Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Herkouende leeu
Herkouende leeu [boodskap #103512] Di, 31 Mei 2005 21:22 na volgende boodskap
DD  is tans af-lyn  DD
Boodskappe: 1166
Geregistreer: Junie 2003
Karma: 0
Senior Lid
Hallo

Ek is vanaand terug by die huis na uiters 'n dringende
rit na Gaueteng met slegs ure om reëlings te tref.
Darem het ek geleentheid gehad om vyf sekondes
af te knyp om (regtig 5 sekondes, vra hom maar)
vir Francois hallo te sê oor sy toonbank.

Wie van julle het 3rd Degree gekyk? Die
mooi meisie se onderhoud met Allan Heyl. die wel ter tale
eks bankrower?

Die eerste bankroof wat hy gepleeg het, was omdat hy
in 'n finansiële verknorsing was.
Tydens die onderhoud vra sy aan hom of hy nie weer, as hy
geldelik vasbrand, banke sal beroof nie.
Sy antwoord aan haar was dat Allan Heyl wat weer 'n bank beroof,
gelykstaande is aan 'n leeu wat gras vreet.

Ek het gesit en kyk hoe die leeumannetjie gras vreet,
en het heelwat meer fotos hiervan.
Miskien het hy sooibrand gehad,
en miskien moet ek die foto vir Alan Heyl, of 3rd Degree stuur.
http://home.intekom.com/davesplace/1/herkouendeleeu6059.jpg

Dave
Re: Herkouende leeu [boodskap #103515 is 'n antwoord op boodskap #103512] Wo, 01 Junie 2005 07:07 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Deneile  is tans af-lyn  Deneile
Boodskappe: 202
Geregistreer: Julie 2006
Karma: 0
Senior Lid
So jy weet van die tronk lewe Jonas en dat die planne in die tronk beraam
word, wanneer het jy dan "gebad" en wat was jou vonnis?

"Jonas" skryf in boodskap news:d7jgen$acq$1@ctb-nnrp2.saix.net...
> Hi DD - jy verwoord my siening.
> Die meeste misdade word in die tronke beplan - hou hierdie spasie dop....
>
Re: Herkouende leeu [boodskap #103517 is 'n antwoord op boodskap #103515] Wo, 01 Junie 2005 11:05 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Deneile" skryf

> So jy weet van die tronk lewe

Doen vir julself 'n guns en lees Herman Charles
Bosman se tronkstories.
Bosman het mos per ongeluk sy stiefbroer
doodgeskiet en is vir vier jaar tronk toe. Dit
kon nou nie met 'n beter persoon gebeur het
dat hy in die tronk beland het nie. Want
hoeveel skrywers van wêreldgehalte kom
nou te lande in dié situasie, en kan dan
outentiek daaroor skryf. Dink nou wat
Langenhoven sou kon doen as hy in die
tronk beland het.
Mens onthou natuurlik die Russiese
skrywers oor die gulag.

Gloudina
Re: Herkouende leeu [boodskap #103524 is 'n antwoord op boodskap #103512] Wo, 01 Junie 2005 13:29 Na vorige boodskapna volgende boodskap
PietR  is tans af-lyn  PietR
Boodskappe: 3341
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
Is dit van banggeit vir die dieretuin-leeu dat jou foto so uit fokus is?
Dit is bekend vir meeste vleisvreters om van tyd tot tyd gras en plante
[wortels] te eet veral as hulle maag ontsteld is. Seker van al die
donkievleis vreet dat dié ou nie te lekker gevoel het nie? Hy lyk nie vir
my te gesond nie.

"DD" skryf in boodskap news:3ikp91phe85ectas457vf7j3uhd4crgna4@4ax.com...
>
> Hallo
>
> Ek is vanaand terug by die huis na uiters 'n dringende
> rit na Gaueteng met slegs ure om reëlings te tref.
> Darem het ek geleentheid gehad om vyf sekondes
> af te knyp om (regtig 5 sekondes, vra hom maar)
> vir Francois hallo te sê oor sy toonbank.
>
> Wie van julle het 3rd Degree gekyk? Die
> mooi meisie se onderhoud met Allan Heyl. die wel ter tale
> eks bankrower?
>
> Die eerste bankroof wat hy gepleeg het, was omdat hy
> in 'n finansiële verknorsing was.
> Tydens die onderhoud vra sy aan hom of hy nie weer, as hy
> geldelik vasbrand, banke sal beroof nie.
> Sy antwoord aan haar was dat Allan Heyl wat weer 'n bank beroof,
> gelykstaande is aan 'n leeu wat gras vreet.
>
> Ek het gesit en kyk hoe die leeumannetjie gras vreet,
> en het heelwat meer fotos hiervan.
> Miskien het hy sooibrand gehad,
> en miskien moet ek die foto vir Alan Heyl, of 3rd Degree stuur.
> http://home.intekom.com/davesplace/1/herkouendeleeu6059.jpg
>
> Dave
>
Re: Herkouende leeu [boodskap #103527 is 'n antwoord op boodskap #103512] Wo, 01 Junie 2005 14:18 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Vusi  is tans af-lyn  Vusi
Boodskappe: 2212
Geregistreer: Februarie 2001
Karma: 0
Senior Lid
Hi DD - jy verwoord my siening.
Die meeste misdade word in die tronke beplan - hou hierdie spasie dop....
Re: Herkouende leeu [boodskap #103531 is 'n antwoord op boodskap #103524] Wo, 01 Junie 2005 18:47 Na vorige boodskapna volgende boodskap
DD  is tans af-lyn  DD
Boodskappe: 1166
Geregistreer: Junie 2003
Karma: 0
Senior Lid
On Wed, 1 Jun 2005 15:29:21 +0200, "Suidwester" wrote:

> Is dit van banggeit vir die dieretuin-leeu dat jou foto so uit fokus is?
> Dit is bekend vir meeste vleisvreters om van tyd tot tyd gras en plante
> [wortels] te eet veral as hulle maag ontsteld is. Seker van al die
> donkievleis vreet dat dié ou nie te lekker gevoel het nie? Hy lyk nie vir
> my te gesond nie.

