Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Geagte meneer die staatsaanklaer
Geagte meneer die staatsaanklaer [boodskap #104805] Do, 04 Augustus 2005 10:18
Deneile  is tans af-lyn  Deneile
Boodskappe: 202
Geregistreer: Julie 2006
Karma: 0
Senior Lid
Pleidooi om versagtende omstandighede vir 'n verkeersboete.

Geagte meneer die staatsaanklaer,

Ek wil graag my
vertoë rig i.v.m. 'n spoedoortreding boete. Of u nie dalk vir my genadig wil
wees en die boete wil afbring nie.

Ek is op die 13de Maart m.b.v. 'n kamera gevang. Ek het glo 150 k/p/u.
In 'n 120 sone gery. Dit was op die N1 tussen Lainsburg en Beaufortwes. Ek
weet ek het miskien bietjie vinnig gery, maar as u die rede lees sal u
miskien verstaan.

Dis ook darem 'n bloemin skande dat ek so baie geld moet betaal vir 30 k/m/u
oor spoed. Ek werk mos bliksems hard vir my geld. Ek dink in elk geval dis
sommer net 'n blerrie geldmaakstorie. Hoekom stop hulle nie liewer die
d...... taxies nie. Die goed is al gevaarlik op 60! Soos ek skryf is ek nou
besig om moer te pluk. Dit daar gelaat.

Ek ry met 'n groot BMW. Nou sal u vra hoekom ry ek met so 'n blerrie
duur kar as ek kla oor die geld. Ek het drie kinders, 'n drieling. Ek wou
nie nou al kinders gehad het nie maar toe koop ek mos 'n klomp kondome op
special. Nogal "Made in China". Plaas dat ek toe verder gedink het, dis geen
wonder die Chinese is oorbevolk nie. Die kondome het toe begin perish. Een
aand toe ek weer sien, bly net die rubber ring van die kondoom by my. In elk
geval, om drie prêms, carriekotte en dies meer in te pak as ons iewers heen
gaan moes ek toe die groot kar koop. Dan is die ding nog f..... swaar op
petrol ook

Sien meneer, my vrou se tannie op Beaufort-Wes is toe mos dood. Ons moes
toe begrafnis toe. Ek dag toe, dalk erf my vrou dalk iets. Haar tannie het
'n nuwe TV wat die famielie so saam gepoel het om vir haar te gee. Aangesien
my TV se kleur heel betjoins is, dag ek toe dat as ek betyds daar is kan ek
dalk die ding claim. Miskien is dit so 'n "First come first serve" boedel
besigheid. Op my TV lyk Michaell Jackson of hy skittery het so groen is sy
gesig.

Ons is die môre vroeg weg uit die Kaap. Ek het heel mooi by die spoed
gehou tot net anderkant Lainsburg. Ons BMW ouens is mos bedagsame
bestuurders, soos u weet Toe strike die popo die fên. Dit was 'n helse warm
dag. Die kar se aircon is ook up to shit in daai hitte. Ons ruik toe skielik
dat een van die kleingoed het geskyt. Ek vreet my vrou uit hoekom sy nie
gesê het dat ons op Lainsburg moes stop dat sy die kleingoed kon check nie.
In elk geval, toe die die ander twee kleingoed ruik die een het geskyt,
steek hulle ook aan. En toe stink dit. Ek wil toe stop, maar op daardie
godsverlate vlakte is toe nie een koelteboom naby nie.

Meneer, het jy al ooit dit beleef as die hitte mix met babaskyt? Ons kon
dit nie meer hou nie. Ek moes toe die venster oop maak om te kan oorleef
anders kots ek die kar se dashbord toe. Maar toe kom daar 'n warm lug in wat
my gevreet brand dat ek nog 'n week later koorsblare op my bek gehad het.
Bo-op als dit ry ek nog in 'n swerm springkane ook vas. Die geel sop besmeer
my hele ruit en 'n klomp spat hier oor my net toe ek my kop deur die venster
steek vir vars lug. My sonbril is toe so besmeer dat ek net deur een glas
kan kyk. Nog voor ek tot verhaal kom, sal 'n d..se vlieg nie binne in my bek
beland nie. Ek voel hoe vors die wind die arme ding in my keelgat af. Ek
moes toe dem sluk want my oggend se brekfis dreig toe opdraend. Toe sit ek
met 'n sooibrand asof ek Durban se koeliekerrie gevreet het. Nou is my moer
heel gestrip. Ek trap daai petrol vas in die hoek.

Uiteindelik sien ek 'n koelteboom in die verte. Toe ek naderkom sien ek
jou wragtig daar staan 'n blerrie bloubaadjie en wys ek moet aftrek. Sy maat
staan ewe windgat by die kamera op die driepoot asof hy die ding gemaak het.
Ek trek af so 'n ent verby hulle. Ek vlieg vinnig uit die kar om te keer
laat ek nie kots nie. Die bloubaadjie kom so ewe na my kant aangestap met 'n
paar bakbene en instêre soos Clint Eastwood van ouds, maar toe ek so uit die
kar uit vlie dag hy hy gaan op sy moer kry en stop in sy spore. Ek kyk waar
is die beton tafel sodat my vrou die gemors kan opfieks. Jou wragtig, daar
staan net die twee voetstukke.Tot die bankies se sitplekke is weg. Dis mos
nuwe Suid Afrika Ek vat nog aan die kar se bonnet om te voel of sy dit kan
gebruik, maar dit sê eintlik tsst so warm is dit. Sy moes toe maar die
sitplekke van die kar gebruik. Ek sukkel nou nog om droë stront uit kussings
te kry.

Toe die spiedkop sien dis veilig kom skryf hy vir my daardie d ....se
tieket. Hoe meer ek verduidelik hoe hardegatter raak hy. Ek wys vir hom toe
daar so 'n piskruiper verbyry hoekom hy nie daardie ding ook stop nie. Die
kar se ruite is pikswart geplak en 'n oliedamp besoedel in die lug. Maar
nee, ek is mos 'n soft target. Seker te bang daars 'n AK 47 in die kar.

Om alles te kroon, die begrafnis kos toe vir my 'n moerse lot geld. Die
ouvrou het so wragtig die TV aan die outehuis bemaak. Ons kry toe die
sikamerstel, maar die een bank se sprieng het geskiet toe my swaer daarop
gaan sit en sy gat moes vyf steke kry. Ek sê toe hulle kan die stel maar by
die plakkers gaan aflaai. Ek wou nie begrafnis toe gaan nie. Ek het ook nie
eers van die ouvrou gehou nie. Nou is my vrou ook moerderig vir my.

Meneer die staatsaanklaer, ek weet jy is nou al gatvol vir my gekla. Ek
weet jy gaan ook geen simpatie met my hê nie, so steek maar die versagtende
omstandighede ook in jou gat.

Koebaai.

Mnr. Jyhoefoknieteweetwienie.
Vorige onderwerp: Re: bOERE the new SOUTPIELE
Volgende onderwerp: Dokters...
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Mei 18 12:07:00 MGT 2024