Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Wat het gebeur?
Wat het gebeur? [boodskap #102464] So, 10 April 2005 10:23 na volgende boodskap
Spencer  is tans af-lyn  Spencer
Boodskappe: 214
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 0
Senior Lid
Riaan skryf:
So paar maande gelede het ek gesê, ek wonder hoe lank die NG nog gaan
bestaan aangesien dit op daai staduim gemiddeld 5 plasings per dag gehad
het, en nou ewe skielik is hier 'n klomp nuwe mense (of is dit 'n klomp oues
met nuwe name)
Groete
Riaan
............................................................ ............................................................ ........................

Ek het verdwyn vir 'n jaar. Eergister het ek besluit om gou weer te loer.
Toe vloek ek vir klaar weer vir Max. Ek verwyt niemand hier nie, maar die ng
werk vreeslik negatief in op my. Ek's nie hiervoor gebou nie. Ek weet nie
hoe Dave, Gloudina, Ferdi, Max, Annette en nog ander so ure kan deurbring op
die groep nie. Waar kry julle die tyd en die krag?
My lewe het verander vandat ek van die vervlakste rekenaar afgeklim het. Ek
kom selfs voor 22:00 in die kooi.

Groete
Spencer (sien julle volgende jaar)
Re: Wat het gebeur? [boodskap #102468 is 'n antwoord op boodskap #102464] So, 10 April 2005 11:46 Na vorige boodskapna volgende boodskap
DD  is tans af-lyn  DD
Boodskappe: 1166
Geregistreer: Junie 2003
Karma: 0
Senior Lid
On Sun, 10 Apr 2005 22:23:28 +1200, "Spencer" wrote:

> Riaan skryf:
> So paar maande gelede het ek gesê, ek wonder hoe lank die NG nog gaan
> bestaan aangesien dit op daai staduim gemiddeld 5 plasings per dag gehad
> het, en nou ewe skielik is hier 'n klomp nuwe mense (of is dit 'n klomp oues
> met nuwe name)
> Groete
> Riaan
> ............................................................ ............................................................ ........................
>
> Ek het verdwyn vir 'n jaar. Eergister het ek besluit om gou weer te loer.
> Toe vloek ek vir klaar weer vir Max. Ek verwyt niemand hier nie, maar die ng
> werk vreeslik negatief in op my. Ek's nie hiervoor gebou nie. Ek weet nie
> hoe Dave, Gloudina, Ferdi, Max, Annette en nog ander so ure kan deurbring op
> die groep nie. Waar kry julle die tyd en die krag?
> My lewe het verander vandat ek van die vervlakste rekenaar afgeklim het. Ek
> kom selfs voor 22:00 in die kooi.
>
> Groete
> Spencer (sien julle volgende jaar)
>

Hi Spenc:-)

Tyd en krag vra jy... ek het elke dag ure se werk wat ek op rekenaar
doen. Deurlopend meng ek dit met plesier. Want as jy na 'n ander stad
toe ry vir besigheid, hou jy tog by 'n inry kafee sti.

Daarbenewens is my groot hobbie image editing. Terwyl ek sukkel met
layers en filters en nuwe dinge op die proef stel, is dit lekker om
somtyds die nuusgroep oop te maak en te kyk watse twak kwyt geraak
word.

Wat interessant is hier, is dat ons mekaar nou kan vloek en slegsê,
maar wanneer dit op 'n ander tema kom, is ons weer dik pelle. Ek is
nie anders buite die rekenaar nie.

Dave
Re: Wat het gebeur? [boodskap #102473 is 'n antwoord op boodskap #102464] So, 10 April 2005 13:28 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Spencer" skryf

Ek verwyt niemand hier nie, maar die ng
> werk vreeslik negatief in op my. Ek's nie hiervoor gebou nie. Ek weet nie
> hoe Dave, Gloudina, Ferdi, Max, Annette en nog ander so ure kan deurbring op
> die groep nie. Waar kry julle die tyd en die krag?

Liewe Spencer. Ek wonder hoekom die nuusgroep
negatief inwerk op jou. Jy moet dit analiseer. Niks
so onbeduidend soos 'n nuusgroep behoort negatief
in te werk op jou nie.
Terloops, ek dink nie enige van ons wat jy hierbo
noem, bring ure op die nuusgroep deur nie. Ons
flip maar net daarheen wanneer dit ons pas. Vir
myself, ek gebruik dit om elke dag bietjie Afrikaans
te oefen.
Ek hoop jy sal so nou en dan hier kuier. Begin
praat oor iets waarin jy belangstel, en sien dan
hoe lank die draad daaroor kan aanhou.