Al jou raaiskote is verkeerd. Dit is eerstens nie 'n dieretuinleeu
nie, en tweedens het ek vir jou gesê om jou monitor te kallibreer.
Voorts word die leeu, en die ander sowat ses of sewe leeus saam met
hom, nie donkievleis nie, maar ordentlike hompe van dieselfde vleis
as op ons tafels en selfs duurder snitte, gevoer. Nie kole gebraai nie
maar rou. Die ander (baie groter) leeupark waarheen ek dikwels vir
'n ete by hul restuarant gaan, kry ook van die beste vleis, waarvan
die datum verkooptyd verby is. Vleis word aan die leeuparke gratis
voorsien en dit is vir die verpooksentra 'n verligting dat hulle 'n
afsetgebied daarvoor het.

Brian Boswell se plaas is sowat 75 kilos van waar ek woon,
en somtyds kom ek daar. Dit is waar ek die foto geneem
het. Ek het na een van die leeumannetjies op sy plaas gekyk
en gedink dat dit 'n ou mannetjie is, tot hy met 'n gebrul
wat oor die berge gedreun het, die ander mannetjies weggejaag het,
en 'n wyfie daana saggies op haar lippe gesoen, en toe om een of ander
rede, seker speels, op haar rug begin ry het.

Die grasvretery ken ek ook. Dit is waarom ek ook dadelik
na die foto gaan soek het.

DD
Re: Herkouende leeu [boodskap #103532 is 'n antwoord op boodskap #103527] Wo, 01 Junie 2005 18:49 Na vorige boodskapna volgende boodskap
DD  is tans af-lyn  DD
Boodskappe: 1166
Geregistreer: Junie 2003
Karma: 0
Senior Lid
On Wed, 1 Jun 2005 07:18:30 -0700, "Jonas" wrote:

> Hi DD - jy verwoord my siening.
> Die meeste misdade word in die tronke beplan - hou hierdie spasie dop....
>

Allan Heyl is uit die tronk gered vir die daaropvolgende rooftogte,
Jonas. Begin jy na die vensters kyk?

DD
Re: Herkouende leeu [boodskap #103535 is 'n antwoord op boodskap #103512] Wo, 01 Junie 2005 20:22 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Francois Human  is tans af-lyn  Francois Human
Boodskappe: 360
Geregistreer: April 2006
Karma: 0
Senior Lid
Daai vinnige "hallo" sê is altyd welkom ou Duif

Ek is seker naief, maar ek is geneig om ouens wat na my toe kom en beduie
hulle het verander, 'n kans te gee om dit te bewys. Slegs my eks-vrou kon
dit sover nog nie bewys nie.....

"DD" skryf in boodskap news:3ikp91phe85ectas457vf7j3uhd4crgna4@4ax.com...
>
> Hallo
>
> Ek is vanaand terug by die huis na uiters 'n dringende
> rit na Gaueteng met slegs ure om reëlings te tref.
> Darem het ek geleentheid gehad om vyf sekondes
> af te knyp om (regtig 5 sekondes, vra hom maar)
> vir Francois hallo te sê oor sy toonbank.
>
> Wie van julle het 3rd Degree gekyk? Die
> mooi meisie se onderhoud met Allan Heyl. die wel ter tale
> eks bankrower?
>
> Die eerste bankroof wat hy gepleeg het, was omdat hy
> in 'n finansiële verknorsing was.
> Tydens die onderhoud vra sy aan hom of hy nie weer, as hy
> geldelik vasbrand, banke sal beroof nie.
> Sy antwoord aan haar was dat Allan Heyl wat weer 'n bank beroof,
> gelykstaande is aan 'n leeu wat gras vreet.
>
> Ek het gesit en kyk hoe die leeumannetjie gras vreet,
> en het heelwat meer fotos hiervan.
> Miskien het hy sooibrand gehad,
> en miskien moet ek die foto vir Alan Heyl, of 3rd Degree stuur.
> http://home.intekom.com/davesplace/1/herkouendeleeu6059.jpg
>
> Dave
>
Re: Herkouende leeu [boodskap #103536 is 'n antwoord op boodskap #103535] Wo, 01 Junie 2005 20:32 Na vorige boodskapna volgende boodskap
DD  is tans af-lyn  DD
Boodskappe: 1166
Geregistreer: Junie 2003
Karma: 0
Senior Lid
On Wed, 1 Jun 2005 22:22:32 +0200, "Francois Human"
wrote:

> Daai vinnige "hallo" sê is altyd welkom ou Duif
>
> Ek is seker naief, maar ek is geneig om ouens wat na my toe kom en beduie
> hulle het verander, 'n kans te gee om dit te bewys. Slegs my eks-vrou kon
> dit sover nog nie bewys nie.....
>

lol... so jou eks-vrou se smaak is steeds veranderd, Francois:-)

Duif
Re: Herkouende leeu [boodskap #103537 is 'n antwoord op boodskap #103536] Wo, 01 Junie 2005 20:51 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Francois Human  is tans af-lyn  Francois Human
Boodskappe: 360
Geregistreer: April 2006
Karma: 0
Senior Lid
Liewe donner

Ek hoop haar smaak sluit my nooit weer in nie....

"DD" skryf in boodskap news:3o6s91l1b76787kgh8hbblof32ttmivkco@4ax.com...
> On Wed, 1 Jun 2005 22:22:32 +0200, "Francois Human"
> wrote:
>
>> Daai vinnige "hallo" sê is altyd welkom ou Duif

>> Ek is seker naief, maar ek is geneig om ouens wat na my toe kom en beduie
>> hulle het verander, 'n kans te gee om dit te bewys. Slegs my eks-vrou kon
>> dit sover nog nie bewys nie.....

