese rol van rapporteer is dit waar. Wat hier gebeur het was
iets waar die fotopers aangekla was in die publieke oog. Die klem van wie
die skuld dra van die ongeluk het netjies verskyf van die fotopers na die
bestuurder van die voertuig. Wat gebeur het is iets tussen net rapporteer
en gevolgtrekinge maak oor hoe dit gebeur het.
> Hy het dus gese dit lyk vir hom na die soort situasie waarin daar dalk
> 'n kans van redelike twyfel kan wees.
>
> Hy het nie self die bloed ontleed of die toneel ondersoek nie.
> Hy het ook - volgens wat ek gehoor het - nie eers kennis gehad van hoe
> die Franse die ondersoek gedoen het nie.
> Hy het ook nie verduidelik watter kontaminasie nie.
>
Al die bogenoemde is waar. Maar die punt van redelike twyfel is heeltemal
in die pers vergeet. Terloops, ek glo ook dat die fotopers wat gearesteer
was na die ongeluk baie sleg gehanteer was. Die publieke skok van Diana se
dood het mense se emosies laat vir hulle dink. My instink is een van
walging teenoor die fotograwe, maar 'n mens moenie jou emosie laat jou
intelek verduister nie.
> Sover ek weet is een lesing maar wat oral gevat word. Die man se bloed
> is die man se bloed en is dieselfde oral in sy liggaam?
> By the way, hoeveel monsters is geneem en hoeveel ontledings is
> gedoen? Is dit gese?
Daar is twee lesings geneem van een monstor. Die moontlikheid van
kontaminasie van die een monstor is dus hooer. Die begrafnis van Henri Paul
is uitgestel om rede van nog ondersoek. Ek se nie hy is nie skulding nie,
ek se die saak teen hom is nog nie bewys nie.
> 1. Die pers. Dit is ook natuurlik streekskoerante in Japan.
> Wat jy se is bietjie soos iemand wat se omdat Jappanese politici
> omkoopgeld gevat het, moet die politici in Chilie tronk toe gaan.
Die politici in Chile gebruik nie materiaal van Politici in Japan nie. As
'n gevolg kan hulle nie beskuldig word van iets wat hulle eweknie in Japan
gedoen het nie. Die pers is 'n ander storie.
>
> 2. Die pers het berig wat die Franse aanklaer gese het in 'n amptelike
> verklaring. Sou jy eerder wou he dat dit nie berig moet word nie?
>
Die verklaring is reg. Die gevolgtrekinge wat gemaak was sonder om die
analiese te bevraagteken nie is verkeerd. Ook so die gevolgtrekking wat
ontmiddelik gemaak was om die fotograwe te beskulding
> 3. Maar dis goed dat jy "die pers" hier inbring. Dis nodig dat daar
> ordentlik hieroor gedink word.
> "Die pers" is natuurlik die lesers van die koerante en die kykers van
> die TV ook. Met ander woorde jy ook.
> As jy die ding gevolg het hierdie week, was jy deel daarvan. Deel van
> die histerie rondom Diana, ne?
>
"Die Pers" in my opinie kan in twee gedeel word. Die verantwoordelike pers
wat nuus en nuus analiese publiseer an die gutter pers. Hier in Engeland is
dit maklik om die twee uit te ken : die broadsheets en die tabloids. In
Suid Afrika is die Star miskien 'n verantwoordelike koerant en die Sunday
Times en die Huisgenoot nie. As jy 'n gutter pers koerant koop stem ek
saam, jy't deel daaraan. Maar as dit nuus word is dit nuus, nie skinder
nie. Ek glo my eie "skuld" in die hele storie is minimaal. Ek koop The
Times wat nie 'n skinder koerant is nie, ek luister nie op radio of op TV
na die nuus van sogenaamde celebrities nie, hulle verveel my. Wat my pla is
hoe mense se lewens verwoes word deur fotograwe wat nie weet wanneer
genoeg, genoeg is nie.
Die res van jou skrywe is 'n goeie verdediging van die rol van die pers. Ek
glo sterk in vryheid van spraak, so ek stem meestal saam met jou hier. Ek
glo ook in die keuses wat 'n mens moet maak. (Terloops die keuses in
Engeland was maar skraal , al vyf TV kanale het die ding gewys, ek het
gekla daaroor in 'n ander stukkie in die nuusgroep). Wat ek ook in glo is
om al die kak te lees en my eie gevolgtrekinge maak oor wat berig word. Dit
is waar daar te min onderskyding in die nuus is oor harde vyte en die
opinie van die verslaggewer. Klem het ook 'n rol. As die nuus van die
alkohol in die bloed van 'n drywer 'n hoofopskrif maak en die moontlikheid
van kontaminasie nie genoem word nie, word opinie saam met die nuus gegee
en nie verklaar nie, hoe dink jy.
