Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Lekker » Sport & ontspanning » Wie wil speel in die ubuntu span van Afrikaanse krieket?
Wie wil speel in die ubuntu span van Afrikaanse krieket? [boodskap #10265] Do, 07 Augustus 1997 00:00
At de Lange  is tans af-lyn  At de Lange
Boodskappe: 297
Geregistreer: November 1995
Karma: 0
Senior Lid
@igs.net wrote in article ...
> Ongelukkig speel ek nou nie krieket met
> mense in kleinlike ligas nie. Net met
> mense in groot ligas. Soos At.

Liewe Gloudina,

Jy laat 'n mens dink. Moenie opslagballe, spookballe
ofstreepballe of wydlopers boul nie. Ons sien darem party
van hulle aankom.

Ek voel soos aan my bas dat hier Afrikaans krieket
gespeel word. Maar wie is die twee spanne?

Dis nie buitelanders teen binnelanders nie.
Dis nie wit teen swart nie.
Dis nie mans teen vroue nie.
Dis nie liberaal teen konserwatief nie.
Dis nie die NSA teen die OSA nie.
Dis nie dommes teen slimmes nie.
Dis nie vleeslikes teen geestelikes nie.
Dis nie eters teen dinkers nie.
Dis nie eers chaos teen orde nie.

Wat is dit dan? Probeer jy dalk 'n leidraad gee
met kleinlikes? Is jy doelbewus vaag?

Het dit met kleinlik te doen?
Het dit met hardvogtig te doen
Het dit met verraad te doen?
Het dit met domastrant te doen?
Het dit met hoogmoed te doen?
Het dit met tonnelvisie te doen?
Het dit met verguising te doen?
Het dit net beskuldigings te doen?
Het dit met wanstellings te doen?
Het dit met skoorsoek te doen?
Het dit met grootwaan te doen?
Het dit met terugvalle te doen?

Ek is eerlik, ernstig, nederig en vurig met die volgende:
Ek speel vir die ubuntu span in Afrikaanse krieket omdat
ek wil.

Waarom hou julle aan om vir my fakse te stuur?
Ek weet dat ek myself vir die span gekies het, maar
dis die enigste manier hoe die span gevul kan word.
Of begryp julle nie dat daar nie 'n ander manier is nie?

Hier is die reels, soos ek dit begryp, hoe die ubuntu span
saamgestel word.
1 Elke speler word deur die persoon self gekies om deel
van die span te wees.
2 Geen spelers hoef ooit iewers toestemming te vra
om opgeneem te word nie.
3 Elke speler bly lewenslank 'n spelende lid van die span
ongeag van beserings, gebrek aan talente, ens.
4 Net die speler self kan homself/haarself ontslaan uit
die span en ook net wanneer die speler nie meer
lid van die span wil wees nie.
5 Bewys van lidskap van die span moet ten alle tye
met alle soorte versoeke geduldig gegee word.
6 Vreugde word betoon met elke speler wat aansluit
of wegval en smart word betuig met elke ontslaande
speler.
7 Die unbuntu span sal nooit 'n kaptein kies nie - nie
permanent nie en ook nie tydelik nie.
8 Die leuse van elke speler van die ubuntu span is:
om in liefdevolle harmonie te lewe met God, met
al die ander mense en met die natuur.

Miskien moet ek vir die verstrooides net vertel wat die
nuutgevonde idioom "om vir iemnd 'n faks te stuur"
beteken.

Rugby is nie meer wat dit was nie - geld het in die
spel gekom. Ongelukkig moet mense nog leer hoe
om Mammon sonder teegevolge te aanbid. In hierdie
toestand van onnoselheid (voor die leer plaasvind) word
twee groot foute gemaak.
1 Die spelers tree pateties op as 'n span.
2 Die bestuurders tree pateties op as leiers.
Een bestuurder is berug daarvoor dat hy afdankings
sommer per faks stuur aan sy mense wat nog daar
doer is.

Alles van die beste
At de Lange
Vorige onderwerp: Afrikaanse tennis
Volgende onderwerp: Bokke
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Mei 03 14:22:46 MGT 2024