Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Hierdie ou forumpie is te liberaal!
Hierdie ou forumpie is te liberaal! [boodskap #102096] |
Di., 29 Maart 2005 21:19  |
ek.kyk....@gmail.com
Boodskappe: 67 Geregistreer: Maart 2005
Karma: 0
|
Volle Lid |
|
|
Die ou forumpie is by verre te liberaal. Ek dink ons moet bietjie plan
maak om mense soos Gloudina 'n paar van die waarhede in die ou lewe te
leer. Julle kom met vêr te veel onsin weg op die ou forumpie.
Kom ons kyk of julle die waarheid kan hanteer.
Groetnis
En ek kyk vir jou!
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
Re: Hierdie ou forumpie is te liberaal! [boodskap #102243 is 'n antwoord op boodskap #102234] |
Ma., 04 April 2005 01:24   |
Bobby[1]
Boodskappe: 76 Geregistreer: Januarie 2005
Karma: 0
|
Volle Lid |
|
|
wrote in message
news:1112539642.874475.269560@o13g2000cwo.googlegroups.com.. .
> lol
>
> So dit is jou reaksie op 'n nuweling se "post"?
As 'n nuweling goeie maniere het, sal hy/sy met goeie maniere behandel word.
Kyk maar na jouself en jou plasings, en probeer nou vir jouself uitwerk of
jy maniere het.
Jy en
> ander "sout" van die forum beskou die forum as julle persoonlike
> masturbasie plek waar julle kan draad trek oor alles en wat nog om
> julle liberale piele en tiete te laat sidder en buig onder die geknars
> van julle kollektiewe abnormaliteite.
Weereens die tipiese reaksie van iemand wat nie logies, in goeie taal met
ordentlikheid kan redeneer nie. Die manier waarop jy reageer, spreek
boekdele van jou gebrek aan intelligensie. Ja, ou Seun, wend jou maar tot
die normale taal wat jy en mense soos jy, gewoonlik begin gebruik wanneer
hulle besef dat hulle nie op 'n beleefde en intelligente manier kan redeneer
nie.
Jy weet julle liberale snert het
> geen vooruitgang vir die aarde beteken nie en tog kry julle julle
> "kicks" uit goed soos Zimbabwe, migrasie na Europa deur vreemdelinge en
> wat nog. Dan het julle nog die vermetelheid om te ontken dis julle
> skuld dat plekke begin inmekaar donner. Neem bietjie
> verantwoordelikheid vir jou gedagtes ou beesblaas!
Grote Griet. Vir mense soos jy kan ek net simpatie hê. Ek bedoel, waarvan
praat jy nou eintlik? Het jy nou regtig gedink die vorige regering se
onregverdige beleid sou vir ewig kon aanhou? Haai, jy kan seker darem nie
so onnooslik wees nie? Nee wragtag. Shame.
|
|
|
|
|
|
|
Re: Hierdie ou forumpie is te liberaal! [boodskap #102476 is 'n antwoord op boodskap #102274] |
So., 10 April 2005 23:00   |
Bobby[1]
Boodskappe: 76 Geregistreer: Januarie 2005
Karma: 0
|
Volle Lid |
|
|
wrote in message
news:1112679867.668680.133070@o13g2000cwo.googlegroups.com.. .
> lol
>
> Mooi skoot! En toe verlaag jy jou wel tot my vlak. Ek het geslaag! Sien
> jy is darem al bietjie ongemaklik in jou voormalige "comfort zone"...
Nou van watter "comfort zone" praat jy nou eintlik? Dit is vir my maklik en
selfs natuurlik om myself tot 'n sekere vlak te verlaag, want gelukkig het
ek darem die vermoë om myself weer te verhoog na my normale intelligensie
vlak. Mense soos jy kan dit ongelukkig nie doen nie.
> Ek maak darem geen verskoning vir my gedrag nie en erken skaamteloos ek
> is maar lekker kras op die forumpie. Nie so in regte lewe nie kan ek
> jou belowe.
Besef jy hoe tragies jou stelling hierbo is? Dat jy jou "normale" self (wat
dit nou ook al is) moet ontken net om 'n punt te maak? Regtig tragies.
Soos ek voorheen gesê het, mens word beoordeel, of veroordeel, aan wat jy
sê, en nie wie dit sê nie. Ons gee nie eintlik om of jy nou 'n gesplete
persoonlikheid het (soos jy hier erken) of nie, dis hoe jy jouself op die
groep openbaar, wat belangrik is. En werklik waar, as jy in 'n goeie huis
grootgeword het en jou ouers jou op die regte manier grootgemaak het, sal jy
wel die ordentlikheid hê om verskoning te vra as jy die perke van
beleefdheid oorskrei.
