Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Proteas
Proteas [boodskap #103658] Di, 07 Junie 2005 11:25 na volgende boodskap
Deneile  is tans af-lyn  Deneile
Boodskappe: 202
Geregistreer: Julie 2006
Karma: 0
Senior Lid
Ek hoor die naam van een van ons proteas behoort nou aan Yank maatskappy.
Veral in California teel hulle nou hul eie proteas en verkoop dit baie
suksesvol op die wereld mark. Is die naam boegoe nog ons s'n of behoort ook
nou al aan 'n Yank maatskappy? Ek wonder hoe gebeur dit of wie gee die
regte oor aan maatskappye om so 'n naam te patenteer as hulle eie. Ons kon
ook met die naam protea gemaak het soos hulle gemaak het met die naam "Port"
en "Champagne". Soos die regte van daai plant wat die San uitgewys het as
die wonder dieet kuur verryk nou 'n Yank maatskappy!
Re: Proteas [boodskap #103659 is 'n antwoord op boodskap #103658] Di, 07 Junie 2005 14:17 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Ferdi Greyling  is tans af-lyn  Ferdi Greyling
Boodskappe: 1232
Geregistreer: Mei 2006
Karma: 0
Senior Lid
On Tue, 7 Jun 2005 13:25:06 +0200, "Deneile"
wrote:

> Ek hoor die naam van een van ons proteas behoort nou aan Yank maatskappy.
> Veral in California teel hulle nou hul eie proteas en verkoop dit baie
> suksesvol op die wereld mark. Is die naam boegoe nog ons s'n of behoort ook
> nou al aan 'n Yank maatskappy? Ek wonder hoe gebeur dit of wie gee die
> regte oor aan maatskappye om so 'n naam te patenteer as hulle eie. Ons kon
> ook met die naam protea gemaak het soos hulle gemaak het met die naam "Port"
> en "Champagne". Soos die regte van daai plant wat die San uitgewys het as
> die wonder dieet kuur verryk nou 'n Yank maatskappy!

Skroef hulle. Mens moet net voortgaan en name gebruik. Wat gaan hulle
doen? Ons bom (weet Bush is capable, maar ek dink die senaat sal teen
die petrol-rekening stem).

Op jou ander punt: Dis tyd dat die name Coffee en Tea ook soos Port en
sjerrie en grappa gehanteer word.

Koffie kom van Oos-Afrika. Dit het daar gegroei en is daar vir die
eerste keer gebruik om 'n drankie mee te maak. Die naam is Arabies as
ek dit reg het. Die Arabiere het dit van daar gekry en via die
Midde-Ooste is koffie na Europa toe.
Die naam behoort mos aan Afrika?.

Wat tee betref: dit kom van China en die woord "tea" is 'n vervorming
van die Chinese woord "tsai" .

Daai naam behoort dan mos aan China
Re: Proteas [boodskap #103660 is 'n antwoord op boodskap #103659] Di, 07 Junie 2005 16:41 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Waaierstertmuis  is tans af-lyn  Waaierstertmuis
Boodskappe: 1592
Geregistreer: Oktober 2001
Karma: 0
Senior Lid
Ferdi Greyling skryf:

> Koffie kom van Oos-Afrika. Dit het daar gegroei en is daar vir die
> eerste keer gebruik om 'n drankie mee te maak. Die naam is Arabies as
> ek dit reg het. Die Arabiere het dit van daar gekry en via die
> Midde-Ooste is koffie na Europa toe.
> Die naam behoort mos aan Afrika?.

En julle geliefde mieliemeel/pap whatever is Amerikaans - Sentraal
Amerikaans.
Pap is gladnie so "african" as wat julle so graag altyd wil glo nie!
Julle papvreters moet bietjie begin om meer erkenning en respek te
betoon aan Meksiko veral, vir julle stapelvoedsel, nè?
Re: Proteas [boodskap #103666 is 'n antwoord op boodskap #103660] Wo, 08 Junie 2005 06:32 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Deneile  is tans af-lyn  Deneile
Boodskappe: 202
Geregistreer: Julie 2006
Karma: 0
Senior Lid
Eish die African American, klaar dik gevreet aan die Afrika pap nou smaak
dit bitter!

"Katryn" skryf in boodskap news:tajba1p0vkglqib2o6etrn97k2lrq26aal@4ax.com...
> Ferdi Greyling skryf:
>
>> Koffie kom van Oos-Afrika. Dit het daar gegroei en is daar vir die
>> eerste keer gebruik om 'n drankie mee te maak. Die naam is Arabies as
>> ek dit reg het. Die Arabiere het dit van daar gekry en via die
>> Midde-Ooste is koffie na Europa toe.
>> Die naam behoort mos aan Afrika?.
>
> En julle geliefde mieliemeel/pap whatever is Amerikaans - Sentraal
> Amerikaans.
> Pap is gladnie so "african" as wat julle so graag altyd wil glo nie!
> Julle papvreters moet bietjie begin om meer erkenning en respek te
> betoon aan Meksiko veral, vir julle stapelvoedsel, nê?
>
Re: Proteas [boodskap #103669 is 'n antwoord op boodskap #103666] Wo, 08 Junie 2005 06:46 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Ek wonder nou net wat die inboorlinge van Afrika sedert die jare toet so
fyngemaak en in water gekook het as dit nie mielies of koring was nie, en
hulle nie pap geëet het nie.
--
Groetnis
Annette

"Deneile" skryf in boodskap news:d863do$db5$1@ctb-nnrp2.saix.net...
> Eish die African American, klaar dik gevreet aan die Afrika pap nou smaak
> dit bitter!
>
>
>
> "Katryn" wrote in message
> news:tajba1p0vkglqib2o6etrn97k2lrq26aal@4ax.com...
>> Ferdi Greyling skryf:
>>
>>> Koffie kom van Oos-Afrika. Dit het daar gegroei en is daar vir die
>>> eerste keer gebruik om 'n drankie mee te maak. Die naam is Arabies as
>>> ek dit reg het. Die Arabiere het dit van daar gekry en via die
>>> Midde-Ooste is koffie na Europa toe.
>>> Die naam behoort mos aan Afrika?.
>>
>> En julle geliefde mieliemeel/pap whatever is Amerikaans - Sentraal
>> Amerikaans.
>> Pap is gladnie so "african" as wat julle so graag altyd wil glo nie!
>> Julle papvreters moet bietjie begin om meer erkenning en respek te
>> betoon aan Meksiko veral, vir julle stapelvoedsel, nê?
>>
>
Re: Proteas [boodskap #103671 is 'n antwoord op boodskap #103660] Wo, 08 Junie 2005 07:23 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Deneile  is tans af-lyn  Deneile
Boodskappe: 202
Geregistreer: Julie 2006
Karma: 0
Senior Lid
Is dit nie Geranimo se voorsate (Wampanoag, Algonquian) wat die mielies vir
die Yank pelgrims gewys het nie?? So die Yanks se bek is daar ook uit!
Thanksgiving kom mos van daar af, dit is en was mos soos hier by ons "When
Harry met Jan van Riebeeck".

