Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Stop die verrotting asb...
Stop die verrotting asb... [boodskap #104822] |
Thu, 04 August 2005 19:38  |
Booner
Boodskappe: 18 Geregistreer: December 2004
Karma: 0
|
Junior Lid |
|
|
Ek was 'n paar maande in NY, en het nogal uitgesien om weer te lees wat
op die nuusgroep geskryf word. Tot my spyt sal ek dit nie gou weer doen
nie.
Die eerste 'posting' is van 'n idioot genaamd Jim Naude, wat 'n stuk
domheid as pseudowetenskap verkwansel. Volgende is 'n engelse
Suid-Afrikaner met ernstige gedragsafwykings; hy kan klaarblyklik niks
beter vind om te doen as om sy haat te versprei nie.
Ek was so verafsku deur hierdie twee persone dat ek nie eers repliek op
hulle gemors wou lewer nie.
Die vrae wat ek wil vra is:
1. Kan mens loutere haatspraak nie skrap van die nuusgroep nie? Of ten
minste die gewoonte-oortreders verban nie.
2. Is dit nie tyd om 'n nuwe groep te skep vir die wat regtig topikale,
intelektuele onderwerpe wil bespreek nie? Dan kan ons die 'Armes van
Gees' met hulle drek los.
Ek dog net dis tyd dat iemand iets sê...
|
|
|
Re: Stop die verrotting asb... [boodskap #104823 is 'n antwoord op boodskap #104822] |
Thu, 04 August 2005 20:02   |
Waaierstertmuis
Boodskappe: 1592 Geregistreer: October 2001
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
"Booner" skryf:
> Ek was 'n paar maande in NY, en het nogal uitgesien om weer te lees wat
> op die nuusgroep geskryf word. Tot my spyt sal ek dit nie gou weer doen
> nie.
Of jy kan besluit om te bly en sinvolle bydrae the lewer en die vlak
van die nuusgroep te probeer lig?
> Die vrae wat ek wil vra is:
> 1. Kan mens loutere haatspraak nie skrap van die nuusgroep nie? Of ten
> minste die gewoonte-oortreders verban nie.
Nee. Hierdie is nie 'n gemodereerde nuusgroep nie.
> 2. Is dit nie tyd om 'n nuwe groep te skep vir die wat regtig topikale,
> intelektuele onderwerpe wil bespreek nie? Dan kan ons die 'Armes van
> Gees' met hulle drek los.
Daar is geweldig baie Afrikaanse geselsgroepe op die Internet.
Ongelukkig is 100% almal waar ek al deelgeneem het baie ekslusief en
beperk tot 'n sekere klein groepie eendersdenkendes. Jy mag dalk baie
welkom voel by sommiges, so probeer gerus.
'n Paar waar ek soms aktief en meestal onaktief aan behoort het was
Yahoo groepe soos Gesels, Kampvuurkuier, Knetter, die ou Afrikaanse
gesprekslys (vergeet nou naam), en 'n hele paar ander wat nie hulle
naam gepubliseer wil hê nie, maar as jy enigsins klink soos iemand wat
met hulle sal saamstem, sal jy heel waarskynlik 'n uitnodiging ontvang
via e-pos indien jy 'n bruikbare e-pos op die groep gebruik.
> Ek dog net dis tyd dat iemand iets sê...
En jy is welkom! :)
Bly gerus, en gesels saam. Of probeer van die ander Afrikaanse groepe
wat beskikbaar is. Ek dink jy hoef net 'n Google soektog te doen vir
die name en hoe om aan te sluit.
Knersus kan dalk aan jou die inligting vir Kampvuurkuier gee.
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
Re: Stop die verrotting asb... [boodskap #104941 is 'n antwoord op boodskap #104930] |
Wed, 10 August 2005 08:31  |
DD
Boodskappe: 1165 Geregistreer: June 2003
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
On Tue, 9 Aug 2005 11:52:16 +0200, "Francois Human"
wrote:
>
> "Jim Naude" wrote in message
> news:1123356730.872171.190470@o13g2000cwo.googlegroups.com.. .
Francois, jy en die res van die geselsskap-onderhouers soos Ferdi,
en ek neig om te dink ek onthou reg as ek sê Annette ook, is die
brandstof hiervoor. Bouwer het ook al haar kant gebring.
Op die nuusgroep waar ek baie tyd in die
aande spandeer, is hulle ook. Niemand maak eers hulle briewe
oop nie, niemand lees wat hulle skryf nie, en hulle hou aan
met bla bla bla want hulle dink hulle word gelees, maar
as jy somtyds daarop kliek, vind jy dat dit net hulle is
wat vir mekaar skryf. Hulle vorm daar by ons 'n
kliek op hul eie; apartheid op sy beste.
en later, wanneer hulle sien dat hulle
geen reaksie ontlont nie, gaan hulle weg.
Het jy ooit as kind in lokasies rondgeloop?
Waarom doen jy dit dan nou?
|
|
|
|
 |
Gaan na forum:
[ XML-voer ] [  ]
Tyd nou: Tue Apr 01 04:08:32 UTC 2025
|