Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Prosa & poësie » " 'n Kleinvers vir Ma " deur ANNE-MARIE CONRADIE
" 'n Kleinvers vir Ma " deur ANNE-MARIE CONRADIE [boodskap #103164] Ma, 16 Mei 2005 15:07
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
'N KLEINVERS VIR MA
Anne-Marie Conradie

Ma, saam met moedersmelk
het ons Totius, Leipoldt en Visser verteer;
kwartelklein woorde ontsnap uit koutjies
spalk arendsvlerke oor die aarde uit
moedersmelkwoorde lê donsig in vreemde lande
tussen blaaie van bundels vol verse
in doolhowe van boekrakke in biblioteke
tussen Cervantes en Guido Gezelle
lê my tenger vere by digkuns van poëte.
Vorige onderwerp: " Lied van die Lente " deur Anna-Maria CONRADIE
Volgende onderwerp: " Winternag " deur EUGENE MARAIS
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Apr 18 17:39:19 MGT 2024