Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Taxi: Wanneer mag jy spring?
Taxi: Wanneer mag jy spring? [boodskap #104191] Di, 05 Julie 2005 06:48 na volgende boodskap
PietR  is tans af-lyn  PietR
Boodskappe: 3341
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
Die naweek is daar 'n storie van die swaar oorlaaide taxi [bussie] wat
blykbaar nie in so 'n wonderlike toestand was nie en toe hulle 'n bult
uitkruie, toe vrek die enjin. Die drywer skop toe ankers en toe gee die
brieke in en die bus begin agteruit loop. Die drywer besluit toe dis tyd
vir hom om te vertrek, en hy spring by die bussie uit. Die bus is agteruit
oor die rand van die pad en rol 'n 100m teen die rant af. 'n Klomp mense
is dood. Die drywer word nou aangekla van manslag op elkeen van die mense
wat gedood het.
Nou, dit bring mens by 'n baie interessante vraag[as 'n mens vergeet van
die feit dat die kombi in 'n haglike toestand was]: Wanneer moes die man
uitgespring het....indien hy enigsins mág uitgespring het? Moes hy wag tot
op die laaste oomblik, of moes hy soos die kaptein van 'n skip, saam met sy
passasiers gesink het?
Re: Wanneer mag jy spring? [boodskap #104192 is 'n antwoord op boodskap #104191] Di, 05 Julie 2005 08:05 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Spencer  is tans af-lyn  Spencer
Boodskappe: 214
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 0
Senior Lid
Ek reken die sprong was goed getime.

"Suidwester" skryf in boodskap news:5IGdnRwMTtHEsFffRVn-qw@is.co.za...
> Die naweek is daar 'n storie van die swaar oorlaaide taxi [bussie] wat
> blykbaar nie in so 'n wonderlike toestand was nie en toe hulle 'n bult
> uitkruie, toe vrek die enjin. Die drywer skop toe ankers en toe gee die
> brieke in en die bus begin agteruit loop. Die drywer besluit toe dis tyd
> vir hom om te vertrek, en hy spring by die bussie uit. Die bus is agteruit
> oor die rand van die pad en rol 'n 100m teen die rant af. 'n Klomp mense
> is dood. Die drywer word nou aangekla van manslag op elkeen van die mense
> wat gedood het.
> Nou, dit bring mens by 'n baie interessante vraag[as 'n mens vergeet van
> die feit dat die kombi in 'n haglike toestand was]: Wanneer moes die man
> uitgespring het....indien hy enigsins mág uitgespring het? Moes hy wag tot
> op die laaste oomblik, of moes hy soos die kaptein van 'n skip, saam met sy
> passasiers gesink het?
>
Re: Taxi: Wanneer mag jy spring? [boodskap #104194 is 'n antwoord op boodskap #104191] Di, 05 Julie 2005 10:07 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Frika  is tans af-lyn  Frika
Boodskappe: 53
Geregistreer: Januarie 2008
Karma: 0
Volle Lid
Ek sit nou en wonder of daar erens in die ou wereld ook sulke tipe
dinge gebeur of is dit maar net hier in die suider punt van Afrika ?
Re: Taxi: Wanneer mag jy spring? [boodskap #104195 is 'n antwoord op boodskap #104194] Di, 05 Julie 2005 11:27 Na vorige boodskapna volgende boodskap
PietR  is tans af-lyn  PietR
Boodskappe: 3341
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
Dis juis wat Afrika so interessant maak! 'Never a dull moment!' Hier by
ons is 'n ou terug na 'n hele klompie jare in Australië. Hy reken alles is
te gereguleerd en die mense bang om die wet te 'oortree'. Niemand ry te
vinnig nie en jy mag ook nie eintlik van die gebaande weë af gaan sonder dat
jy gelooi word nie.
"Frika" wrote in message
news:1120558064.068429.307950@g44g2000cwa.googlegroups.com.. .
> Ek sit nou en wonder of daar erens in die ou wereld ook sulke tipe
> dinge gebeur of is dit maar net hier in die suider punt van Afrika ?
>
Re: Taxi: Wanneer mag jy spring? [boodskap #104204 is 'n antwoord op boodskap #104195] Di, 05 Julie 2005 15:52 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Hy moes gespring het nog voordat die bult aangedurf was....
--
Groetnis
Annette

"Suidwester" skryf in boodskap news:u_qdnRskBsAg81ffRVn-vw@is.co.za...
> Dis juis wat Afrika so interessant maak! 'Never a dull moment!' Hier by
> ons is 'n ou terug na 'n hele klompie jare in Australië. Hy reken alles is
> te gereguleerd en die mense bang om die wet te 'oortree'. Niemand ry te
> vinnig nie en jy mag ook nie eintlik van die gebaande weë af gaan sonder dat
> jy gelooi word nie.
> "Frika" wrote in message
> news:1120558064.068429.307950@g44g2000cwa.googlegroups.com.. .
>> Ek sit nou en wonder of daar erens in die ou wereld ook sulke tipe
>> dinge gebeur of is dit maar net hier in die suider punt van Afrika ?
>>
>
Re: Taxi: Wanneer mag jy spring? [boodskap #104225 is 'n antwoord op boodskap #104195] Wo, 06 Julie 2005 13:19 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Julius Bergh  is tans af-lyn  Julius Bergh
Boodskappe: 111
Geregistreer: Februarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
On Tue, 5 Jul 2005 12:27:49 +0100, "Suidwester" wrote:

> Dis juis wat Afrika so interessant maak! 'Never a dull moment!' Hier by
> ons is 'n ou terug na 'n hele klompie jare in Australië. Hy reken alles is
> te gereguleerd en die mense bang om die wet te 'oortree'. Niemand ry te
> vinnig nie en jy mag ook nie eintlik van die gebaande weë af gaan sonder dat
> jy gelooi word nie.

Jong n ou wat so praat is te gewoond aan die anargie van Afrika :-)

As niemand te vinnig ry nie, hoekom is mense so moerig vir die regeering oor spoedkameras ?

Ek self het al te veel betaal vir die fotos. Ek het al gehoor van n ou wat die boete "betaal" het deur n foto terug te pos - n foto van note vir die
bedrag. Seker maar "urban myth".
Re: Taxi: Wanneer mag jy spring? [boodskap #104231 is 'n antwoord op boodskap #104225] Wo, 06 Julie 2005 19:34 Na vorige boodskap
knersus  is tans af-lyn  knersus
Boodskappe: 211
Geregistreer: April 2006
Karma: 0
Senior Lid
Toe nie 'n stoepstorie nie, lyk dit my. Kyk hier:
http://www.snopes.com/autos/law/handcuff.asp

Julius Bergh wrote:

> Ek self het al te veel betaal vir die fotos. Ek het al gehoor van n ou wat
> die boete "betaal" het deur n foto terug te pos - n foto van note vir die
> bedrag. Seker maar "urban myth".


--
_______
| OSCAR |
|KNERSUS|
|_&_KIE_|
Vorige onderwerp: Re: Volunteer in Africa
Volgende onderwerp: Grief
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Mei 18 00:00:07 MGT 2024