>
>
> lol... so jou eks-vrou se smaak is steeds veranderd, Francois:-)
>
> Duif
>
Re: Herkouende leeu [boodskap #103544 is 'n antwoord op boodskap #103531] Do, 02 Junie 2005 06:49 Na vorige boodskapna volgende boodskap
PietR  is tans af-lyn  PietR
Boodskappe: 3341
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
"DD" skryf in boodskap news:1nvr919o7sv21sv142msdqu339e12llt2c@4ax.com...
> On Wed, 1 Jun 2005 15:29:21 +0200, "Suidwester"
>
> Al jou raaiskote is verkeerd. Dit is eerstens nie 'n dieretuinleeu
> nie, en tweedens het ek vir jou gesê om jou monitor te kallibreer.
---Daar's niks verkeerd met my monitor nie, maar wel met jou kamera wat
gefokus het op die gras en nie die leeu nie. As jy 'n dier afneem dan
fokus jy op sy oog.

> Voorts word die leeu, en die ander sowat ses of sewe leeus saam met
> hom, nie donkievleis nie, maar ordentlike hompe van dieselfde vleis
> as op ons tafels en selfs duurder snitte, gevoer.
----Daar's niks verkeerd met donkievleis nie! Weet jy dat die polonies en
worse wat ons eet hoofsaaklik perde en donkievleis in het? Die Franse vrek
oor perdevleis en hier by ons kan jy 'n Damara se siel kry vir 'n lekker
stuk donkievleis. En 'n leeu? Wel ja, as jy leeus in die natuur geken
het [in 'n kamp naby 'n restaurant of op 'n plaas met 'n leeukamp
kwalifiseer definitief nie vir 'n wilde leeu nie!] sal jy weet dat hulle
vang maar te graag donkie. Donkievleis vir die mens is ook beter as
beesvleis byvoorbeeld, as dit net nie so taai was en 'n wilde reuk gehad het
nie. Minder cholesterol, sien.

Die ander (baie groter) leeupark waarheen ek dikwels vir
> 'n ete by hul restuarant gaan, kry ook van die beste vleis, waarvan
> die datum verkooptyd verby is. Vleis word aan die leeuparke gratis
> voorsien en dit is vir die verpooksentra 'n verligting dat hulle 'n
> afsetgebied daarvoor het.
----En jy dink restaurantvleis is beter as die vleis wat 'n leeu vang op die
hoef in die veld? Arme goed, word in 'n kamp aangehou om mense te vermaak
wat dink hulle doen hulle 'n guns om vir hulle die 'beste' vleis te gee.
Ek neem aan jy het ook geen probleem met 'canned hunting' nie? Dan kan jy
sommer by die restauranttafel sit en jou leeu sommer so tussen die derde en
vierde byt skiet? Jeeaaagh, man!
>
> Brian Boswell se plaas is sowat 75 kilos van waar ek woon,
> en somtyds kom ek daar. Dit is waar ek die foto geneem
> het. Ek het na een van die leeumannetjies op sy plaas gekyk
> en gedink dat dit 'n ou mannetjie is, tot hy met 'n gebrul
> wat oor die berge gedreun het, die ander mannetjies weggejaag het,
> en 'n wyfie daana saggies op haar lippe gesoen, en toe om een of ander
> rede, seker speels, op haar rug begin ry het.
----Jy ken menslike optrede aan diere toe, wat nie die werklikheid is nie.
Vir mak diere dalk, wilde diere nee.
>
Re: Herkouende leeu [boodskap #103545 is 'n antwoord op boodskap #103544] Do, 02 Junie 2005 07:27 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Gister op Sê Wie praat hulle van jag.
Nou - ek sou miskien nog 'n bietjie simpatie vir die jagters gehad het as
hulle van die kamp af geloop het, hul eie geweer gedra het, en die dier wat
hulle uiteindelik plattrek, self terug kamp toe dra.
Dan sou daar baie minder wild en wakker gejag gewees het.
--
Groetnis
Annette

