Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Nuwe Universiteitslied!
Nuwe Universiteitslied! [boodskap #103284] Do, 19 Mei 2005 16:15 na volgende boodskap
Schorsch  is tans af-lyn  Schorsch
Boodskappe: 96
Geregistreer: Februarie 2004
Karma: 0
Volle Lid
http://www.nwu.ac.za/nwu/songpoll/songpoll_a.html

____________________________________________________________ _________
'n Student van die voormalige Potch laat weet:

"Volgens die riemtelegram gaan Potch se naam verander word na Phokeng.
In die Europese mond word die 'ph' mos 'f'.

Daar is nou gissinge dat ons binnekort by die Fokeng Mall, Fokeng Kine
en Fokeng-All inkopies sal doen. Phokeng, ja, maar almal noem dit reeds
Fôkên.

"Daar heers groot verligting dat die universiteit se naam nie die
Fokeng Universiteit vir Christelike Hoër Onderwys sal heet nie,
genadiglik. Maar as jy iets wil weet, vra jy die fokeng prof wat
uitgeken word aan neus-, nek-, nael- en tongringe of armbande --
alles in true African tradition volgens leergang en spesialiteit.

En so vertel nog Potch-studente oor die toekomsdrome:

"By die Hoëre Potch-instelling sit die ryk geskakeerde en veelkleurige
studente op die kaalgetrapte grasperke onder die bome met kralerame
-- besig om te leer tel om vir eerstejaar te kwalifiseer.

"Die kombuise is toe. Alle kos word buite in drie-been potte en
roosters op oop vure gemaak. Ontbyt is maas-en-suurpap, middagete is
pap-en-sjeba, en saans eet ons marog-en-pap.
"Alle westerse drank is verban. Skokiaan is nog belastingvry
beskikbaar. Sigarette is oorbelas en duur, maar boom is gratis --
hubbly-bubbly, et al.

"Kleredrag is vervang met Afrika-tooisels, kompleet met kaalvoete, die
femmes fatale in Afro-coiffure met bekraalde bolywe

-- all going with the African flow ...
"Boeke, penne en kompers is as westers-korrupterende invloede verbrand,
verkoop of verruil vir kopdoeke. Leie, griffels en

wislappe is terug.
"Westerse musiek is verban, die Kwêla is in, penny-whistle, et al. Die
musiekdepartement het verskuif na onder die bome waar muso's op
xilofone, woer-woere, bekkeniste en les bes op ramkies ook 'n harpenis
probeer naboots.
"Fanakalo het ál 11 grondwetlike tale vervang. Oral hoor jy 'niga
mina' wat op ingils 'gimme' en in toentertydse Afrikaans 'gee vir my'
beteken het.
"Alle motors is op kampus verban. Studente ry op 'n donkie of
donkiekar, of loop met voete -- going nowhere slowly -- want
alle fietse, bromponies en motorfietse is gebreek òf gesteel ...
"Die klinieksusters en dokters is vervang met sangomas wat egte Afrika
inisiasierituele soos besnydenisse waarneem. Ka-bokke breek die femmes
fatale in. Haïtiaanse hoodoo, voodoo, nekromansie, -filie en -fagie
word beoefen, die nalatenskap

van asiel aan die eertydse president van Haïti.
"Koshuisvensters is gebreek en met koerante toegeplak en die gange is
nou urinale. Beddens is verkoop, die vloere misbesmeer vanwee 'n
cholera epidemie. Onder die bome, op en onder karosse kreoliseer gays,
lesse, bi- en heteroseksuele wellustiglik.
"Kondome is uit, knoffel en suurlemoensap in -- deur die sangoma op
gesag van die me. minister van gesondheid voorgeskryf. Kalmoegraolie
word as probaatmiddel teen malaria, melaatsheid, marburg, ebola, tifus,
sifilis én VIGS aanbeveel. HIV bestaan nie, maar is wanvoeding van
voorheen benadeeldes, álles wit apartheid se skuld!
"Wilde wisteria (Securidaca longipedunculata), die krinkhoutboom, se
wortels, hout, bas en blare word vir allerlei siektes en kwale, maar
veral as teentoormiddel aangewend.
"As jy iets wil weet, vra jy die sangomaproffies, wat dan hulle dolosse
gooi en sê hoe dit geval het ...
"Congrads with an African Renaissance, Summa Cum Laude, Phokeng!
Re: Nuwe Universiteitslied! [boodskap #103289 is 'n antwoord op boodskap #103284] Vr, 20 Mei 2005 00:57 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Schorsch" skryf

Nuwe Universiteitslied!