Gloudina
Re: Wat het gebeur? [boodskap #102489 is 'n antwoord op boodskap #102464] Ma, 11 April 2005 07:36 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Max  is tans af-lyn  Max
Boodskappe: 1496
Geregistreer: Februarie 2004
Karma: 0
Senior Lid
Spence, as jy bietjie terugkyk, sal jy sien dat ek ook vier maande nie hier
was nie en eers verlede week weer teruggekom het. (Mens kan nie vir altyd
wegbly nie!) Hierdie nuusgroep is soos 'n sepie, as jy na vier maande weer
terugkom, neem dit een dag om weer op datum te wees met al die storietjies!

Jy kan maar vir Max vloek, hy kan dit hêndel!

"Spencer" skryf in boodskap news:C876e.17491$1S4.1756775@news.xtra.co.nz...
> Riaan skryf:
> So paar maande gelede het ek gesê, ek wonder hoe lank die NG nog gaan
> bestaan aangesien dit op daai staduim gemiddeld 5 plasings per dag gehad
> het, en nou ewe skielik is hier 'n klomp nuwe mense (of is dit 'n klomp oues
> met nuwe name)
> Groete
> Riaan
>
............................................................ ................
............................................................ ........
>
> Ek het verdwyn vir 'n jaar. Eergister het ek besluit om gou weer te loer.
> Toe vloek ek vir klaar weer vir Max. Ek verwyt niemand hier nie, maar die ng
> werk vreeslik negatief in op my. Ek's nie hiervoor gebou nie. Ek weet nie
> hoe Dave, Gloudina, Ferdi, Max, Annette en nog ander so ure kan deurbring op
> die groep nie. Waar kry julle die tyd en die krag?
> My lewe het verander vandat ek van die vervlakste rekenaar afgeklim het. Ek
> kom selfs voor 22:00 in die kooi.
>
> Groete
> Spencer (sien julle volgende jaar)
>
Re: Wat het gebeur? [boodskap #102527 is 'n antwoord op boodskap #102489] Ma, 11 April 2005 19:42 Na vorige boodskapna volgende boodskap
DD  is tans af-lyn  DD
Boodskappe: 1166
Geregistreer: Junie 2003
Karma: 0
Senior Lid
On Mon, 11 Apr 2005 09:36:31 +0200, "Max" wrote:

> Spence, as jy bietjie terugkyk, sal jy sien dat ek ook vier maande nie hier
> was nie en eers verlede week weer teruggekom het. (Mens kan nie vir altyd
> wegbly nie!) Hierdie nuusgroep is soos 'n sepie, as jy na vier maande weer
> terugkom, neem dit een dag om weer op datum te wees met al die storietjies!
>
> Jy kan maar vir Max vloek, hy kan dit hêndel!
>

kwaai..:-) Dit is waarom jy en ek mekaar nie gemis het nie:-0
Ek het sedert middel November so twee weke(?) gelede vir die
eerste keer weer hier stil gehou. En nogal het ek altyd nuusgroepe
op my rekenaar, maar scsaa was nie eers een van hulle nie. Tot
ek so twee of drie weke gelede nuuskierig geword het oor wat hier
aangaan, en soos jy sê, dit is soos 'n sepie. Die selle
oor&oor&oor&oor&oor ens ens ens
Toevallig was dit ook 4 maande.

DD
Re: Wat het gebeur? [boodskap #102543 is 'n antwoord op boodskap #102527] Di, 12 April 2005 10:45 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Spencer  is tans af-lyn  Spencer
Boodskappe: 214
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 0
Senior Lid
Ja, ek moet erken mens kan nogal verslaaf raak aan die nuusgroep. Mens wil
daarsonder, maar kan ook maar nie. (te nuuskierig) Ek kan skaars glo dat
Dave en Max 4 maande afwesig was.

Spencer

"DD" skryf in boodskap news:0fkl51d4f5c0iq094jif0tfqag3t6fcud3@4ax.com...
> On Mon, 11 Apr 2005 09:36:31 +0200, "Max" wrote:
>
>> Spence, as jy bietjie terugkyk, sal jy sien dat ek ook vier maande nie
>> hier
>> was nie en eers verlede week weer teruggekom het. (Mens kan nie vir altyd
>> wegbly nie!) Hierdie nuusgroep is soos 'n sepie, as jy na vier maande weer
>> terugkom, neem dit een dag om weer op datum te wees met al die
>> storietjies!

>> Jy kan maar vir Max vloek, hy kan dit hêndel!

