Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Eko-jag in Afrika
Eko-jag in Afrika [boodskap #104445 is 'n antwoord op boodskap #104523] Do, 21 Julie 2005 06:49 na volgende boodskap
PietR  is tans af-lyn  PietR
Boodskappe: 3341
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
Ek sien vanoggend in Beeld berig hulle van eko-terro's [net 'n ander naam
vir wilddiewe of stropers] wat wildboere se plase leegjag met hul honde.
Die diere word deur die honde gejaag en vasgekeer en dan steek of sny hulle
dit met spiese en messe tot die dier hom doodbloei. 'n Ander manier om 'n
groter dier soos 'n koedoe te immobiliseer, is om sy hakskeensenings af te
sny. Ek weet nie of enigeen van julle al so iets of die gevolge gesien het
nie, maar glo my vry, dis aaklig want die dier beleef seker die wreedste
dood wat moontlik is. Die bloed spuit orals en jy kan die bok se
gemartelde blêr van ver weg af hoor. Dit is amper ongelooflik om te glo
dat die mens, met sy gevorderde verstandelike vermoë so iets aan diere kan
doen, maar dit gebeur daagliks in Afrika.
Aan die een kant is daar die boere wat, anders as wat die algemene
neiging is om te glo, die beste bewaarders van die grond van ons land is.
Soos die geslagte van boere op grond vorder, so word hulle meer welaf en
amper sonder uitsondering, begin hulle om die grond te probeer terugvat na
die tye toe toe daar volop wilde diere was. Baie manne omhein hulle plase
wildwerend en dan begin hulle om teeldiere aan te koop en binne 'n paar jaar
het jy 'n paradys. Mens sou dink almal sou daarmee gelukkig en voldaan
wees?
Nie so nie! Nie in Afrika nie. Dis sekerlik die enigste plek in die
wêreld waar die mense van die regering verwag om vir hulle huise te bou en
vir hul daaglikse bestaan in te voorsien. Hierdie 'kultuur' maak dat hulle
wild, enige wild, sien as deel van hul 'erfenis' of hulle reg en hulle mag
hom eet as hulle honger word. Die polisie wend 'n poging aan om die
misdadigers te vang, maar wat gebeur dan? Binne 'n jaar of twee word hy
vrygelaat en dan doen hy dit maar net weer.
Miskien 'n beter idee om hierdie jagters self te vang en met 'n geroesde
stuk doringdraad aan sy ballas op te hang............?
Re: Eko-jag in Afrika [boodskap #104523 is 'n antwoord op boodskap #104445] So, 17 Julie 2005 18:23 Na vorige boodskapna volgende boodskap
DD  is tans af-lyn  DD
Boodskappe: 1166
Geregistreer: Junie 2003
Karma: 0
Senior Lid
On Thu, 21 Jul 2005 07:49:32 +0100, "Suidwester" wrote:

> Dis sekerlik die enigste plek in die
> wêreld waar die mense van die regering verwag om vir hulle huise te bou

daais nog niks! Jy's staaadig. Daar is mense wie se regerings hul
huise àfbreek! En ons gaan tòg vir hulle geld leen... nie vir die
huisloses nie, maar vir hulle regering... seker om stootskrapers te
koop!
Re: Eko-jag in Afrika [boodskap #104524 is 'n antwoord op boodskap #104523] Do, 21 Julie 2005 07:49 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Noddy  is tans af-lyn  Noddy
Boodskappe: 50
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Volle Lid
Vir my is dit 'n teken dat daar baie mense daar buite is wat honger ly.
In Mosambique na die oorlog het dieselfde gebeur, asook in Zimbabwe.