"Suidwester" skryf in boodskap news:3pCdnRa6tau3MQPfRVn-sQ@is.co.za...
>
> "DD" wrote in message
> news:1nvr919o7sv21sv142msdqu339e12llt2c@4ax.com...
>> On Wed, 1 Jun 2005 15:29:21 +0200, "Suidwester"
>>
>> Al jou raaiskote is verkeerd. Dit is eerstens nie 'n dieretuinleeu
>> nie, en tweedens het ek vir jou gesê om jou monitor te kallibreer.
> ---Daar's niks verkeerd met my monitor nie, maar wel met jou kamera wat
> gefokus het op die gras en nie die leeu nie. As jy 'n dier afneem dan
> fokus jy op sy oog.
>
>> Voorts word die leeu, en die ander sowat ses of sewe leeus saam met
>> hom, nie donkievleis nie, maar ordentlike hompe van dieselfde vleis
>> as op ons tafels en selfs duurder snitte, gevoer.
> ----Daar's niks verkeerd met donkievleis nie! Weet jy dat die polonies en
> worse wat ons eet hoofsaaklik perde en donkievleis in het? Die Franse vrek
> oor perdevleis en hier by ons kan jy 'n Damara se siel kry vir 'n lekker
> stuk donkievleis. En 'n leeu? Wel ja, as jy leeus in die natuur geken
> het [in 'n kamp naby 'n restaurant of op 'n plaas met 'n leeukamp
> kwalifiseer definitief nie vir 'n wilde leeu nie!] sal jy weet dat hulle
> vang maar te graag donkie. Donkievleis vir die mens is ook beter as
> beesvleis byvoorbeeld, as dit net nie so taai was en 'n wilde reuk gehad het
> nie. Minder cholesterol, sien.
>
> Die ander (baie groter) leeupark waarheen ek dikwels vir
>> 'n ete by hul restuarant gaan, kry ook van die beste vleis, waarvan
>> die datum verkooptyd verby is. Vleis word aan die leeuparke gratis
>> voorsien en dit is vir die verpooksentra 'n verligting dat hulle 'n
>> afsetgebied daarvoor het.
> ----En jy dink restaurantvleis is beter as die vleis wat 'n leeu vang op die
> hoef in die veld? Arme goed, word in 'n kamp aangehou om mense te vermaak
> wat dink hulle doen hulle 'n guns om vir hulle die 'beste' vleis te gee.
> Ek neem aan jy het ook geen probleem met 'canned hunting' nie? Dan kan jy
> sommer by die restauranttafel sit en jou leeu sommer so tussen die derde en
> vierde byt skiet? Jeeaaagh, man!
>>
>> Brian Boswell se plaas is sowat 75 kilos van waar ek woon,
>> en somtyds kom ek daar. Dit is waar ek die foto geneem
>> het. Ek het na een van die leeumannetjies op sy plaas gekyk
>> en gedink dat dit 'n ou mannetjie is, tot hy met 'n gebrul
>> wat oor die berge gedreun het, die ander mannetjies weggejaag het,
>> en 'n wyfie daana saggies op haar lippe gesoen, en toe om een of ander
>> rede, seker speels, op haar rug begin ry het.
> ----Jy ken menslike optrede aan diere toe, wat nie die werklikheid is nie.
> Vir mak diere dalk, wilde diere nee.
>>
>
Re: Herkouende leeu [boodskap #103546 is 'n antwoord op boodskap #103544] Do, 02 Junie 2005 07:45 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Deneile  is tans af-lyn  Deneile
Boodskappe: 202
Geregistreer: Julie 2006
Karma: 0
Senior Lid
Gepraat van vleis van hoogstande gehalte....ek dink die regte wilde bos
diere soos oom leeu en oom tier en Louis die Bosveld Leeu wat donkies vreet
se vleis is ver beter as wat ons by Woolies of by hoek slaghuis koop. Die
bees, vark, hoendervleis ens het wat ons oor die toonbank koop het so 'n
klomp k�mmiekils in hul fondament op. K�mmiekils vir die behandeling vir
siektes, en nog 'n hoop ander k�mmiekils in hul voere en water, so baie van
die k�mmiekils beland binne onsself. Dieselfde geld vir ons groente en
vrugte. So koning leeu se wilds vleis is regte konings kos.

Maar een keer op 50/50 het hulle gewys 'n leeu het 'n oukie van Zim
opgevreet wat deur die Kruger park geloop het, en die ranger moes met sy 4x4
oor die karkas parkeer net sodat die leeus kon ophou vreet. Die hele trop
leeus moes daarna inspuitings kry vir, hondsdolheid, bek en klouseer en
klem-in-die kaak!

"Suidwester" skryf in boodskap news:3pCdnRa6tau3MQPfRVn-sQ@is.co.za...
>
> "DD" wrote in message
> news:1nvr919o7sv21sv142msdqu339e12llt2c@4ax.com...
>> On Wed, 1 Jun 2005 15:29:21 +0200, "Suidwester"

>> Al jou raaiskote is verkeerd. Dit is eerstens nie 'n dieretuinleeu
>> nie, en tweedens het ek vir jou gesê om jou monitor te kallibreer.
> ---Daar's niks verkeerd met my monitor nie, maar wel met jou kamera wat
> gefokus het op die gras en nie die leeu nie. As jy 'n dier afneem dan
> fokus jy op sy oog.
>
>> Voorts word die leeu, en die ander sowat ses of sewe leeus saam met
>> hom, nie donkievleis nie, maar ordentlike hompe van dieselfde vleis
>> as op ons tafels en selfs duurder snitte, gevoer.
> ----Daar's niks verkeerd met donkievleis nie! Weet jy dat die polonies
> en worse wat ons eet hoofsaaklik perde en donkievleis in het? Die Franse
> vrek oor perdevleis en hier by ons kan jy 'n Damara se siel kry vir 'n
> lekker stuk donkievleis. En 'n leeu? Wel ja, as jy leeus in die natuur
> geken het [in 'n kamp naby 'n restaurant of op 'n plaas met 'n leeukamp
> kwalifiseer definitief nie vir 'n wilde leeu nie!] sal jy weet dat hulle
> vang maar te graag donkie. Donkievleis vir die mens is ook beter as
> beesvleis byvoorbeeld, as dit net nie so taai was en 'n wilde reuk gehad
> het nie. Minder cholesterol, sien.
>
> Die ander (baie groter) leeupark waarheen ek dikwels vir
>> 'n ete by hul restuarant gaan, kry ook van die beste vleis, waarvan
>> die datum verkooptyd verby is. Vleis word aan die leeuparke gratis
>> voorsien en dit is vir die verpooksentra 'n verligting dat hulle 'n
>> afsetgebied daarvoor het.
> ----En jy dink restaurantvleis is beter as die vleis wat 'n leeu vang op
> die hoef in die veld? Arme goed, word in 'n kamp aangehou om mense te
> vermaak wat dink hulle doen hulle 'n guns om vir hulle die 'beste' vleis
> te gee. Ek neem aan jy het ook geen probleem met 'canned hunting' nie?
> Dan kan jy sommer by die restauranttafel sit en jou leeu sommer so tussen
> die derde en vierde byt skiet? Jeeaaagh, man!

