Tuis » Ernstig » Ruil, koop & verkoop » Nog oor ingevoerde goed
|
Re: Nog oor ingevoerde goed [boodskap #103390 is 'n antwoord op boodskap #103388] |
Thu, 26 May 2005 01:46   |
Bobby[1]
Boodskappe: 76 Geregistreer: January 2005
Karma: 0
|
Volle Lid |
|
|
"Katryn" skryf in boodskap news:q6j991p0cr7mj3do4h3rro2t4d5h8j6lnq@4ax.com...
> Weereens as dit die uitsondering op die re"el was, is daar mos geen
> probleem nie. Maar ongelukkig lyk dit vir my na 'n mindset. En
> ongelukkig gaan daardie tipe van mindset gepaard met suiwer "greed",
> en screw the rest of my country, solank ek net kan kry wat EK wil h^e.
> Maar weereens, ons is seker geregtig op ons eie opinies.
En dit is die crux of the matter - mense is deesdae net nie bereid om 'n
bietjie meer te betaal vir 'n produk wat wel plaaslik vervaardig word nie.
Dis natuurlik alles oor geld spaar, maar soms moet mens vasbyt - baie mense
se werk hang daarvan af. Hier by ons gaan baie plaaslike fabrieke onder,
omdat hulle deur die groter maatskappye onderdruk word - hulle het natuurlik
meer koopkrag en kan dus daarom alles baie goedkoper aanbied. Dis aan dié
werkers wat ek dink wanneer ek so hard soek vir die plaaslik vervaardigde
(en locally owned) produk.
> Mens kan geensins 'n gevolgtrekking maak oor mense en hulle beginsels
> suiwer deur die woorde wat mens lees nie. Aksies tel baie maal baie
> meer. So be it...
>
Ja-nee, Suster, jy sien die lig... So terloops, as jy nou die AAA is, is ek
ook mos een (Arrogant Australian Arsehole)! Snaaks, hier by ons word
Suid-Afrikaners ook as baie arrogant beskou... wys jou net, almal het maar
hul opinies oor ander lande se inwoners.
Ek sien die Kanadese Antie praat so ook Kanada se grootte - ons kan met meer
spog. Ons het ons eie kontinent! Ander helfte sê my dat Amerikaners maar
oor Kanadese dink soos Australiërs oor New Zealanders dink - bietjie agteraf
"wannabees" :-)))
|
|
|
|
|
|
Re: Nog oor ingevoerde goed [boodskap #103395 is 'n antwoord op boodskap #103388] |
Thu, 26 May 2005 07:58  |
Ferdi Greyling
Boodskappe: 1232 Geregistreer: May 2006
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
On Wed, 25 May 2005 15:56:58 -0400, Katryn wrote:
> Onthou jy praat nou van uitsonderings op die re"el. Die trant van
> julle boodskappe was meer in lyn van algemeen aanvaarde gedrag as die
> van uitsonderings.
Nee. Die trant van my posse wat deurentyd oor ingevoerde goed wat hier
gelaai word met pryse tot die punt dat ek dit as 'n enkel-invoerder
via die internet teen soveel soos 50% goedkoper kan invoer deur dit
oor die internet te bestel.
En hoe dof dit van plaaslike kapitaliste is wat klaarblyklik nog nie
besef het dat daar iets soos die internet en iets soos Amazon is nie.
Maar ek sal in elkgeval jou my eerlike opinie gee,
> aangsien ekself al vele kere in dieselfde situasie was.
> Ek sal iemand vra wat in die VSA woon om dit vir my te koop. In ruil
> vir die waarde daarvan, sal ek iets van SA stuur. Indien dit
> aanvaarbaar is vir albei partye. Indien nie, bly ek daarsonder.
Dan is jy laf. En ek is seker jy self doen dit nie. Het jy 'n PC? Hert
jy gaan vasstel watter komponente kom van die Ooste? Het jy iemand in
Taiwan, Suid-Korea en China leer ken en vir hulle ekwivalente goed van
jou land gestuur toe jy daai Dell gekoop het?
En het jy dan sommer nog die ekwivalente waarde in geld vir Michael
Dell ook gestuur?
> Tweedens het ek werklik nie 'n probleem met die fat cat in Sandton
> nie, want ek reken hy het sy geld op 'n eerlike manier verdien, tensy
> jy aan my die teendeel kan bewys.
Nou hoekom verwag jy nie dat hy ook iets aan die VSA stuur nie???
Ek weet vir 'n feit dat as iemand 'n DVD by 'n groot
boekwinkel-"chain" hier bestel, dan bestel hulle dit baie kere via die
internet van Amazon en laai 'n wins op die item voor hulle die klient
bel dat hy sy DVD kan kom haal!
Hoekom het jy twee stelle reels - een vir die verbruiker en een vir
die fat cat?
Hoekom kan die fat cat dit van Amazon bestel, maar nie die verbruiker
nie???
>> Nou se jy nou vir my hoe kry ek 'n plaaslik vervaardigde en gemaakte
>> The Last Waltz van The Band gemaak deur Martin Scorsese?
>
> Weereens as dit die uitsondering op die re"el was, is daar mos geen
> probleem nie. Maar ongelukkig lyk dit vir my na 'n mindset.
Jy kyk verkeerd.
|
|
|
Bladsye (2): [ 2] |
 |
Gaan na forum:
[ XML-voer ] [  ]
Tyd nou: Tue Apr 01 04:41:14 UTC 2025
|