Ek glo ook dat dit nonsens was dat iemand so vinnig op publieke strate gery
het. Wat van onskuldige mense wat net daar gery het, die arrogance van
sogenaamde celebrities wie dink dat hulle bo die wet is , is ook
verstomend.
My Bottom Line : Ek glo 'n mens moet jou eie gevolgtrekinge uit nuus maak.
Die nuus moet net nuus wees. As iets anders gegee word moet dit gegee wees
as opinie, soos "Ek glo" of "My mining is" en so voorts.
Ek kry my koerant, afgelwer elke oggend, sewe dae 'n week. In SA het ek die
twee koerante 'n dag gelees, ek glo in die vryheid van die pers, glo my.
Maar sekere dele van die pers het 'n probleem wat as hulle dit nie self
uitsorteer nie, sal dit vir hulle uitgesorteer wees. En ek en hulle sal dan
dink dat dit verkeerd is. Maar as die politici, steme wil wen sal dit
gebeur. Soort van "Get you house in order or we'll put it in order"
Se vir my, hoe het jy gestaan toe die pers regte in SA so ingeknoop was in
die 1980s. (Ek vra om interesantheidshalwe nie oor 'n politieke agenda nie)
Vriendelike Groete
|
|
|
|
| Re: Lady Di [boodskap #10618 is 'n antwoord op boodskap #10546] |
So., 07 September 1997 00:00   |
Koos[1]
Boodskappe: 745 Geregistreer: Januarie 1996
|
Senior Lid |
|
|
On 6 Sep 1997 21:31:08 GMT, "Colin Beazley" wrote:
Jy maak 'n fout.
"Die pers" het nie gese hy was dronk nie.
Verskeie koerante het berig dat die Franse staatsaanklaer gese het die
forensiese laboratorium van die Franse polisiediens het gese hulle het
sy bloed getoets en dit was drie keer oor die wettige perk in
Frankryk.
(As Francois Pienaar se Andre Markgraaf is 'n poephol en die koerant
berig dit sodat jy dit kan lees, is dit nie die koerant wat se
Markgraaf is 'n poephol nie.)
Ek het toevallig op TV geluister na die kenners wat Fayed se pa
verteenwoordig het. Al wat gese is toe ek geluister het, was "die man
was in 'n ongeluk en sy bloed is na die ongeluk getrek en dus kon die
bloed moontlik gekontamineer gewees het".
Hy het dus gese dit lyk vir hom na die soort situasie waarin daar dalk
'n kans van redelike twyfel kan wees.
Hy het nie self die bloed ontleed of die toneel ondersoek nie.
Hy het ook - volgens wat ek gehoor het - nie eers kennis gehad van hoe
die Franse die ondersoek gedoen het nie.
Hy het ook nie verduidelik watter kontaminasie nie.
<<>Ek aanvaar die punt oor die uitelike gedrag van mense wat te veel gedrink
> het. Wat egter die punt hier is, is dat dit in die media se belang is om
> voor te gee dat Henri Paul te veel gedrink het. >>>
<<<Om een lesing te vat as die
> reine waarheid, nadat dit deur 'n deskundige bevraagteken was is "naive".>>
Sover ek weet is een lesing maar wat oral gevat word. Die man se bloed
is die man se bloed en is dieselfde oral in sy liggaam?
By the way, hoeveel monsters is geneem en hoeveel ontledings is
gedoen? Is dit gese?
<<>Die pers was net te gretig om iets te gryp om hulle eie betrokkenheid te
>verminder.>>>
1. Die pers. Dit is ook natuurlik streekskoerante in Japan.
Wat jy se is bietjie soos iemand wat se omdat Jappanese politici
omkoopgeld gevat het, moet die politici in Chilie tronk toe gaan.
2. Die pers het berig wat die Franse aanklaer gese het in 'n amptelike
verklaring. Sou jy eerder wou he dat dit nie berig moet word nie?
3. Maar dis goed dat jy "die pers" hier inbring. Dis nodig dat daar
ordentlik hieroor gedink word.
"Die pers" is natuurlik die lesers van die koerante en die kykers van
die TV ook. Met ander woorde jy ook.