"Katryn" skryf in boodskap news:tajba1p0vkglqib2o6etrn97k2lrq26aal@4ax.com...
> Ferdi Greyling skryf:
>
>> Koffie kom van Oos-Afrika. Dit het daar gegroei en is daar vir die
>> eerste keer gebruik om 'n drankie mee te maak. Die naam is Arabies as
>> ek dit reg het. Die Arabiere het dit van daar gekry en via die
>> Midde-Ooste is koffie na Europa toe.
>> Die naam behoort mos aan Afrika?.
>
> En julle geliefde mieliemeel/pap whatever is Amerikaans - Sentraal
> Amerikaans.
> Pap is gladnie so "african" as wat julle so graag altyd wil glo nie!
> Julle papvreters moet bietjie begin om meer erkenning en respek te
> betoon aan Meksiko veral, vir julle stapelvoedsel, nê?
>
Re: Proteas [boodskap #103678 is 'n antwoord op boodskap #103669] Wo, 08 Junie 2005 11:14 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Annette" skryf

> Ek wonder nou net wat die inboorlinge van Afrika sedert die jare toet so
> fyngemaak en in water gekook het as dit nie mielies of koring was nie, en
> hulle nie pap geëet het nie.

Ek dink daar was altyd inheemse soorte
mielies beskikbaar. Dis nou net later dat
daar ónder soorte ingevoer is van die
Amerikas.
Ek wonder altyd oor die verskillende soorte
mielies. Ek het grootgeword met witterige
mielies in SA. Toe kom ek na Kanada en
hulle mielies is diepgeel hier en heelwat
harder en dus meer onsmaaklik hier. Ek kla
toe so 'n bietjie dat die mielies in SA witter
en smaakliker was as dié hier. Later hou
ek op praat, want die mense kyk snaaks vir
my en ek dink hulle dink hierdie witmens uit
SA wil selfs net wit mielies eet.
Maar in die laaste vyftien jaar of so, toe begin
sien ons hier 'n mengsel van wit en geel pitte
op sekere stronke, en dit word verkoop as
"peaches and cream." Na 'n ruk word die
wit pitte op die stronke al hoe meer. Nou
noem hulle dit nie eens meer peaches and
cream nie, en ek dink die laaste groenmielies
wat ek gekoop het, was heeltemal wit.
Ek wonder wat die storie agter die peaches
and cream was.

Gloudina
Re: Proteas [boodskap #103685 is 'n antwoord op boodskap #103660] Wo, 08 Junie 2005 12:19 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Ferdi Greyling  is tans af-lyn  Ferdi Greyling
Boodskappe: 1232
Geregistreer: Mei 2006
Karma: 0
Senior Lid
On Tue, 07 Jun 2005 12:41:16 -0400, Katryn wrote:

> Ferdi Greyling skryf:
>
>> Koffie kom van Oos-Afrika. Dit het daar gegroei en is daar vir die
>> eerste keer gebruik om 'n drankie mee te maak. Die naam is Arabies as
>> ek dit reg het. Die Arabiere het dit van daar gekry en via die
>> Midde-Ooste is koffie na Europa toe.
>> Die naam behoort mos aan Afrika?.
>
> En julle geliefde mieliemeel/pap whatever is Amerikaans - Sentraal
> Amerikaans.
> Pap is gladnie so "african" as wat julle so graag altyd wil glo nie!
> Julle papvreters moet bietjie begin om meer erkenning en respek te
> betoon aan Meksiko veral, vir julle stapelvoedsel, nè?

Kom ons skei net gou die hoenders van die eende.

Dit gaan on "trade names" . Nie om produkte nie.

In SA mag ons port en sjerrie groei en stook dat die walms so staan.
Ons mag dit net nie as port of sjerrie bemark nie. Dit is omdat die
Europeers besluit het die handelsname port en sjerrie kom van
spesifieke streke af.

Die naam mag nie gebruik word nie.

Jou voorbeeld is dus nie van toepassing nie. Die naam mieliepap is die
Amerikaans nie.
Re: Proteas [boodskap #103690 is 'n antwoord op boodskap #103685] Wo, 08 Junie 2005 16:19 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Waaierstertmuis  is tans af-lyn  Waaierstertmuis
Boodskappe: 1592
Geregistreer: Oktober 2001
Karma: 0
Senior Lid
Ferdi Greyling skryf:

>> En julle geliefde mieliemeel/pap whatever is Amerikaans - Sentraal
>> Amerikaans.
>> Pap is gladnie so "african" as wat julle so graag altyd wil glo nie!
>> Julle papvreters moet bietjie begin om meer erkenning en respek te
>> betoon aan Meksiko veral, vir julle stapelvoedsel, nè?
>
> Kom ons skei net gou die hoenders van die eende.
>
> Dit gaan on "trade names" . Nie om produkte nie.

oooo...so dit is okay vir Suid Afrikaners om sommer 'n nuwe woord uit
te dink vir 'n baie ou produk wat oorspronklik inheems van 'n ander
werelddeel was, en dan dink almal dit is 'n produk wat oorspronklik
van Afrika is?
Die woord "mealie" of mielie is 'n unieke Suid Afrikaanse woord vir
"corn" of "maize" of "ear of corn" in die res van die wereld.
So, jy wil nou vir my sê dat "mielie"of "mieliemeel" is nou nie juis
'n trade name nie, maar koffie en tee ens. is?

> Jou voorbeeld is dus nie van toepassing nie. Die naam mieliepap is die
> Amerikaans nie.

As mens 'n produk neem, en sy naam totaal verander dan is dit nie meer
dieselfde produk nie. Ek sien nou.
Maar net sommer vir interessantheid, as julle dit nou sê nou maar
"maïs" of "mais" of selfs sê nou maar "maíz", of wat van MAIZE,
genoem het? Sou my eend dan 'n hoender gewees het?
Re: Proteas [boodskap #103691 is 'n antwoord op boodskap #103671] Wo, 08 Junie 2005 16:27 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Waaierstertmuis  is tans af-lyn  Waaierstertmuis
Boodskappe: 1592
Geregistreer: Oktober 2001
Karma: 0
Senior Lid
"Deneile" skryf:

> Is dit nie Geranimo se voorsate (Wampanoag, Algonquian) wat die mielies vir
> die Yank pelgrims gewys het nie??

Weet jy Deneile, jy mag dalk reg wees. Ek het natuurlik 'n baie sagte
plekkie vir ons "native Americans", en vind die verskeie gebruike,
gelowe en kulture van die verskillende "tribes"geweldig interessant.
As die pelgrims maar eerder meer wou geleer het van hierdie mense,
i.p.v vir hulle komberse met pokke besmet gegee het....dink net hoe
anders sou Amerika dalk vandag daar uitgesien het?

> So die Yanks se bek is daar ook uit!

Giegie...nee, dit is julle Africans se bekke wat uit is, wat dink dat
mieliemeel/pap uniek African is. Dit was nog nooit nie.
Die geskiedenis van mielies is nogal erg interessant. Enniewy..:)

> Thanksgiving kom mos van daar af, dit is en was mos soos hier by ons "When
> Harry met Jan van Riebeeck".