Woorde:
Mmaarona

Bless o Lord bless our mother
Who blossoms in the land of crocodile and elephant
Let us dance and let us sing and praise her
Who scatters yellow buttons along our waters
O thorntree you nourish us even when the grass turns brown

Seën o Heer seën ons moeder
Wat ons geheime van die heelal leer ontrafel
Van mot en ster en die letters van die boek
Laat ons die een kraal aan die ander string
Leer saamvleg aan 'n web van lig wat mens aan mens verbind

Morena boloka Mmaarona
A re kgabise ka tlalo la nkwe
Motswedi wa rona, re tshelele kitso
A re bonesetse ka sedi le le maatla
Alosa ditshaba go anamisa kitso

Bless o Lord bless our mother
Seën o Heer seën ons moeder
Motswedi wa kitso, re tshologêlê

[Terug na bo]

Verduidelikende aantekeninge:
Mmaarona beteken "ons moeder" en dit is 'n vertaling van Alma Mater , wat in
Latyn letterlik "voedende moeder" beteken. Die moeder is die sentrale beeld
van die hele lied.

Die eerste strofe skets waar ons vandaan kom. Die krokodil is een van die
embleme van die Batswana en die olifant is 'n simbool van groot krag. Die
doringboom is 'n bekende simbool in Afrikaans, maar beklemtoon ook die taaie
volharding van die moeder, want dit verwys na 'n Setswana-spreekwoord (wat
lui dat 'n vrou soos 'n doringboom is wat selfs in die winter kos verskaf).

Die tweede strofe skets die hede en die omvang van die wetenskap, maar doen
ook 'n beroep op samewerking en die smee van bande tussen mense. Die
belangrike beeld van die lig word aan die einde onderstreep.

Die derde strofe gee 'n blik op die toekoms. Letterlik vertaal lui dit:

Heer, seën ons moeder
Sodat sy ons versier met luiperdvel
Skink vir ons kennis in, ons Fontein
Sodat sy ons kan verlig met 'n kragtige lig
Die volkere laat gradueer sodat kennis versprei kan word.

Die luiperdvel is 'n tradisionele teken van koningskap en die beelde van die
kragtige lig en fontein wat wysheid skink, is ewe bekende en betekenisvolle
simbole.

Die slotreël kan vertaal word as "Fontein van kennis, stort oor ons uit."

Teks: Hein Viljoen met Tshwaro Abram Pule, Vera Motsilanyane en Thersio
Tsambo.
Musiek: Awie van Wyk en Hein Louw
Ontwikkeling en orkestrasie: Pieter de Bruin

Advies van Righardt Pretorius, Johan Zerwick, Maria Letsie en Karien Brits
oor die Setswana word met dank erken.

[Terug na bo]

------------------------------------------------------------ ----------------
----
© 2004 Noordwes-Universiteit. Alle regte voorbehou.
Voorwaardes en Bepalings
Re: Nuwe Universiteitslied! [boodskap #103290 is 'n antwoord op boodskap #103284] Vr, 20 Mei 2005 01:01 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Schorsch" skryf

En so vertel nog Potch-studente oor die toekomsdrome:

"By die Hoëre Potch-instelling sit die ryk geskakeerde en veelkleurige
studente op die kaalgetrapte grasperke onder die bome met kralerame
-- besig om te leer tel om vir eerstejaar te kwalifiseer.

Ek dink jy behoort jou te skaam vir die snert wat jy hier
sit en pos. Jy is net so erg soos die ou wat die Afrikaners
sit en uitkryt op hierdie nuusgroep. Gaan lees weer daardie
mooi universiteitslied wat jy gelukkig ook op die nuusgroep
gesit het.

