Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Ivor van Heerden
Ivor van Heerden [boodskap #105502] Vr, 02 September 2005 12:34 na volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Die afgelope tyd word baie onderhoude met Ivor van Heerden
gevoer oor wat in New Orleans aangaan. Hy is professor by
een of ander universiteit in New Orleans, en was een van die
mense wat in die dae voor Katrina geland het, gewaarsku het
dat dit 'n katastrofe kon word op die lyn van die tsunami. Ek
dink sy veld is in Public Health, maar hy dra intiem kennis van
die geografiese struktuur van New Orleans. Aanvanklik het
mense hom bietjie gaan sien as onnodig pessimisties oor wat
kon gebeur. Nou het baie van sy voorspellings bewaarheid
geword.
Gisteraand sien ek hom weer op 'n program. Nou
sê hy dat die mense so konsentreer op wat in New Orleans
aangaan met die afbreek van orde, dat hulle nie aandag
gee aan wat al klaar in Baton Rouge aangaan nie. Daar
was natuurlik 'n influks van vlugtelinge in Baton Rouge
in voordat die orkaan geland het. Maar nou kom daar
nog meer vlugtelinge in die stad in met geen heenkome,
en in baie gevalle ook met skaduagtige motiewe. Hy sê
die mense van Baton Rouge is besig om teen die
nuwe aankomelinge te draai.
Ivor van Heerden het 'n breë Afrikaanse aksent.

Gloudina
Re: Ivor van Heerden [boodskap #105529 is 'n antwoord op boodskap #105502] Vr, 02 September 2005 19:18 Na vorige boodskap
DD  is tans af-lyn  DD
Boodskappe: 1166
Geregistreer: Junie 2003
Karma: 0
Senior Lid
On Fri, 2 Sep 2005 08:34:26 -0400, "@rogers.com" wrote:

> Die afgelope tyd word baie onderhoude met Ivor van Heerden
> gevoer oor wat in New Orleans aangaan. Hy is professor by
> een of ander universiteit in New Orleans, en was een van die
> mense wat in die dae voor Katrina geland het, gewaarsku het
> dat dit 'n katastrofe kon word op die lyn van die tsunami.

Dit klink al hoe meer na 'n Suid Afrika die Tweede.
Hier het mense ook voorheen gewaarsku teen komende katestrofes
en daar is nie gehoor gegee nie. Een van hulle is selfs in die tronk
gesmyt tot onlangs. Onskuldige boer op Ventersdorp gewees.

> Ek
> dink sy veld is in Public Health, maar hy dra intiem kennis van
> die geografiese struktuur van New Orleans. Aanvanklik het
> mense hom bietjie gaan sien as onnodig pessimisties oor wat
> kon gebeur. Nou het baie van sy voorspellings bewaarheid
> geword.

Sien wat ek bedoel? Hier het ons 'n Oom Van Rensburg gehad.
Oom Siener was hy genoem. Heel vertellenswaardig hoor!

> Gisteraand sien ek hom weer op 'n program. Nou
> sê hy dat die mense so konsentreer op wat in New Orleans
> aangaan met die afbreek van orde, dat hulle nie aandag
> gee aan wat al klaar in Baton Rouge aangaan nie. Daar
> was natuurlik 'n influks van vlugtelinge in Baton Rouge
> in voordat die orkaan geland het. Maar nou kom daar
> nog meer vlugtelinge in die stad in met geen heenkome,
> en in baie gevalle ook met skaduagtige motiewe.

Sien wat ek bedoel by 'net soos in SA? Ons het ook die vlugteling
probleem met skaduwees. Of pleinweg kan hulle 'skadewees'.

> Hy sê
> die mense van Baton Rouge is besig om teen die
> nuwe aankomelinge te draai.
> Ivor van Heerden het 'n breë Afrikaanse aksent.

Selfs die breë Afrikaanse aksent...hier by ons ook!
Vorige onderwerp: Durban word beskerm teen Kanadese sneeu
Volgende onderwerp: Baby Jordan - Daily News
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Mei 21 16:23:33 MGT 2024