> 1 vir my en 0 vir jou.
En dis vir jou belangrik om gewaande punte bymekaar te maak? Ek kry jou al
hoe meer jammer.
> Jy is naby reg met jou aanname oor seks. Ek probeer dit veilig hou.
> Deesdae kan mens nie te versigtig wees nie.
>
Ek is gewoonlik reg in my aannames, want ek lees tussen die lyne ook. Ek is
'n redelik goeie mensekenner, seker maar 'n gevolg van my beroep. Miskien
moet jy probeer om net een verhouding te hê met iemand wat jy kan vertrou -
dis baie vervullend. Maar nou ja, dit hang natuurlik daarvan af of iemand
in jou sal belangstel.
|
|
|
|
Re: Hierdie ou forumpie is te liberaal! [boodskap #102537 is 'n antwoord op boodskap #102479] |
Ma., 11 April 2005 23:13  |
Bobby[1]
Boodskappe: 76 Geregistreer: Januarie 2005
Karma: 0
|
Volle Lid |
|
|
wrote in message
news:1113198288.903605.100510@l41g2000cwc.googlegroups.com.. .
> Terwyl ek die trane van pyn en smart uit my oë vee wil ek net
daarop wys dat jy om jou eie woorde krag te gee maar eerder nie op my
plasings moet reageer nie. Elke keer wat jy van nou af reageer maak jy
> jou woorde bo so bietjie minder kragtig.
'n Poging tot sarkasme? jy weet seker dit is gewoonlik die laaste
stuiptrekking van 'n verrotte brein. Jy blaas die aftog? Toemaar, jy is
nie die eerste mens wat ingee wanneer ek logika gebruik nie - die meeste
mense kan nie logiese denke tot hul eie voordeel inspan nie.
> Jy is egter verkeerd in jou
denke as jy dink mense hier is vreeslik eerlik >oor wie of wat hulle is.
Ek het nooit probeer voorgee dat mense hier vreeslik eerlik is nie - net dat
mense beoordeel word aan wat hulle hier sê, of hulle nou eerlik is of nie.
> Die meeste mense (en ek verwys bepaald na die wat in so dwaal leef oor
wat in SA aan die gebeur is) hier is hier om sosiale aanvaarding te
kry. Die forum het beweeg in 'n hoek in waaruit mooi praat en saamstem
> nie gaan help om hom uit te kry nie.
Sosiale aanvaarding van mense wat jy glad nie ken nie? Nee wat, as iemand
so pateties is om dit op 'n nuusgroep te soek, sal mens gou daardeur sien.
Jy verstaan nuusgroepe nie baie goed nie - dis nie 'n vriendekring nie
(daarvoor gaan jy na Yahoo se gemeenskappe toe waar vriende met mekaar
gesels en waar jy inteken op 'n sekere groep). Dis 'n klomp mense wat
opinies lug - soms stem hulle saam, soms nie. Niemand ken niemand nie - ons
raak net gewoond aan mekaar oor die jare, en leer mekaar se opinies ken.
Dis een probleem wat veral Afrikaanssprekende Suid-Afrikaners het: dis baie
moeilik om verdraagsaam te wees in soverre dit verskillende politieke of
godsdienstige opinies betref. Slegs wanneer almal soos ingeligte
volwassenes van mekaar kan verskil sonder om noodwendig beledigend en
vuilmond te raak, slegs dan sal oplossings gevind word.
> Die waarheid is dat ek nie soveel vir my taal as vir my filosofie uitgekryt word deur jou en ander nie. Ons stem nie saam oor die oorsake
> van probleme in SA en die oplossings nie.
Weereens is dit jóú waarheid dié. Ek persoonlik neem aanstoot van vuil of
kras taal - ek glo daar is baie meer aanvaarbare maniere om selfs aggressief
jou opinie te lug. Ek gee nie om oor jou filosofie nie - jy is geregtig op
jou eie opinie. Maar bespreek dit op 'n redelike en logiese manier, moenie
dit hier in kru taal kom uitskree nie. Dis onnodig en laat mense
onmiddellik teen jou draai. En dan beteken jou bydraes niks nie, want almal
onthou jou eerste plasings.
> Loerder
Hou op loer en neem deel, dan kan ons regtig begin gesels.
|
|
|
|
 |
Gaan na forum:
[ XML-voer ] [  ]
Tyd nou: So. Apr. 13 11:07:37 UTC 2025
|