Penkop van die Derde Republiek
Re: Nuwe Universiteitslied! [boodskap #103291 is 'n antwoord op boodskap #103289] Vr, 20 Mei 2005 01:45 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
> "Schorsch" skryf
>
> Nuwe Universiteitslied!

> Teks: Hein Viljoen met Tshwaro Abram Pule, Vera Motsilanyane en Thersio
> Tsambo.
> Musiek: Awie van Wyk en Hein Louw
> Ontwikkeling en orkestrasie: Pieter de Bruin

Gelukkig is daar Afrikaners wat hul deel doen om
die kultuur van SA te verryk en uit te bou. Liewer
as "Schorsch" wat verkies om so 'n onafrikaanse
skuilnaam vir homself te kies. Laasgenoemde klink
vir my vreeslik baie na ons vriend Plato wat altyd
so vir ons gesit en kyk het. Miskien het die balk
in sy oog vir hom later teveel geword.

Penkop van die Derde Republiek
Re: Nuwe Universiteitslied! [boodskap #103305 is 'n antwoord op boodskap #103284] Vr, 20 Mei 2005 11:22 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Schorsch  is tans af-lyn  Schorsch
Boodskappe: 96
Geregistreer: Februarie 2004
Karma: 0
Volle Lid
Jonas wrote:
> Anti - die vraag wat jy jouself moet vrae is waarom hierdie blik van
> Schorsch jou pla. Is dit nie juis vanweë die waarheidselemente wat daarin lê
> nie? ...
> Jammer Anti - ek het al elders in Afrika gewoon waar die
> Afrikaniseringsproses verder gevorder het - en is dele van Schorsch se blik
> nie so vergesog nie.

Hulle gee dit miskien ander name, maar hulle bly maar die selfde.
Net soos ander ook.

> (Waarom kla jy oor die naam Schorsch as jou eie as @rogers.com
verskyn?)

(Om dat sy 'n huigelaar is!)
Re: Nuwe Universiteitslied! [boodskap #103307 is 'n antwoord op boodskap #103284] Vr, 20 Mei 2005 12:10 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Jonas" skryf

> Is jy enigsins bewus van die feit dat pogings deur jou
> ANC/SAKP/COSATU-lieflinge om sangomas in status te verhef sodat selfs hulle
> 'n werker 'n siekebrief kan gee?

Ja, Jonas, ek is ten volle daarvan bewus. Maar jou idee
van 'n "sangoma" en die ANC se vereistes voor 'n sangoma
sulke magte kan bekom, is seker twee verskillende dinge.

Gloudina
Re: Nuwe Universiteitslied! [boodskap #103308 is 'n antwoord op boodskap #103307] Vr, 20 Mei 2005 12:13 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Deneile  is tans af-lyn  Deneile
Boodskappe: 202
Geregistreer: Julie 2006
Karma: 0
Senior Lid
Praat van sangomas, ek sien baie blankes raak nou sangomas en hulle
adverteer oral!

"@rogers.com" skryf in boodskap news:Kf-dnejtLIlqTBDfRVn-rw@rogers.com...
>
> "Jonas" skryf
>
>> Is jy enigsins bewus van die feit dat pogings deur jou
>> ANC/SAKP/COSATU-lieflinge om sangomas in status te verhef sodat selfs
> hulle
>> 'n werker 'n siekebrief kan gee?
>
> Ja, Jonas, ek is ten volle daarvan bewus. Maar jou idee
> van 'n "sangoma" en die ANC se vereistes voor 'n sangoma
> sulke magte kan bekom, is seker twee verskillende dinge.
>
> Gloudina
>
Re: Nuwe Universiteitslied! [boodskap #103309 is 'n antwoord op boodskap #103284] Vr, 20 Mei 2005 12:18 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Jonas" skryf

> Jammer Anti - ek het al elders in Afrika gewoon waar die
> Afrikaniseringsproses verder gevorder het - en is dele van Schorsch se blik
> nie so vergesog nie.