>> Brian Boswell se plaas is sowat 75 kilos van waar ek woon,
>> en somtyds kom ek daar. Dit is waar ek die foto geneem
>> het. Ek het na een van die leeumannetjies op sy plaas gekyk
>> en gedink dat dit 'n ou mannetjie is, tot hy met 'n gebrul
>> wat oor die berge gedreun het, die ander mannetjies weggejaag het,
>> en 'n wyfie daana saggies op haar lippe gesoen, en toe om een of ander
>> rede, seker speels, op haar rug begin ry het.
> ----Jy ken menslike optrede aan diere toe, wat nie die werklikheid is nie.
> Vir mak diere dalk, wilde diere nee.

>
Re: Herkouende leeu [boodskap #103547 is 'n antwoord op boodskap #103545] Do, 02 Junie 2005 07:54 Na vorige boodskapna volgende boodskap
PietR  is tans af-lyn  PietR
Boodskappe: 3341
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
Hierdie is 'n onderwerp waaroor groot vruis geswaai is. Dit is moeilik om
te bepaal wie nou eintlik reg en wie verkeerd is. Dit moet aaklig wees om
te sien hoe word 'n 'geblikte leeu' in 'n hok doodgeskiet en ek het my eie
opinie van die soort van lafaard wat so iets sal doen en toelaat, maar aan
die anderkant is daar die eienaar van die leeu wat dit gekoop, grootgemaak
het en dit nou verkoop.....en toelaat dat die dier uitgesit word deur dit in
'n hok dood te skiet deur 'n lafaard wat nie die moed het om die dier in die
oop veld te konfronteer nie.
Die groot vraag is natuurlik of die boer geregtig is om dit te doen?
As hy nie is nie, wat dan van 'gewone' wild soos koedoes, rooibokke, ens?
Die koop hy ook aan, maak dit mooi groot en vet en laat jag dit in die veld.
In vele gevalle word die bokke in 'n klein kampie aangehou en die bokke half
aangejaag sodat die 'jagter' sommer so van die bakkie of uit 'n skietstoel
sy bok looi. Dit klink immoreel, maar dan weer die bokke is aangehou deur
die boer spesiaal vir hierdie doel en dis dalk beter om die skieter [nie
jagter nie!] die bes moontlike kans te gee om 'n doodskoot te gee ipv om 'n
dier te kwes omdat hy nie in staat is om werklik 'n behoorlike jagter te
wees nie.
Ons hier in Namibië is dalk bederf met die groot plase en baie wild,
maar dis vir my altyd tragies om veral die groot vyf in hokke en klein
kampies te sien om die mense te vermaak. Wat kan mooier wees as 'n groot
Kalahari-maanhaar wat met sonsopkoms staan en brul dat die stoom so staan?
Agter hom kom die sonnetjie net so deur die kameeldoringbome.....ai, waar's
my kamera?

"Annette" skryf in boodskap news:d7mchb$82$1@ctb-nnrp2.saix.net...
> Gister op Sê Wie praat hulle van jag.
> Nou - ek sou miskien nog 'n bietjie simpatie vir die jagters gehad het as
> hulle van die kamp af geloop het, hul eie geweer gedra het, en die dier
> wat
> hulle uiteindelik plattrek, self terug kamp toe dra.
> Dan sou daar baie minder wild en wakker gejag gewees het.
> --
> Groetnis
> Annette
> "Suidwester" wrote in message
> news:3pCdnRa6tau3MQPfRVn-sQ@is.co.za...
Re: Herkouende leeu [boodskap #103559 is 'n antwoord op boodskap #103546] Do, 02 Junie 2005 10:36 Na vorige boodskapna volgende boodskap
PietR  is tans af-lyn  PietR
Boodskappe: 3341
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
Jy's reg! As die spul stadsmense moet weet wat alles in die diere se mae
ingaan wat vet gevoer word om markgereed te wees, dan sal hulle meer
versigtig vleis koop. Vleis se gehalte is ook baie, baie afhanklik van die
veld waarop hy loop. Met daai besoedelde water van die riviere in baie
dele van die RSA wat as publieke toilette gebruik word, weet ek darem nie so
lekker van die diere wat ook daai water gebruik nie. Maar hoekom sal die
stadsmense kla daaroor in elk geval. Hulle is passiewe rokers, die hele
spul van hulle met daai besoedelde lug wat so 'n kombers oor die stad maak.
Wat is so 'n bietjie vrot vleis ook nog? Drink 'n pil of 'n dop, man!

"Deneile" skryf in boodskap news:d7mdf0$2et$1@ctb-nnrp2.saix.net...
> Gepraat van vleis van hoogstande gehalte....ek dink die regte wilde bos
> diere soos oom leeu en oom tier en Louis die Bosveld Leeu wat donkies
> vreet se vleis is ver beter as wat ons by Woolies of by hoek slaghuis
> koop. Die bees, vark, hoendervleis ens het wat ons oor die toonbank koop
> het so 'n klomp k�mmiekils in hul fondament op. K�mmiekils vir die
> behandeling vir siektes, en nog 'n hoop ander k�mmiekils in hul voere en
> water, so baie van die k�mmiekils beland binne onsself. Dieselfde geld vir
> ons groente en vrugte. So koning leeu se wilds vleis is regte konings
> kos.
>
> Maar een keer op 50/50 het hulle gewys 'n leeu het 'n oukie van Zim
> opgevreet wat deur die Kruger park geloop het, en die ranger moes met sy
> 4x4 oor die karkas parkeer net sodat die leeus kon ophou vreet. Die hele
> trop leeus moes daarna inspuitings kry vir, hondsdolheid, bek en klouseer
> en klem-in-die kaak!
>
>
> "Suidwester" wrote in message
> news:3pCdnRa6tau3MQPfRVn-sQ@is.co.za...