Ek glo nie die is 'n probleem wat sommer net sal weggaan nie. As die
regering/polisie nie die onderliggende oorsake van die probleem vasstel
nie, sal daar niks verander nie.
Re: Eko-jag in Afrika [boodskap #104525 is 'n antwoord op boodskap #104523] Do, 21 Julie 2005 08:14 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Deneile  is tans af-lyn  Deneile
Boodskappe: 202
Geregistreer: Julie 2006
Karma: 0
Senior Lid
Die nuwe metode van jag is nie meer om met honde, strikke en spiese te gaan
nie.....Hulle het een keer op Carte Blanche gewys dat die ouens Rhino Horn
moes kry vir 'n ou wat duisende rande sou betaal vir een horing. Hulle het
toe hul renosters geteiken wat hulle gaan pouts en toe na die watergat
gegaan en gif in die water gegooi. Ek het nou die gif se naam vergeet maar
dit is vrek vrek vrek sterk, net 'n paar mg was nodig maar die ouens het
sommer die goed soos aromat gesprinkel. Die gevolg was.....al die diere wat
kom drink het het gevrek, Die 4 renosters, groot en klein bok spesies,
voels, jakkals, bobbejane die hele lot as ek reg kan onthou was dit meer as
50 diere wat gevrek het. Die watergat was verewig vergifting want die gif
vat 'n paar jaar om af te breek. Toe moes hulle die gat leeg pomp, diesel
oor die grond gooi en ander grond gebruik om die gat op te vul en die
watergat verskuif omdat daar vrese is dat die nuwe gat ook vergiftig kan
word.
Die ouens is gevang en die ou wat hulle gehuur her is weg met die rhino horn
sonder dat die poutsers 1c gekry het.

"Suidwester" skryf in boodskap news:OKydnZQuZP4K2ELfRVn-3g@is.co.za...
> Ek sien vanoggend in Beeld berig...
Re: Eko-jag in Afrika [boodskap #104528 is 'n antwoord op boodskap #104524] Do, 21 Julie 2005 11:01 Na vorige boodskapna volgende boodskap
PietR  is tans af-lyn  PietR
Boodskappe: 3341
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
Die 'honger' waarvan jy praat is die gebrek aan 'n manier om 'n bestaan te
maak. Dit is presies die onderwerp wat die politici en die aktiviste vermy
want dit sny te na aan die been. Die oorsaak van die probleem begin op die
grond, by die armste ou. Hy het nie werk nie en is nie in staat om sy eie
werkgeleenthede te skep nie. Nou kom die politici en wil vir hom 'n huis
gee met lopende water en elektrisiteit en dan dink hulle het die probleem
opgelos. Dit is eenvoudig nie waar nie! Hulle vererger net die probleem
want hulle het so pas van nog 'n mens 'n bedelaar gemaak. Iemand wat gaan
sit en wag tot die regering hom verder help.....
Wat gedoen moet word, is dat die regering en politici paaie moet vind
om werk te skep vir die man op die grond. Laat hy begin om geld te verdien
en plaas dan goedkoop behuising op sy pad om te kóóp. Met sy werk en
deurlopende verdien van geld sal hy al meer en meer selfstandig raak.
Tesame hiermee sal die owerhede natuurlik sy wette strenger moet toepas
sover dit misdaad aangaan tot op die punt waar dit nie vir enigiemand meer
die moeite werd sal wees om te steel nie. Dat moordenaars lewenslank in 'n
tronk gaan deurbring waar hy 18 ure van die dag so hard werk dat dit vir hom
voel of hy elke dag in die hel is.

