Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Pretoria
Pretoria [boodskap #103033] Vr, 13 Mei 2005 12:54 na volgende boodskap
Vusi  is tans af-lyn  Vusi
Boodskappe: 2212
Geregistreer: Februarie 2001
Karma: 0
Senior Lid
Op die oggend (0900) van 21 Mei 2005 (Saterdag) is daar 'n protesoptog vanaf
Kerkplein vir ongeveer 600m om te betoog dat Pretoria Pretoria bly. (Ek sal
skuldig voel as ek, my familie en my vrinne nie daar gaan wees nie.)
Re: Pretoria [boodskap #103072 is 'n antwoord op boodskap #103033] Sa, 14 Mei 2005 20:52 Na vorige boodskapna volgende boodskap
D@D  is tans af-lyn  D@D
Boodskappe: 143
Geregistreer: Mei 2005
Karma: 0
Senior Lid
On Fri, 13 May 2005 05:54:11 -0700, "Jonas" wrote:

> Op die oggend (0900) van 21 Mei 2005 (Saterdag) is daar 'n protesoptog vanaf
> Kerkplein vir ongeveer 600m om te betoog dat Pretoria Pretoria bly. (Ek sal
> skuldig voel as ek, my familie en my vrinne nie daar gaan wees nie.)
>
>
>

So julle gaan daardie protesoptog in Tswane bywoon, Jonas?

Dave
Re: Pretoria [boodskap #103079 is 'n antwoord op boodskap #103033] So, 15 Mei 2005 09:04 Na vorige boodskapna volgende boodskap
D@D  is tans af-lyn  D@D
Boodskappe: 143
Geregistreer: Mei 2005
Karma: 0
Senior Lid
On Sun, 15 May 2005 08:58:10 -0700, "Jonas" wrote:

> Hi Dave.
> Ja ek gaan bywoon.

ek weet Jonas, ek weet.
Was maar net my misgekykte manier
om met 'Tswane' te spot.

DD
koebaai, ek ry nou Thirsty's toe.
Nie om 'n thirst te les nie, maar daar is iets
wat ek wil gaan haal by die vlooimark.
Iets waaroor ek netnou wil gesels.
Sien julle.
Re: Pretoria [boodskap #103105 is 'n antwoord op boodskap #103072] So, 15 Mei 2005 15:58 Na vorige boodskap
Vusi  is tans af-lyn  Vusi
Boodskappe: 2212
Geregistreer: Februarie 2001
Karma: 0
Senior Lid
Hi Dave.
Ja ek gaan bywoon.
Ek glo die verandering is bloot 'n set om die aandag van die onbevoegdehede
van die stadsraad weg te vat. Daar was geen konsultasie met die inwoners van
Pretoria oor die verandering nie - nie met swart of wit nie.
Almal was redelik tevrede met die benaming van die metroppol se naam as
Tshwane - waarom die ouens die verdere verandering wil hê sal net hulle
weet.
Ons (blankes) glo steeds dat protes en protesoptogte is nie 'n beskaafde
manier om dinge te doen nie. Daarteenoor is die swartmense bereid om baie
meer op te offer om hul steme te laat hoor. Ek glo ons sal baie sterker
standpunt moet begin inneem - nie net ter voordeel van witmense nie, maar in
die belang van almal.
Vorige onderwerp: Wat gaan aan?
Volgende onderwerp: Globalisasie
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Ma Jun 03 11:40:40 MGT 2024