>> "DD" wrote in message
>> news:1nvr919o7sv21sv142msdqu339e12llt2c@4ax.com...
>>> On Wed, 1 Jun 2005 15:29:21 +0200, "Suidwester"
>
>>> Al jou raaiskote is verkeerd. Dit is eerstens nie 'n dieretuinleeu
>>> nie, en tweedens het ek vir jou gesê om jou monitor te kallibreer.
>> ---Daar's niks verkeerd met my monitor nie, maar wel met jou kamera wat
>> gefokus het op die gras en nie die leeu nie. As jy 'n dier afneem dan
>> fokus jy op sy oog.

>>> Voorts word die leeu, en die ander sowat ses of sewe leeus saam met
>>> hom, nie donkievleis nie, maar ordentlike hompe van dieselfde vleis
>>> as op ons tafels en selfs duurder snitte, gevoer.
>> ----Daar's niks verkeerd met donkievleis nie! Weet jy dat die polonies
>> en worse wat ons eet hoofsaaklik perde en donkievleis in het? Die
>> Franse vrek oor perdevleis en hier by ons kan jy 'n Damara se siel kry
>> vir 'n lekker stuk donkievleis. En 'n leeu? Wel ja, as jy leeus in
>> die natuur geken het [in 'n kamp naby 'n restaurant of op 'n plaas met 'n
>> leeukamp kwalifiseer definitief nie vir 'n wilde leeu nie!] sal jy weet
>> dat hulle vang maar te graag donkie. Donkievleis vir die mens is ook
>> beter as beesvleis byvoorbeeld, as dit net nie so taai was en 'n wilde
>> reuk gehad het nie. Minder cholesterol, sien.

>> Die ander (baie groter) leeupark waarheen ek dikwels vir
>>> 'n ete by hul restuarant gaan, kry ook van die beste vleis, waarvan
>>> die datum verkooptyd verby is. Vleis word aan die leeuparke gratis
>>> voorsien en dit is vir die verpooksentra 'n verligting dat hulle 'n
>>> afsetgebied daarvoor het.
>> ----En jy dink restaurantvleis is beter as die vleis wat 'n leeu vang op
>> die hoef in die veld? Arme goed, word in 'n kamp aangehou om mense te
>> vermaak wat dink hulle doen hulle 'n guns om vir hulle die 'beste' vleis
>> te gee. Ek neem aan jy het ook geen probleem met 'canned hunting' nie?
>> Dan kan jy sommer by die restauranttafel sit en jou leeu sommer so tussen
>> die derde en vierde byt skiet? Jeeaaagh, man!
>
>>> Brian Boswell se plaas is sowat 75 kilos van waar ek woon,
>>> en somtyds kom ek daar. Dit is waar ek die foto geneem
>>> het. Ek het na een van die leeumannetjies op sy plaas gekyk
>>> en gedink dat dit 'n ou mannetjie is, tot hy met 'n gebrul
>>> wat oor die berge gedreun het, die ander mannetjies weggejaag het,
>>> en 'n wyfie daana saggies op haar lippe gesoen, en toe om een of ander
>>> rede, seker speels, op haar rug begin ry het.
>> ----Jy ken menslike optrede aan diere toe, wat nie die werklikheid is
>> nie. Vir mak diere dalk, wilde diere nee.
>


>
Re: Herkouende leeu [boodskap #103562 is 'n antwoord op boodskap #103547] Do, 02 Junie 2005 11:18 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Suidwester" skryf
.
> Die groot vraag is natuurlik of die boer geregtig is om dit te doen?
> As hy nie is nie, wat dan van 'gewone' wild soos koedoes, rooibokke, ens?
> Die koop hy ook aan

En dan kla jy nou oor mense in die noordelike halfrond
wat op die ys uitgaan en robbe jag. Tweegesig.

Gloudina
Re: Herkouende leeu [boodskap #103565 is 'n antwoord op boodskap #103562] Do, 02 Junie 2005 13:38 Na vorige boodskapna volgende boodskap
PietR  is tans af-lyn  PietR
Boodskappe: 3341
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
Tante, as jy net wil kak praat om jou stem te hoor , doen dit. Ek praat
van jag op diere op jagplase en grond in privaatbesit. Jy praat van klein
wilde robbe wat met knuppels vrekgeslaan word vir die pelse en bulle wat
geskiet word hoofsaaklik vir die gedroogde penisse om die siek eetlus en
jagslus van die Chinese te voed. Ek tweegesig? Jy's immoreel.....maar
die weet ons darem mos nou al lankal?

"@rogers.com" skryf in boodskap news:t46dnfqcW4SjdAPfRVn-qQ@rogers.com...
>
> "Suidwester" skryf
> .
>> Die groot vraag is natuurlik of die boer geregtig is om dit te doen?
>> As hy nie is nie, wat dan van 'gewone' wild soos koedoes, rooibokke, ens?
>> Die koop hy ook aan
>
> En dan kla jy nou oor mense in die noordelike halfrond
> wat op die ys uitgaan en robbe jag. Tweegesig.
>
> Gloudina
>
Re: Herkouende leeu [boodskap #103573 is 'n antwoord op boodskap #103544] Do, 02 Junie 2005 18:42 Na vorige boodskapna volgende boodskap
DD  is tans af-lyn  DD
Boodskappe: 1166
Geregistreer: Junie 2003
Karma: 0
Senior Lid
On Thu, 2 Jun 2005 08:49:24 +0200, "Suidwester" wrote:

>
> "DD" wrote in message
> news:1nvr919o7sv21sv142msdqu339e12llt2c@4ax.com...
>> On Wed, 1 Jun 2005 15:29:21 +0200, "Suidwester"

>> Al jou raaiskote is verkeerd. Dit is eerstens nie 'n dieretuinleeu
>> nie, en tweedens het ek vir jou gesê om jou monitor te kallibreer.
> ---Daar's niks verkeerd met my monitor nie, maar wel met jou kamera wat
> gefokus het op die gras en nie die leeu nie. As jy 'n dier afneem dan
> fokus jy op sy oog.