Laat ek weer die volgende herhaal. Toe ons seun aansoek doen
vir 'n MBA aan die Universiteit van Kaapstad, toe vertel die
keurpersoon ( wat hy in Quebec City moes gaan sien, waar dié
op 'n konferensie was) ( en wat vir jou informasie 'n wit persoon
was) vir hom die volgende: omtrent al die swart studente wat
hulle het in hulle MBA program, kom uit ander dele van Afrika.
Die swart studente in SA was van so 'n lae gehalte as gevolg
van die uitwerking van Bantoe-Onderwys, dat hulle gewoonlik
nie kon kwalifiseer vir die een-jaar MBA program nie. Maar
swart studente uit ander dele van Afrika wel, want hulle was
produkte van die Cambridge Matriculation stelsel wat nog deur
menige sendingstasies en ander instansies in die res van Afrika
gevolg word. ( En wat ook in SA gevolg is, totdat Bantoe-
Onderwys 'n belaglike stelsel ingevoer het, waar kwaliteit
op groot skaal ingeboet is.)
So, asseblief, Jonas. Jy kan maar ophou om jou bek te rek
oor "die res van Afrika." Jy weet eenvoudig nie baie oor
wat aangaan nie. Jy dink maar net jy weet dit. Maar dit groei
uit jou vooroordele.

Gloudina
Re: Nuwe Universiteitslied! [boodskap #103310 is 'n antwoord op boodskap #103290] Vr, 20 Mei 2005 14:21 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Vusi  is tans af-lyn  Vusi
Boodskappe: 2212
Geregistreer: Februarie 2001
Karma: 0
Senior Lid
Anti - die vraag wat jy jouself moet vrae is waarom hierdie blik van
Schorsch jou pla. Is dit nie juis vanweë die waarheidselemente wat daarin lê
nie?
Kom ek vra jou ietsie - raadpleeg jou Pius Langa nog 'n sangoma of
waarsegger? Soos in die geval van Gatsha. (Wie ook 'n Adams Mission produk
is.)
Is jy enigsins bewus van die feit dat pogings deur jou
ANC/SAKP/COSATU-lieflinge om sangomas in status te verhef sodat selfs hulle
'n werker 'n siekebrief kan gee?
Het jy al gehoor van Afrika-wiskunde? Kontak jou mense te UNISA en vra hulle
uit oor die versinsel.
Jammer Anti - ek het al elders in Afrika gewoon waar die
Afrikaniseringsproses verder gevorder het - en is dele van Schorsch se blik
nie so vergesog nie.
(Waarom kla jy oor die naam Schorsch as jou eie as @rogers.com verskyn?)
Re: Nuwe Universiteitslied! [boodskap #103314 is 'n antwoord op boodskap #103309] Vr, 20 Mei 2005 18:50 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Schorsch  is tans af-lyn  Schorsch
Boodskappe: 96
Geregistreer: Februarie 2004
Karma: 0
Volle Lid
@rogers.com wrote:
> "Jonas" skryf
>
>> Jammer Anti - ek het al elders in Afrika gewoon waar die
>> Afrikaniseringsproses verder gevorder het - en is dele van Schorsch
se
> blik
>> nie so vergesog nie.
>
> Laat ek weer die volgende herhaal. Toe ons seun aansoek doen
> vir 'n MBA aan die Universiteit van Kaapstad, toe vertel die
> keurpersoon ( wat hy in Quebec City moes gaan sien, waar dié
> op 'n konferensie was) ( en wat vir jou informasie 'n wit persoon
> was) vir hom die volgende: omtrent al die swart studente wat
> hulle het in hulle MBA program, kom uit ander dele van Afrika.

Het dit miskien iets met IK-vlakke te doen?
http://www.arthurhu.com/99/07/safiq.txt


> Die swart studente in SA was van so 'n lae gehalte as gevolg
> van die uitwerking van Bantoe-Onderwys, dat hulle gewoonlik
> nie kon kwalifiseer vir die een-jaar MBA program nie.

