Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Spoed van die aarde
Spoed van die aarde [boodskap #103297] Vr, 20 Mei 2005 08:56 na volgende boodskap
Deneile  is tans af-lyn  Deneile
Boodskappe: 202
Geregistreer: Julie 2006
Karma: 0
Senior Lid
Wie weet teen watter spoed die aarde om sy eie as beweeg?

Dankie
D
Re: Spoed van die aarde [boodskap #103298 is 'n antwoord op boodskap #103297] Vr, 20 Mei 2005 08:59 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Spencer  is tans af-lyn  Spencer
Boodskappe: 214
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 0
Senior Lid
Dit weet ek nie, maar wat ek wel weet is dat die aarde besig is om sy gat
vinnig te sien. Vanaand op 'n nuusberig wys hulle hoe die ysberge by die
pole opbreek weens verhitting van die atmosfeer. Waar gaan dit eindig?

Spencer

"Deneile" skryf in boodskap news:d6k8h0$1u3$1@ctb-nnrp2.saix.net...
> Wie weet teen watter spoed die aarde om sy eie as beweeg?
>
> Dankie
> D
>
Re: Spoed van die aarde [boodskap #103299 is 'n antwoord op boodskap #103298] Vr, 20 Mei 2005 09:12 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Deneile  is tans af-lyn  Deneile
Boodskappe: 202
Geregistreer: Julie 2006
Karma: 0
Senior Lid
Jip veral met die groenhuis goete wat so verwoesting saai.....op 'n tyd het
almal gepraat van die gat in die osoon laag maar van die aerosol maatskappye
nou kamstig almal die stiekertjie het wat wys hulle produlk is nie meer
skadelik vir die osoon laag nie...worry min mense!

"Spencer" skryf in boodskap news:8Ghje.1614$U4.188614@news.xtra.co.nz...
> Dit weet ek nie, maar wat ek wel weet is dat die aarde besig is om sy gat
> vinnig te sien. Vanaand op 'n nuusberig wys hulle hoe die ysberge by die
> pole opbreek weens verhitting van die atmosfeer. Waar gaan dit eindig?
>
> Spencer
>
>
> "Deneile" wrote in message
> news:d6k8h0$1u3$1@ctb-nnrp2.saix.net...
>> Wie weet teen watter spoed die aarde om sy eie as beweeg?

>> Dankie
>> D

>
Re: Spoed van die aarde [boodskap #103301 is 'n antwoord op boodskap #103297] Vr, 20 Mei 2005 09:48 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Ferdi Greyling  is tans af-lyn  Ferdi Greyling
Boodskappe: 1232
Geregistreer: Mei 2006
Karma: 0
Senior Lid
Rugby 2005
EA Sports

Rugby was nog nooit op die top prioriteit van ontwikkeling van enige
bekende sagtware maatskappy nie.
Dit het seker maar heelwat te doen met die feit dat dat nie een van
die top Amerikaanse tydverdrywe is nie … so die Amerikaanse mark is
waarskynlik nie goed nie. Minder geld = minder belanstelling om so
iets te ontwikkel.
Rugby 2004 was in my oë geld mors … selfs as jy dit op die vlooimark
gekoop het.

Met Rugby 2005 kan mens duidelike verkille in die intelligensie van
die sagteware agterkom. Dan is die spellers ook meer gedetaileerd en
nie van die swak gehalte van vroeer nie. Om die waarheid te se … die
hele grafieka paket is heelwat beter. Meeste van die spelers is
redelik herkenbaar … selfs op van die lae detail modes op 'n rekenaar.
As die klomp Kiwi's hul HAKA uitvoer … kan mens jou nogal verbeel dat
dit eintlik heel realisties lyk.
Die komentators gedurende die spel bestaan uit Ian Robertson en Murray
Mexted. Heeltemal bekend aan enige een wat al na 'n Rugby uitsending
in New Zealand gekyk het. Daar is heelwat verskillende dinge wat in ‘n
spel kan gebeur waarop die twee hul komentaar goed mee afwissel. Die
toeskouer geraas saam met die fluitjies is ook erg realisties en goed
gedoen. Dit klink feitelik asof mens in die vroee oggend ure na ‘n
uitsending vanaf New Zealand kyk.

