Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Prosa & poësie » "Die Godsbesluit" deur TOTIUS (J.D. du Toit)
"Die Godsbesluit" deur TOTIUS (J.D. du Toit) [boodskap #10459] Sa, 23 Augustus 1997 00:00
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
DIE GODSBESLUIT
Totius

Voor die onheilswoning en
tussen die skaars-beblaarde
soetdorings staan, in droë aarde
maar lowergroen en blink van blad,
die wag-'n-bietjie langs die pad.

Wanneer ek naderkom dan sien
ek dorings krom en reg;
'k sien takke inmekaar gedraai
en deurmekaar gevleg.
En wil ek in die blare gryp
of aan die takke breek,
dan tas ek in 'n doringnes
wat vreeslik haak en steek.

*

Bo al u donker bome, o Heer,
groei my 'n enk'le reusboom uit
dit is die wag-'n-bietjie-bos
van u besluit.
Van ver so skoon, so groen, so blink...
maar hoe verward
wanneer ek dieper kyk en dink
as wat 'n sondaar pas.
En steek ek dan my hande uit
na u besluit,
dan gryp ek in die dorings vas.
Vorige onderwerp: "Digter in sy Slaap Oorlede" deur LINA SPIES
Volgende onderwerp: "Tee" deur S.J. PRETORIUS
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Mei 11 15:09:38 MGT 2024