Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Afrika ontwikkeling
Afrika ontwikkeling [boodskap #104076] Vr, 24 Junie 2005 12:20 na volgende boodskap
Vusi  is tans af-lyn  Vusi
Boodskappe: 2212
Geregistreer: Februarie 2001
Karma: 0
Senior Lid
BBC (TV) het tans 'n insetsel oor Ghana en Maleisië - beide lande het hul
onafhanklikheid in die laat-vyftigerjare gekry. Maar daar eindig die
ooreenkoms. Maleisië se inkomste per kop het 14 maal toegeneem - die van die
Ghanees het verminder. Die insetsel is kort - die beeldmateriaal toon die
verskil in stedelike ontwikkeling, en mens kry 'n duidelike indruk van die
verskil in ontwikkelingspeil en lewenstandaarde.
Tans is die G8-manne besig om reg te maak vir hulle byeenkoms eersdaags
waartydens (onder andere) hulp aan Afrika en ontwikkeling in die kontinent
onder die soeklik sal kom.
Ek luister, ook op BBC, na 'n inbelprogram waar die publiek insette lewer
oor dit wat hulle beskou as ontwikkelingsprioriteite. Daar is ook
meningsverskille oor of daar voorwaardes aan hulpverlening aan Afrika
gekoppel moet word.
Dit sal interessant wees om lede van die nuusgroep se mening te hoor/sien
mbt dit wat hulle as noodsaaklike areas van ontwikkeling in Afrika beskou.
(Sonder dat ons verval in geykte vooroordele.) Ons is deel van Afrika en as
Afrika ondergaan lyk ons eie toekoms maar donker.
Re: Afrika ontwikkeling [boodskap #104078 is 'n antwoord op boodskap #104076] Vr, 24 Junie 2005 14:27 Na vorige boodskap
PietR  is tans af-lyn  PietR
Boodskappe: 3341
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
In my opinie, is een ding seker. Afrika sal net gehelp kan word as hy in
die proses ook leer om homself te help. Al die skenkings en finansiële
hulp verdwyn net in 'n gat af en beland hoofsaaklik in die sakke van
korrupte amptenary. Die buiteland moet kom met projekte van opleiding en
die fiansiering daarvan om Afrika te leer om homself te bestuur en te
onderhou. Daar is nie omtrent 'n enkele staatsfunksie in byvoorbeeld
Namibië wat nie onder die een of ander vorm van geregtelike ondersoek is vir
bedrog en wanbestuur nie. Kos wat vir armes geskenk word lê en vrot in
skure terwyl Sam Nujoma vir homself 'n paleis bou van R1 biljoen! Dit in
'n land waar daar amper 70% werkloosheid is......

"Jonas" skryf in boodskap news:d9fu5r$9kl$1@ctb-nnrp2.saix.net...
>> Dit sal interessant wees om lede van die nuusgroep se mening te
>> hoor/sien
> mbt dit wat hulle as noodsaaklike areas van ontwikkeling in Afrika beskou.
> (Sonder dat ons verval in geykte vooroordele.) Ons is deel van Afrika en
> as
> Afrika ondergaan lyk ons eie toekoms maar donker.
>
Vorige onderwerp: Wat beteeken hierdie woorde
Volgende onderwerp: Dankie vir die inligting
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Ma Jun 24 12:58:35 MGT 2024