Afrikaner- tronkvoëls [boodskap #104158] |
Thu, 30 June 2005 20:37  |
bouer
Boodskappe: 4791 Geregistreer: December 2003
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Ek het nog al die tyd gewonder of Herman Charles
Bosman nou 'n Afrikaner was wat in Engels geskryf
het, of 'n Engelssprekende Suid-Afrikaner. Onlangs
het ek egter, in die voorwoord tot 'n herdenkings-
uitgawe van " A Cask of Jerepigo " die antwoord
gekry. Hulle haal Mary Morison Webster aan
wat in 1957 in "Forum" die volgende skryf:
" Wherever he is, or whatever he is doing,
becomes illumined for the reader. True,
he makes mistakes with his tenses, as
many Afrikaners do, because he habitually
thinks not in English but in Afrikaans.."
Dis geskryf ses jaar na sy ontydige dood in 1951
aan 'n hartaanval. Hy was nog maar net 46 jaar
oud.
Ek behoort nou seker nie rassisties te wees
nie, maar dit gee my groot genot om te weet dat
die twee beste skrywers in Engels in Suid-Afrika
tot op datum - Herman Bosman en JM Coetzee -
albei volop Afrikaanse bloed in hulle are gehad
het. JM Coetzee was nou wel Engelssprekend
in die huis. ( Sy ma was 'n SA Duitser en sy
pa 'n Afrikaner.) Maar ek dink hy het Afrikaans
foutloos gepraat, en het ten minste een Afrikaanse
boek van Wilma Stockenström in Engels vertaal.
As ek reg onthou, het hy ook sy eerste boek,
"Dusklands" eers in Afrikaans geskryf.
Dis natuurlik ook werd om te noem dat
ten minste twee van die beste Afrikaners wat
in SA geskryf het tronkvoëls was. Herman
Charles Bosman het vier jaar in die tronk gesit
omdat hy iemand ( glo per ongeluk) doodgeskiet
het. Breyten Breytenback het nog langer in die
tronk gebly. Bosman het van sy beste werk gebaseer
op sy ondervindinge in die tronk.
Gloudina
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
Re: Afrikaner- tronkvoëls [boodskap #104258 is 'n antwoord op boodskap #104200] |
Thu, 07 July 2005 20:52  |
NoS...[3]
Boodskappe: 16 Geregistreer: May 2005
Karma: 0
|
Junior Lid |
|
|
On Tue, 5 Jul 2005 10:08:59 -0400, "@rogers.com" wrote:
> "Jonas" skryf
>
>> Is dit nie interessant dat beide Breyten en Bosman skuldig was aan
>> halsmisdade waarvoor die straf normaalweg die dood sou wees...
>
> Was Breyten ooit beskuldig van spesifieke moorde?
> Of is hy maar net gevang met plofstowwe? Ek was
> nie in SA daardie tyd nie, en weet bittermin van die
> omstandighede van sy gevangeneming. Op watter
> aanklag is hy in die tronk gesit? Moord of
> insubordinasie teen die staat?
Sover ek kan onthou omdat hy onwettig die land ingekom het en die
staat probeer ondermyn het of so iets.
Beslis nie moord nie. Die enigtse politieke misdaad wat 'n halsmisdaad
was, was hoogverraad en sover ek kan onthou was hy nie daarvan
aangekla nie.
|
|
|