Ek het nou gekyk hoe lank dit my neem om die fokus te verskyf na die
leeu alleen. 8:19 begin, en 8:21 het ek twee ekstra fotos gehad met
verskillende blur's op die agtergrond. Want ek is 'n spesialis.
Dit is uitgevee, want ek verkies my foto soos dit is. Buitendien is
dit 'n foto vir die argiewe. Dit is nie 'n foto waaraan ek sal werk
nie want ek het gigabytes (werklik) fotos van wild.

************************************************************ *****
************************************************************ *****
Ek:
> Ek het na een van die leeumannetjies op sy plaas gekyk
>> en gedink dat dit 'n ou mannetjie is, tot hy met 'n gebrul
>> wat oor die berge gedreun het, die ander mannetjies weggejaag het,
>> en 'n wyfie daana saggies op haar lippe gesoen, en toe om een of ander
>> rede, seker speels, op haar rug begin ry het.

Suidwester:
>>>> ----Jy ken menslike optrede aan diere toe, wat nie die werklikheid is nie.
>>>> Vir mak diere dalk, wilde diere nee.

>

die res van die groep kan lees wat ek hier geskryf het
en jou reaksie daarop. En tot hul eie gevolgtrekking kom.

************************************************************ ********
************************************************************ ********
Re: Herkouende leeu [boodskap #103574 is 'n antwoord op boodskap #103565] Do, 02 Junie 2005 19:04 Na vorige boodskapna volgende boodskap
DD  is tans af-lyn  DD
Boodskappe: 1166
Geregistreer: Junie 2003
Karma: 0
Senior Lid
On Thu, 2 Jun 2005 15:38:55 +0200, "Suidwester" wrote:

> Tante, as jy net wil kak praat om jou stem te hoor , doen dit. Ek praat
> van jag op diere op jagplase en grond in privaatbesit. Jy praat van klein
> wilde robbe wat met knuppels vrekgeslaan word vir die pelse en bulle wat
> geskiet word hoofsaaklik vir die gedroogde penisse om die siek eetlus en
> jagslus van die Chinese te voed. Ek tweegesig? Jy's immoreel.....maar
> die weet ons darem mos nou al lankal?
> "@rogers.com" wrote in message
> news:t46dnfqcW4SjdAPfRVn-qQ@rogers.com...

>> "Suidwester" skryf
>> .
>>> Die groot vraag is natuurlik of die boer geregtig is om dit te doen?
>>> As hy nie is nie, wat dan van 'gewone' wild soos koedoes, rooibokke, ens?
>>> Die koop hy ook aan

>> En dan kla jy nou oor mense in die noordelike halfrond
>> wat op die ys uitgaan en robbe jag. Tweegesig.

>> Gloudina


>

verduidelik nou waarom bouwer verkeerd is hier. Want jou beskrywing en
verskoning vir gekampte wild skiet, is hoegenaamd nie anders as om
rob welpies dood te slaan nie. Jou verduideliking dat die wild tog
daarvoor geteel is, laat dit klink asof jy met graagte geblikte leeu
sal skiet.

En dan, het die muntstuk tòg 'n tweede kant ook. Indien jy nie wild
in 'n klein kamp kan skiet met 'n skoon gewete nie, verbeel jy jou
dat die beesvleis wat in die slaghuis gekoop word, in die Himalajas
gejag is? Of is dit anders dat die vee vir slag geteel word?
Daar is dus baie ruimte vir debatering daaroor.
***
(Ek is nie 'n vegetariër nie, maar eet werklik min vleis. En kyk nie
skeef na 'n bord kos sonder vleis nie - solank daar ertappels in is;
maar ek eet graag vis.)
*******************************************************
Daily News Thursday June 2 2005 P2

SEAL HUNTERS THREATEN OBSERVER

Toronto - Canadian animal right activists said yesterday they were
seeking criminal charges against seal hunters who allegedly threatened
and verbally abused the activists during the latest hunting season.

Rebecca Aldworth of the Humane Society of the United States said they
had sent the Royal Canadian Mounted Police a video showing seal
hunters threatening her and others with spears. - Sapa -AP

