Tuis » Lekker » Sport & ontspanning » Geluk Haaie!!
Geluk Haaie!! [boodskap #102063] |
Sat, 26 March 2005 18:04 ![na volgende boodskap na volgende boodskap](/theme/default/images/down.png) |
Annette
Boodskappe: 11112 Geregistreer: August 2003
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
Ai, watter lekker wedstryd om na te kyk!.
Daar spring die Haaie toe met 1 wedstryd bo-oor die Bababloubulletjies op
die punteleer:)) ( eintlik trek hulle nou gelyk)
Die Katte het ook eintlik goed gespeel, as mens in aanmerking neem dat daar
etlike grondonnosel spelers in die span is:))
Arme Stormers - hulle speel met 'n wil om te verloor:)
--
Groetnis
Annette
|
|
|
|
|
Re: Geluk Haaie!! [boodskap #102080 is 'n antwoord op boodskap #102078] |
Tue, 29 March 2005 05:59 ![Na vorige boodskap Na vorige boodskap](/theme/default/images/up.png) |
PietR
Boodskappe: 3341 Geregistreer: July 2003
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Dis mos in ons kultuur, is dit nie? Van kindsbeen word ons vertel jy kan
maar droogmaak soos jy wil, daar's altyd daardie 'delete' knoppie wat jy by
die kerk kan gaan druk om 'sorry-sorry' te sê en alles is vergewe.
Intussen kan jy die grootste vark wees in jou persoonlike lewe of in
besigheid verneuk dat die sop spat, solank jy net daai 'sorry' kan sê, dan
is jy OK. Iewers, êrens sal dit tot die afrigtingspanne moet deurdring dat
hulle van 'n kant af sal moet begin om die spelers [huidige ook!], sekere
vaardighede sal moet aanleer as SA rugby ooit weer op werklike kompeterende
vlak internasionaal wil kom. Kyk net hoe die NZ en die OZ spelers hardloop
as hulle hul opponente wil aanvat. Ons manne het g'n 'clue' watter kant sy
opponente gaan aftrap nie en dit maak elke duikslag 'n 50-50 besluit.
Daarenteen, hol ons manne reguit vir die verdedigers en het hulle 'n amper
100% kans op eerste kontak. Jarre gelede het 'n top-atletiekafrigter vir
my gesê as jy wil vinnig hardloop, dan moet jy jou ritme regkry. Omtrent
enige mens kan dit aanleer. Die NZ en Oz-manne word geleer om af te trap
van enige voet af en jy hol net nooit in 'n reguit lyn nie..............en
jy vermy kontak sover moontlik......EN jy laat speel die bal, nie die man
nie.
"Jonas" skryf in boodskap news:d298g8$6qn$1@ctb-nnrp2.saix.net...
> 'n Wonderwerk. (Ek dink dis hoe die games daar Bo sal uitsien.)
> Suidwester - ek is dit eens met jou. 'n Versugting na 'n enkel
> rugby-Messiahs sal nie werk nie - en ek hoop die outjie word kans gegun om
> mooi groot te word. Plaaslik (Noord-Transvaal) lê die lyke kniediep van
> die
> sg. tweede Naas-sindroom. Die nuutste is Hougaardt wie se koppie, dink ek,
> uitgehaak het. Vroeg ryp, vroeg vrot, vroeg wys vroeg sot ...
>
|
|
|
|
![Stuur antwoord](/theme/default/images/post_reply.gif) |
Gaan na forum:
[ XML-voer ] [ ![XML-voer RSS](/theme/default/images/rss.gif) ]
Tyd nou: Mon Feb 17 18:39:50 UTC 2025
|