En die kalkoene? Maar voor ek nou hoenders, eende EN kalkoene begin
verwar, laat ek ophou babbel. :)
Re: Proteas [boodskap #103693 is 'n antwoord op boodskap #103690] Wo, 08 Junie 2005 17:49 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Katryn" skryf

> Die woord "mealie" of mielie is 'n unieke Suid Afrikaanse woord vir
> "corn" of "maize" of "ear of corn" in die res van die wereld.

Die woord "mielie" is nie uniek aan Afrikaans nie. Dit kom
van die Portugees "milho" van die Latyn milium (millet.)

Gloudina
Re: Proteas [boodskap #103694 is 'n antwoord op boodskap #103693] Wo, 08 Junie 2005 18:08 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Waaierstertmuis  is tans af-lyn  Waaierstertmuis
Boodskappe: 1592
Geregistreer: Oktober 2001
Karma: 0
Senior Lid
"@rogers.com" skryf:

>
> "Katryn" skryf
>
>> Die woord "mealie" of mielie is 'n unieke Suid Afrikaanse woord vir
>> "corn" of "maize" of "ear of corn" in die res van die wereld.
>
> Die woord "mielie" is nie uniek aan Afrikaans nie. Dit kom
> van die Portugees "milho" van die Latyn milium (millet.)

mea·lie also mie·lie (me'le)
n. South African.
An ear of corn.
mealies Corn; maize.
[Afrikaans mielie, ultimately from Latin milium, millet (perhaps via
Portuguese milho).]

The American Heritage® Dictionary of the English Language, Fourth
Edition Copyright © 2004, 2000 by Houghton Mifflin Company. Published
by Houghton Mifflin Company. All rights reserved.
Mielies (wordnet) [boodskap #103695 is 'n antwoord op boodskap #103694] Wo, 08 Junie 2005 18:15 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Waaierstertmuis  is tans af-lyn  Waaierstertmuis
Boodskappe: 1592
Geregistreer: Oktober 2001
Karma: 0
Senior Lid
Katryn skryf:

En volgens wordnet:

The noun mealie has one meaning:

Meaning #1: (South African) an ear of corn
Re: Proteas [boodskap #103697 is 'n antwoord op boodskap #103690] Wo, 08 Junie 2005 19:52 Na vorige boodskapna volgende boodskap
NoS...[3]  is tans af-lyn  NoS...[3]
Boodskappe: 16
Geregistreer: Mei 2005
Karma: 0
Junior Lid
On Wed, 08 Jun 2005 12:19:18 -0400, Katryn wrote:

> oooo...so dit is okay vir Suid Afrikaners om sommer 'n nuwe woord uit
> te dink vir 'n baie ou produk wat oorspronklik inheems van 'n ander
> werelddeel was, en dan dink almal dit is 'n produk wat oorspronklik
> van Afrika is?
> Die woord "mealie" of mielie is 'n unieke Suid Afrikaanse woord vir
> "corn" of "maize" of "ear of corn" in die res van die wereld.
> So, jy wil nou vir my sê dat "mielie"of "mieliemeel" is nou nie juis
> 'n trade name nie, maar koffie en tee ens. is?

Nee. Mielie, mieliepap, mealie whatever in nie 'n handelsnaam soos
Xerox of Chanpagne nie.
Dis generies soos rosyne.

Maar as jy van 'n SOORT rosyn praat (of mielie) wat spesifieke
eienskappe het en wat 'n identiteit het wat aan 'n geografiese gebied
gekoppel is, is dit iets anders.

Ek dink nie dit behoort te wees nie, maar dit is. Die bobbeyankies het
dit so gemaak met hulle hoogheiligheid oor handelsmerke en kopiereg.
Wat nogal snaaks is as mens daaraan dink dat die hele Amerikaanse
bleddie boekbedryf gebou is op 'n gesonde disrespek vir kopiereg en 'n
ongebreidelde steel van intellektuele goed wat die Europese as hul
eiendom gesien het (soos die Yanks nou doen).
Gaan lees maar op oor kopiereg teen die einde van die 1800's en so
aan.

Terug na die onderwerp - dinge soos port en sjerrie is SOORTE
GEFORTIFISEERDE WYNE wat aan 'n spesifieke gebied gekoppel kan word
waat hul hul unieke eienskap gekry het.

Soos groen en swart teen in China (teenoor die bossies wat die
Duitsers drink) en koffie in Afrika teenoor ander brousels wat in
Suid-Amerika en Europa ens. gedrink word.

>> Jou voorbeeld is dus nie van toepassing nie. Die naam mieliepap is die
>> Amerikaans nie.
>
> As mens 'n produk neem, en sy naam totaal verander dan is dit nie meer
> dieselfde produk nie. Ek sien nou.

Nee jy is sarkasties en gebruik dit as dekmantel vir of n onbegrip of
die wete dat jy verkeerd is.

> Maar net sommer vir interessantheid, as julle dit nou sê nou maar
> "maïs" of "mais" of selfs sê nou maar "maíz", of wat van MAIZE,
> genoem het? Sou my eend dan 'n hoender gewees het?

Nee. Jy is die hoender.
Re: Proteas [boodskap #103698 is 'n antwoord op boodskap #103697] Wo, 08 Junie 2005 20:13 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Waaierstertmuis  is tans af-lyn  Waaierstertmuis
Boodskappe: 1592
Geregistreer: Oktober 2001
Karma: 0
Senior Lid
NoS...@Warra.edu (Ferdi Greyling) skryf:

> Nee. Mielie, mieliepap, mealie whatever in nie 'n handelsnaam soos
> Xerox of Chanpagne nie.
> Dis generies soos rosyne.

Wil jou net gou herinner aan wat jy geskryf het:

"

> Dis tyd dat die name Coffee en Tea ook soos Port en
> sjerrie en grappa gehanteer word

> Koffie kom van Oos-Afrika. Dit het daar gegroei en is daar vir die
>> eerste keer gebruik om 'n drankie mee te maak. Die naam is Arabies as
>> ek dit reg het. Die Arabiere het dit van daar gekry en via die
>> Midde-Ooste is koffie na Europa toe.
>> Die naam behoort mos aan Afrika?."

As jy sê koffie behoort aan Afrika, dan behoort maize/mielies aan
Sentraal Amerika.
Dit was my punt.

Terloops, koffie se oorsprong is waarskynlik Noord-Oos Afrika -
Ethiopië.
Re: Proteas [boodskap #103699 is 'n antwoord op boodskap #103678] Wo, 08 Junie 2005 20:29 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Waaierstertmuis  is tans af-lyn  Waaierstertmuis
Boodskappe: 1592
Geregistreer: Oktober 2001
Karma: 0
Senior Lid
"@rogers.com" skryf:

>
> "Annette" skryf
>
>> Ek wonder nou net wat die inboorlinge van Afrika sedert die jare toet so
>> fyngemaak en in water gekook het as dit nie mielies of koring was nie, en
>> hulle nie pap geëet het nie.
>
> Ek dink daar was altyd inheemse soorte
> mielies beskikbaar.