*********************************************************
Re: Herkouende leeu [boodskap #103584 is 'n antwoord op boodskap #103573] Vr, 03 Junie 2005 06:26 Na vorige boodskapna volgende boodskap
PietR  is tans af-lyn  PietR
Boodskappe: 3341
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
Spesialis in fotos modifiseer op die PC, of spesialis in fotografie? Smaak
verskil, daarom verskil fotos. Die ouens wat ek ken sal jy maar sukkel om
te oortuig dat jy die gras belangriker ag as die leeu, maar soos ek sê,
smaak verskil.
>
> Ek het nou gekyk hoe lank dit my neem om die fokus te verskyf na die
> leeu alleen. 8:19 begin, en 8:21 het ek twee ekstra fotos gehad met
> verskillende blur's op die agtergrond. Want ek is 'n spesialis.
> Dit is uitgevee, want ek verkies my foto soos dit is. Buitendien is
> dit 'n foto vir die argiewe. Dit is nie 'n foto waaraan ek sal werk
> nie want ek het gigabytes (werklik) fotos van wild.
Re: Herkouende leeu [boodskap #103585 is 'n antwoord op boodskap #103574] Vr, 03 Junie 2005 06:41 Na vorige boodskapna volgende boodskap
PietR  is tans af-lyn  PietR
Boodskappe: 3341
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
> verduidelik nou waarom bouwer verkeerd is hier. Want jou beskrywing en
> verskoning vir gekampte wild skiet, is hoegenaamd nie anders as om
> rob welpies dood te slaan nie.
-----Sekerlik kan jy verstaan dat as 'n mens 'n dier koop om mee te teel en
die produk van daai teling dan verkoop aan 'n derde party, dan is dit jou
eiendom om te verkoop. Die groot vraag is net hoe laat jy toe dat die wild
doodgemaak word? Daar is plase wat die wild laat skiet in 'n oesproses [in
die nag onder 'n kollig deur spesialiste met kopskote om die maksimum vleis
te lewer en om die dier 'n onmiddellike doodskoot te gee]. Dan laat die
ander plase die wild jag op verskeie maniere, soos ek gesê het, die een
manier meer effektief as die ander. Die groot vyf is egter 'n ander saak.
Jy jag hom nie vir biltong nie, net vir die trofee. Daar is 'n prestasie
aan verbonde om 'n leeu, tier of 'n buffel direk in die veld aan te durf en
te wen.
Duidelik weet jy nie wat met 'n robbeslagting aangaan nie! Het jy al
gesien hoe die strand dik loop van die bloed en hoe die spul welpies en die
koeie skrou en probeer wegkom? Weet jy hoe doen hulle dit? Met 'n
piksteel met 'n 6" spyker dwars ingekap en daarmee moer hulle die welpies
oor die kop.
Jou verduideliking dat die wild tog
> daarvoor geteel is, laat dit klink asof jy met graagte geblikte leeu
> sal skiet.
-------Ek skiet net diere met die kamera. Met jou soenende leeus klink dit
of jy dink die leeus gaan jou 'n kansie gee?
>
> En dan, het die muntstuk tóg 'n tweede kant ook. Indien jy nie wild
> in 'n klein kamp kan skiet met 'n skoon gewete nie, verbeel jy jou
> dat die beesvleis wat in die slaghuis gekoop word, in die Himalajas
> gejag is? Of is dit anders dat die vee vir slag geteel word?
> Daar is dus baie ruimte vir debatering daaroor.
----In die slagplae word die beeste met 'n kopskoot uitgesit. Ek het nie
'n probleem dat diere wat benut word vir menslike gebruik nie. Solank dit
net nie wreedaardig gedoen word nie.
> (Ek is nie 'n vegetariër nie, maar eet werklik min vleis. En kyk nie
> skeef na 'n bord kos sonder vleis nie - solank daar ertappels in is;
> maar ek eet graag vis.) ----'n Goue sterretjie vir jou!
Re: Herkouende leeu [boodskap #103596 is 'n antwoord op boodskap #103585] Vr, 03 Junie 2005 17:41 Na vorige boodskap
DD  is tans af-lyn  DD
Boodskappe: 1166
Geregistreer: Junie 2003
Karma: 0
Senior Lid
On Fri, 3 Jun 2005 08:41:35 +0200, "Suidwester" wrote:

>
>> verduidelik nou waarom bouwer verkeerd is hier. Want jou beskrywing en
>> verskoning vir gekampte wild skiet, is hoegenaamd nie anders as om
>> rob welpies dood te slaan nie.
> -----Sekerlik kan jy verstaan dat as 'n mens 'n dier koop om mee te teel en
> die produk van daai teling dan verkoop aan 'n derde party, dan is dit jou
> eiendom om te verkoop. Die groot vraag is net hoe laat jy toe dat die wild
> doodgemaak word? Daar is plase wat die wild laat skiet in 'n oesproses [in
> die nag onder 'n kollig deur spesialiste met kopskote om die maksimum vleis
> te lewer en om die dier 'n onmiddellike doodskoot te gee]. Dan laat die
> ander plase die wild jag op verskeie maniere, soos ek gesê het, die een
> manier meer effektief as die ander. Die groot vyf is egter 'n ander saak.
> Jy jag hom nie vir biltong nie, net vir die trofee. Daar is 'n prestasie
> aan verbonde om 'n leeu, tier of 'n buffel direk in die veld aan te durf en
> te wen.
> Duidelik weet jy nie wat met 'n robbeslagting aangaan nie! Het jy al
> gesien hoe die strand dik loop van die bloed en hoe die spul welpies en die
> koeie skrou en probeer wegkom? Weet jy hoe doen hulle dit? Met 'n
> piksteel met 'n 6" spyker dwars ingekap en daarmee moer hulle die welpies
> oor die kop.
> Jou verduideliking dat die wild tog
>> daarvoor geteel is, laat dit klink asof jy met graagte geblikte leeu
>> sal skiet.
> -------Ek skiet net diere met die kamera. Met jou soenende leeus klink dit
> of jy dink die leeus gaan jou 'n kansie gee?

>> En dan, het die muntstuk tòg 'n tweede kant ook. Indien jy nie wild
>> in 'n klein kamp kan skiet met 'n skoon gewete nie, verbeel jy jou
>> dat die beesvleis wat in die slaghuis gekoop word, in die Himalajas
>> gejag is? Of is dit anders dat die vee vir slag geteel word?
>> Daar is dus baie ruimte vir debatering daaroor.
> ----In die slagplae word die beeste met 'n kopskoot uitgesit. Ek het nie
> 'n probleem dat diere wat benut word vir menslike gebruik nie. Solank dit
> net nie wreedaardig gedoen word nie.
>> (Ek is nie 'n vegetariër nie, maar eet werklik min vleis. En kyk nie
>> skeef na 'n bord kos sonder vleis nie - solank daar ertappels in is;
>> maar ek eet graag vis.)
> ----'n Goue sterretjie vir jou!
>

gaaf bouwer, ek sien lankal dat jy jou hand opsteek om ook iets te sê,
maar ek wou eers die Suidwester se mening hieroor kry. So jy moes jou
beurt afwag. Jy kan nou maar opstaan en praat. En jou reaksie moet
wees in antwoord op wat hy sê, anders bly jy sit!

DD
Vorige onderwerp: Waar is die dae?
Volgende onderwerp: Mr Lonely
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Mei 18 14:31:02 MGT 2024