Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Leigh Mathews saak
Leigh Mathews saak [boodskap #104718] So, 31 Julie 2005 17:40 na volgende boodskap
D@D  is tans af-lyn  D@D
Boodskappe: 143
Geregistreer: Mei 2005
Karma: 0
Senior Lid
Vele onbeantwoorde vrae, en hier is nog een.

Toe die moordenaar van Leigh Matthews haar lyk by Walkerville in die
veld gelaat het, en 'n moordtoneel geteken het deur ondermeer
patroondoppies daar neer te gooi, het hy nog 'n onbeantwoorde
vraag laat ontstaan, wat so paar minute gelede, terwyl ek die
Rapport verslag gelees het, opgeduik het.

Verseker sou die ondersoekers van die saak al daaraan gedink het,
want die saak is baie fyn ondersoek, maar nooit is dìt genoem nie -

'toe hy die patroondoppies naby haar liggaam gegooi het, om die
indruk te wek dat sy dáár geskiet is, het hy patroondoppies van
sy eie vuurwapen gebruik. Hy was toe nog nie gearresteer nie,
en heelwaarskynlik nie eens onder verdenking gewees nie.
Waarom het hy homself betrek (geinkrimineer) deur dit
te doen? In vele ander omstandighede sou die moordenaar
ander patroondoppies in die hande gekry het, daarvoor.'
Re: Leigh Mathews saak [boodskap #104719 is 'n antwoord op boodskap #104718] So, 31 Julie 2005 17:50 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Omdat, hy geglo het hy het " die perfekte moord" gepleeg , en daar geen
ballistiese bewyse bestaan het van enige vorige misdaad wat met die wapen
gepleeg is , en sodoende na hom kon lei nie.

--
Groetnis
Annette
>
> Vele onbeantwoorde vrae, en hier is nog een.
>
> Toe die moordenaar van Leigh Matthews haar lyk by Walkerville in die
> veld gelaat het, en 'n moordtoneel geteken het deur ondermeer
> patroondoppies daar neer te gooi, het hy nog 'n onbeantwoorde
> vraag laat ontstaan, wat so paar minute gelede, terwyl ek die
> Rapport verslag gelees het, opgeduik het.
>
> Verseker sou die ondersoekers van die saak al daaraan gedink het,
> want die saak is baie fyn ondersoek, maar nooit is dít genoem nie -
>
> 'toe hy die patroondoppies naby haar liggaam gegooi het, om die
> indruk te wek dat sy dáár geskiet is, het hy patroondoppies van
> sy eie vuurwapen gebruik. Hy was toe nog nie gearresteer nie,
> en heelwaarskynlik nie eens onder verdenking gewees nie.
> Waarom het hy homself betrek (geinkrimineer) deur dit
> te doen? In vele ander omstandighede sou die moordenaar
> ander patroondoppies in die hande gekry het, daarvoor.'
>
Re: Leigh Mathews saak [boodskap #104721 is 'n antwoord op boodskap #104719] So, 31 Julie 2005 19:29 Na vorige boodskap
D@D  is tans af-lyn  D@D
Boodskappe: 143
Geregistreer: Mei 2005
Karma: 0
Senior Lid
On Sun, 31 Jul 2005 19:50:20 +0200, "Annette" wrote:

> Omdat, hy geglo het hy het " die perfekte moord" gepleeg , en daar geen
> ballistiese bewyse bestaan het van enige vorige misdaad wat met die wapen
> gepleeg is , en sodoende na hom kon lei nie.

dit hou geen verhouding met iemand wat sy misdaad as perfek beskou
nie. MAW, sy lewe lank sou (as hy nie vasgetrek was nie) sy vuurwapen
'n leidraad (lees bewys!) wees.

Dit is net iets waaraan ek netnou gedink het,terwyl ek die agterblad
van die Rapport gelees het.
Vorige onderwerp: Die Ou Krapende Predekant deur Jaap de Poesie - 1754
Volgende onderwerp: Ongelukkig korrek
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Mei 25 13:33:34 MGT 2024