Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Gister se vakansiedag
Gister se vakansiedag [boodskap #102003] Di, 22 Maart 2005 05:37 na volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Ek hoop daar was darem een deelnemer hier wat wou gaan sit in die son en
luister na toesprake:))
Daar is glo gister in Guguletu 'n monumentding onthul wat die 6 onskuldige
masjeerders wat deur die polisie doodgeskiet is, huldig.
Ek sien nog geen monument ter huldiging van die duisende onskuldiges wat
vermoor word in die townships aan die hand van misdadigers nie.
Daar is nog ook geen monument vir die etlike onskuldiges wat doodbrand
wanneer 'n onverskillige sy lapwoning aan die brand steek, en die hele
gemeenskap se lapwonings ook afbrand nie.
--
Groetnis
Annette
Re: Gister se vakansiedag [boodskap #102015 is 'n antwoord op boodskap #102003] Di, 22 Maart 2005 13:42 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Annette" skryf

> Daar is glo gister in Guguletu 'n monumentding onthul wat die 6 onskuldige
> masjeerders wat deur die polisie doodgeskiet is, huldig.
> Ek sien nog geen monument ter huldiging van die duisende onskuldiges wat
> vermoor word in die townships aan die hand van misdadigers nie.
> Daar is nog ook geen monument vir die etlike onskuldiges wat doodbrand
> wanneer 'n onverskillige sy lapwoning aan die brand steek, en die hele
> gemeenskap se lapwonings ook afbrand nie.

En jou punt is? Of het jy die stukkie geskryf net
sodat jy so lekker moreel kan voel agter jou
blaaie, en jouself kan toelaat om te kritiseer en
terselfdertyd kan voel dat niemand jou kan
kritiseer oor jou ooglopende witgesmeerde-
graf- opmerking nie.
As jy enigiets oor die beloop van dinge oor
die wêreld weet, sal jy weet dat mense wat
ikone word vir 'n maatskaplike rewolusie,
gewoonlik vereer word met monumente en
sulke dinge. Toe ek vir die eerste keer kom
in die ko-op koshuis van een van ons kinders
by die Universiteit van Waterloo hier in Ontario,
toe is die drie vloere vernoem na drie mense
waarvan ek die naam gladnie herken nie. Toe
ek vra wie hulle was, toe hoor ek dis die name
van die drie studente ( Amerikaanse studente)
wat vermoor is in die eerste onrus in Mississippi
in die sestigerjare. Dis nou Amerikaners, maar
hulle word vereer deur 'n klomp Kanadese.
( Heelwaarskynlik was daar Amerikaanse
draft-dodger denke daaragter. Ons het nou
nog oud-Amerikaners hier in Kanada, wat
draft dodgers was gedurende die Vietnam
era, en wat toe maar sommer in Kanada bly
woon het.)

Gloudina
Re: Gister se vakansiedag [boodskap #102025 is 'n antwoord op boodskap #102003] Di, 22 Maart 2005 19:30 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Daun Johnson  is tans af-lyn  Daun Johnson
Boodskappe: 1155
Geregistreer: Januarie 2009
Karma: 0
Senior Lid
On Tue, 22 Mar 2005 07:37:54 +0200, "Annette" wrote:

> Ek hoop daar was darem een deelnemer hier wat wou gaan sit in die son en
> luister na toesprake:))
> Daar is glo gister in Guguletu 'n monumentding onthul wat die 6 onskuldige
> masjeerders wat deur die polisie doodgeskiet is, huldig.

een van die wie se beendere 'n paar dae gelede opgegrawe is, was in
ons lokale koerante bespreek as iemand wat, op 'n jong ouderdom
na die buiteland is waar hy deur die anc opgelei is.

quote (vertaald)
"toe keer hy terug en word op sy eerste sending vir 'n spesiale taak,
deur die veiligheidspolisie vermoor."
stop quote

Ek het gewonder of ek oor daardie sin moes lag, moes vra dat
die berigskrywer vertel van die sending waartydens hy deur
die veiligheidspolisie 'vermoor' is, of dit met minagting uit my
gedagtes stel. Laasgenoemde is wat ek gedoen het.