>
> kwaai..:-) Dit is waarom jy en ek mekaar nie gemis het nie:-0
> Ek het sedert middel November so twee weke(?) gelede vir die
> eerste keer weer hier stil gehou. En nogal het ek altyd nuusgroepe
> op my rekenaar, maar scsaa was nie eers een van hulle nie. Tot
> ek so twee of drie weke gelede nuuskierig geword het oor wat hier
> aangaan, en soos jy sê, dit is soos 'n sepie. Die selle
> oor&oor&oor&oor&oor ens ens ens
> Toevallig was dit ook 4 maande.
>
> DD
>
Re: Wat het gebeur? [boodskap #102558 is 'n antwoord op boodskap #102543] Di, 12 April 2005 15:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Max  is tans af-lyn  Max
Boodskappe: 1496
Geregistreer: Februarie 2004
Karma: 0
Senior Lid
"Spencer"
> Ja, ek moet erken mens kan nogal verslaaf raak aan die nuusgroep. Mens wil
> daarsonder, maar kan ook maar nie. (te nuuskierig) Ek kan skaars glo dat
> Dave en Max 4 maande afwesig was.
>
> Spencer

Ek wonder of sommige mense dink dat Dave as Max pos... Ek sal nie verbaas
wees nie!
Re: Wat het gebeur? [boodskap #102575 is 'n antwoord op boodskap #102558] Wo, 13 April 2005 10:53 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Spencer  is tans af-lyn  Spencer
Boodskappe: 214
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 0
Senior Lid
Nee wat Max. Ek weet jy's beslis van Holland en Dave van Suidwes. Laat my
dink aan Koos Kombuis en Stef Bos se liedjie, "Die Duiwel en God" waar God
sing "Jy is van Holland, en ek is van hier"

"Max" skryf in boodskap news:425be3bc$0$142$e4fe514c@news.xs4all.nl...
>
> "Spencer"
>> Ja, ek moet erken mens kan nogal verslaaf raak aan die nuusgroep. Mens
>> wil
>> daarsonder, maar kan ook maar nie. (te nuuskierig) Ek kan skaars glo dat
>> Dave en Max 4 maande afwesig was.

>> Spencer
>
> Ek wonder of sommige mense dink dat Dave as Max pos... Ek sal nie verbaas
> wees nie!
>
Re: Wat het gebeur? [boodskap #102582 is 'n antwoord op boodskap #102575] Wo, 13 April 2005 14:46 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Max  is tans af-lyn  Max
Boodskappe: 1496
Geregistreer: Februarie 2004
Karma: 0
Senior Lid
Ek het gou op http://www.stefbos.nl/liedteksten/liedtekst/60 die woorde gaan
lees, want dit maak natuurlik 'n verskil of Koos sê "Jy is van Holland, en
ek is van hier", en of God sê "Jy is van Holland, en ek is van hier"

Ons maak samen oorlog
Ons maak saam plesier
Ek es van Holland
En ek es van hier
Ek es die toeval
En ek es die lot
Ek es die duiwel
En ek es God

Toemaar, ek weet ek es nie, ek is, maar sê staan dit op Stef se site!

"Spencer"
> Nee wat Max. Ek weet jy's beslis van Holland en Dave van Suidwes. Laat my
> dink aan Koos Kombuis en Stef Bos se liedjie, "Die Duiwel en God" waar God
> sing "Jy is van Holland, en ek is van hier"
Re: Wat het gebeur? [boodskap #102587 is 'n antwoord op boodskap #102558] Wo, 13 April 2005 19:43 Na vorige boodskap
DD  is tans af-lyn  DD
Boodskappe: 1166
Geregistreer: Junie 2003
Karma: 0
Senior Lid
On Tue, 12 Apr 2005 17:00:59 +0200, "Max" wrote:

>
> "Spencer"
>> Ja, ek moet erken mens kan nogal verslaaf raak aan die nuusgroep. Mens wil
>> daarsonder, maar kan ook maar nie. (te nuuskierig) Ek kan skaars glo dat
>> Dave en Max 4 maande afwesig was.

>> Spencer
>
> Ek wonder of sommige mense dink dat Dave as Max pos... Ek sal nie verbaas
> wees nie!
>

as ek en jy vir 4 maande wegraak, en die selfde tyd terug kom,
is hulle net hoflik as hulle dit nie sê nie Max.
Vir Gloudina sal ons 'n ander verskoning moet uitdink:-)

Dave
Vorige onderwerp: NATS
Volgende onderwerp: Haarsnyer erken vernedering
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Mei 18 01:06:05 MGT 2024