Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Stilte
Stilte [boodskap #104278] Di, 12 Julie 2005 09:52 na volgende boodskap
Max  is tans af-lyn  Max
Boodskappe: 1496
Geregistreer: Februarie 2004
Karma: 0
Senior Lid
Goortjie is baie slim om nou stil te bly en DD nog skuldiger te laat lyk.

Of is dit DD wat nou baie dom is om stil te bly...
Re: Stilte [boodskap #104281 is 'n antwoord op boodskap #104278] Di, 12 Julie 2005 12:05 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Max" skryf

> Goortjie is baie slim om nou stil te bly en DD nog skuldiger te laat lyk.
>
> Of is dit DD wat nou baie dom is om stil te bly...

Wel, mens neem aan DD is nie in Durban op die
oomblik nie. Maar dit is darem baie suspisieus dat
"goortjie" skielik ook so stil is.

Gloudina
Re: Stilte [boodskap #104333 is 'n antwoord op boodskap #104281] Do, 14 Julie 2005 18:18 Na vorige boodskapna volgende boodskap
D@D  is tans af-lyn  D@D
Boodskappe: 143
Geregistreer: Mei 2005
Karma: 0
Senior Lid
On Tue, 12 Jul 2005 08:05:54 -0400, "@rogers.com" wrote:

>
> "Max" skryf
>
>> Goortjie is baie slim om nou stil te bly en DD nog skuldiger te laat lyk.

>> Of is dit DD wat nou baie dom is om stil te bly...
>

> Wel, mens neem aan DD is nie in Durban op die
> oomblik nie. Maar dit is darem baie suspisieus dat
> "goortjie" skielik ook so stil is.
>
> Gloudina
>

heel interessant:-0 ... ek kry niks opgespoor
van iemand wat goor genoeg is om vir my gemistaken te word nie:-)
Wat se goor dinge het Goortjie kwyt geraak?

Julle het min van my gehoor die afgelope tyd
omdat ek vir twee weke na Gauteng was,
terug gekeer het en drie weke later weer
vir twee weke na Gauteng gery het.
Elke keer was die tyd tussen besluit en ry slegs ure.

Ek het nie tyd gehad om goor dinge op die nuusgroep kwyt te raak nie.
Te veel tyd in 'n hospitaal gewees. Elke dag drie keer en elke keer
ure lank. Ure waarin ek vir 'n sterwende mens gelieg het.
Tyd wat ek gebruik het om vir skoonma te vertel dat sy elke dag
beter as die vorige dag lyk. Dat sy elke dag gesonder lyk as
die vorige dag, terwyl die teenoorgestelde waar was.

Selfs na sy in 'n koma gegaan het, het ek met haar gesels
en vertel hoe ons besig is om haar huis op te knap
vir wanneer sy terug gaan daarheen.

En intussen seker gemaak dat my pak klere nog pas
en ek 'n bypassende das saam geneem het.

Daar was dus nie tyd of die atmosfeer om goor te wees nie.
Ook was ek nie 'baie dom om stil te bly nie' want soos Gloudina
heel tereg aangeneem het, DD was toe nie in Durban nie:-)
Re: Stilte [boodskap #104368 is 'n antwoord op boodskap #104333] Vr, 15 Julie 2005 12:24 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Vusi  is tans af-lyn  Vusi
Boodskappe: 2212
Geregistreer: Februarie 2001
Karma: 0
Senior Lid
Hi DD. Ja-nee maat - jy is in jou afwesigheid skuldig bevind. Jy is nie wie
jy dink jy is nie.
Hier's 'n paar manne wat te veel CSI kyk en aan jou ';n klompie nuwe
identiteite toegedig het. Die voorbokke soos jy kan sien is die ou Anti en
Max - miskien kan hulle jou inlig oor jou skisofreniese neigings ...
Re: Stilte [boodskap #104409 is 'n antwoord op boodskap #104368] Sa, 16 Julie 2005 11:47 Na vorige boodskapna volgende boodskap
DD  is tans af-lyn  DD
Boodskappe: 1166
Geregistreer: Junie 2003
Karma: 0
Senior Lid
On Fri, 15 Jul 2005 05:24:44 -0700, "Jonas" wrote:

> Hi DD. Ja-nee maat - jy is in jou afwesigheid skuldig bevind. Jy is nie wie
> jy dink jy is nie.

shucks...! Nou kan ek die arme Zuma se verontwaardiging verstaan.

> Hier's 'n paar manne wat te veel CSI kyk en aan jou ';n klompie nuwe
> identiteite toegedig het. Die voorbokke soos jy kan sien is die ou Anti en
> Max - miskien kan hulle jou inlig oor jou skisofreniese neigings ...
>
Dankie dat jy dit in die ope bring, Jonas. Max is 'n nuwe aanhanger
maar die anti is een van my onwrikbaarste fans al die jare nog.
Seker het die nagemaakte hollanner besluit dat daar tog iets goed in
my moet wees as sy dan steeds onbuigbaar glo dat ek betrokke is in
alle voortreflike dinge hier. (Tog het ek hom vroeër ook al in my
teenwoordigheid gesien ronddwaal met 'n handtekening boekie.)
Self is ek maar heel bekeie oor my populariteit
Re: Stilte [boodskap #104455 is 'n antwoord op boodskap #104409] Ma, 18 Julie 2005 08:40 Na vorige boodskap
Max  is tans af-lyn  Max
Boodskappe: 1496
Geregistreer: Februarie 2004
Karma: 0
Senior Lid
"DD"
> Dankie dat jy dit in die ope bring, Jonas. Max is 'n nuwe aanhanger
> maar die anti is een van my onwrikbaarste fans al die jare nog.

Was, Dave. Was.
Vorige onderwerp: Re: Lesersbrief in Beeld (1/1)
Volgende onderwerp: Zoekertjes
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Ma Jun 03 09:07:50 MGT 2024