Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Re: Nog gesels
Re: Nog gesels [boodskap #10367] Sa, 16 Augustus 1997 00:00
At de Lange  is tans af-lyn  At de Lange
Boodskappe: 297
Geregistreer: November 1995
Karma: 0
Senior Lid
Annette sluit af in artikel
...
> ann...@fast.co.za
> Rooiwyn liefhebber ( en ly vandag na gisteraand)

Liewe Anette,

Eens op 'n tyd, 20 jaar gelede, was ek ook 'n rooiwyn
drinker.

Toe kry ek kongokoors. Gelukkig was ek die een uit
25 mense wat dit oorleef het.

Kongokoors is soos bosluiskoors, maar net veel erger.
Tydens die hoogtepunt van die koors het bloed uit my
ore, neus en o"e geloop, sowel as my uriene en otlasting.
Dit neem 30 dae langer as bosluiskoors om van kongokoors
gesond te word.

In elk geval, die eerste rooi wyn wat ek toe na die aanval
drink, het my laat dink dat my kororner gaan spring. Die pyn
aan die likerkant van my bolyf en arm was oor weldigend.
Na toetse bepaal die doketer toe dat dit gewone jig is.

'n Jaar later probeer ek toe weer rooiwyn. Was beide my voete
nie pynlik nie.

Nou los ek die rooiwyn uit. Ek vermy ook kosse uit die
Solanaceae (tabak) familie soos tamaties, aartappels en
eiervrug. Hulle maak net soos rooiwyn (osbloed)..

Beste wense
At de Lange
Vorige onderwerp: Oorlog-trauma PTSD
Volgende onderwerp: Nou word rassisme GEKWEEK!
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Wo Mei 29 08:04:13 MGT 2024