Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Ernstig » Rekenaars & selfone » Makro virusse (Re: ***Virus Waarskuwing***)
Makro virusse (Re: ***Virus Waarskuwing***) [boodskap #10472] Di, 26 Augustus 1997 00:00
Henri-John Kock  is tans af-lyn  Henri-John Kock
Boodskappe: 69
Geregistreer: April 1997
Karma: 0
Volle Lid
V wrote:

> Liewe H-J
>

Hallo Vira

> Ek het so pas probeer om < http://www.hr.doe.gov/godtime.html> op te
> soek, maar
> dis is niks op daardie URL nie. Is die adres korrek? Waar anders kan
> mens so
> iets gaan naslaan?
>

My beurt om te bloos. Soos wat die ander Henry sê, dit is 'n tikfout.
Ja, dit moet ...goodtime.html wees. Daar is egter nog 'n verdere stukkie
waarheid in jou boodskap:

Ek het egter gister gehoor van 'n grys gebied, waar virusse wel met mail
kan versprei. Dit is met MS Word Macro virusse. Hierdie virusse versprei
in .doc lêers, spesifiek word 6 en word 95 (miskien ook '97). Hulle
veroorsaak irritasies, want hulle voeter jou templates op, en
(afhangende van die variant) veroorsaak dat jy nie jou dokumente as .doc
kan save nie, maar as 'n template (.dot). Vir die normale tuisgebruiker
behoort dit nie veel probleme te veroorsaak nie. As jy wel macros
geskryf het, word hulle uitgevee. Vir maatskappye wat dokumentgeneering
doen, is dit katastrofies.

Daar is egter hoop ! Daar is anti-virus pakette wat dit verwyder. Een
van hulle is f-prot 2.27, daar is ook ander.

Sterkte, en dankie dat jy omgee.

H-J

> Ek waardeer enige hulp.
>
> Dankie,
> Vira.
Vorige onderwerp: Gebruik hierdie tekens!
Volgende onderwerp: boodskappe verdwyn in die kuberruimte
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: So Apr 28 13:22:34 MGT 2024