Jy bedoel ten spyte van Bantoe-Onderwys, of nie? Jy sou in elk geval
nie 'n bewys kon aavoer vir die stelling, sonder as om te lieg. As daar
30 miljoen swartes in SA is, daar is meer as 300 miljoen in die res van
Afrika. Hulle verkies dit duidelik om eerder in rassistiese SA as
elders te gaan studeer (aan hulle eie lande se Universiteite?). As jou
stelling reg verstaan: Daar was ook Swart studente uit SA, korrek? Hoe
nou, Anti?

> Maar
> swart studente uit ander dele van Afrika wel, want hulle was
> produkte van die Cambridge Matriculation stelsel wat nog deur
> menige sendingstasies en ander instansies in die res van Afrika
> gevolg word. ( En wat ook in SA gevolg is, totdat Bantoe-
> Onderwys 'n belaglike stelsel ingevoer het, waar kwaliteit
> op groot skaal ingeboet is.)

Die Bantoe-onderwys was toepaslik vir die gemiddelde swartes. Duidelik
was daar ook diegene wat beter gevaar het. Jy se mos daar was ook SA
swartes deel van die MBA program? Hoe nou, vir hulle was
Bantoe-onderwys nie te sleg nie? En nog iets, Anti: Ek dink natuurlik
dat om erens in die lewe te kom, is iemand se eie veraantwoordelikheid
en nie die van 'n skolestelsel. Ook as dit oor die verbetering van
iemand se kennis gaan. So in die 60s en 70s het al die swartes in SA
tenminste kans gehad om geletterd te raak. As hulle nie van die skole
gehou het, nou hulle die res mos beter en vinniger uit boeke geleer het
(soos baie witmense), nie waar nie?

> So, asseblief, Jonas. Jy kan maar ophou om jou bek te rek
> oor "die res van Afrika." Jy weet eenvoudig nie baie oor
> wat aangaan nie. Jy dink maar net jy weet dit. Maar dit groei
> uit jou vooroordele.

Weereens: Daar is 'n swart eliet ook elders in Afrika. En jy is vol
vooroordele Anti.

>
> Gloudina
Re: Nuwe Universiteitslied! [boodskap #103315 is 'n antwoord op boodskap #103314] Vr, 20 Mei 2005 19:25 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Schorsch" skryf

Het dit miskien iets met IK-vlakke te doen?

Jy bedoel nou die swart studente uit die ander dele
van Afrika wat in die program was, het beter IK
vlakke gehad? Hoekom sou swartes uit die ander
dele van Afrika nou skielik hoër vlakke hê as die
swart studente uit SA?

Gloudina
Re: Nuwe Universiteitslied! [boodskap #103316 is 'n antwoord op boodskap #103315] Vr, 20 Mei 2005 19:33 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Schorsch  is tans af-lyn  Schorsch
Boodskappe: 96
Geregistreer: Februarie 2004
Karma: 0
Volle Lid
@rogers.com wrote:
> "Schorsch" skryf
>
> Het dit miskien iets met IK-vlakke te doen?
>
> Jy bedoel nou die swart studente uit die ander dele
> van Afrika wat in die program was, het beter IK
> vlakke gehad? Hoekom sou swartes uit die ander
> dele van Afrika nou skielik hoër vlakke hê as die
> swart studente uit SA?

Om dat hulle 'n ander stratum van hulle samelewing verteenwordig. Net
die rykste 1% van hulle kan dit bekostig, om elders te gaan studeer.
Die swartes van SA verteenwoordig die swart matrikulante van SA.
Daar is IK verskille tussen Blankes, maar daar is ook IK verskille
tussen die swartes self. Daar is al baie Navorsing oor die onderwerp
gedoen.

Vir 'n begin:
http://www.mugu.com/cgi-bin/Upstream/Issues/psychology/IQ/
http://www.mugu.com/cgi-bin/Upstream/Issues/bell-curve/suppo rt-bell-curve.html
http://www.mugu.com/cgi-bin/Upstream/Issues/bell-curve/



>
> Gloudina
Re: Nuwe Universiteitslied! [boodskap #103317 is 'n antwoord op boodskap #103314] Vr, 20 Mei 2005 19:42 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Schorsch"

> Die swart studente in SA was van so 'n lae gehalte as gevolg
> van die uitwerking van Bantoe-Onderwys, dat hulle gewoonlik
> nie kon kwalifiseer vir die een-jaar MBA program nie.

