Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » DIE DAG TOE EK DAAI GROOT VIS GEVANG HET........
DIE DAG TOE EK DAAI GROOT VIS GEVANG HET........ [boodskap #10469] Di, 26 Augustus 1997 00:00
gal...  is tans af-lyn  gal...
Boodskappe: 191
Geregistreer: Mei 1996
Karma: 0
Senior Lid
Ek staan by Kaap Aghullas
die water kom tot by my (kniee)
Die see is die groen van ertjiesop
ek vat gou nog 'n slukkie dop
Die gety is net mooi reg,
die suidoos is nie te sleg
Ek sit die stinkste rooiaas aan:-
dis 200m voor my sinker water slaan
'n Seemeeu vlieg omhoog
-blerts my amper in die oog

Die aas is lekker vrot en sag
ek hoef nie lank te wag...
Skielik vat die vis die lyn en loop!
ek los 'n #$%&#! knoop
Nog nooit had ek 'n byt so groot
nie eers vanuit 'n diepseeboot

My stok staan krom,
op die strand het mense saamgedrom
Van heinde en verre kom hul kyk
en praat oor hoe die vis sal lyk

Dis ure later, die vis raak al hoe kwater:
skuim dryf op die water
My stok vou dubbel,
die skare jubbel
Ek spartel, swoeg en sweet
maar van inkom wil die vis nie weet

Die water voel al kouer:-
maar 'n bikini-meisie kom vryf my skouer
My stok word sommer warm,
die moegheid verlaat my arm
Ek sal NIE met my laat laat lol
nou sal ek jou inkatrol!

Die ding kom stadig nader
'n vin steek uit die water
Die skare staan verstom:-
dis 'n walvis wat al nader kom!
Ek katrol hom tot op die sand
maak gou 'n vuurtjie brand

Roosters kom na vore,
wyn van alle oorde
Iemand bring 'n Nederburg
die vleis: so sag soos murg!
mense glimlag van oor tot oor
naderhand was net 'n geraamte oor!
-------

Vriendelike Groete
Vorige onderwerp: Van Frankryk af
Volgende onderwerp: Vir At en die man in die straat
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Mei 16 00:31:57 MGT 2024