Nee, dit is bekend dat hulle waarskynlik wortels gebruik het.
Allerande verskillende tipe wortels wat hulle dan fyngemaal het.
Daar was nooit inheemse tipe mielies nie!!
Daar kom 'n hoender aan [boodskap #103703 is 'n antwoord op boodskap #103658] Do, 09 Junie 2005 06:18 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Deneile  is tans af-lyn  Deneile
Boodskappe: 202
Geregistreer: Julie 2006
Karma: 0
Senior Lid
Hy het 'n bloomer aan
wat kan die ander hoenders se
hy't 'n mielie op sy kop
en sy dinges is omgedop!

"Deneile" skryf in boodskap news:d84071$43v$1@ctb-nnrp2.saix.net...
> Ek hoor die naam van een van ons proteas behoort nou aan Yank maatskappy.
> Veral in California teel hulle nou hul eie proteas en verkoop dit baie
> suksesvol op die wereld mark. Is die naam boegoe nog ons s'n of behoort
> ook nou al aan 'n Yank maatskappy? Ek wonder hoe gebeur dit of wie gee
> die regte oor aan maatskappye om so 'n naam te patenteer as hulle eie.
> Ons kon ook met die naam protea gemaak het soos hulle gemaak het met die
> naam "Port" en "Champagne". Soos die regte van daai plant wat die San
> uitgewys het as die wonder dieet kuur verryk nou 'n Yank maatskappy!
>
Re: Proteas [boodskap #103705 is 'n antwoord op boodskap #103697] Do, 09 Junie 2005 06:34 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Waaierstertmuis  is tans af-lyn  Waaierstertmuis
Boodskappe: 1592
Geregistreer: Oktober 2001
Karma: 0
Senior Lid
NoS...@Warra.edu (Ferdi Greyling) skryf:

> > "maïs" of "mais" of selfs sê nou maar "maíz", of wat van MAIZE,
>> genoem het? Sou my eend dan 'n hoender gewees het?
>
> Nee. Jy is die hoender.

Dit is nie nodig om beledigend te raak nie.

Laat ek weer probeer verduidelik, en asseblief ek weet presies wat die
verskil tussen 'n handelsnaam en gebruikersnaam is.
Ons gebruik byvoorbeeld die woord "kleenex" as ons snesies (?spelling)
bedoel, as voorbeeld van hoe 'n handelsnaam (met behulp van goeie
marketing) in die volksmond verander het as 'n algemeen gebruikte
woord om 'n generiese produk aan te dui.

My voorbeeld van maize (wat julle mielies is - waarskynlik 'n
onkundige taalvader wat nie die verskil tussen die inheemse millet en
uitheemse maïs erken het nie), en ja, natuurlik is dit nie 'n
handelsnaam nie, maar ter wille van die gesprek wat jy begin het om
koffie en tee as voorbeelde te gebruik van waarom handelsname van
ontslae geraak moet word.
Ook met 'n effense agenda om te probeer uitwys hoe slim "marketing",
vrye markte en globalisasie mense se leefwyse, denkwyse en kultuur in
Afrika verander het.
Soveel so, dat julle Africans almal vas oortuig is dat dit (mielies)
aan julle (Afrika) behoort. Soos gesien in die woorde van die
Malawiers
“chimango ndi moyo (maize is our life).”
Verder heet die naam van hulle mees gewilde variety (?ondersoort):
“chimango cha makola (maize of the ancestors).”
In Wes Afrika verskyn mielies selfs as 'n antropomorfiese figuuur,
soos gesien in die gedig:

"I do not know at all, but I wish I knew
What clothes the maize plant wore
When he first came
To this Origbo from Olufe town
But this I know surely
That he was disguised upon his journey here."

Sien ook verder die interessante stuk oor mieles in SA.

http://ruafrica.rutgers.edu/events/media/maize_and_grace_jam esmccann.pdf.
Re: Proteas [boodskap #103709 is 'n antwoord op boodskap #103698] Do, 09 Junie 2005 13:07 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Ferdi Greyling  is tans af-lyn  Ferdi Greyling
Boodskappe: 1232
Geregistreer: Mei 2006
Karma: 0
Senior Lid
On Wed, 08 Jun 2005 16:13:07 -0400, Katryn wrote:

> NoS...@Warra.edu (Ferdi Greyling) skryf:
>
>
>> Nee. Mielie, mieliepap, mealie whatever in nie 'n handelsnaam soos
>> Xerox of Chanpagne nie.
>> Dis generies soos rosyne.
>
> Wil jou net gou herinner aan wat jy geskryf het:
>
> "
>
>> Dis tyd dat die name Coffee en Tea ook soos Port en
>> sjerrie en grappa gehanteer word
>
>> Koffie kom van Oos-Afrika. Dit het daar gegroei en is daar vir die
>>> eerste keer gebruik om 'n drankie mee te maak. Die naam is Arabies as
>>> ek dit reg het. Die Arabiere het dit van daar gekry en via die
>>> Midde-Ooste is koffie na Europa toe.
>>> Die naam behoort mos aan Afrika?."
>
> As jy sê koffie behoort aan Afrika, dan behoort maize/mielies aan
> Sentraal Amerika.
> Dit was my punt.

En my punt is dat jy dit nie verstaan nie. Die manier HOE oets gebruik
word tot dit 'n unieke eienskap het, is wat tel.

Druiwe kom van iewers. Die gewoonte om die sap te laat gis ook, maar
niemand claim die naam "wyn" of "wine" of whatever nie. Niemand claim
dat hulle die reg op die proses van wynmaak besit of kan besit nie.
Maar as wyn op 'n SEKERE MANIER gemaak word sodat dit 'n unieke
eienskap het wat aan die streek gekoppelo word, is dit anders.

Dus: Die Oos-Afrikaners was die eeste wat koffie op daai manier
aangewend het en die spesifieke drankie gemaak het wat vandag koffie
is. Dieselfde met die Chinese en tee.

Maak nie saak waar koffie gegroei word vandag nie. Of tee. Net soos
dit nie saak maak waar druiwe vandag gegroei word nie.
Dit maak nie saak wie wat met koffie-bone doen nie - soos die nie saak
maak wie wat met druwe-sap maak nie.

Maar wanneer dit uniekheid verwerf wat aan 'n streek gekoppel kan word
en in die proses raak dit as't ware 'n nuwe produk - dan het jy die
hansdelsnaam issue.

Wat maak die Suid-Amerikaners met mielies wat dit omskep in ites
nuuts? DIT kan hulle claim. Maar nie die naam mielies nie. Net soos
niemand die naam "druiwe" kan vat nie, maar wel die naam van iets
unieks wat hulle kry as hulle die druiwe verder verryk en die produk
het noue bande met die streek ens. ens. Soos port met Oporto on
Portugal het.

Met ander woorde die Vrystaat sal die naam "verkoek" kan registreer.
Want dit is aan die streek verbonde ens ens. Maar nie die naam mielies
nie. Dis die naam van die plant.

Dis soos staal en karre. Niemand kan die naam staal of die naam kar
besit nie. Maar Toyota kan die naam Toyota besit hoewel dit ook maar
staal en n kar is, maar hulle gee dit 'n unieke vorm en identiteit.

Dis wat die Europeers oor port en sjerrie en grappa gese het en hulle
is gelyk gegee.