Waneer jy die speletjie net klaar gelaai het … word jy geforseer om
die basiese opleiding te doen. Dit sluit in “aangee, hardloop, skrum,
lynstaan, skop na die pale“ ens.
Daar is geen manier van net gou vinnig begin speel nie.
Dis dalk 'n goeie ding en maak seker dat mens al die basiese bewegins
kan doen. Jy moet dit oor en oor doen tot jy dit reg kan doen.
Verder is daar ook 'n deel “Rugby 101” waarin al die reels verduidelik
word. So vir die waar Rugby nie so groot aanhang het nie … is dit dan
moontlik om als te weet van hoekom en waarom die skeidsregter se
fluitjie so te kere gaan!

Daar is baie verskillende toere om te kan speel. Dit sluit in “Super
12”, Wereld beker, Drie Nasies, Ses Nasies en dan die Heineken beker.
Of enige span teen enige span.
Ek het bv die 2005 Stormers span gevat en die Drie Nasies Bok span ore
aangesit. (Die Stormers wen maar net op die rekenaar!)
Wat net half snaaks was is dat as die agterlyn mekaar skraap kom
Murray Mexted nie so lekker agter dat dit snaaks is as hy in detail
verduidelik hoe De Wet Barry so pas 'n uitsonderlike duikslag op De
Wet Barry uitgevoer het nie. Hy speel sommer in altwee spanne. G'n
wonder hy is teen alle twyfel in weer gekies deur Jake White nie. Die
man KAN speel! ;-)

Verder kan jy ook jou eie spellers skep. Met dinge van die grote van
die ore tot kleur van die hare. Ook die fiksheid en aggressie en
dissipline vlak. Die spellers kan dan in enige span gekies word. Daar
is redelik grasie in die kies van spelers vir die spanne. Jy kies bv
30 spelers om 'n reeks te begin. Dan op die dag van die spel kies jy
die 15 tal wat gaan begin. Asook die reserwes. As die spellers dalk
effe hard gelak word en dan seer kry … stuur jy reserwes in. Hang ook
af van die tipe besering of jy dan die speller kan kies vir die
volgende rondte van die reeks. Die tipe van diepte en detail is nogal
goed om dit realisties te maak.

Ongelukkig is die beheer van jou taktiese spel nog maar power.
Jy kan eintlik net een speller op 'n slag beheer. Die res hardloop dan
meestal doeloos in die algemene rigting van die bal rond. Sonder dat
jy enige tipe verdediging kan beplan of toepas.
Teen van die sterker spanne en ook op die hoogste moeilikheidsgraad is
dit soms nogal moeilik om selfs teen 'n swak span te wen. (hier moet
ek dalk net byvoeg dat my algemene belangstelling en vernuf met sport
gebaseerde speletjies nie vergelyk kan word met hoe goed ek 'n vyand
tussen die oe kan skiet nie)

"Deneile" wrote:

> Wie weet teen watter spoed die aarde om sy eie as beweeg?>

SPEED
axisAt the equator, the Earth's surface moves 40,000 kilometers in 24
hours. That is a speed of about 1040 miles/hr (1670 km/hr). This is
calculated by dividing the circumference of the Earth at the equator
(about 24,900 miles or 40,070 km) by the number of hours in a day
(24). As you move toward either pole, this speed decreases to almost
zero (since the circumference at the extreme latitudes approaches
zero).

The Earth revolves around the Sun at a speed of about 30 km/sec. This
compares with the Earth's rotational speed of approximately 0.5 km/sec
(at middle latitudes - near the equator).

Bostaande van site:
http://www.enchantedlearning.com/subjects/astronomy/planets/ earth/
Re: Spoed van die aarde [boodskap #103329 is 'n antwoord op boodskap #103297] Sa, 21 Mei 2005 15:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
knersus  is tans af-lyn  knersus
Boodskappe: 211
Geregistreer: April 2006
Karma: 0
Senior Lid
1 omwenteling in net ietsie minder as 24 uur (23:56:04.09053 = sideriese dag)

As jy egter bedoel hoe vinnig beweeg die oppervlak v.d aarde, is die antwoord
nie so eenvoudig nie, want dit hang af waar presies die oppervlak is wat jy van
praat, spesifiek op watter breddtegraad.