Jy bedoel ten spyte van Bantoe-Onderwys, of nie? Jy sou in elk geval
nie 'n bewys kon aavoer vir die stelling, sonder as om te lieg.

Jy weet duidelik nie wat "Bantoe-Onderwys" was en watter
bederflike invloed dit op die swart skoolbevolking vir 'n paar
dekades gehad het nie. Van die begin af het die rot begin.
Skielik moes swart kinders "moedertaalonderwys" kry en
was alle vakke in hulle moedertaal, liewers as in Engels, die
medium waarin hulle later hulle sekondêre opleiding moes
kry.
Wanneer die skoolkinders dus aangeland het in die skole
waar hulle deur Engels ( of Afrikaans) moes skoolgaan,
was hulle al klaar agter.
Nou, so teen 1968, toe bring hulle vir die eerste keer
die "Bantoe-Onderwys Senior Sertifikaat" in. En wat
gebeur nou. Skielik kom die swart kinders die baie
makliker Sertifikaat gemaklik deur, want die standaarde
is so verlaag dat dit vir hulle onmoontlik was om teen die
baie strenger standaarde van die wit skole ( en die
Cambridge Matriculation waardeur swart studente in
ander dele van Afrika moes gaan) te kompeteer.
Ek weet presies wat aangegaan het. Een jaar ( 1967-
toe kry ons maar dieselfde persentasie matrikulante
wat ons die vorige jare gehad het by Healdtwon. Die
volgende jaar, 1968, toe kom meeste studente met
vlieënde vaandels deur die Bantoe-Onderwys Senior
Sertifikaat, en baie van hulle eersteklas. Maar niemand
was bly nie. Die swart studente het sarkasties daaroor
gepraat. Ons onderwysers kon maar net lag. Maar die
rot het begin.
So teen die negentigerjare was swart skoolkinders
so benadeel deur hierdie verrotte toestand, dat die
Universiteit van Kaapstad se elite MBA program nie
een van die SA swart applikante in hulle program kon
toelaat nie. ( Daardie jare was daar drie een-jaar MBA
programme wat studente oor die hele wêreld probeer
doen het ( dié wat nie meer as 'n jaar wou afstaan van
hulle loopbaan, wat alreeds in swang was nie.) Die een
was Queens College hier in Kanada. Die ander was
'n MBA program aan die Universiteit van Parys, en
die ander was die MBA program in Kaapstad ( gehuis
in die ou tronk by die hawe.) Daar was Amerikaners
en Engelse in die program, en swart studente van ander
dele van Afrika.

Gloudina
Re: Nuwe Universiteitslied! [boodskap #103318 is 'n antwoord op boodskap #103317] Vr, 20 Mei 2005 19:49 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Gloudina skryf:

>> Die swart studente in SA was van so 'n lae gehalte as gevolg
>> van die uitwerking van Bantoe-Onderwys, dat hulle gewoonlik
>> nie kon kwalifiseer vir die een-jaar MBA program nie.

Schorsch skryf:

>> Jy bedoel ten spyte van Bantoe-Onderwys, of nie? Jy >>sou in elk geval
>> nie 'n bewys kon aavoer vir die stelling, sonder as om >>te lieg.

