Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Eko-jag in Afrika
Eko-jag in Afrika [boodskap #104445 is 'n antwoord op boodskap #104523] |
Thu, 21 July 2005 06:49  |
PietR
Boodskappe: 3341 Geregistreer: July 2003
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Ek sien vanoggend in Beeld berig hulle van eko-terro's [net 'n ander naam
vir wilddiewe of stropers] wat wildboere se plase leegjag met hul honde.
Die diere word deur die honde gejaag en vasgekeer en dan steek of sny hulle
dit met spiese en messe tot die dier hom doodbloei. 'n Ander manier om 'n
groter dier soos 'n koedoe te immobiliseer, is om sy hakskeensenings af te
sny. Ek weet nie of enigeen van julle al so iets of die gevolge gesien het
nie, maar glo my vry, dis aaklig want die dier beleef seker die wreedste
dood wat moontlik is. Die bloed spuit orals en jy kan die bok se
gemartelde blêr van ver weg af hoor. Dit is amper ongelooflik om te glo
dat die mens, met sy gevorderde verstandelike vermoë so iets aan diere kan
doen, maar dit gebeur daagliks in Afrika.
Aan die een kant is daar die boere wat, anders as wat die algemene
neiging is om te glo, die beste bewaarders van die grond van ons land is.
Soos die geslagte van boere op grond vorder, so word hulle meer welaf en
amper sonder uitsondering, begin hulle om die grond te probeer terugvat na
die tye toe toe daar volop wilde diere was. Baie manne omhein hulle plase
wildwerend en dan begin hulle om teeldiere aan te koop en binne 'n paar jaar
het jy 'n paradys. Mens sou dink almal sou daarmee gelukkig en voldaan
wees?
Nie so nie! Nie in Afrika nie. Dis sekerlik die enigste plek in die
wêreld waar die mense van die regering verwag om vir hulle huise te bou en
vir hul daaglikse bestaan in te voorsien. Hierdie 'kultuur' maak dat hulle
wild, enige wild, sien as deel van hul 'erfenis' of hulle reg en hulle mag
hom eet as hulle honger word. Die polisie wend 'n poging aan om die
misdadigers te vang, maar wat gebeur dan? Binne 'n jaar of twee word hy
vrygelaat en dan doen hy dit maar net weer.
Miskien 'n beter idee om hierdie jagters self te vang en met 'n geroesde
stuk doringdraad aan sy ballas op te hang............?
|
|
|
|
|
|
|
|
Re: Eko-jag in Afrika [boodskap #104533 is 'n antwoord op boodskap #104445] |
Fri, 22 July 2005 06:29  |
PietR
Boodskappe: 3341 Geregistreer: July 2003
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Maar steeds in Afrika. Dit mag snaaks klink, maar vir 'n verandering het
ek so 'n halwe gevoel van meegevoel vir die Zim-regering. Plakkerskampe is
een moerse probleem orals in Afrika, insluitende hier by ons en ook in SA.
Dit is soos 'n swam wat ontstaan en dan groei hy en voor jy jou oë uitvee,
het jy een groot gemors. Wat maak jy daarmee? Of jy aanvaar dit dat dit
aaklig lyk en altyd gaan wees en voorsien water en ligte daar. So nie, vat
jy die harde pad en gee vir die mense alternatiewe verblyf en as hulle nie
wil beweeg nie, dan stoot jy die huise plat. Dis natuurlik nou net hier
waar Mal Bob die clue gemis het....daai alternatiewe verblyf. Of wou hy
dalk die plattelandse mense wat stad toe getrek het en daar gaan plak het
sonder werk, dwing om terug te gaan na die platteland toe waar hy plaasgrond
vir hulle skoongemaak het?
"DD" skryf in boodskap news:8a8ld151hv3ed2908ddeh4idhvit4hpjk3@4ax.com...
> On Thu, 21 Jul 2005 07:49:32 +0100, "Suidwester"
> wrote:
>
>> Dis sekerlik die enigste plek in die
>> wêreld waar die mense van die regering verwag om vir hulle huise te bou
>
> daais nog niks! Jy's staaadig. Daar is mense wie se regerings hul
> huise ófbreek! En ons gaan tóg vir hulle geld leen... nie vir die
> huisloses nie, maar vir hulle regering... seker om stootskrapers te
> koop!
>
|
|
|
|
 |
Gaan na forum:
[ XML-voer ] [  ]
Tyd nou: Fri Mar 07 05:57:40 UTC 2025
|