Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Namibië se Agribank soek miljoene
Namibië se Agribank soek miljoene [boodskap #102291] Di, 05 April 2005 13:19
PietR  is tans af-lyn  PietR
Boodskappe: 3341
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
Agv regstellende aksie boere wat grond deur die Agribank gekoop het, is daar
'n agterstallige skuldlas van N$190 miljoen by die bank van die 300 uit 650
regstellende boere wat agterstallig is met hulle terugbetalings. Eenvoudig
gestel, soos ek al in die verlede vele kere gedoen het, as jy vir 'n mens 'n
stukkie grond gee wat te klein is om op ekonomies te boer, is daar geen
manier waarop jy die persoon bemagtig nie. Jy druk hom net dieper die
modder in en dit wat jy probeer doen het, draai heel verkeerdom. Jy haal
produserende boere van grond af en vervang dit met plakkers wat die tyd
omsit en wag wanneer vat die bank hulle grond weer weg. Eenvoudig soos
dit.
Maar die mense leer nooit. Daar is steeds die leuenstoelkenners wat
reken as jy vir iemand 'n stuk grond 'gee', dan is hy outomaties ryk en
bemagtig. Jyk dan na die ryk kommersiële boere? Hulle het op die rugte
van hul swart werkers gery en skatryk geword? Gee die grond vir die
werkers sodat hulle ook ryk kan word! A la Gloudina en haar trawante.
Nou vind ons uit dat daar een ding is wat nodig is vir suksesvol boer:
Deursettingsvermoë, hare op die tande en die bereidheid om te werk en te
leef soos 'n hond tot die dag dat die geld meer inkom as wat dit uitgaan.
Niemand gaan kyk na die historiese feite van bestaande boere en sien dat dit
die beste deel van 15 jaar vat voor 'n man op 'n rou stuk grond werklik op
sy voete kom nie.
Vorige onderwerp: Mbeki verkoop syn Privaat jet.
Volgende onderwerp: Robert en Zim
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Jun 08 14:44:30 MGT 2024