Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » SA trekmaatskappy BREEK ons goed tot in Kanada
SA trekmaatskappy BREEK ons goed tot in Kanada [boodskap #10167] Sa, 02 Augustus 1997 00:00 na volgende boodskap
A&M  is tans af-lyn  A&M
Boodskappe: 1
Geregistreer: Augustus 1997
Karma: 0
Junior Lid
Kyk, ek is so kwaad ek kan slange vang. Gaan 'n vreeslike stink storie
skryf en hoop Huisgenoot gebruik dit. Het foto's ook geneem om dit te
ondersteun.

En waaroor? Flenter meubels! Ons goed het gister hier aangekom. En al die
houtmeubels is flenters! My ouma se kassie het 'n poot af - morsaf! Arno se
lessenaar wat hy op skool gemaak het (geelhout en imbuia) se paneel het
sommer 'n yslike stuk uitgebreek, al die voe"e is los en die dwarshout
agter is uitgebreek. My naaldwerkkabinet se deur is in drie stukke en die
bodem is uitgebreek. Arno se houtlamp wat hy self gedraai het, is afgebreek
bokant die voetstuk.

Dus, gaan nou hierdie storie skryf - want daar is baie, baie mense nog op
pad Kanada toe - om hulle te probeer waarsku. En ook om daardie
trekmaatskappy te dwing om te betaal. Ons bybetaling is natuurlik nie
minder nie as R500. Sal nie hulle naam noem in wat ek ookal skryf
nie - nie voordat die eis ingedien is nie - maar hulle sal wel deeglik weet
dat hulle dit gedoen het, want ons name sal genoem word en ook die feit dat
ons van PE af kom. Daar is baie trekmaatskappye daar, natuurlik.

Wil aanbeveel dat mense wat wil oorsee trek, na 'n maatskappy toe gaan en
aandring op 'n lys name van tevrede trekkers. En as die maatskappy dit nie
wil gee nie, gaan na 'n ander een toe. Hierdie ouens het ons belowe hulle
doen baie trekke oral oor die wêreld en ons het hulle geglo.

Maar die mense wat hier kom aflaai het, sê hulle sal nooit die goed pak
soos wat hierdie ouens dit gedoen het nie! Hulle sê ook hulle lewer baie
goed af van mense uit SA, en daar is altyd, ALTYD goed gebreek, en goed
gesteel. So watse slegte naam het SA nie?

Dus, as julle weet van iemand wat wil oorkom, laat hulle my email as hulle
kan. Ek sal die naam van die trekmaatskappy persoonlik vir hulle stuur, dan
kan niemand sê ek maak dit publiek nie. SA is in elk geval
berug vir sy swak diens.

En as ek met hierdie bohaai kan help dat iemand anders se vertroetelde
meubels verniel word, dan is dit goed. Ook dat die maatskappy sy diens
opknap, natuurlik.

Terloops, ek dink Kanada is wonderlik! As iemand inligting wil h^e, sal ek
probeer help.
Re: SA trekmaatskappy BREEK ons goed tot in Kanada [boodskap #10213 is 'n antwoord op boodskap #10167] Ma, 04 Augustus 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Hannes  is tans af-lyn  Hannes
Boodskappe: 33
Geregistreer: Augustus 1997
Karma: 0
Volle Lid
Dankie vir die raad, diens is baie belangrik en word waarlik afgeskeep in
SA, maar as jy die land verlaat , en jou trek is gebreek, kla oor jou
trek..Moenie die hele SA nou deur die moddeer sleep nie !!!!!!!!!!
Re: SA trekmaatskappy BREEK ons goed tot in Kanada [boodskap #10325 is 'n antwoord op boodskap #10167] Wo, 13 Augustus 1997 00:00 Na vorige boodskap
gal...  is tans af-lyn  gal...
Boodskappe: 191
Geregistreer: Mei 1996
Karma: 0
Senior Lid
"A&M" writes:

> gesteel. So watse slegte naam het SA nie?
>
> SA is in elk geval
> berug vir sy swak diens.
>
> Terloops, ek dink Kanada is wonderlik! As iemand inligting wil h^e, sal ek
> probeer help.
>

As daar nou regtig iets is wat my 'n kramp gee is dit mense wat hul
land van herkoms so afkraak en in die gatte van hul nuwe gashere inklim.
Lyk my jy verwissel land en kultuur so maklik soos onderbroeke.

Ek is ook noual gatvol vir mense uit SA wat niks anders as die mees
gruwelike en negatiewe stories loop en vertel vir buitelanders nie.
Daar is 'n seding soos: Moenie jou vuil wasgoed in die openbaar was nie"
Julle is net besig om die bietjie vertroue en die Rand in sy moer in te stuur.

Ek hoop jy bly lekker daar in Kanada. Wonder of iemand in SA jou gaan mis ?
Ek bly in Australie, maar ek is darem wragtag nie so nie.
Ek is eerder krieties teenoor die nuwe, en probeer die goeie uit my land en
kultuur behou. (Ten spyte daarvan dat ek baie krities staan teenoor my
mede afrikaners oor hul donker verlede).

Groete
Vorige onderwerp: Op soek na Steve Hofmeyr
Volgende onderwerp: Re: Wat is 'n Afrikaner? (vir Stef)
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Wo Mei 15 02:45:39 MGT 2024