1) Op die ewenaar (0 breedtegraad) is dit die vinngste. Berekening lyk so:
omtrek v.d aarde by die ewenaar is ongeveer 40100 km. Dus beweeg 'n punt op die
ewenaar 40100 km in die genoemde sideriese dag, of te wel ongeveer 40100/24 =
1670 km/h of dan omtren 1000 mph (maklik om te onthou)

2) Op enige van die twee pole (90 breedtegraad) beweeg die punt nêrens heen nie,
dit draai net eenmaal in die rondte / dag, dws die spoed daar is 0/24 = 0 km/h

3) Punte tussenin: is êrens tussen 0 en 1670 km/h. Hoe kry mens dit?
Vermenigvuldig 1670 met die kosinus van die breedtegraad, byv Pretoria is op ong
26 suiderbreedte, dws cos(26) = 0.899, dws hier beweeg die opv teen omtrent
1500km/h. Ensovoorts

Deneile het geskryf:
> Wie weet teen watter spoed die aarde om sy eie as beweeg?

--
_______
| OSCAR |
|KNERSUS|
|_&_KIE_|
Re: Spoed van die aarde [boodskap #103330 is 'n antwoord op boodskap #103329] Sa, 21 Mei 2005 23:33 Na vorige boodskap
Julius Bergh  is tans af-lyn  Julius Bergh
Boodskappe: 111
Geregistreer: Februarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
On Sat, 21 May 2005 17:00:57 +0200, knersus wrote:

> 1 omwenteling in net ietsie minder as 24 uur (23:56:04.09053 = sideriese dag)
>
> As jy egter bedoel hoe vinnig beweeg die oppervlak v.d aarde, is die antwoord
> nie so eenvoudig nie, want dit hang af waar presies die oppervlak is wat jy van
> praat, spesifiek op watter breddtegraad.
>
> 1) Op die ewenaar (0 breedtegraad) is dit die vinngste. Berekening lyk so:
> omtrek v.d aarde by die ewenaar is ongeveer 40100 km. Dus beweeg 'n punt op die
> ewenaar 40100 km in die genoemde sideriese dag, of te wel ongeveer 40100/24 =
> 1670 km/h of dan omtren 1000 mph (maklik om te onthou)
>
> 2) Op enige van die twee pole (90 breedtegraad) beweeg die punt nêrens heen nie,
> dit draai net eenmaal in die rondte / dag, dws die spoed daar is 0/24 = 0 km/h
>
> 3) Punte tussenin: is êrens tussen 0 en 1670 km/h. Hoe kry mens dit?
> Vermenigvuldig 1670 met die kosinus van die breedtegraad, byv Pretoria is op ong
> 26 suiderbreedte, dws cos(26) = 0.899, dws hier beweeg die opv teen omtrent
> 1500km/h. Ensovoorts
>
> Deneile het geskryf:
>> Wie weet teen watter spoed die aarde om sy eie as beweeg?

Hallo Knersus,

Lyk vir my jy is n man van die Fisika of Wiskunde so dalk deel jy my verbaasing oor die doodse stilte daarbuite rakende die viering van iets wat een
honderd jaar gelede gebeur het.

Vanjaar vier die mensdom met groot trompet blasery die 60 jarige herdenking van die oorwinning in Europa - die sg "VE" day. Iets vertel my die
Duitsers juig nie saam nie.

Een honderd jaar gelede het een van die belangrikste intelektuele deurbrake gebeur en ek hoor net stilte. Meskien is daar fout met my antenas. Wag n
biedjie; laat ek die ding n skop of twee gee...

Nee.. nog steed dood stil.

Aaag wel, meskien is die aarde te besig om "Survivour" op TV the kyk of "Big Brother" of die SAUK se groot intelektuele bydrae tot the Internasionale
TV mark: "Below the belt".

Hello Albert, ky jy my hoor. Oor.

Hello Alert...
Vorige onderwerp: Nuwe Universiteitslied!
Volgende onderwerp: Kase
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Mei 18 02:04:07 MGT 2024