Ek se dis tyd dat Afrika dieselfde doen met koffie en China dit doen
met tee want ek argumenteer dieselfde verryking is gedoen met die
bessie en die blare en die brou-proses sodat 'n unieke produk tot
stand gekom het wat eie aan 'n streek is.

Ethiopië. [/color]

Dis mos was ek se.
Re: Proteas [boodskap #103710 is 'n antwoord op boodskap #103705] Do, 09 Junie 2005 13:09 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Ferdi Greyling  is tans af-lyn  Ferdi Greyling
Boodskappe: 1232
Geregistreer: Mei 2006
Karma: 0
Senior Lid
On Thu, 09 Jun 2005 02:34:23 -0400, Katryn wrote:

NoS...@Warra.edu (Ferdi Greyling) skryf:
>
>
>> >> "maïs" of "mais" of selfs sê nou maar "maíz", of wat van MAIZE,
>>> genoem het? Sou my eend dan 'n hoender gewees het?

>> Nee. Jy is die hoender.
>
> Dit is nie nodig om beledigend te raak nie.
>
> Laat ek weer probeer verduidelik, en asseblief ek weet presies wat die
> verskil tussen 'n handelsnaam en gebruikersnaam is.

Nou gebruik dan jou kennis.
Mielies is nie 'n unieke produk nie. Dis die plant se naam.

> Ons gebruik byvoorbeeld die woord "kleenex" as ons snesies (?spelling)
> bedoel, as voorbeeld van hoe 'n handelsnaam (met behulp van goeie
> marketing) in die volksmond verander het as 'n algemeen gebruikte
> woord om 'n generiese produk aan te dui.
>
> My voorbeeld van maize (wat julle mielies is - waarskynlik 'n
> onkundige taalvader wat nie die verskil tussen die inheemse millet en
> uitheemse maïs erken het nie), en ja, natuurlik is dit nie 'n
> handelsnaam nie, maar ter wille van die gesprek wat jy begin het om
> koffie en tee as voorbeelde te gebruik van waarom handelsname van
> ontslae geraak moet word.
> Ook met 'n effense agenda om te probeer uitwys hoe slim "marketing",
> vrye markte en globalisasie mense se leefwyse, denkwyse en kultuur in
> Afrika verander het.
> Soveel so, dat julle Africans almal vas oortuig is dat dit (mielies)
> aan julle (Afrika) behoort.

Ek het dit nie gese n ie en ek dink dit nie.
En ek is ook 'n Afrikaan.
Re: Proteas [boodskap #103711 is 'n antwoord op boodskap #103709] Do, 09 Junie 2005 13:37 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Ferdi Greyling skryf

> Met ander woorde die Vrystaat sal die naam "verkoek" kan registreer.
> Want dit is aan die streek verbonde ens ens.

Kan jy asseblief die woord "verkoek" verduidelik.

Gloudina
Re: Proteas [boodskap #103712 is 'n antwoord op boodskap #103658] Do, 09 Junie 2005 13:43 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Deneile  is tans af-lyn  Deneile
Boodskappe: 202
Geregistreer: Julie 2006
Karma: 0
Senior Lid
Ek't dan gesê sy is 'n African American.......

"@rogers.com" skryf in boodskap news:zv6dnWX1CZCf2jXfRVn-vQ@rogers.com...
>
> "Katryn" skryf
>
>> Soveel so, dat julle Africans almal vas oortuig is dat dit (mielies)
>> aan julle (Afrika) behoort.
>
> Ek sou dink dat as jy nou skielik vir Ferdi 'n African
> noem ( eintlik behoort jy die Afrikaans "afrikaan"
> te gebruik) - dus verkies om die Engelse term met
> jou Afrikaans te meng - dan behoort jy ten minste
> jouself ook African American te noem en nie
> American nie. Jy is eintlik net "Amerikaans" sover
> dit jou immigrasiestatus in die VSA betref. In
> geen ander opsig is jy "Amerikaans" nie. Tensy
> jou voorvaders in die VSA gebly het voor jou
> geboorte.
>
> Gloudina
>
Re: Proteas [boodskap #103713 is 'n antwoord op boodskap #103705] Do, 09 Junie 2005 13:48 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Katryn" skryf

> Soveel so, dat julle Africans almal vas oortuig is dat dit (mielies)
> aan julle (Afrika) behoort.

Ek sou dink dat as jy nou skielik vir Ferdi 'n African
noem ( eintlik behoort jy die Afrikaans "afrikaan"
te gebruik) - dus verkies om die Engelse term met
jou Afrikaans te meng - dan behoort jy ten minste
jouself ook African American te noem en nie
American nie. Jy is eintlik net "Amerikaans" sover
dit jou immigrasiestatus in die VSA betref. In
geen ander opsig is jy "Amerikaans" nie. Tensy
jou voorvaders in die VSA gebly het voor jou
geboorte.

Gloudina
Re: Proteas [boodskap #103714 is 'n antwoord op boodskap #103713] Do, 09 Junie 2005 16:18 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Waaierstertmuis  is tans af-lyn  Waaierstertmuis
Boodskappe: 1592
Geregistreer: Oktober 2001
Karma: 0
Senior Lid
"@rogers.com" skryf:

> Ek sou dink dat as jy nou skielik vir Ferdi 'n African
> noem ( eintlik behoort jy die Afrikaans "afrikaan"
> te gebruik) - dus verkies om die Engelse term met
> jou Afrikaans te meng - dan behoort jy ten minste
> jouself ook African American te noem en nie

Ja, ek het. En ek is ook as so aangespreek op dié groep. En juis
daarom spreek ek nou die Afrikane daar as sulks aan.
Ek is 'n trotse African American. Het GEEN probleem met daardie
benaming nie.

> American nie. Jy is eintlik net "Amerikaans" sover
> dit jou immigrasiestatus in die VSA betref. In
> geen ander opsig is jy "Amerikaans" nie. Tensy
> jou voorvaders in die VSA gebly het voor jou
> geboorte.

Genugtig maar jy is arrogant!!! En jy vis natuurlik, so laat ek dit
weer herhaal. Dit sal nie die eerste keer wees wat ek dit genoem het
op hierdie groep nie.
Ek is baie meer Amerikaans as wat jy ooit Kanadees kan wees. My
familie aan my pa se kant is al EEUE hier in Amerika!! My familie aan
my ma se kant is trotse boere. Ek is in SA gebore, dus in alle
opsigte is ek werklik 'n African American soos Denielle of iemand my
alreeds gemerk het.

Wat nou geweldig interessant is, is om te sien hoe die term Afrikaan
of dan "african" jou duidelik pla? Is jy dan skaam om jouself as 'n
Afrikaan te beskryf? Beskou jy dit as 'n beledigende of
minderwaardige term?

Ook interessant om te lees hoe jy nogsteeds alles in wit en swart sien
met die wit mielie storie.
Re: Proteas [boodskap #103715 is 'n antwoord op boodskap #103712] Do, 09 Junie 2005 16:18 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Waaierstertmuis  is tans af-lyn  Waaierstertmuis
Boodskappe: 1592
Geregistreer: Oktober 2001
Karma: 0
Senior Lid
"Deneile" skryf:

> Ek't dan gesê sy is 'n African American.......
>

JUIS! :)
Re: Proteas [boodskap #103716 is 'n antwoord op boodskap #103710] Do, 09 Junie 2005 16:21 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Waaierstertmuis  is tans af-lyn  Waaierstertmuis
Boodskappe: 1592
Geregistreer: Oktober 2001
Karma: 0
Senior Lid
Ferdi Greyling skryf:

> En ek is ook 'n Afrikaan.

