| Nuwe toets vir obesiteit?:) [boodskap #102578] |
Wo., 13 April 2005 12:08  |
Annette
Boodskappe: 11111 Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
Vanaf 'n ander kol:
Daar was 'n koerantberig van 'n vrou wat 'n selfoon in 'n staatsgebou in
Pietermaritzburg gesteel het. Sy is gesien, ook toe sy die selfoon in haar
rok indruk. Die veiligheidswag by die ingang keer haar voor en nadat sy
ontken het dat die selfoon in haar besit is, deel hy haar mee dat 'n
vroulike wag op pad is om haar te deursoek.
Dis toe dat die vrou al haar klere daar en dan uittrek! Alles. Poedelkaal
staan sy daar en vra: "Sien julle enige selfoon?" Iemand bemerk toe ietsie
by haar boude - die selfoon was tussen haar boude versteek!
Dis toe dat die vrou haar klere gryp en hardloop.
Ek weet nie of die selfoon geval het nie....
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
| Re: Nuwe toets vir obesiteit?:) [boodskap #102627 is 'n antwoord op boodskap #102615] |
Vr., 15 April 2005 15:20  |
Annette
Boodskappe: 11111 Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
Dankie Koot - ek is aan't giggel:))
Iemand op 'n ander forum vertel dat in Natal se middelland het hulle by die
personeeluitgang 'n konstrepsietjie waar die werkers oor 'n loopplak moet
loop om uit te kom - die loopplank is effe hoog - so dis 'n langerige tree
op om bo te kom.
Blykbaar is dit onmoontlik om jou boude geknyp te hou as mens met so 'n hoë
trappie moet opklim, en daar is gereeld ware wat daar onder die klere
uitval.
Nou wil ek net weet of die winkelmense die uitgevalde goed eers skoonmaak
voordat hulle dit terug op die rak sit;))))
--
Groetnis
Annette
"Koot" skryf in boodskap news:d3nn6e$nq7$1@ctb-nnrp2.saix.net...
> In Maritzburg het mevrou Jali
> 'n selfoon gesteel (ni betali)
> Haar slim wegsteekplan
> beteken sy kan
> 'n SMS stuur met haar ali
>
> "Annette" wrote in message
> news:d3j26h$k4t$1@ctb-nnrp2.saix.net...
>> Vanaf 'n ander kol:
>>
>> Daar was 'n koerantberig van 'n vrou wat 'n selfoon in 'n staatsgebou in
>> Pietermaritzburg gesteel het. Sy is gesien, ook toe sy die selfoon in haar
>> rok indruk. Die veiligheidswag by die ingang keer haar voor en nadat sy
>> ontken het dat die selfoon in haar besit is, deel hy haar mee dat 'n
>> vroulike wag op pad is om haar te deursoek.
>>
>> Dis toe dat die vrou al haar klere daar en dan uittrek! Alles. Poedelkaal
>> staan sy daar en vra: "Sien julle enige selfoon?" Iemand bemerk toe ietsie
>> by haar boude - die selfoon was tussen haar boude versteek!
>>
>> Dis toe dat die vrou haar klere gryp en hardloop.
>>
>> Ek weet nie of die selfoon geval het nie....
>>
>
|
|
|
|