Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Dit móét gesê word!
Dit móét gesê word! [boodskap #101674] Do, 03 Maart 2005 07:48 na volgende boodskap
PietR  is tans af-lyn  PietR
Boodskappe: 3341
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
'n Kanker is besig om Afrika te eet en ons gewone mense is eintlik nie eers
bewus daarvan nie want ons word nie direk geraak nie. Ongeag van wat met
die politiek gebeur het in die verlede, daar was deur die jare 'n
staatspensioenfonds opgebou deur bydrae van werkende mense en wat bestuur
word namens die Staat vir die gewone burgers van die land. Weens die
omvang van die bedrae geld betrokke, is hierdie nie 'n taak wat sommer sê
aangepak kan word nie. Ongelukkig, weens regstellende aksie, het meeste
van die mense met die kundigheid en die ervaring, die pad gevat
privaatsektor toe want bevordering en hul toekoms by die staatsdiens het
donker geword. Dit het mense in beheer gelos sonder die nodige
ondervinding. Duer die jare is reeds moerse bedrae geld verloor op wilde
skemas waarin entrepeneurs die bestuurders van hierdie fonds oortuig het om
in hul skema te belê....tot nadeel van die delers van die pensioenfonds
natuurlik! Amper sonder uitsondering spring hierdie entrepeneurs uit en
bou firmas op wat skrik vir niks. Die direkteure word magtige salrisse
betaal en ry groot Benze en X5's, dra Armani en volstruisleerskoene. So 'n
paar jaar later verder, is die hele spul bankrot en die Fonds sit met 'n
groot verlies.
Laas week het die franchise houers van Nando's in Windhoek sy gat gesien
en het die fonds sowat R14 miljoen verloor. Die fotos in die koerant van
die toestand van hul uitlate in Windhoek was so erg dat enigiemand wat
daarna nog Nando's koop, moet sy kop laat lees. Sowat van vuil is lanklaas
gesien en op die persele is nooit onderhoed gedoen nie. Dis natuurlik
onregverdig om ander Nando's uitlate te tipeer volgens hierdie fiasko, maar
so 'n beeld by kleef.
Re: Dit móét gesê word! [boodskap #101678 is 'n antwoord op boodskap #101674] Do, 03 Maart 2005 08:33 Na vorige boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Janee - mens noem dit sommer net pleinweg steel.

Van Nando's gepraat, ek koop net graag by een plek - die een in Edwardstraat
in Bellville. Ek gaan nie naby die een in Langstraat in Kaapstad nie.

Hang natuurlik van die bestuurder en personeel af hoe die plek lyk.

O ja - ek het vergeet om te vertel - Die Lions Head Pub by Panorama, waar
ons altyd so lekker en goedkoop kon eet, het voorverlede Saterdag
heeeeeeltemal afgebrand...

--
Groetnis
Annette

"Suidwester" skryf in boodskap news:bvqdnRy1o_hPWrvfRVn-uA@is.co.za...
> 'n Kanker is besig om Afrika te eet en ons gewone mense is eintlik nie eers
> bewus daarvan nie want ons word nie direk geraak nie. Ongeag van wat met
> die politiek gebeur het in die verlede, daar was deur die jare 'n
> staatspensioenfonds opgebou deur bydrae van werkende mense en wat bestuur
> word namens die Staat vir die gewone burgers van die land. Weens die
> omvang van die bedrae geld betrokke, is hierdie nie 'n taak wat sommer sê
> aangepak kan word nie. Ongelukkig, weens regstellende aksie, het meeste
> van die mense met die kundigheid en die ervaring, die pad gevat
> privaatsektor toe want bevordering en hul toekoms by die staatsdiens het
> donker geword. Dit het mense in beheer gelos sonder die nodige
> ondervinding. Duer die jare is reeds moerse bedrae geld verloor op wilde
> skemas waarin entrepeneurs die bestuurders van hierdie fonds oortuig het om
> in hul skema te belê....tot nadeel van die delers van die pensioenfonds
> natuurlik! Amper sonder uitsondering spring hierdie entrepeneurs uit en
> bou firmas op wat skrik vir niks. Die direkteure word magtige salrisse
> betaal en ry groot Benze en X5's, dra Armani en volstruisleerskoene. So 'n
> paar jaar later verder, is die hele spul bankrot en die Fonds sit met 'n
> groot verlies.
> Laas week het die franchise houers van Nando's in Windhoek sy gat gesien
> en het die fonds sowat R14 miljoen verloor. Die fotos in die koerant van
> die toestand van hul uitlate in Windhoek was so erg dat enigiemand wat
> daarna nog Nando's koop, moet sy kop laat lees. Sowat van vuil is lanklaas
> gesien en op die persele is nooit onderhoed gedoen nie. Dis natuurlik
> onregverdig om ander Nando's uitlate te tipeer volgens hierdie fiasko, maar
> so 'n beeld by kleef.
>
Vorige onderwerp: Sam Nujoma
Volgende onderwerp: Lewer 'n bydrae ...
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Jun 29 18:39:27 MGT 2024