Ja, ek het dit nogal vermoed.
Hoop JY is ten minste trots daarop om 'n Afrikaan te wees?
Re: Proteas [boodskap #103717 is 'n antwoord op boodskap #103709] Do, 09 Junie 2005 16:46 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Waaierstertmuis  is tans af-lyn  Waaierstertmuis
Boodskappe: 1592
Geregistreer: Oktober 2001
Karma: 0
Senior Lid
Ferdi Greyling skryf:

> En my punt is dat jy dit nie verstaan nie. Die manier HOE oets gebruik
> word tot dit 'n unieke eienskap het, is wat tel.

Rondomtalie...round and round we go...yehaa...te lekker!

> Druiwe kom van iewers. Die gewoonte om die sap te laat gis ook, maar
> niemand claim die naam "wyn" of "wine" of whatever nie. Niemand claim
> dat hulle die reg op die proses van wynmaak besit of kan besit nie.
> Maar as wyn op 'n SEKERE MANIER gemaak word sodat dit 'n unieke
> eienskap het wat aan die streek gekoppelo word, is dit anders.

Mielies se oorsprong is Meksiko. Sonder om teveel tyd te mors met
verduidelikings. Daardie mense het toentertyd eerste besef dat hulle
hierdie nuwe gedomestikeerde plant ook kan fynmaal en gebruik soos wat
hulle oerouers gedoen het met wortels en dalk selfs ander graantipes,
ens.
Dus was daar 'n unieke proses gebruik om 'n spesifieke graan te
gebruik. Hierdie proses is toe eventueel aan die Afrikane
bekendgestel, en die res is geskiedenis.
Dus kwalifiseer my mais nogsteeds. 'n Graan wat op 'n SEKERE MANIER
verwerk was, en wat unieke eienskappe gehad het wat aan die streek
gekoppel was.

> Dus: Die Oos-Afrikaners was die eeste wat koffie op daai manier
> aangewend het en die spesifieke drankie gemaak het wat vandag koffie
> is. Dieselfde met die Chinese en tee.

En die mense van Meksiko (raai wie hulle was?), het hulle graan op 'n
unieke manier aangewend en 'n spesifieke dis soortgelyk aan "pap"
begin maak wat vandag mieliepap in Afrika genoem word.

> Maak nie saak waar koffie gegroei word vandag nie. Of tee. Net soos
> dit nie saak maak waar druiwe vandag gegroei word nie.

Net soos dit nie saak maak waar die mielies vandag gegroei word nie.

> Dit maak nie saak wie wat met koffie-bone doen nie - soos die nie saak
> maak wie wat met druwe-sap maak nie.

Dit maak nie saak wie wat met die mieliepitte doen nie.

> Maar nie die naam mielies
> nie. Dis die naam van die plant.

Verkeerde naam, ja! Verkeerd. Die plant wat julle 'n mielie noem is
nie 'n millet nie, maar 'n mais!! Spaanse oorsprong - regte naam is
maíz, maar enige variasie na genoeg is ook okay. Net nie MIELIE nie.

> Ek se dis tyd dat Afrika dieselfde doen met koffie en China dit doen
> met tee want ek argumenteer dieselfde verryking is gedoen met die
> bessie en die blare en die brou-proses sodat 'n unieke produk tot
> stand gekom het wat eie aan 'n streek is.

Net soos die mense van Sentraal Amerika gedoen het met mais. ja, net
so...
Dis nou as mens mieliepap "uniek" kan noem - yuck!

>
> Dis mos was ek se.

Nee, dit was toe toevallig NIE wat jy gesê het nie. Noord-Oos en Oos
is nogal ietwat verskillend.

Elkgeval, dankie vir die geleentheid om my Afrikaans weer bietjie te
oefen vir 'n slag.
Ek sien ongelukkig nie kans vir nog 'n rondte rondomtalie nie, dit is
heeltemal te uitputtend. So, wat jy ookal te sê het, my antwoord sal
dieselfde wees....JAAAAAA BOET...
Re: Proteas [boodskap #103718 is 'n antwoord op boodskap #103713] Do, 09 Junie 2005 18:10 Na vorige boodskapna volgende boodskap
DD  is tans af-lyn  DD
Boodskappe: 1166
Geregistreer: Junie 2003
Karma: 0
Senior Lid
On Thu, 9 Jun 2005 09:48:55 -0400, "@rogers.com" wrote:
> dan behoort jy ten minste
> jouself ook African American te noem en nie
> American nie. Jy is eintlik net "Amerikaans" sover
> dit jou immigrasiestatus in die VSA betref. In
> geen ander opsig is jy "Amerikaans" nie. Tensy
> jou voorvaders in die VSA gebly het voor jou
> geboorte.
>
> Gloudina
>

Re:
> In
> geen ander opsig is jy "Amerikaans" nie. Tensy
> jou voorvaders in die VSA gebly het voor jou
> geboorte.

so, hier verander jy die nasionaliteit
van hierdie trotse Suid Afrikaner
na die van 'n Fransman

DD
Re: Proteas [boodskap #103719 is 'n antwoord op boodskap #103714] Do, 09 Junie 2005 22:25 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Katryn" skryf

> Genugtig maar jy is arrogant!!! En jy vis natuurlik, so laat ek dit
> weer herhaal. Dit sal nie die eerste keer wees wat ek dit genoem het
> op hierdie groep nie.
> Ek is baie meer Amerikaans as wat jy ooit Kanadees kan wees. My
> familie aan my pa se kant is al EEUE hier in Amerika!!

Wel, ek verbaas my. Jy het eenkeer vir my direk ge-epos en
jou nooiensvan genoem en dit was 'n duidelike Afrikaanse van.
As ek jou misverstaan of misonthou, verskoon my dan.

As jou pa se mense al eeue hier in die VSA is, stam jou pa
dus óf van Europeërs af wat al tweehonderd jaar of meer
in die VSA gebly het, óf jou pa se mense is een van die Eerste
Nasies van die VSA, of nageslag van die slawe uit Afrika,
óf Nederlanders uit die dae van Pieter Stuyvesant. Ek vis nou
'n bietjie. Voorheen het ek nie gevis nie. Ek het, miskien
foutief, aangeneem dat albei jou ouers SA wortels het.

Gloudina
Re: Proteas [boodskap #103720 is 'n antwoord op boodskap #103714] Do, 09 Junie 2005 22:29 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Katryn" skryf

> Wat nou geweldig interessant is, is om te sien hoe die term Afrikaan
> of dan "african" jou duidelik pla? Is jy dan skaam om jouself as 'n
> Afrikaan te beskryf? Beskou jy dit as 'n beledigende of
> minderwaardige term?