Heelwat strate hier by ons se name word nou verander na
anc gekose geskiedkundige name.

Point word Mahadma Ghandi. Gister is die Martin West gebou
in West str. se naam verander na Florence Mkhize en 'n borsbeeld
van haar is daar onthul. Die M4 hoofweg se naam is gister verander
na 'Inkosif Albert Luthuli Highway' en vir hom gaan 'n standbeel
opgerig word langs die van Gen Louis Botha. Dit gaan meer as R400 000
kos. King Dinizulu se standbeeld is gister daar onthul. (wie was hy?)

Wat ek toe komies vind is dat die burgemeester, Obed Mlaba sê,
na aanleiding daarvan dat ook West str. se naam verander gaan word,
dat hy nooit kon uitvind wié West was nie. Sommer terloop sê die
Mercury in opvolg daarna wie West was en wanneer hy na Suid Afrika
gekom het en watse Goewerneur hy was tot wanneer ens. (1806 tot
1849 of so iets.)

Voorts sê KZN Premier S'bu Ndebele dat hulle al die name wat verband
gehou het met apartheid gaan verander. Die burgemeester 'kon nooit
uitvind wie Martin West was nie' en ek wonder weer watse apartheid het
West hom mee opgehou.

DD
Re: Gister se vakansiedag [boodskap #102026 is 'n antwoord op boodskap #102025] Di, 22 Maart 2005 20:45 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Dave" skryf

> Point word Mahadma Ghandi.

Ek is amper seker dit word Mahatma Ghandi
gespel.
Het jy geweet dat tot in die vyftigerjare
'n seun van Ghandi daar naby Durban
gebly het.

Gloudina
Re: Gister se vakansiedag [boodskap #102027 is 'n antwoord op boodskap #102025] Di, 22 Maart 2005 20:48 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Dave" skryf

Die burgemeester 'kon nooit
> uitvind wie Martin West was nie' en ek wonder weer watse apartheid het
> West hom mee opgehou.

Wat word van jou soort se gesanik dat jou intellektuele en immorele
politieke voorvaders nie apartheid ontwikkel het nie, maar dit net by
die Engelse "oorgeneem" en verfyn het?

Gloudina
Re: Gister se vakansiedag [boodskap #102030 is 'n antwoord op boodskap #102026] Di, 22 Maart 2005 21:34 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Daun Johnson  is tans af-lyn  Daun Johnson
Boodskappe: 1155
Geregistreer: Januarie 2009
Karma: 0
Senior Lid
On Tue, 22 Mar 2005 15:45:30 -0500, "@rogers.com" wrote:

>
> "Dave" skryf
>
>> Point word Mahadma Ghandi.
>
> Ek is amper seker dit word Mahatma Ghandi
> gespel.
> Het jy geweet dat tot in die vyftigerjare
> 'n seun van Ghandi daar naby Durban
> gebly het.
>
> Gloudina
>

Ek dink jy is reg. Ek sou dit ook so gespel het,
as ek gelees het wat ek geskryf het.
Die t'n lyk regter as die d'n. Die d'n
was sommer ingedagte daar geplant.

Sowat drie weke gelede is Mahatma Ghandi
se kleindogter gevra hoe sy daaroor voel
dat die berugte Point Road na haar oupa
vernoem word. (Point was vroeër jare
een van dié rooi strate, indien nie juis dié nie.
In 'n sterk mate stéeds.) Ook is dit
'n straat waar ernstig met dwelms
gesmokkel word.

Toe ek dit lees het dit geklink asof sy
in Phoenix hier by ons woon. Ek kon
verkeerd afgelei het, want dit was meer
'n afleiding as bevestiging. Ek het dit
met nie veel belangstelling gelees.)

In elk geval, sy het gesê dat haar
oupa so beskeie was, dat hyin Point
sou gewoon het, waarvandaan hy
opheffingswerk sou gedoen het.