"Noddy" skryf in boodskap news:dbnk24$n68$1@news.mch.sbs.de...
> Vir my is dit 'n teken dat daar baie mense daar buite is wat honger ly. In
> Mosambique na die oorlog het dieselfde gebeur, asook in Zimbabwe.
>
> Ek glo nie die is 'n probleem wat sommer net sal weggaan nie. As die
> regering/polisie nie die onderliggende oorsake van die probleem vasstel
> nie, sal daar niks verander nie.
Re: Eko-jag in Afrika [boodskap #104529 is 'n antwoord op boodskap #104525] Do, 21 Julie 2005 11:18 Na vorige boodskapna volgende boodskap
PietR  is tans af-lyn  PietR
Boodskappe: 3341
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
Die gifstorie is aaklig. Dit is ongelukkig so dat hierdie arm mense wat
rondloop sonder werk enige geleentheid soek om 'n inkomste te maak en dis
hier waar die gewetenloses intree en floreer. Hulle kry ander mense om vir
hulle die vuilwerk te doen en verneuk hulle dan ook nog verder. Daar is
mense wat al die skuld voor die deur van die verneuker lê, maar aan die
ander kant, hoe honger moet jy wees voor jy al jou beginsels en gewete
verloor?
Uit my ondervinding van daagliks in Afrika betrokke wees, moet ek jou sê
dat die plattelandse swart mens het nie dieselfde simpatie en empatie met
die natuur nie. Hulle sien die wilde diere as iets waarmee hy gevoed kan
word, en klaar. Hulle kan nie bewaringsidee nie lekker begryp nie. Hulle
verstaan ook nie dat meeste boere wild aankoop om sy wildgetalle te versterk
nie. Hulle sien die wilde dier as deel van die veld en daarom kan hy hom
mos jag?
Daarteenoor, is nog meer ontstellend die houding wat ons deesdae onder
baie blankes hoor. Van hulle reken dat daar g'n rede meer is vir bewaring
nie want as die regering nie die hele land in sy moer gaan stuur nie, dan
gaan die 'poachers' al die wilde diere uitroei in elk geval. Hoekom nie
nou oes en soveel geld moontlik maak nie. Vir wie bewaar ons dit, vra
hulle?

"Deneile" skryf in boodskap news:dbnlhc$21j$1@ctb-nnrp2.saix.net...
> Die ouens is gevang en die ou wat hulle gehuur her is weg met die rhino
> horn sonder dat die poutsers 1c gekry het.
>
Re: Eko-jag in Afrika [boodskap #104533 is 'n antwoord op boodskap #104445] Vr, 22 Julie 2005 06:29 Na vorige boodskap
PietR  is tans af-lyn  PietR
Boodskappe: 3341
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
Maar steeds in Afrika. Dit mag snaaks klink, maar vir 'n verandering het
ek so 'n halwe gevoel van meegevoel vir die Zim-regering. Plakkerskampe is
een moerse probleem orals in Afrika, insluitende hier by ons en ook in SA.
Dit is soos 'n swam wat ontstaan en dan groei hy en voor jy jou oë uitvee,
het jy een groot gemors. Wat maak jy daarmee? Of jy aanvaar dit dat dit
aaklig lyk en altyd gaan wees en voorsien water en ligte daar. So nie, vat
jy die harde pad en gee vir die mense alternatiewe verblyf en as hulle nie
wil beweeg nie, dan stoot jy die huise plat. Dis natuurlik nou net hier
waar Mal Bob die clue gemis het....daai alternatiewe verblyf. Of wou hy
dalk die plattelandse mense wat stad toe getrek het en daar gaan plak het
sonder werk, dwing om terug te gaan na die platteland toe waar hy plaasgrond
vir hulle skoongemaak het?

"DD" skryf in boodskap news:8a8ld151hv3ed2908ddeh4idhvit4hpjk3@4ax.com...
> On Thu, 21 Jul 2005 07:49:32 +0100, "Suidwester"
> wrote:
>
>> Dis sekerlik die enigste plek in die
>> wêreld waar die mense van die regering verwag om vir hulle huise te bou
>
> daais nog niks! Jy's staaadig. Daar is mense wie se regerings hul
> huise ófbreek! En ons gaan tóg vir hulle geld leen... nie vir die
> huisloses nie, maar vir hulle regering... seker om stootskrapers te
> koop!
>
Vorige onderwerp: Harry Potter
Volgende onderwerp: Re: RTL4 lachertje (nog steeds dwepen westerse geitenwollen sokken met Mugabe)
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Mei 18 21:17:16 MGT 2024