Jislaaik [boodskap #104652] |
Wed, 27 July 2005 14:45 |
Deneile
Boodskappe: 202 Geregistreer: July 2006
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Is Jislaaik 'n unieke Afrikaanse woord?
Ek sien die Wordweb Dictionary 3.02 gee Jislaaik = Expression of surprised
admiration! Wordweb is 'n gratis Engelse woordeboek wat na installering op
die taskbar sit om maklik jou spelling te tjsek. Jy kan bv 'n woord in
enige window highlight en op die WW ikon kliek om vir jou die woord op te
soek
http://wordweb.info/.
|
|
|
Re: Jislaaik [boodskap #120691 is 'n antwoord op boodskap #104652] |
Sat, 28 July 2018 12:12 |
|
Jan die Man
Boodskappe: 529 Geregistreer: May 2018
Karma: 22
|
Senior Lid |
|
|
Jislaaik volgens die Verklarende Afrikaanse Woordeboek:
"Uitroep wat verbasing, bewondering of ontsteltenis uitdruk."
Volgens HAT:
"(informeel) Uitroep van verbasing/verwondering/bewondering/spyt/ontsteltenis/ens."
Volgens die WAT:
"Uitroep ong. met die bet. allewêreld, genugtig, maar hoor!"
Groot Woordeboek Afrikaans en Nederlands:
"(druk versterking of verbasing uit) jeetje ≠ jislaaik, dis nou vir jou 'n ding! jeetje, dat is me wat!"
Voorbeelde uit die WAT:
- Jislaaik, maar dis snaaks, wonderlik, dit wil darem gedoen wees, hoor!
- Jislaaik, Oom! Dit kan hy mos nooit doen nie (Die Vaderland).
- Jislaaik, wat 'n verskriklike dag het ek gehad (Weekblad).
- Ek sê toe:'Jislaaik, die ou skiet goed!' (Mikro).
- Die seuns het gedink: jislaaik, 'n oulike stuk daardie! (Johannes Meintjes).
|
|
|