Die Indiërgemeenskap wat net van hom
gelees het, is sterk te velde daarteen.
Re: Gister se vakansiedag [boodskap #102031 is 'n antwoord op boodskap #102027] Di, 22 Maart 2005 21:38 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Daun Johnson  is tans af-lyn  Daun Johnson
Boodskappe: 1155
Geregistreer: Januarie 2009
Karma: 0
Senior Lid
On Tue, 22 Mar 2005 15:48:12 -0500, "@rogers.com" wrote:

>
> "Dave" skryf
>
> Die burgemeester 'kon nooit
>> uitvind wie Martin West was nie' en ek wonder weer watse apartheid het
>> West hom mee opgehou.
>
> Wat word van jou soort se gesanik dat jou intellektuele en immorele
> politieke voorvaders nie apartheid ontwikkel het nie, maar dit net by
> die Engelse "oorgeneem" en verfyn het?
>
> Gloudina
>

Dit bestaan steeds, en ek onderskryf dit steeds. As jy dit nie
weet nie, is jou kennis van geskiedenis kokkaai.
Tog het die bietjie wat ek van Martin West gelees het, dit nie so laat
klink nie. Hy is op baie vreoë ouderdom, in sy laat veertigs dink ek,
oorlede. Ek sal nou op internet kyk of ek sy naam opspoor.

DD
Re: Gister se vakansiedag [boodskap #102032 is 'n antwoord op boodskap #102031] Di, 22 Maart 2005 21:54 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Daun Johnson  is tans af-lyn  Daun Johnson
Boodskappe: 1155
Geregistreer: Januarie 2009
Karma: 0
Senior Lid
On Tue, 22 Mar 2005 23:38:12 +0200, Dave wrote:

> Ek sal nou op internet kyk of ek sy naam opspoor.
>
> DD
>

haha, dit was nou snaaks. Toe ek kyk of ek sy naamopspoor.

Die hoofweg na Durban Noord is die NMR wat vernoem is na
die Natal Mountain Scouts, en hulle is op die oomblik heftig
verontwaardig dat die naam verander gaan word.

Nou kom ek hierop af:

Deputy Mayor Logie Naidoo said that the Natal Mounted Rifles in NMR
Avenue had sent in an interesting suggestion.

"They asked that the road remain as NMR: just that the initials should
stand for the Nelson Mandela Road."
http://www.iol.co.za/index.php?set_id=1&click_id=13& art_id=vn20040812105959545C561686
Re: Gister se vakansiedag [boodskap #102033 is 'n antwoord op boodskap #102030] Di, 22 Maart 2005 22:25 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Dave" skryf

> Toe ek dit lees het dit geklink asof sy
> in Phoenix hier by ons woon. Ek kon
> verkeerd afgelei het, want dit was meer
> 'n afleiding as bevestiging.

Sy is seker die dogter van die seun
van Mahatma Ghandi wat ek in my
dae by Adams College besoek
het by 'n ashram wat by Phoenix was.

Gloudina
Re: Gister se vakansiedag [boodskap #102034 is 'n antwoord op boodskap #102033] Di, 22 Maart 2005 23:13 Na vorige boodskap
Daun Johnson  is tans af-lyn  Daun Johnson
Boodskappe: 1155
Geregistreer: Januarie 2009
Karma: 0
Senior Lid
On Tue, 22 Mar 2005 17:25:07 -0500, "@rogers.com" wrote:

>
> "Dave" skryf
>
>> Toe ek dit lees het dit geklink asof sy
>> in Phoenix hier by ons woon. Ek kon
>> verkeerd afgelei het, want dit was meer
>> 'n afleiding as bevestiging.
>
> Sy is seker die dogter van die seun
> van Mahatma Ghandi wat ek in my
> dae by Adams College besoek
> het by 'n ashram wat by Phoenix was.
>
> Gloudina
>

Seker.
1:15vm - Goeie nag
Vorige onderwerp: Rehoboth-moord [vervolg]
Volgende onderwerp: Ferdi sien die lig!
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Jun 01 16:10:15 MGT 2024