Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Prosa & poësie » " Oranjezicht-bus " deur HEIN SWART
" Oranjezicht-bus " deur HEIN SWART [boodskap #103494] Ma, 30 Mei 2005 20:13
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Oranjezicht-bus
Hein Swart

Soos pienk ertjies netjies
Georden in 'n ry
Met slap vlesige vlerke
Wat bevestigend knik vir
Elke knop in die pad
Het die stadswerkers
Met aandkoerante en
Leë kosblikke -
En hol koppe -
Wiegend gesit onder die
Moenie spoeg nie

Wittes voor en swartes agter
Tussenin sommer almal
In 'n bondel
Gebruik koek se seep
Eiendomsbeperk se
Doodskiste is die swartste
En in godsnaam staan
Weg van die deur

By elke halte buig hulle
Eerbiedig in gelid
Vooroor
Om hulle laaste eerbied te
Betoon aan die vertrekkende
Makker wat met haastige
Broekspype met die
Donker van die straat verenig
Vorige onderwerp: " Kronos " deur D.J. OPPERMAN
Volgende onderwerp: " Paternoster " deur HEIN SWART
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Apr 18 05:41:41 MGT 2024