Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Die Doulos
Die Doulos [boodskap #105348] Di, 23 Augustus 2005 22:59
D@D  is tans af-lyn  D@D
Boodskappe: 143
Geregistreer: Mei 2005
Karma: 0
Senior Lid
ek het nou vanmiddag 'n interessante groep mense ontmoet.
Op die Doulos. Dit is 'n biblioteek wat oor die wêreld heen
vaar en boeke verkoop.
http://www.mvdoulos.org
As jy gaan kyk by 'current port' sien jy waar hy nou geanker is,
en waar ons vandag op hom was. Hier waar ek sit en skryf sien
ek hom deur die venster, en dit is die rede vir vandag se besoek.

Verlede Sondag was die Doulos 91 jaar oud en het voor die
eerste wêreld oorlog gevaar as 'n stoomskip.

Daar is 'n skool op die skip en daar is 'n dokter op die skip.
Daar is waskamers op die skip, en ek het fotos geneem in
ondermeer die eetsaal, wat enorm is omdat die 'crew' meer
as 300 is. Hulle word nie 'n salaris betaal nie en die wêreld is
hul huis. Man en vrou en kind woon daar, en elke kamer
het 'n eie badkamer en toilet. Almal se klere word gewas
en almal se klere het name op, wat beteken dat elkeen
se klere terug besorg word. Ons het sjokolade koek
uit die kombuis geeët, en ons het boeke daar gekoop,
teen pryse wat nie in boekwinkels lokaal beskikbaar is nie.

Ek het daar gesels met Japanese, Sjinese, en 'n Noorse outjie
van die Faroe eilande af. Ons toerleier op die skip is 'n Indiese
meisie en net my vrou en ek was saam met haar.

Boekpryse is gemerk in eenhede waarvan 100 eenhede
R16 is, en boeke wissel van 125 tot (gemiddeld 300/400/500
1500 eenhede.

Daar is werk beskikbaar op die skip as julle lus is, maar nie betaling
nie:-) Gaan kuier op die site. Ek is nie lus om die lang brief nou
weer te lees nie, en seker is alles duidelik.

'this unique ship has visited more than 100 countries in including
Africa, the Americas, Asia, Australia, Europe, the Middle East and
many island nations.

Doulos is recognised in the Guinness Book of World Records as the
world's oldest active ocean-going passenger ship. '
Vorige onderwerp: SA weermag kaput?
Volgende onderwerp: Brandstof / elektrisiteit
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: So Mei 19 12:53:35 MGT 2024