Nee, die term "Afrikaan" pla my nie. Maar wanneer
jy IN JOU AFRIKAANS die term "African" op 'n
ietwat snedige manier gebruik, dan begin ek snuf in
die neus kry. Ek praat dus oor die feit dat jy 'n
Engelse term tussen jou Afrikaans gooi. Op 'n
neerbuigende manier. Skryf tog maar liewer
Afrikaans en gebruik die woord "Afrikaan."

Gloudina
Re: Proteas [boodskap #103721 is 'n antwoord op boodskap #103714] Do, 09 Junie 2005 22:39 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Katryn skryf

> Ook interessant om te lees hoe jy nogsteeds alles in wit en swart sien
> met die wit mielie storie.

Ek neem aan dat julle daar in jou deel van die VSA
dus nog nie die landbou-verskynsel waargeneem het
dat daar 'n verbastering van geel mielies en wit
mielies plaasvind nie. Is julle mielies dus nog deurgaans
diepgeel, veral dié wat jy in die winkels ook vir gebruik
as groenmielies koop? So ongeveer dertig jaar gelede was
al ons mielies hier diepgeel. Toe begin daar wit pitte
tussen die geel verskyn, en dit word verkoop as
"peaches and cream." Deesdae word die naam al
hoe minder gebruik, maar ons groenmielies word ook
al hoe witter.
Toe ons eenkeer vir vier jaar terug in SA was, toe
gesels ek met iemand oor hierdie verskynsel. Ek dink
hy was Zoeloe. Toe vertel hy vir my dat daar eenkeer
amper 'n opstand onder die Zoeloes was, toe hulle een
jaar mielies uit die VSA en Kanada moes invoer, omdat
daar nie genoeg mielies in SA was nie weens 'n baie
slegte droogte. Die mense het geweier om die geel
mieliemeel te koop, en het dit gesien as 'n komplot
van die regering. Die geel mielies is baie harder as
die wittes. Ek dink dit affekteer seker ook die gehalte
van die mieliemeel.

Gloudina
Re: Proteas [boodskap #103722 is 'n antwoord op boodskap #103718] Do, 09 Junie 2005 22:41 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
"DD" skryf

> so, hier verander jy die nasionaliteit
> van hierdie trotse Suid Afrikaner
> na die van 'n Fransman

Bog. As jou du plessis voorvaders al eeue
in SA is, dan is jy 'n Afrikaner.

Gloudina
Re: Proteas [boodskap #103724 is 'n antwoord op boodskap #103719] Vr, 10 Junie 2005 01:50 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Waaierstertmuis  is tans af-lyn  Waaierstertmuis
Boodskappe: 1592
Geregistreer: Oktober 2001
Karma: 0
Senior Lid
"@rogers.com" skryf:

> Wel, ek verbaas my. Jy het eenkeer vir my direk ge-epos en
> jou nooiensvan genoem en dit was 'n duidelike Afrikaanse van.
> As ek jou misverstaan of misonthou, verskoon my dan.

Ek skryf gewoonlik my nooiensvan met 'n spasie en voeg 'n "d"voor die
"t", wanneer ek aan totale vreemdelinge skryf in Afrikaanse groepe.
My privaat epos het ook daardie ekstra "d" in. Met opset. Ek
gebruik ook my 2de naam en nie my eerste naam.

> As jou pa se mense al eeue hier in die VSA is, stam jou pa
> dus óf van Europeërs

Europeër. Frankryk.
Re: Proteas [boodskap #103725 is 'n antwoord op boodskap #103710] Vr, 10 Junie 2005 05:37 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Wat dan van " Rooibos" wat as " handelsnaam" aan 'n Amerikaner verkoop is?
Rooibos is tog 'n unieke plant, en rooibostee is tog 'n unieke produk.
Hoe kon so 'n transaksie dan in die eerste plek plaas gevind het?
Is Rooibos nou Amerikaans?

--
Groetnis
Annette

"Ferdi Greyling" skryf in boodskap news:jofga1dfo9v81om65voqkkgq8jlfo7bgse@4ax.com...
> On Thu, 09 Jun 2005 02:34:23 -0400, Katryn
> wrote:
>
>
>>
>>> >><<>Maar net sommer vir interessantheid, as julle dit nou sê nou maar
>>> >>>"maïs" of "mais" of selfs sê nou maar "maíz", of wat van MAIZE,
>>> >>> genoem het? Sou my eend dan 'n hoender gewees het?
>
>>> Nee. Jy is die hoender.
>>
>> Dit is nie nodig om beledigend te raak nie.
>>
>> Laat ek weer probeer verduidelik, en asseblief ek weet presies wat die
>> verskil tussen 'n handelsnaam en gebruikersnaam is.
>
> Nou gebruik dan jou kennis.
> Mielies is nie 'n unieke produk nie. Dis die plant se naam.
>
> (?spelling)
>> bedoel, as voorbeeld van hoe 'n handelsnaam (met behulp van goeie
>> marketing) in die volksmond verander het as 'n algemeen gebruikte
>> woord om 'n generiese produk aan te dui.
>>
>> My voorbeeld van maize (wat julle mielies is - waarskynlik 'n
>> onkundige taalvader wat nie die verskil tussen die inheemse millet en
>> uitheemse maïs erken het nie), en ja, natuurlik is dit nie 'n
>> handelsnaam nie, maar ter wille van die gesprek wat jy begin het om
>> koffie en tee as voorbeelde te gebruik van waarom handelsname van
>> ontslae geraak moet word.
>> Ook met 'n effense agenda om te probeer uitwys hoe slim "marketing",
>> vrye markte en globalisasie mense se leefwyse, denkwyse en kultuur in
>> Afrika verander het.
>> Soveel so, dat julle Africans almal vas oortuig is dat dit (mielies)
>> aan julle (Afrika) behoort.
>
> Ek het dit nie gese n ie en ek dink dit nie.
> En ek is ook 'n Afrikaan.
>
Re: Proteas [boodskap #103731 is 'n antwoord op boodskap #103711] Vr, 10 Junie 2005 09:18 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Ferdi Greyling  is tans af-lyn  Ferdi Greyling
Boodskappe: 1232
Geregistreer: Mei 2006
Karma: 0
Senior Lid
On Thu, 9 Jun 2005 09:37:49 -0400, "@rogers.com" wrote:

> "Ferdi Greyling skryf
>
>> Met ander woorde die Vrystaat sal die naam "verkoek" kan registreer.
>> Want dit is aan die streek verbonde ens ens.
>
> Kan jy asseblief die woord "verkoek" verduidelik.
>
> Gloudina

Wanneer deeg wat gerys het in die oond bak...??

Sorry. Tikfout. Moet eintlik "vetkoek" wees.
Re: Proteas [boodskap #103732 is 'n antwoord op boodskap #103717] Vr, 10 Junie 2005 09:20 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Ferdi Greyling  is tans af-lyn  Ferdi Greyling
Boodskappe: 1232
Geregistreer: Mei 2006
Karma: 0
Senior Lid
Kry iemand anders om te verduidelik. Ek het my bes gedoen.