As jy die ding gevolg het hierdie week, was jy deel daarvan. Deel van
die histerie rondom Diana, ne?
En as jy gekies het om die TV-kanaal te kyk waarop die sirkus
aangebied was in plaas van die ander kanale waarop dit nie was nie,
dan het jy nog 'n fundamentele ding oor "die pers" bewys.
En dit is dat in 'n vrye samelewing is daar keuses. En die lesers van
koerante en kykers van TV bepaal wat hulle kry deur die keuse wat
hulle uitoefen.
Kortom - die koerante gee die lesers Diana omdat die lesers dit vra.
(As die Citizen nou byvoorbeeld begin om paparazzi te stuur agter
Clarence Makwetu aan om te kyk of hy 'n "lover" het, gaan dit nie die
koerant verkoop nie. Die koerant se verkope gaan waarskynlik eerder
daal!
Vind bietjie uit oor koerant-verkope die afgelope week in SA. Dis nou
die koerante wat Diana oral op alles geplak het. Die verkope was -
volgens wat ek gehoor het - in die omgewing van 40% meer ELKE DAG.)
In die verband is dit natuurlik ook interresant dat iets soos 90% van
die paparazzi wat die twee by die hotel ingewag het en agter hulle
aangery het deur Britse koerante gehuur was om dit te doen.
(By the way, terwyl ons na die videobande van die hotel verwys. Ek het
na die groepie fotograwe gekyk en en gekyk na hoe hulle 'n afstand van
die twee handhaaf en mooi buite die hotel bly en toe wonder ek hoekom
het hulle weggejaag.....?)
<<>Wat ek wel bevraagteken is om as "gospel" te aanvaar elke ding wat gesê
>word deur 'n pers met 'n skuldige gewete.>>>
Laat ek weer se: "Die pers" het niks self gese oor die bloed van die
drywer nie. Die Franse aanklaer het. Hy het toetse bekend gemaak wat
my nie sal verbaas as dit roetine is in Frankryk nie.
"Die pers" het daaroor berig.
Dis hoe jy daarvan weet.
Net soos "die pers" natuurlik oor Fayed se prokureurs se ontkenning
berig het. Dis hoe jy DAARVAN weet ook.
Bottom line: Hulle het 200 km/u gery in 'n nou straat in die middel
van 'n stad waar 'n spoed-beperking van iets soo 50 km/h geld. En
hulle het toe 'n ongeluk gemaak. En die besluit om so vinnig te ry en
die beheer van die motor was tussen die vier mense in die kar.
En die drywer se bloed het hoe vlakke van alkohol gewys.
En Diana het nie 'n veiligheidsgordel aangehad nie.
Dis hoe hulle dood is.
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
| Re: Lady Di [boodskap #10668 is 'n antwoord op boodskap #10546] |
Di., 09 September 1997 00:00   |
vira
Boodskappe: 182 Geregistreer: April 1997
|
Senior Lid |
|
|
On 9/8/97 2:42PM, in message , Koos
wrote:
>
> Eers die Di-argument: Pasop net as van "die Pers" praat, sluit jy alle
> koerante in.
Ek kry die gevoel Prinses Di was ook nie huiwerig om die Pers te gebruik vir
haar doeleindes nie. Ek dink dinge het hand-uit geruk, maar
al die publisiteit was, so te sê, deel van haar "werk"
gewees, waarvoor sy nogal baie goed betaal is.
'n Ander ding, wat seker ook ironies is: Dodi en Di het loop ring koop, dalk sou
hulle getrou het, maar sy pa, Mohammed, se aansoek om Britse burgerskap is steeds van
die hand gewys. En dit na al die jare van Britse okkupasie in Egipte.
V.
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
| Re: Lady Di [boodskap #10754 is 'n antwoord op boodskap #10546] |
Vr., 12 September 1997 00:00  |
Key Bored
Boodskappe: 84 Geregistreer: September 1997
|
Volle Lid |
|
|
"Herma" wrote:
>
>> Sien nou net op CNN se site drie ontledings toon almal hoe alkohol
>> vlakke - in fact hoe"r as as die eerste toets - plus ant-depressante
>> ook. Blykbaar van die soort wat gegee word onder meer vir
>> alkohol-ontrekking.
Ja maar ek blameer steeds die papparatsies. Hulle het monsieur P
tot alkohol en antidepressante geDRYF
A
|
|
|
|
| |
 |
Gaan na forum:
[ XML-voer ] [  ]
Tyd nou: Di. Jul. 28 20:39:25 UTC 2026
|