Gloudina skryf

> Jy weet duidelik nie wat "Bantoe-Onderwys" was en watter
> bederflike invloed dit op die swart skoolbevolking vir 'n paar
> dekades gehad het nie. Van die begin af het die rot begin.
> Skielik moes swart kinders "moedertaalonderwys" kry en
> was alle vakke in hulle moedertaal, liewers as in Engels, die
> medium waarin hulle later hulle sekondêre opleiding moes
> kry.
> Wanneer die skoolkinders dus aangeland het in die skole
> waar hulle deur Engels ( of Afrikaans) moes skoolgaan,
> was hulle al klaar agter.
> Nou, so teen 1968, toe bring hulle vir die eerste keer
> die "Bantoe-Onderwys Senior Sertifikaat" in. En wat
> gebeur nou. Skielik kom die swart kinders die baie
> makliker Sertifikaat gemaklik deur, want die standaarde
> is so verlaag dat dit vir hulle onmoontlik was om teen die
> baie strenger standaarde van die wit skole ( en die
> Cambridge Matriculation waardeur swart studente in
> ander dele van Afrika moes gaan) te kompeteer.
> Ek weet presies wat aangegaan het. Een jaar ( 1967-
> toe kry ons maar dieselfde persentasie matrikulante
> wat ons die vorige jare gehad het by Healdtwon. Die
> volgende jaar, 1968, toe kom meeste studente met
> vlieënde vaandels deur die Bantoe-Onderwys Senior
> Sertifikaat, en baie van hulle eersteklas. Maar niemand
> was bly nie. Die swart studente het sarkasties daaroor
> gepraat. Ons onderwysers kon maar net lag. Maar die
> rot het begin.
> So teen die negentigerjare was swart skoolkinders
> so benadeel deur hierdie verrotte toestand, dat die
> Universiteit van Kaapstad se elite MBA program nie
> een van die SA swart applikante in hulle program kon
> toelaat nie. ( Daardie jare was daar drie een-jaar MBA
> programme wat studente oor die hele wêreld probeer
> doen het ( dié wat nie meer as 'n jaar wou afstaan van
> hulle loopbaan, wat alreeds in swang was nie.) Die een
> was Queens College hier in Kanada. Die ander was
> 'n MBA program aan die Universiteit van Parys, en
> die ander was die MBA program in Kaapstad ( gehuis
> in die ou tronk by die hawe.) Daar was Amerikaners
> en Engelse in die program, en swart studente van ander
> dele van Afrika.
>
> Gloudina
>
Re: Nuwe Universiteitslied! [boodskap #103319 is 'n antwoord op boodskap #103318] Vr, 20 Mei 2005 22:12 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
"@rogers.com" skryf

>> Nou, so teen 1968, toe bring hulle vir die eerste keer
>> die "Bantoe-Onderwys Senior Sertifikaat" in. > >

Lees 1958.
Gloudina
Re: Nuwe Universiteitslied! [boodskap #103323 is 'n antwoord op boodskap #103317] Sa, 21 Mei 2005 07:56 Na vorige boodskapna volgende boodskap
PietR  is tans af-lyn  PietR
Boodskappe: 3341
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
"@rogers.com" skryf in boodskap news:zZGdnXq_w6aZoRPfRVn-vw@rogers.com...

'het die rot begin'.
----Vir iemand wat haarself reken as 'n kenner van Afrikaans en ander mense
gedurig teregwys, is hierdie belaglik. Miskien moet jy maar eerder jou bek
hou oor die taal antie, jy's net so swak soos die res van ons.
Re: Nuwe Universiteitslied! [boodskap #103327 is 'n antwoord op boodskap #103323] Sa, 21 Mei 2005 12:11 Na vorige boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Suidwester" skryf

> 'het die rot begin'.
> ----Vir iemand wat haarself reken as 'n kenner van Afrikaans en ander mense
> gedurig teregwys, is hierdie belaglik. Miskien moet jy maar eerder jou bek
> hou oor die taal antie, jy's net so swak soos die res van ons.

En waaroor, meneer daar agter jou sandduin, kla jy?
Oor my gebruik van die woord "rot" ? Dink jy ek
kry dit van die Engels? Gaan kyk in jou Afrikaanse
woordeboek, as jy een het. En vra om verskoning.

Onthou. Engels en Afrikaans is gebore uit dieselfde
teelaarde. Altwee "begin." In altwee is die man siek.
In altwee begin die rot hier. Engels lyk alleen so
verskillend van Afrikaans weens die teenwoordigheid
van die duisternis Romaanse woorde wat dit
geabsorbeer het nadat dit oorstroom is deur
Franse veroweraars na 1066 wat Frans die taal
van die koninklike hof gemaak het. Engels is
eintlik verfransde Germaans.

Gloudina
Vorige onderwerp: Rex Trueform
Volgende onderwerp: Spoed van die aarde
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Mei 17 07:57:40 MGT 2024