Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Re: Wat is 'n Afrikaner? (vir Stef)
|
|
|
Re: Wat is 'n Afrikaner? (vir Stef) [boodskap #10326 is 'n antwoord op boodskap #10266] |
Wed, 13 August 1997 00:00  |
At de Lange
Boodskappe: 297 Geregistreer: November 1995
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Sybrand Burger skryf in artikel
...
> ro...@physics.utoronto.ca skryf:
> Die medium maak dit ongelukkig vir mense moontlik
> om lafhartig en soms naamloos, maar met bravade, van
> agter 'n elektroniese muur te sit en blaf. As mens die ander
> persoon in die gesig moes kyk, sou hy waarskynlik nie die
> moed hê om so neerhalend en aanstootlik op te tree nie.
> As ek na ander nuusgroepe kyk, is dit baie duidelik dat dit nie
> net die slegte in een "kultuur" na vore bring nie, maar miskien
> die slegte in "die mens".
Wat jy hier skryf, is baie waar. Dit het te doen met 'n
oeroue probleem, naamlik die ongekende verwantskap
tussen inhoud en vorm. Hierdie probleem kan opbouend
of afbrekend benader word.
In 'n opbouende sin het eers kunstenaars, toe filosowe,
later wetenskaplikes en nou selfs programmeerders hierdie
probleem benader om die verwantskap te probeer verstaan.
Hierdie mense het hulle dikwels verwonder aan die
harmonie tussen inhoud en vorm.
Maar daar is mense wat net so hard probeer om die
harmonie tussen inhoud en vorm te probeer vernietig,
mense wat 'n vormlose inhoud of 'n inhoudlose vorm
probeer opdis, mense wat agter die inhoud of die vorm
probeer skuil. Jy lig laasgenoemde geval uit.
> Deur 'n persoon aan te val eerder as die persoon se standpunt
> vermors en dreineer ons energie wat beter aangewend kon
> word. Ek hoop dat jou opmerkings nie op dowe ore val nie.
Jou woorde tref my geweldig. Ek het 'n dierbare vriendin
in die VSA wat hulle "energy vampires" noem. Ek en Sherri
het begin korrespondeer n.a.v. my geskryf oor chaos, orde
en kompleksiteit.
Eintlik moes sy hulle "free energy vampires" genoem het om
presies te se wat hulle is. Wanneer 'n mens die groothede
energie en entropie saamvat, kom 'n mens by die begrip
vryenergie uit. Vryenergie is uiters belangrik omdat dit
die bron van entropieproduksie is. Entropieproduksie lei
tot chaos. As die chaos sodanig verhoog word dat 'n
versadigingpunt bereik word, vind die transformasie van
chaos na orde deur 'n bifurkasie plaas.
Die chaos-orde transformasie word 'n bifurkasie genoem
omdat dit ontluikend (emergent) of terugvallend
(immergent) kan wees. Die ontluiking gebeur nie
onvoorwaardelik nie. As die sisteem self die entropie
produseer totdat die versadigingpunt bereik word, is die
kanse op ontluiking veel beter. Dit is omdat die voorwaardes
vir ontluiking ook van toepassing is op die entropie
produksie. In so 'n geval praat 'n mens van 'n
onomkeerbare selforganiserende sisteem, of ook 'n
komplekse aanpaspare dissipatiewe sisteem.
Maar as die omgewing die entropie produseer, is die
kanse op 'n ontluiking baie klein en dus die kanse op
'n terugval geweldig groot. Dit is presies waar die
vryenergie vampiere in die prentjie kom. Let op dat hulle
altyd 'n entropieproduksie in hulle omgewing bekonkel.
Miskien hoop hulle op daardie uiters skrale kans dat
hulle ook daarby baat sal vind, naamlik dat hulleself
ook sal kan ontluik. 'n Groot probleem ontstaan egter
wanneer hulle nie meer hoop het dat hulle self sal kan
ontluik nie. Dan begin hulle uit weerwraak optree en alle
ontluikings beveg met terugvallings. So word hulle
nihiliste.
Alles van die beste
At de Lange
|
|
|
|
 |
Gaan na forum:
[ XML-voer ] [  ]
Tyd nou: Sun Mar 09 18:25:58 UTC 2025
|