On Thu, 09 Jun 2005 12:46:47 -0400, Katryn wrote:

> Ferdi Greyling skryf:
>
>
>> En my punt is dat jy dit nie verstaan nie. Die manier HOE oets gebruik
>> word tot dit 'n unieke eienskap het, is wat tel.
>
> Rondomtalie...round and round we go...yehaa...te lekker!
>
>> Druiwe kom van iewers. Die gewoonte om die sap te laat gis ook, maar
>> niemand claim die naam "wyn" of "wine" of whatever nie. Niemand claim
>> dat hulle die reg op die proses van wynmaak besit of kan besit nie.
>> Maar as wyn op 'n SEKERE MANIER gemaak word sodat dit 'n unieke
>> eienskap het wat aan die streek gekoppelo word, is dit anders.
>
> Mielies se oorsprong is Meksiko. Sonder om teveel tyd te mors met
> verduidelikings. Daardie mense het toentertyd eerste besef dat hulle
> hierdie nuwe gedomestikeerde plant ook kan fynmaal en gebruik soos wat
> hulle oerouers gedoen het met wortels en dalk selfs ander graantipes,
> ens.
> Dus was daar 'n unieke proses gebruik om 'n spesifieke graan te
> gebruik. Hierdie proses is toe eventueel aan die Afrikane
> bekendgestel, en die res is geskiedenis.
> Dus kwalifiseer my mais nogsteeds. 'n Graan wat op 'n SEKERE MANIER
> verwerk was, en wat unieke eienskappe gehad het wat aan die streek
> gekoppel was.
>
>> Dus: Die Oos-Afrikaners was die eeste wat koffie op daai manier
>> aangewend het en die spesifieke drankie gemaak het wat vandag koffie
>> is. Dieselfde met die Chinese en tee.
>
> En die mense van Meksiko (raai wie hulle was?), het hulle graan op 'n
> unieke manier aangewend en 'n spesifieke dis soortgelyk aan "pap"
> begin maak wat vandag mieliepap in Afrika genoem word.
>
>> Maak nie saak waar koffie gegroei word vandag nie. Of tee. Net soos
>> dit nie saak maak waar druiwe vandag gegroei word nie.
>
> Net soos dit nie saak maak waar die mielies vandag gegroei word nie.
>
>> Dit maak nie saak wie wat met koffie-bone doen nie - soos die nie saak
>> maak wie wat met druwe-sap maak nie.
>
> Dit maak nie saak wie wat met die mieliepitte doen nie.
>
>> Maar nie die naam mielies
>> nie. Dis die naam van die plant.
>
> Verkeerde naam, ja! Verkeerd. Die plant wat julle 'n mielie noem is
> nie 'n millet nie, maar 'n mais!! Spaanse oorsprong - regte naam is
> maíz, maar enige variasie na genoeg is ook okay. Net nie MIELIE nie.
>
>> Ek se dis tyd dat Afrika dieselfde doen met koffie en China dit doen
>> met tee want ek argumenteer dieselfde verryking is gedoen met die
>> bessie en die blare en die brou-proses sodat 'n unieke produk tot
>> stand gekom het wat eie aan 'n streek is.
>
> Net soos die mense van Sentraal Amerika gedoen het met mais. ja, net
> so...
> Dis nou as mens mieliepap "uniek" kan noem - yuck!
>
>> Ethiopië.

>> Dis mos was ek se.
>
> Nee, dit was toe toevallig NIE wat jy gesê het nie. Noord-Oos en Oos
> is nogal ietwat verskillend.
>
> Elkgeval, dankie vir die geleentheid om my Afrikaans weer bietjie te
> oefen vir 'n slag.
> Ek sien ongelukkig nie kans vir nog 'n rondte rondomtalie nie, dit is
> heeltemal te uitputtend. So, wat jy ookal te sê het, my antwoord sal
> dieselfde wees....JAAAAAA BOET...
>
Re: Proteas [boodskap #103733 is 'n antwoord op boodskap #103725] Vr, 10 Junie 2005 09:21 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Ferdi Greyling  is tans af-lyn  Ferdi Greyling
Boodskappe: 1232
Geregistreer: Mei 2006
Karma: 0
Senior Lid
On Fri, 10 Jun 2005 07:37:40 +0200, "Annette" wrote:

> Wat dan van " Rooibos" wat as " handelsnaam" aan 'n Amerikaner verkoop is?
> Rooibos is tog 'n unieke plant, en rooibostee is tog 'n unieke produk.
> Hoe kon so 'n transaksie dan in die eerste plek plaas gevind het?
> Is Rooibos nou Amerikaans?

Nee die eerste saak is verloor.
Re: Proteas [boodskap #103734 is 'n antwoord op boodskap #103716] Vr, 10 Junie 2005 09:21 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Ferdi Greyling  is tans af-lyn  Ferdi Greyling
Boodskappe: 1232
Geregistreer: Mei 2006
Karma: 0
Senior Lid
On Thu, 09 Jun 2005 12:21:09 -0400, Katryn wrote:

> Ferdi Greyling skryf:
>
>
>> En ek is ook 'n Afrikaan.
>
> Ja, ek het dit nogal vermoed.
> Hoop JY is ten minste trots daarop om 'n Afrikaan te wees?

Ja ek is. Is trots om 'n bobbeyankee te wees?
Re: Proteas [boodskap #103735 is 'n antwoord op boodskap #103724] Vr, 10 Junie 2005 09:24 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Ferdi Greyling  is tans af-lyn  Ferdi Greyling
Boodskappe: 1232
Geregistreer: Mei 2006
Karma: 0
Senior Lid
On Thu, 09 Jun 2005 21:50:48 -0400, Katryn wrote:

>> As jou pa se mense al eeue hier in die VSA is, stam jou pa
>> dus óf van Europeërs
>
> Europeër. Frankryk.

Dis beswaarlik "eeue".....
Re: Proteas [boodskap #103740 is 'n antwoord op boodskap #103725] Vr, 10 Junie 2005 11:14 Na vorige boodskapNa vorige boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Annette" skryf

> Wat dan van " Rooibos" wat as " handelsnaam" aan 'n Amerikaner verkoop is?
> Rooibos is tog 'n unieke plant, en rooibostee is tog 'n unieke produk.
> Hoe kon so 'n transaksie dan in die eerste plek plaas gevind het?
> Is Rooibos nou Amerikaans?

Ons kan al vir 'n hele rukkie in ons naaste "health
food store" vier of vyf verskillende soorte rooibos-
tee koop ( insluitende organies). Gister merk ek op
dat daar ook nou twee soorte rooibostee beskikbaar
is by die groot kruidenierswinkel waar ons meestal
ons kruideniersware koop. Ek vra nou al lankal :
as rooibostee net op so 'n klein area van SA gevind
word, hoe is dit dan nou dat die hele wêreld skielik
rooibostee kan koop. Baie mense rondom my drink
nou gereeld rooibostee, nie altyd omdat ek vir hulle
daarop attent gemaak het nie.
Ek sien dat die laaste wat ek in die kruidenierswinkel
gekoop het, in Montreal verpak is. Dit is dus nie uit
die VSA nie.

Gloudina
Vorige onderwerp: Re: The Plot to Kill Mugabe - Episode 1
Volgende onderwerp: Uitspraakdag
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Mei 18 22:36:23 MGT 2024